About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 590
|
|
S v Ceaser and Others (SS29/2009) [2010] ZAWCHC 590 (1 December 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
SS29/2009
DATUM: 1 DESEMBER 2010
In
die saak tussen
DIE
STAAT
en
MOENEDIEN
CEASER
…...................................................................................
Beskuldigde
1
JUNAID
MITCHELLS
….....................................................................................
Beskuldigde
2
ISMAIL
CEASER
…............................................................................................
Beskuldigde
3
ALLAN
ALMON ALBERT
…...............................................................................
Beskuldigde
4
IKARAAM
MASARAPA
…..................................................................................
Beskuldigde
5
LUCIEN
LAKAY
…..............................................................................................
Beskuldigde
6
MICHAEL
SAM
…................................................................................................
Beskuldigde
7
V O N N I S
LE
GRANGE, R
:
By die soeke vir 'n
gepaste vonnis is dit geykte reg dat 'n Hof die erkende beginsels en
doelstellings van straftoemeting in ag
moet neem. Die vonnis moet
ook gebaseer wees op die gebalanseerde oorweging van die aard en
erns van die misdryf en die belange
van die gemeenskap. Die
individuele persoonlike omstandighede van die oortreder moet
deeglike oorweging geniet en moet daar 'n
mate van genade betoon
word, afhangende van die omstandighede.
In
S
v Thonqa
1993
(1) SAVL 365, was die volgende riglyne neergele rakende die
benadering tot vonnis:
"Punishment must
firstly be reasonable. It should reflect a moral blameworthiness
attaching to the offender, as well as a
degree of reprehensibleness
or seriousness of the offence. Punishment should, therefore, either
be in keeping with the particular
offence and specific offender. It
is necessary, secondly, for the punishment to clearly reflect the
balance process of careful
and objective consideration all relevant
facts, mitigating and aggravating. The sentence should, thirdly.
reflect consistency
as far as humanly possible with previous
sentences imposed on similar offenders committing similar offences.
Lest the society
should believe that justice must be seen to done.
Lastly, the penal discretion is to be exercised afresh in each case,
taking
the facts of each case and the personality of each offender
into account."
Al
sewe beskuldigdes het verkies om nie te getuig of getuienis ter
versagting aan te bied nie. Hulle advokate het die Hof ex
parte
toegespreek.
Die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes kan as volg
opgesom word. Beskuldigde 1 is tans 53 jaar oud, ongetroud,
hy het
vyf kinders, waarvan vier reeds die skool verlaat het en een, tans
vyf jaar oud. Hy is werkloos en kry 'n ongeskiktheidstoelaag
van
ongeveer R1 000,00 per maand. As gevolg van 'n besering wat hy
etlike jare gelede opgedoen het, is hy ietwat gestrem en loop
moeilik. Hy maak van krukke gebruik en soms ook van 'n rolstoel. Dit
blyk ook dat hy 'n diabeet is.
Beskuldigde
1 het vorige veroordelings, waarvan die oorgrote meerderheid meer as
20 jaar oud is. Beskuldigde was laas in 1998
skuldig bevind aan 'n
aanklagte van aanranding en beboet tot R300,00 of 30 dae
gevangenisstraf. Mnr
Broeksma
het
geargumenteer dat indien daar gekyk word na die rol wat beskuldigde
1 gespeel het en dat hy nie op die moordtoneel teenwoordig
was nie,
die Hof moet bevind, wat die aanklagte van moord betref, daar
wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat
'n mindere
vonnis regverdig Daar is ook versoek dat die Hof die kumulatiewe
effek van die vonnis in ag moet neem en gelas dat
die vonnis op
aanklagte 32 tot 34 samelopend uitgedien moet word met die vonnis
wat hierdie Hof op die moordaanklagte mag ople.
Beskuldigde 2 se
persoonlike omstandighede is as volg. Hy is 40 jaar oud. Hy het sy
loopbaan in Johannesburg begin en op die ouderdom
van 14 met sy
familie na Bonteheuwel verhuis
Hy het Graad 10 voltooi
en is getroud. Hy het twee kinders wat onderskeidelik ses en 24 jaar
oud is. Beide kinders is afhanklik
van horn en hy sien ook om na sy
familie, wat sy skoonpa asook beskuldigde 1 insluit. Hy bedryf sy
eie besigheid vir die afgelope
ag tot nege jaar.
