Pockpas and Another v S (A301/10) [2010] ZAWCHC 520 (29 November 2010)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Conviction based on single witness testimony — Appellants convicted of indecent assault based on the testimony of a six-year-old complainant — Complainant's credibility challenged due to inconsistencies and lack of corroboration — Trial court's reliance on complainant's testimony deemed flawed — Appeal upheld, convictions and sentences set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 520
|

|

Pockpas and Another v S (A301/10) [2010] ZAWCHC 520 (29 November 2010)

IN DIE HOE HOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE
HOF, KAAPSTAD)
Saakno A301/10
In die saak tussen:
ESWIN
POCKPAS
…..............................................................
Eerste
Appellant
SIMON
ADAMS
…................................................................
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
…..................................................................................
Respondent
Hof:
GRIESEL
R & BOTHA WnR
Gehoor:
26
November 2010
Gelewer:
29
November 2010
UITSPRAAK
GRIESEL R:
[1] Die twee
appellante (beskuldigdes 1 en 3 onderskeidelik in die verhoorhof)
het saam met "n derde mede-beskuldigde in
die streekhof
tereggestaan op 'n aanklag van onsedelike aanranding. Al drie het
onskuldig gepleit, maar is uiteindelik skuldig
bevind soos aangekla
en is daarop gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf ingevolge die
bepalings van art 276(1 )(i) van die Strafproseswet.
Met verlof van
hierdie hof, toege-staan op petisie, kom die appellante tans in hoer
beroep teen hul skuldig-bevindings. Geriefshalwe
verwys ek steeds na
die appellante ooreen-komstig hul beskrywing in die verhoorhof.
[2]
Die Staatsaak berus grotendeels op die enkele getuienis van die
6-jarige klaagster ('M'), sowel as haar moeder (Mev A) en
'n tante
(of volwasse niggie)('Jolene'). Hierdie getuienis is volledig
opgesom in die uitspraak van die verhoorhof en dit is
nie vir my
nodig om dit vir doeleindes van hierdie uitspraak in enige detail te
herhaal nie. In kort kom dit daarop neer dat
die klaagster op
Saterdag 3 Maart by haar ouma se huis was, waar sy saam met haar
ouers bly. Haar ouma het haar gestuur om stoele
in die agterplaas te
gaan haal. Beskuldigde 1, wat haar oom is, was daar - besig om met
sy vriende, beskuldigdes 2 en 3 te drink.
No 1 het haar nader geroep
om lekkers te kom haal. Die drie beskuldigdes was in 'n klein
pakkamertjie. Een van hulle het die
deur toegemaak en 'n ander een
het haar 'panty' afgetrek. Die drie beskuldigdes het daarop om die
beurt hul vingers in haar vagina
gedruk. Daarna het hulle gese dat
sy maar kon gaan, maar dat indien sy enigiemand sou vertel wat
gebeur het, hulle haar sou doodmaak.
Sy het vir niemand daarvan
vertel nie totdat sy en haar niggie se dogter, ene Jacolene, met hul
poppe gespeel het op Vrydag,
16 Maart. In die loop van die spelery
het sy teenoor Jacolene opgemerk dat die drie beskuldigdes haar sou
'bevoel' het. Jacolene
het dadelik vir haar moeder, Jolene, daarvan
vertel, wat vir die klaagster gekonfronteer het. Volgens die
klaagster, het Jolene
gedreig om haar te slaan indien sy nie vertel
wat gebeur het nie. Sy het daarop herhaal wat sy reeds aan Jacolene
vertel
het,
waarop Jolene vir die klaagster se ma gaan vertel het. Dit het
daartoe aanleiding gegee dat die saak uiteindelik by die polisie

aangemeld is.
[3] Die klaagster
se ma, Mev A, het getuig dat Jolene op Vrydagaand 16 Maart vir haar
kom vertel het dat die beskuldigdes vir
die klaagster in die
pakkamer geneem en toe hulle vingers in haar vagina gedruk het. Sy
het die klaagster geroep, wat bevestig
het dat dit die waarheid is.
