Van Dorp v S (A570/2010) [2010] ZAWCHC 343 (3 December 2010)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Suspension of driver's license — Appellant convicted of driving under the influence and sentenced to a fine and five-year suspension of driver's license — Appellant contended that the suspension was excessively harsh given personal circumstances — Court found that the trial court did not adequately consider the appellant's situation, including his occupation as a farmer and the impact of the suspension on his ability to work — Court substituted the five-year suspension with a twelve-month suspension, deeming it appropriate under the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 343
|

|

Van Dorp v S (A570/2010) [2010] ZAWCHC 343 (3 December 2010)

IN DIE H0£ HOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
A570/2010
DATUM
:
3
DESEMBER 2010
In die saak tussen:
JAN
VAN DORP
…....................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…........................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GOLIATH.
R
:
Die
appellant is op 5 Mei 2010 op sterkte van sy skriftelike pleit tereg
skuldig bevind op "n aanklag van 'n
oortreding
van artikel 65(1)(a) van die Nasionale Padverkeerwet, 193 van 1996.
Dit is die appellant ten
laste gelfi dat hy op 9 Augustus 2009 op die Dwarskersbospad te
Velddrif 'n voertuig bestuur het terwyl
hy onder die invloed van
sterk drank of verdowingsmiddels was. Hy is gevonnis tofnboete van R8
000 R8 000 of by wanbetaling daarvan
twee jaar gevangenisstraf
Ingevolge die bepalings van artikel 35 van Wet 93 van 1996 is die
appellant se bestuurderslisensie opgeskort
vir 'n periode van vyf
jaar. Hy kom nou in hoer beroep slegs teen sy vonnis. Appellant se
regsverteenwoordiger het tydens die pleitverrigtinge
'n bedrag van R8
000 voorgestel. Die Hof was dit eens dat die bedrag, wat binne die
vermoens van die appellant was, inderdaad gepas
was. Dit word egter
betoog dat die opskorting van die appellant se bestuurderslisensie
virh periode van vyf jaar gekoppel aan sodanige
boetevonnis skokkend
swaar en onvanpas is. Die appellant se lisensie is opgeskort
ingevolge die bepaling van artikel 35(1)(3) wat
bepaal datViderde
oortreder se lisensie virntydperk van ten minste tien jaar opgeskort
behoort te word.
Die appellant se twee
vorige veroordelings is as volg: Op 13 Februarie 1989 is appellant
skuldig bevind aan bestuurder onder die
invloed van drank en beboet
R500 of ses maande gevangenisstraf. Op 19 Desember 2003 is appellant
skuldig bevind aan bestuur onder
die invloed van drank en beboet R5
000 of twee jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is vir
vier jaar. In beide gevalle
is sy bestuurderslisensie nie opgeskort
of ingetrek nie.
Die appellant is 'n
plaasboer met to inkomste van ongeveer R155 R155 000 per jaar. Hy is
ongetroud en het geen afhanklikes nie.
Hy versorg sy bejaarde moeder
wie saam met horn woonagtig is. Dit sluit, onder andere in die
vervoer van sy moeder vir mediese
behandeling na die dorp.
Dit is verder aangevoer
dat die appellant nie sy boerdery kan bedryf sender sy
bestuurderslisensie nie. Die Verhoorhof het in die
uitoefening van sy
diskresie die appellant se rybewys opgeskort virYikorter periode as
die voorgestelde minimum tien jaar periode.
Die Staat betoog dat die
landdros geensins misgetas het nie en dat die vonnis en
opskortingsperiode redelik onder die omstandighede
is. Die appellant
betoog dat die kumulatiewe effek van die vonnis skokkend swaar en
onvanpas is. Dit word egter betoog dat die
Hot misgetas het deur te
min ag te slaan op die persoonlike omstandighede van die appellant in
die oorweging van die opskorting
van die lisensie. Die landdros was
van mening dat appellant nie sodanig benadeel sal word met die
opskorting nie, aangesien die
appellant Yi werknemer kan aanstel om
vir horn te bestuur.
Dit is verder aangevoer
dat die landdros homself wanvoorgeltg het deur in sy redes vir
weiering van die aansoek vir verlof om te
appelleer te meld; dat
artikel 35 dit verpligtend maak vir 'n Hot om ti oortreder se
bestuurderslisensie virVitydperk van tien
tien jaar op te skort in
die geval vanViderde oortreder.
Artikel 35(3) bepaal
egter dat waar omstandighede teenwoordig is wat nie die opskorting
regverdig nie, die Hof toegerus is mefn
diskresie ofn persoon wie
skuldig bevind is se lisensie opgeskort behoort te word of vir 'n
korter periode as die voorgeskrewe
periode opgeskort behoort te
word.
Applikant is 'n
plaasboer en die opskorting van sy lisensie vir enige tydperk sal
horn geweldig nadelig tref, aangesien hy nie
sy boerdery behoorlik
kan bedryf sonder 'n bestuurderslisensie nie. Selfs al is die
appellant 'n derde oortreder, was sy lisensie
nooit voorheen
opgeskort nie. Alhoewel hy nie in enige ongeluk betrokke was nie, is
dit so dat die konsentrasie alkohol in sy
bloed redelik hoog was. Na
my mening het die tanddros nie voldoende gewig geheg aan die
ernstige negatiewe gevolge van die opskorting
van die appellant se
lisensie oor 'n tydperk van vyf jaar nie. Ek is dit eens dat Yi
verminderde tydperk van opskorting wel die
nodige doelwitte van
vonnisoplegging sal bereik. Met inagneming van die persoonlike
omstandighede van die appellant, is 'n periode
van twaalf (12)
maande myns insiens gepas.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig. Die boetevonnis van R8 000 (agtduisend rand) word
bekragtig. Die opskorting van appellant
se bestuurderslisensie word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
Ingevolge die bepalings
van artikel 35 van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996, word
die appellant se bestuurderslisensie
vir n periode van twaalf (12)
maande opgeskort.
Die vonnis word
terugdateer na 5 Mei 2010.
GOLIATH, R
FORTUIN.
R
:
Ek stem saam.
FORTUIN,
R