Beskuldigde
2 het vorige veroordelings wat betrekking het op dwelm-oortredings.
Sy laaste oortreding was in 2006, waar hy skuldig
bevind is aan
handel met dwelms. Op hierdie aanklag was hy gevonnis tot vyf jaar
gevangenisstraf. Mnr
Pretorius
het
versoek dat die Hof in ag moet neem dat hy nie op die toneel was en
dat die Hof daarin moet lees dat wat betref die moordaanklagte,
daar
wel wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n
mindere vonnis regverdig. Hy het ook versoek dat die straf
wat die
Hof oorweeg ten opsigte van aanklagte 32 tot 34 samelopend uitgedien
moet word met die straf op die moordaanklagte.
Wat
beskuldigde 3 betref, hy is 41 jaar oud. Hy het tot Standerd 5
gevorder en is ongetroud. Hy het vier kinders wat onderskeidelik
drie, vier, 16 en 19 jaar oud is. Mnr
Garces
het
versoek dat die Hof 'n gepaste vonnis moet oorweeg en die
beskuldigde se persoonlike omstandighede in ag moet neem.
Beskuldigde
3 het vorige veroordelings wat relevant is tot die
misdrywe waaraan hy skuldig bevind is, naamlik die van roof
Hy het ook 'n vorige
veroordeling van verkragting, moord en besit van vuurwapens en
ammunisie. In 1991 is hy skuldig bevind aan
moord en die besit van
'n vuurwapen en ammunisie sonder lisensie. Op die moordaanklag was
hy gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf.
Die wapens en ammunisie
aanklagte was saamgeneem vir doeleindes van vonnis en was hy
gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf wat
samelopend uitgedien was
oor die 20 jaar. Op 24 Januarie 2005 was hy vrygelaat op parool.
Beskuldigde
4 is 34 jaar oud. Hy is woonagtig in Heinz Park, dis skynbaar sy
moeder se woning, wat ook intussen oorlede is. Hy
is vir die
afgelope sewe jaar in 'n saamleefverhouding en het twee minderjarige
kinders uit hierdie verhouding. Dit skyn ook
te wees dat hy ook vyf
ander kinders tussen die ouderdom van een tot nege het, vir wie hy
van tyd tot tyd onderhoud betaal. Hy
is 'n motorwerktuigkundige en
verdien ongeveer R4 000,00. Beskuldigde 4 het vorige veroordelings
vir die besit van dwelms. Mnr
Ferreira
het
ook aangevoer dat die Hof genade moet betoon teenoor die beskuldigde
en die kumulatiewe effek van die vonnis in ag moet neem.
Hy het ook
versoek dat die Hof moet gelas dat die vonnis op aanklagte 5 to 7 en
16 en 17 samelopend uitgedien moet word met die
straf wat die Hof
sal oorweeg met betrekking op aanklagte 25 tot 35
Mnr
Bunting
het
namens beskuldigde 5 aangevoer dat hy 32 jaar oud is en in skool tot
matriek gevorder het. Na skool het hy by die familie
se besigheid
begin werk. Hy is tans 'n
taxi
eienaar
en bedryf skynbaar hierdie besigheid saam met sy moeder. Hy het twee
minderjarige kinders by sy vriendin met wie hy 'n
saamleefverhouding
het. Sy dogter is tans ag jaar oud en in Graad 2 en dit blyk dat sy
volgende jaar na Graad 3 sal gaan. Hy
het ook 'n nege maande oue
baba. Hy het verder drie broers en 'n suster wie tans nog op skool
is. Volgens mnr
Bunting
is
hierdie familie baie geheg.
Beskuldigde 5 het een
vorige veroordeling vir die besit van dwelms wat plaasgevind het in
2003, waar n boetestraf, waarvan 'n
gedeelte opgeskort was, opgele
is. Die versoek was dat die Hof sy persoonlike omstandighede in ag
moet neem, sowel as sy ouderdom.
Die Hof is verder versoek om
wesenlike en dwingende omstandighede te vind wat 'n mindere vonnis
sal regverdig.