[4] Jolene het
getuig sy is die volwasse niggie van die klaagster. Op 16 Maart 2007
het die klaagster en twee ander kinders buite
gespeel in 'n
gangetjie. Daar het 'n kondoom gele en die kinders het toe kom
vertel wat die klaagster se, wat maak sy met 'n
kondoom. Toe Jolene
haar vra waar sy dit kry, het sy gese by beskuldigde 1. Sy getuig
verder:
'Ons vra haar uit,
sy begin huil, sy se beskuldigde 1, 2 en 3 het haar bevoel by haar
privaatdele. Ek gaan toe na haar ma toe
om dit te gaan vertel. [Die
klaagster] was bangerig gewees en sy het gehuil. Sy het nie gese
wanneer nie ...'
[5] Al drie die
beskuldigdes het getuig en het ontken dat daar enige waarheid in die
bewerings steek.
[6] In die
uitspraak het die streeklanddros die getuienis volledig uiteengesit
en bevind dat die klaagster 'n geloofwaardige getuie
was. Hierdie
bevinding is op appel voor ons aangeveg en ons is verwys na verskeie
weersprekings in die klaagster se eie getuienis,
asook tussen haar
getuienis en die van ander Staatsgetuies. Daar is ook klem gele op
die feit dat die klaagster 'n enkelgetuie
was en daar is aangevoer
dat die streeklanddros haar getuienis nie met genoegsame
versigtigheid benader het nie. Na my oordeel
is daar meriete in die
kritiek.
[7] Die eerste
opvallende aspek ten opsigte van die klaagster se getuienis is dat
sy deur die landdros ingesweer is en die eed
opgele is na slegs die
mees kursoriese ondervraging:
'HOF: M, hoe oud is
jy? — Ek is sewe jaar oud.
Gaan jy skool? —
Ja.
Graad hoeveel is jy
nou? — Graad 1.
Weet jy wat is jou
juffrou se naam? — Ja.
Se vir ons wat is
jou juffrou se naam? — Me Manuel.
M, as jy skool
gaan, gaan jy kerk of Sondagskool klassies toe? — Ja.
M, weet jy wat dit
is om te sweer om die waarheid te praat? — Ja.
Is jy vandag ook
bereid om te sweer om die waarheid te praat? — Ja.
Sweer jy dat die
getuienis wat jy gaan afle dat dit die waarheid, die hele waarheid
en
net die waarheid
sal wees. Se so help my God. — So help my God."
[8]
Dit is nie duidelik uit hierdie ondervraging hoedat die landdros met
die klaagster se blote
ipse
dixit
tevrede
kon wees nie, naamlik dat sy 'weet wat dit is om te sweer om die
waarheid te praat'. Dit volg, volgens my oordeel, dat
hierdie
benadering op 'n onreelmatigheid neerkom wat die hele wese van die
klaagster se getuienis aantas.
1
[9] Maar selfs
indien hierdie onreelmatigheid oor die hoof gesien sou word en
indien die inhoud van die klaagster se getuienis
ontleed word, vind
'n mens talle wesenlike weersprekings daarin. Haar getuienis is ook
vatbaar vir kritiek in ander opsigte.
Die volgende voorbeelde is
genoegsaam om die punt te illustreer:
Die
aanloop tot die gebeure, volgens die klaagster, was dat sy saam met
haar ouma sit en TV kyk het, waarop haar ouma haar gestuur
het om
stoele in die agterplaas te gaan haal. Volgens die
moeder
se getuienis, was die ouma egter nie daardie dag tuis nie,
aangesien sy in die Kaap was.
Die klaagster
weerspreek haar polisieverklaring met betrekking tot die vraag of
die voorval in die pakkamer of in die ghetto
sou plaasgevind het.
