Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583 (29 November 2010)

47 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Liquidation — Application for leave to appeal — Trustees of the Pepperwood Estate Trust sought leave to appeal against a final liquidation order — Grounds for appeal included alleged delays in payment due to external approvals, claims of contract invalidity, and abuse of process — Court held that the arguments presented did not constitute valid legal grounds to challenge the applicant's actions, affirming the validity of the liquidation order and dismissing the application for leave to appeal with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 583
|

|

Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583 (29 November 2010)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: 24430/2009
DATUM: 29 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
IMPERIAL
BANK BEPERK
…............................................................................
Applikant
en
EATON
STEPHANUS GERBER
….................................................
1
ste Respondent
CLAIRE
DENISE GERBER
…..........................................................
2de
Respondent
(TRUSTEES
OF THE PEPPERWOOD ESTATE TRUST)
UITSPRAAK
CLEAVER,
R
:
Hierdie is 'n aansoek
teen die trustees van die Pepperwood Estate Trust vir verlof om te
appelleer teen die uitspraak en bevindings
wat ek op 2 November
gemaak het, as gevolg waarvan 'n finale likwidasiebevel teen die
trust gegee is.
Weereens het mnr Gerber,
een van die trustees, die aansoek voorgedra. Vier punte word genoem:
Die eerste het gegaan oor die betaaldatum
kragtens die
leningsooreenkoms: daar word beweer dat alhoewel die
leningsooreenkoms bepaal dat die voile bedrag ses maande na

registrasie van die dekkingsverband betaalbaar sou wees, hierdie
betaaldatum toe deur goedkeurings wat buite beheer van beide
partye
was, vertraag was, met die gevolg dat die verpligting om ses maande
na registrasie van die verband te betaal, nie meer
uitvoerbaar was
nie. Dit mag wees dat die vertragings en enigiets anders die oorsaak
was dat die trust nie kon betaal nie, maar
dit volg nie dat dit
daarom gese kan word dat die kontrak nie uitvoerbaar was nie. In
kort die betoog is nie Vi regsgrond wat
teen die applikant opgewerp
kan word nie, want dit was nie die applikant se skuld dat die
goedkeurings waarna verwys word, vertraag
was nie.
Die tweede punt wat
genoem is, is dat die oorspronklike kontrak het nie meer bly geld
het nie as gevolg van die vertraging. Nou,
dit is maar dieselfde as
die eerste punt maar net op 'n ander manier gestel. My siening
daarvan is dieselfde. Weereens kan hierdie
punt nie teen die
applikant uitgebring word nie.
Die derde grond toon 'n
verwarring aan die kant van die trustees tussen wat in die
aanvanklike dagvaarding gese is en wat in die
aansoek om
sekwestrasie verskyn. Dit mag wees dat daar tydens die summiere
vonnis aansoek gevind was dat die betaaldatum nie
deeglik genoeg
uitgespel was nie, maar wat in die sekwestrasie-aansoek voorkom, is
die betoog en ook die bewerings namens die
applikant dat die trust
nie in staat is om sy skulde te betaal nie. Daar is ook geen twyfel
dat sonder enige verdere verandering
van die reelings tussen die
applikant en die trust die trust nie in staat sal wees om enige
verdere gedeelte van hierdie skuld
te betaal nie. Weereens moet ek
ongelukkig tot die slotsom kom dat die punte wat namens die trustees
genoem word, nie regsgronde
is om aan te dui dat die applikant
verkeerd te werk gegaan het nie.
Die vierde punt is dat
ek op een of ander wyse 'n kontrak uit die partye se verhouding
geskep het deur my verwysing in die opsomming
van wat gebeur het, na
die volgende:
"The trust having
failed to repayment the amount advanced to it under the bond within
the time stipulated, summons was issued
by die applicant as
plaintiff against the trustees as indicated in paragraph 3 above."
Al wat ek daar gedoen
het, was om 'n opsomming te gee van die rede vir die uitreiking van
hierdie stukke.
Laastens word betoog,
soos ook voorheen voor my betoog is, dat applikant sy regte misbruik
het deur aansoek te doen vir sekwestrasie
omdat hy nie sy eis in die
aksie kon afdwing nie. Na my mening het ek hierdie aspek behandel in
die uitspraak en ek het deeglik
besin daaroor, want ek was bewus van
die feit dat ons hier te doen het met 'n respondent wat eiendom
besit, die waarde daarvan
miskien genoegsaam sal wees om enige eis
te betaal, maar wat volgens die stukke nie in staat is om te betaal
nie.
Ander aspekte wat in die
applikant se aansoek genoem word, is, soos mnr Gerber ook tereg
toegegee het, aspekte wat nie betrekking
op die likwidasiesaak het
nie, maar weereens genoem is ter stawing van sy betoe dat die saak
veel beter in 'n ope hof uitgepluis
sou kon word. Hy het natuurlik
in gedagte 'n hof waar beide partye getuies sou kon roep. Die
Applikant was egter, na my mening,
geregtig om die aansoek te bring
in die manier waarop hy dit gedoen het en in die omstandighede is ek
tevrede dat die respondente
vandag nie vir my aangedui het dat 'n
ander Hof redelik moontlik tot 'n ander beslissing sal kom nie.
In
die omstandighede word die aansoek vir verlof om teen die uitspraak
te appelleer
VAN
DIE HAND GEWYS MET KOSTE
.
CLEAVER,
R