Mnr
Lukas
het
namens beskuldigde 6 voorgehou dat hy 37 jaar oud is en vier kinders
het, oenskynlik 10, vyf, drie en twee jaar oud. Hy het
tot Graad 10
gevorder en het as 'n fax/'-operateur gewerk, waar hy ongeveer
R800.00 per week verdien het Daar is versoek dat
aangesien
beskuldigde 6 reeds drie jaar verhoorafwagtend is, daar ingelees
moet word dat die Hof wesenlike en dwingende omstandighede
moet vind
wat 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Beskuldigde 6 het vorige veroordelings vir die besit van
dwelms,
asook aanranding met die opset om ernstig te beseer Sy laaste vorige
veroordeling was gepleeg in 2004, waar hy skuldig
bevind is aan
besit van dwelms en is 'n opgeskorte vonnis opgele.
Wat
beskuldigde 7 betref, is hy 38 jaar oud. Sy biologiese moeder is
oorlede toe hy nog baie jonk was en het hy grootgeword by
sy moeder
se suster. Hy het op skool tot Standerd 4 gevorder en op die
jeugdige ouderdom van 16 die arbeidsmark betree. Hy het
hoofsaaklik
vrugte en groente verkoop en tot onlangs by
taxis
gewerk.
Hy het vorige veroordelings wat insluit die besit van dwelms,
huisbraak met die opset om te steel en diefstal, besit van
vuurwapens en ammunisie en die oortreding van die Seevisseryewet. Sy
laaste oortreding vir die vang van perlemoen sonder h permit
was in
2004. Mnr
Filland
het
aangevoer dat in ag genome die getuienis van die Staat voor hierdie
Hof, was beskuldigde se rol in die aanval beperk tot die
uitbrand
van
taxis
en
dat die Hof moet bevind dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede is om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk.
Die
Staat het 'n kort video opname vertoon waar die polisie. kort na die
aanval, 'n videobandopname van die toneel opgeneem het.
Die
uitgebrande
taxis,
sowel
as die liggame van die oorledenes was sigbaar. Advokaat
Riley
,
namens die Staat, het aangevoer dat die erns van die misdade en die
brutaliteit daarvan, die beskuldigdes se persoonlike omstandighede
oorskadu. Sy het ook in wese argumenteer dat daar geen wesenlike en
dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis
ten
opsigte van die moordaanklagte regverdig nie.
Sekere van die aanklagte
verplig hierdie Hof om die voorgeskrewe minimum vonnis op te le,
tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede
teenwoordig is wat
'n mindere vonnis regverdig. Die voorgeskrewe minimum vonnis wat
betref die vyf moordaanklagte elk is lewenslange
gevangenisstraf.
Die persoonlike omstandighede soos voorgehou deur elk van die sewe
beskuldigdes, is versagtend van aard. Beskuldigde
1 se
gesondheidstoestand is 'n wesenlike versagtende faktor wat oorweging
moet geniet by die oorweging of daar wesenlike en dwingende
omstandighede is wat 'n mindere vonnis regverdig. Wat sy vorige
veroordeling betref, is dit so dat dit lank in die verlede is
en
word hy, vir doeleindes van hierdie saak, geag 'n eerste oortreder
te wees.
Beskuldigde 2 het tot
Graad 10 gevorder. Hy is n persoon wat die afgelope agt jaar sy eie
besigheid bedryf om sodoende sy familie
te onderhou. Nieteenstaande
sy laaste vorige veroordeling in 2006 rakende handel in dwelms, is
hy n eerste oortreder wat geweldsmisdrywe
betref. Beskuldigde 3 se
persoonlike omstandighede is heelwat anders. Hy is tans 41 jaar oud,
maar volgens sy lys van vorige
veroordelings, het hy n groot
gedeelte van sy volwasse lewe in die gevangenis deurgebring. Van die
20 jaar gevangenisstraf wat
horn opgele was in 1991, blyk dit hy het
slegs 12 jaar uitgedien. Hy het ook relevante vorige veroordelings
vir die besit van
'n onwettige vuurwapen en ammunisie. Wat
beskuldigde 3 betref, is daar nouliks omstandighede wat in sy guns
tel en dan versagtend
is.
Beskuldigde
4 is tans 34 jaar oud en as ek mnr
Garces
reg
verstaan het, het beskuldigde 4 in totaal sewe minderjarige kinders
by verskeie moeders en betaal onderhoud wanneer dit vir
horn
bekostigbaar is. Beskuldigde 4 se vorige veroordelings is beperk tot
die besit van dwelms. Beskuldigde 5, tans 32 jaar oud,
het op skool
tot matriek gevorder. Hy en sy moeder besit saam 'n taxi-onderneming
en is hy ook in sy reg eienaar van
taxis.
