Le Riche v S (A316/2010) [2010] ZAWCHC 342 (3 December 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of drunk driving and fined R10,000 or 18 months' imprisonment — Appellant contends that the State failed to prove its case beyond reasonable doubt — Court finds that the trial court's evaluation of the evidence was correct and that discrepancies in witness testimonies did not undermine the conviction — Appeal dismissed, and the suspension of the appellant's driver's license for six months upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 342
|

|

Le Riche v S (A316/2010) [2010] ZAWCHC 342 (3 December 2010)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF.
KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
A316/2010
DATUM
:
3 DESEMBER 2010
In die saak tussen:
CHRISTOPHER
LE RICHE
…..................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…......................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
FORTUIN,
R
:
Die appellant het in die
landdroshof te Bredasdorp tereggestaan op Vi aanklag van die
oortreding van artikel 65(1)(A) van die
Nasionale Padverkeerswet, 93
van 1996 ("die Wet"), naamlik dronkbestuur,
alternatiewelik die oortreding van artikel
65(2)(a) van die Wet,
naamlik h oormatige hoeveelheid alkohol in die bloed.
Die appellant is op 1
Desember 2009 skuldig bevind op die hoofaanklag en op dieselfde
datum gevonnis tot Yi boete van R10 000
of 18 maande
gevangenisstraf. Die appellant se rybewys is ingevolge artikel 35
van die Wet opgeskort vir n periode van ses (6)
maande.
Op 17 Desember 2009 is
verlof tot appe! teen skuldigbevinding en vonnis en opskorting van
bestuurderslisensie toegestaan. Die
appellant kom nou in hoer beroep
teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Op 7 Oktober 2006 het
die appellant na bewering te Hoofweg, Struisbaai, Vi motorvoertuig
met registrasienommer CS6404 bestuur
terwyl hy onder die invloed van
sterk drank was. Dit is gemene saak dat die appellant se voertuig in
'n swaaibeweging van links
na regs oor die pad beweeg het. Die
appellant het nie onmiddellik sy voertuig tot stilstand gebring toe
die polisievoertuig horn
agtervolg en beveel om te stop nie. Die
appellant het verder oor Vi stopstraat gery sonder om te stop en is
deur die polisie
van die pad afgetrek. Dit is verder gemene saak dat
die appellant voor die voorval sterk drank ingeneem het en dat sy
asem na
drank geruik het.
Die staatsgetuies kan
soos volg opgesom word:
1.
Volgens
die polisiebeampte was die appellant onvas op sy voete, was hy rooi
in sy gesig en was sy spraak belemmer.
2.
Die
appellant se voertuig het heen en weer oor die pad beweeg en net
byna teen die voertuig voor die patrollievoertuig gebots.
3. Na die voertuig
agternagesit is, het die voertuig sonder om te stop oor 'n
stopstraat beweeg.
4. Dr Bosch se getuienis
oor die kliniese ondersoek het die volgende addisionele aspekte aan
die lig gebring:
4.1. Fyn nistagmus wat
kan dui op onder andere ooginfeksie of moegheid;
4.2. Die appellant se
spraak was heeltemal normaal.
4.3. Die appellant se
loop en omdraai was normaal.
4.4. Die appellant was
"waarskynlik" lig onder die invloed van alkohol.
4.5. Die appellant was
goed georienteerd ten opsigte van tyd en plek.
4.6. Die appellant se
gesig kon rooi gewees het omdat hy heeldag in die son was.
Die appellant se
weergawe is in kort dat hy die betrokke dag aan "n marathon
deelgeneem het en die heeldag sonder beskerming
in die son was en
sodoende sonbrand opgedoen het. Hy het vier biere gedrink. Hy het
nie die polisievoertuig se sirene gehoor
nie, aangesien sy radio
aangeskakel was. Hy het wel heen en weer oor die pad beweeg omdat hy
besig was om h sigaret aan te steek.
Hy het links in Duikerweg
afgedraai omdat hy van mening was dat die polisie wou verbykom omdat
hulle op pad was na Yi ander misdaadtoneel.
Die
gronde van appel ten opsigte van skuldigbevinding is in kort dat die
Staat se saak nie bo redelike twyfel bewys is nie. Dit
is belangrik
om te beklemtoon onder watter omstandighede h hof van appel met die
skuldigbevinding deur 'n verhoorhof sal inmeng.
Dit is geykte reg
dat sodanige inmenging slegs sal geskied waar die hof van appel
oortuig is dat die evaluasie van die getuienis
nie korrek was nie.