Die klaagster
getuig in hoof dat beskuldigde 2 die een is wat haar 'panty'
afgetrek het, maar in kruisondervraging verklaar
sy baie beslis dat
dit beskuldigde 3 was.
Sy getuig in hoof
dat terwyl die beskuldigdes met haar in die pakkamer besig was,
haar niggie haar geroep het. Die beskul­digdes
het daarop
gedreig om haar dood te maak indien sy sou antwoord. In
kruisondervragins aetuig sy egter dat sv hardop vir haar
ma en/of
haar ouma geroep het terwyl hulle haar bevoel het.
Toe sy gevra word
of sy vir haar ma vertel het wat gebeur het, het sy geantwoord dat
hulle gedreig het om haar dood te maak
indien sy sou vertel. In
kruisondervraging verklaar sy egter herhaaldelik en onomwonde dat
sy dieselfde dag nog vir haar ma
vertel het.
Die klaagster het
ook tydens kruisondervraging "n lang relaas gegee oor die
groot hoeveelheid bloed wat op haar panty was
na die voorval en
hoedat haar ma dit vir die polisie gaan wys het. Die moeder getuig
egter 'dit was nie eintlik bloed nie,
dit was 'n klein merkie, sy
het vir my gese sy het geval'. Die moeder het daarna bloot die
panty gewas en dit gebere.
Die klaagster se
eerste rapport oor die beweerde voorval is eers bykans twee weke na
die tyd gemaak. Hierdie feit is weliswaar
nie deurslaggewend nie,
maar indien 'n mens kyk na die omstandighede waaronder dit gemaak
is. ontstaan meer vrae as antwoorde.
Dit blyk uit die getuienis van
Jolene dat die klaagster besig was om vir die ander kinders te
vertel wat met 'n kondoom gedoen
word, waarop die kinders aan
Jolene gaan rapporteer het, wat op haar beurt vir die klaagster
gekonfronteer het.
[10] Die landdros
het homself wel gewaarsku aangaande die versig-tigheid wat by die
getuienis van *n enkelgetuie wat boonop 'n
jeugdige is vereis word.
Hy het veral klem gele op die feit dat die klaagster geen motief
gehad het om die beskuldigdes valslik
te inkrimineer nie en dit was
skynbaar genoegsaam om horn tevrede te stel dat haar getuienis met
veiligheid aanvaar kon word.
Hy het egter nie in sy uitspraak na
enige van die bogenoemde punte van kritiek teen die klaagster se
getuienis verwys nie
[11] Teen die
bostaande agtergrond het die landdros, volgens my oordeel, in die
beoordeling van die getuienis misgetas. In plaas
daarvan om te soek
vir waarborge wat die gevaar van "n foutiewe skuldig-bevinding
kon uitskakel, het die landdros, met eerbied
teenoor horn, homself
oenskynlik blind gestaar teen die afwesigheid van n oog-lopende
motief aan die kant van die klaagster en
het hy in die proses
na-gelaat om die ooglopende gebreke in haar getuienis krities te
ontleed. In hierdie omstandighede is hierdie
hof nie aan die
landdros se feite- en geloofwaardigheidsbevindings gebonde nie en
staan dit ons gevolglik vry om die getuienis
opnuut te beoordeel. Op
'n behoorlike ontleding van die getuienis blyk dit myns insiens dat
die Staat nie daarin geslaag het
om die skuld van die beskuldigdes
bo redelike twyfel te bewys nie.
[12] In die
omstandighede word gelas dat die appel gehandhaaf word en die
skuldigbevindings en vonnisse van die appellante tersyde
gestel
word.
B
M Griesel
Regter
Botha
WnR
:
Ek stem saam.
J
J Botha
waarnemende
regter
1
Vgl
Sv
Swartz
2009
(1) SASV 452 (K) paras 9 en 12-23. Sien ook
Sv
V\
998
(2) SASV 651 (K) te 652g-653a.