Hy
het slegs een vorige veroordeling vir die besit van dwelms.
Beskuldigde
6 is 37 jaar oud. Die feit dat hy alreeds vir ongeveer drie jaar in
hegtenis verhoorafwagtend is, is 'n versagtende
faktor wat in sy
guns moet tel. Hy is ook 'n asmalyer. Hy het vorige veroordelings
wat insluit die besit van dwelms en aanranding
met die opset om
ernstig te beseer. Beskuldigde 7 is 38 jaar oud. Sy moeder is
oorlede toe hy baie jonk was en het hy grootgeword
by sy tante. Hy
het op skool to Standerd 4 gevorder en op die jeugdige ouderdom van
16 jaar die arbeidsmark betree. Hy het hoofsaaklik
vrugte en Groente
verkoop en tot onlangs by die
taxis
gewerk.
Soos alreeds voorheen genoem, het hy vorige veroordelings wat
insluit die besit van dwelms, huisbraak met die opset om
te steel en
diefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Die beskuldigdes is
skuldig bevind aan baie ernstige aanklagte. Ten spyte van die
beskuldigdes se ontkenning van lidmaatskap aan
'n bendegroep, is die
getuienis in hierdie saak oorweldigend dat die aanval op Madatt se
besigheidsperseel niks anders as 'n
wraakaanval was, aangesien hy
grootliks verdink was as die persoon agter die moorde op
medebendelede, Charra en Markie Moaks.
Die skietvoorval tussen
beskuldigde 6 en McGregor, wat helder oor dag plaasgevind het,
versterk die onoorkombare gevolgtrekking
dat bendelede nie skroom
om, wanneer daar 'n uitval tussen hulle is, mekaar dood te maak nie,
ongeag of onskuldige omstanders
by so 'n geveg slagoffers word al
dan nie.
Die
skietvoorval by beskuldigde 2 se woning tydens sy
verjaarsdagpartytjie, waar onskuldige persone skynbaar raakgeskiet
en
een persoon gedood was, is ook bevestigende hiervan. Die moorde
op, soos die Hof alreeds genoem het, Rashaad Abrahams, ook bekend
as
Charra, en Mark Williams, ook bekend as Markie Moaks, asook die
skietvoorval tussen beskuldigde 6 en McGregor, maak derhalwe
onsin
van die argument dat die beplanning van die aanval op Madatt net was
om die
taxis
uit
te brand en die besluit om die vyf oorledenes te vermoor, moontlik
eers op die toneel ontstaan het.
Beskuldigdes 1 en 2 weet
goed dat bendelede, asook onskuldige mense, by wraakaanvalle vermoor
word, Die aanval was deeglik beplan.
Vuurwapens was aangeskaf. Uit
die selfoonrekords van beskuldigdes 5 en 6 is dit aanduidend dat
hulle die aand voor die aanval,
die perseel van Madatt gaan
observeer het. Beskuldigdes 1 en 2 het hulself inderdaad
vereenselwig met die besef dat persone vermoor
gaan word indien
hulle weerstand sou bied en/of teenwoordig sou wees by Madatt se
perseel. Dit is inderdaad wat in hierdie geval
gebeur het.
Die wyse waarop die
oorledenes vermoor is, is niks anders as 'n wrede menseslagting nie.
Al die oorledenes het skietwonde tot
die kop opgedoen. Van hulle was
tromp-op geskiet. Hierdie barbaarse optrede spreek van niks anders
as direkte opset om die oorledenes
te vermoor nie. Beskuldigde 5,
ten spyte van sy ouderdom en gegoede agtergrond, was diep betrokke
by die beplanning van hierdie
aanval. Hy het doelbewus betrokke
geraak by die bedrywighede van die onderwereld. Al vyf oorledenes
was mense wat in die fleur
van hulle lewe was. Die gemeenskap verwag
dat in hierdie saak geregtigheid moet geskied en dat 'n gepaste
vonnis opgele moet
word.
In
Vilakazi
& Ander v S
1972
(1) SA 220
, het die appelhof, soos dit toe bekend was, wat vonnis
betref die volgende beslis:
"The object of
sentencing is not to satisfy public opinion, but to serve the public
interest."