(Sien in hierdie verband
S
v Mlumbe & ti Ander
1991(1)
SASV 235 (A) en veral te 249b-250b.)
Dit is inderdaad so dat
daar verskille tussen die weergawes van die Staat was, onder andere,
inspekteur Davids se getuienis oor
presies hoe onvas die appellant
op sy voete was. Dit is egter so dat die gunstige
geloofwaardigheidsbevinding ten opsigte van
inspekteur Jumat korrek
blyk te wees.
Ek is in ooreenstemming
met die verhoorlanddros dat inspekteur Jumat se getuienis tot Yi
groot mate stawing vir inspekteur Davids
bied. Op die appellant se
eie weergawe het hy sterk drank ingeneem voordat hy die voertuig
bestuur het.
Ek is van mening dat die
verhoorlanddros se evaluasie van die getuienis korrek was en dat
daar nie "n mistasting begaan is
nie. Ek sou gevolglik nie met
die skuldigbevinding inmeng nie.
Dit is geykte reg dat
vonnis aan die verhoorhof toevertrou word en dat 'n hof van appel
nie geredelik sal inmeng nie, behalwe
waar daardie diskresie nie
redelik en behoorlik uitgeoefen is nie.
By
oorweging van die diskresie moet die hof van appel in aanmerking
neem of die welbekende faktore in
S
v Zinn
1969(2)
SA 537 (A) en wat ook in latere beslissings herhaal is onder andere
in
S
v Swart
2004(2)
SASV 370 (A) te 377E-F naamlik die erns van die misdryf, die belange
van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede
van die
oortreder behoorlik en ewewigtig oorweeg is.
By oorweging van die
boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf, is ek oortuig dat
die verhoorhof die faktore behoorlik en
ewewigtig oorweeg het en as
gevolg daarvan nie daarmee inmeng nie.
Ek is ook van mening dat
toe die appellant se bestuurslisensie opgeskort is, die diskresie in
artikel 35(3) behoorlik toegepas
is. Artikel 35(3) van die Wet
bepaal dat waar Yi hof oortuig is dat daar omstandighede bestaan wat
nie die opskorting van n lisensie
regverdig nie, of vir Yi korter
periode opgeskort behoort te word, daardie Hof so n bevel mag maak
Of
sodanige omstandighede inderdaad teenwoordig is, is 'n feitlike
vraag. Waar sodanige omstandighede bestaan, kom die uitoefening
van
die hof se diskresie ter sprake. (In hierdie geval sien
S
v Mapu
1995(1)
SASV 209 (O).)
In
casu
het
die verhoorlanddros die appellant se persoonlike omstandighede,
onder andere dat die appellant se werk vereis dat hy bestuur
en dat
sy besigheid die reis na en van potensiele nuwe kliente behels
oorweeg, en sy diskresie toegepas deur nie die voorgeskrewe
vyf jaar
opskorting te beveel nie. Daar behoort nie ligtelik met die
voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng te word nie.
In hierdie
geval, sowel as onder watter omstandighede sy bestuurderslisensie
noodsaaklik is, sien
S
v (?) and Five Similar Cases
2002(1)
SASV 391 (OK):
"I also believe
that the magistrates are too easily enduced to order that the
suspension of licences should not follow upon
a conviction.
Potential offenders are less likely to drive and drink if they know
that, if caught, they will be precluded from
driving their vehicle
for six months and that they will have to be fetched and carried by
chauffeurs or members of their family
on a daily basis until the
period of suspension is over. Perhaps only those who can show that a
driver's licence is essential
for the performance of their
employment, such as a taxi driver or a driver of a truck used for
deliveries or long distance haulage,
should be given the privilege
of exemption from the provisions of section 35(1). Convicted
offenders who must use a vehicle to
drive to and from their place of
employment, should perhaps not be exempted and rather be compelled
to employ a driver for the
period of suspension."
Na my mening is die
omstandighede hier teenwoordig van so h aard dat daar met die
voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng
moet word. Artikel
35(1) skryf vyf jaar voor in die geval van Yi tweede oortreding. Die
verhoorlanddros het wel afgewyk van artikel
35(3) en slegs n periode
van ses maande opgele.
In die omstandighede
word die appel ten opsigte van skuldigbevinding en vonnis asook ten
opsigte van die opskorting van die bestuurderslisensie
van die hand
gewys.
FORTUIN,
J
GOLIATH,
R
:
Ek stem saam en dit word so beveel. Die appel teen skuldigbevinding
en vonnis word van die hand gewys, die opskorting van appellant
se
rybewys vir 'n periode van ses maande word bekragtig.
GOLIATH,
R
/IM
/...