About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 593
|
|
Janse van Rensburg v S (A452/2010) [2010] ZAWCHC 593 (1 December 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
A452/2010
In
die appel van:
RUAN
JANSE VAN RENSBURG
…...............................................
Appellant
en
DIE
STAAT
….........................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP 1 DESEMBER 2010
BLIGNAULT
R
:
[1]
Appellant in hierdie saak is aangekla van diefstal, naamlik dat hy op
13 November 2008 te Irrigation World in die distrik van
Somerset-Wes
die eiendom van Dale Stephens gesteel het, te wete
besproeiingstoerusting ter waarde van R11 152,85.
[2]
Appellant het onskuldig gepleit. Hy het geen pleit-verduideliking
aangebied nie. Mnr H L N Joubert het as regsverteenwoordiger
vir
appellant opgetree, beide by die verhoor en op appel.
[3]
Daar het net twee getuies by die verhoor getuig. Die enigste getuie
namens die Staat was Mnr Dale Stephens. Hy kan as die klaer
beskou
word. Die tweede was appellant self.
[4]
Die
relevante feite in die saak is tot 'n groot mate gemeensaak. Daar is
egter ook verskille. Die landdros het bevind dat appellant
'n goeie
indruk gemaak het as getuie en hy het appellant op sy eie weergawe
skuldig bevind. Aangesien 'n hof van appel nie ligtelik
sal inmeng
met die feite- en geloofwaardigheidsbevindings van die verhoofhof
nie, sal ons dieselfde benadering volg.
[5]
Die tersaaklike feite, volgens appellant se weergawe, kan kortliks
opgesom word. Appellant was die eienaar van 'n besigheid
wat te
Eenheid 3, Nobelstraat, Somerset Wes handel gedryf het deur middel
van 'n beslote korporasie ("die BK"). Die klaer,
mnr Dale
Stephens, het sekere boumateriaal en besproeiingstoerusting by die BK
gekoop. Hy het ten voile vir die toerusting betaal
en die grootste
gedeelte daarvan is aan horn gelewer. 'n Hoeveelheid pype en
konneksies ter waarde van R3 811,02 het Stephens op
appellant se
perseel agtergelaat omdat hy dit nie dadelik kon gebruik nie.
[6]
Vanaf vroeg Januarie 2009 het appellant probeer om met Stephens
kontak te maak. Hy het Stephens gebel en daar is 'n SMS aan
horn
gestuur maar Stephens het steeds versuim om die toerusting af te
haal. Stephens het horn toe 'n SMS gestuur dat hy horn die
volgende
dag sou kontak maar hy het nie.
[7]
Intussen het die BK se besigheid finansieel in die moeilikheid
geraak. Die bank het 'n sekere masjien teruggevat. Hy kon nie
meer
die huurgeld vir die perseel betaal nie. 'n Redelike klomp
skuldeisers het "op sy nek gele", soos hy dit gestel
het.
Van die krediteure het hul goed teruggevat. Die leweransier van die
toerusting wat hy aan Stephens verkoop het, was een van
hierdie
skuldeisers. Die leweransier het horn genader en voorgestel dat om
die meeste van die skuld reg te stel, hy die besigheid
se voorraad
sou terugneem en sy rekening sou krediteer. Die toerusting wat hy aan
Stephens verkoop het, het deel gevorm van hierdie
voorraad. Die
leweransier het die voorraad toe teruggevat en sy rekening met die
bedrag daarvan krediteer. Sy besigheid was daarna
in 'n proses van
likwidasie. Die rede daarvoor was die resessie gewees.
[8]
Die landdros het appellant se eie weergawe van die feite aanvaar. Hy
het bevind dat die Staat al die elemente van die misdryf
bewys het.
Hy het appellant gevolglik skuldig bevind maar slegs vir toerusting
ten bedrae van R 811,02.
[9]
Die landdros het appellant gevonnis tot 8 maande korrektiewe toesig.
[10]
Die landdros het aan appellant verlof verleen om teen sy
skuldigbevinding te appelleer maar nie teen sy vonnis nie.
[11]
Mnr Joubert het namens appellant op appel betoog dat hier geen
toeeieningshandeling deur appellant gepleeg is nie omdat die
goedere
met Stephens se toestemming op sy perseel geberg was. Om dieselfde
rede, so het hy betoog, het appellant geen opset gehad
om die goedere
toe te eien nie. Mnr Joubert het voorts betoog dat die goedere deur
die leweransier uit appellant se besit verwyder
is. Om daardie rede
was dit nie onregmatig nie.
Mnr
Joubert het ook betoog dat, indien daar enige diefstal gepleeg is,
dit deur die BK was en nie deur appellant persoonlik nie.
[12]
Ek het mnr Joubert se betoogpunte oorweeg. Ek is egter van mening dat
dit sonder meriete is. Die toeeienings-handeling deur
appellant het
nie plaasgevind deurdat appellant die goedere op sy perseel geberg
het nie. Die toeeieningshandeling het geskied
toe appellant die
toerusting sonder Stephens se toestemming aan die leweransier gelewer
het.
[13]
Die tweede probleem met mnr Joubert se betoog is die stelling dat die
leweransier die goedere sonder appellant se toestemming
verwyder het.
Dit is eenvoudig nie die getuienis nie. Die goedere is deur appellant
vrywilliglik en by ooreenkoms aan die leweransier
gelewer. Appellant
se rekening sou met die bedrag daarvan gekrediteer word. Die feit dat
goedere onder finansiele druk verwyder
word, kan nie 'n verweer teen
diefstal wees nie. Daar was geen onregmatige aanval op enige van
appellant se belange nie. Sien Snyman
Strafreg 5de uitgawe 101:
"Omskrywing
lemand
tree in noodweer op, en haar handeling is gevolglik regmatig, indien
sy haar weer teen 'n wederregtelike aanval, wat reeds
begin het of
wat onmiddellik dreigend is, op haarof iemand anders se lewe,
liggaamlike integriteit, eiendom of ander beskermswaardige
regsbelang, mits die afweerhandeling noodsaaklik is om die bedreigde
belang te beskerm, dit gerig is teen die aanvaller en dit
in 'n
redelike verhouding tot die aanval is."
[14]
Wat die rol van die BK betref was appellant op sy eie weergawe 'n
mede-dader en dus net so skuldig as die BK.
[15]
Appellant se appel word gevolglik van die hand gewys.
A
P BLIGNAULT
MANCA
WnR:
Ek
stem saam
B
J MANCA