Na deeglike oorweging
van die erkende faktore by vonnis, bevind ek dat daar by elk van die
beskuldigdes wel versagtende omstandighede
teenwoordig is. Ek bevind
ook dat as gevolg van beskuldigde 1 se gesondheidstoestand.
wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig
mag wees en so ook
by beskuldigde 6, as gevolg van die feit dat hy vir meer as drie
jaar verhoorafwagtend is. Daar mag ook moontlik
wesenlike en
dwingende omstandighede teenwoordig wees by die ander beskuldigdes.
Die manier en wyse
waarop die beskuldigdes hierdie bloedbad beplan en uitgevoer het,
temper die moontlikheid van genade en oplegging
van 'n mindere
vonnis. 'n Mindere vonnis op hierdie aanklagte sal geen twyfel die
indruk laat dat die menslike lewe in die oe
van die reg, goedkoop
geword het. Daar is geen twyfel by hierdie Hof dat die beskuldigdes
roekeloos staan teenoor die respek
vir menslike lewe en dat hulle n
gevaar is. Daar is ook geen tekens van berou aan hulle kant nie. Die
enigste gepaste vonnis
op die moordaanklagte roep vir die uiterste
straf. Die vonnisse wat opgele gaan word op die ander aanklagte sal
saamloop met
die vonnisse op aanklagte 25 to 29.
In die gevolg word die
beskuldigdes as gevolg gevonnis
Mnr
Moenedien Ceaser, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Aanklagte 30,
poging tot moord,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
32 en 33, besit van ammunisie sonder lisensie en die besit van 'n
vuurwapen sonder lisensie, daardie twee aanklagte
was saamgeneem vir
doeleindes van vonnis en is hy gevonnis tot
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Op
aanklagte 34, kwaadwillige
beskadiging
van eiendom,
VYF
[5J
JAAR
GEVANGENISSTRAF
.
Mr
Junaid Mitchells, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte.
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing.
Aanklagte 30, poging tot moord, is
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
32 en 33, dit is die besit van ammunisie en vuurwapen sonder
lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
34, kwaadwillige beskadiging van eiendom,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Ismail
Ceaser, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte.
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
Aanklagte
30, poging to moord,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
31, dit is die roof met verswarende omstandighede,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
32 en 33 is die besit van ammunisie en vuurwapen sonder lisensie,
dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
34, opsetlike beskadiging van eiendom,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
35 en 36, besit van vuurwapens en ammunisie sonder lisensie. word
saamgeneem vir vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Beskuldigde
4, Allan Albert, ek sal begin by aanklagte 5, dis die besit van 'n
vuurwapen sonder lisensie en aanklagte 6. besit
van ammunisie sonder
lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis,
SES
(6) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklag
7, besit van vermoedelik gesteelde eiendom. oortreding van artikel
36 van Wet 62 van 1955,
EEN
(1) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
16 is die roof te Kraaifontein.
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklag
17, besit van vuurwapen, op daardie aanklagte
SES
(6) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
25 en 29, die moordaanklagte,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is ook van
toepassing. Met betrekking tot aanklagte 30, poging tot moord,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Wat
betref aanklagte 31,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
32 en 33 word saamgeneem vir vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
34 is die kwaadwillige beskadiging van eiendom.
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
35 en 36 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis,
VYF
(5) JAAR
Mnr
Ikaraam Masarapa, beskuldigde 5. Aanklagte 25 en 29, die
moordaanklagte,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
ook die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van
toepassing. Aanklagte 30. poging to moord,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
31, gewapende roof,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
32 en 33 word saamgeneem vir vonnis, dit is die besit van die wapens
en ammunisie,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
34, opsetlike
beskadiging
van eiendom,
VYF
[5J
JAAR
GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
35 en 36 word saamgeneem vir vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Mnr
Lucien Lackay. Aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing.
Wat betref aanklagte 30, poging tot moor,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
31, die gewapende roof,
VYFTIEN
(15) JAAR
GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
32 en 33 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en word
beskuldigde 6 gevonnis tot
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
34, die kwaadwilligebeskadiging van eiendom,
VYF
(5)
JAAR
Beskuldigde
7, mnr Sam. Aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE
en
die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing.
Aanklagte 30,
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
31. gewapende roof,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
32 tot 33, besit van vuurwapen en ammunisie sonder lisensie, dit
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
Aanklagte
34, die kwaadwillige beskadiging van eiendom,
VYF
[5]
JAAR
GEVANGENISSTRAF
LE
GRANGE, J