About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 574
|
|
Lehani v S (A128/2010) [2010] ZAWCHC 574 (26 November 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
A128/2010
DATUM
:
26
NOVEMBER 2010
In
die saak tussen:
ELTON
LEHANI
….......................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
LOUW.
R
:
Die
appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is,
het op 25 Mei 2009 in die Bellville landdroshof onskuldig
gepleit op
twee aanklagte, tewete dat hy op 5 November 2008 by of naby
Sackssirkel, Bellville-Suid, 'n aantal items met die totale
waarde
van R9 700 van die klaer, Deon Lategan, gesteel het en dat hy op
dieselfde dag die gemelde Deon Lategan aangerand het deur
horn met
die vuis te slaan.
Appellant
het verkies om sy swygreg uit te oefen en het geen
pleitverduideliking gegee nie.
Die
Staat het die getuienis van die klaer, Deon Lategan, en van sy
dogter Amy Lategan aangebied. Na afloop van die staatsaak het
die
appellant verkies om nie te getuig nie en het sy saak gesluit.
Op
20 Augustus 2009 is die appellant op altwee aanklagtes skuldig
bevind. Op dieselfde dag is appellant tot drie jaar gevangenisstraf
op die eerste aanklag en ses maande gevangenisstraf op die tweede
aanklag gevonnis en die appellant kom nou met die verlof van
die Hof
a
quo,
wat
op 11 September 2009 aan horn verleen is, op appel op beide sy
skuldigbevinding en die vonnisse wat horn opgele is.
Die
klaer het getuig dat hy op munisipale eiendom in Sacksirkel gewoon
het. Die oggend van 5 November 2008 en terwyl hy by die
werk naby sy
huis was, het hy 'n telefoonoproep ontvang van sy vrou wat vir horn
gese het dat persone in 'n swart bakkie besig
was om items wat op sy
werf gestaan het, op te laai. Hy het horn na sy huis gehaas en 'n
swart bakkie met drie persone daarop
naby sy huis voorgekeer. Hy het
opgemerk dat van sy eiendom agterop hierdie bakkie was. Die
appellant was die bestuurder van
die bakkie, volgens die klaer. Die
klaer het gepoog om die sleutel van die bakkie uit te trek en hy het
die appellant het in
'n stoeigeveg betrokke geraak. Die appellant
het horn met die vuis in die gesig geslaan en sy bril het afgeval.
Hy kon daarna
nie behoorlik sien nie en die appellant het met die
bakkie weggery. Nadat hy sy bril opgetel het, het hy die bakkie in
sy voertuig
agternagesit tot by 'n skrootwerf in Beaconvale waar die
appellant en sy twee makkers besig was om sy goed af te laai.
Die
klaer was egter te bang om nader te gaan en het gewag vir die
polisie om te kom. Die appellant het, nadat hy die goed aan
die
skrootwerf verkoop het, weggery met die bakkie. Die klaer het toe
nader gegaan en het van sy eiendom by die skrootwerf teruggekry.
In
die geveg met die appellant is die klaer se mond aan die binnekant
gesny en hy het 'n skaafwond aan sy knie opgedoen. Sy klere
is ook
geskeur.
Die
klaer se dogter het getuig dat sy en haar ma die betrokke oggend by
die huis was toe 'n swart bakkie by hulle huis opgedaag
het en van
die goed wat in hulle agterplaas gele het, opgelaai het en daarmee
weggery het. Hulle het hul pa gekontak en sy en
haar ma het die
bakkie met hulle voertuig agtervolg. Hulle het egter die bakkie in
die proses verloor. Die klaer het egter ook
opgedaag en hy het die
bakkie agtervolg. Volgens die klaer se dogter was daar drie persone
op die bakkie, maar sy kon hulle nie
identifiseer nie.
Mnr
Solomon
,
wat namens die appellant verskyn, het gese dat hierdie saak gaan
eintlik net oor identifikasie en het betoog dat die identifikasie
van die appellant as een van die betrokkenes synde die bestuurder
van die voertuig, die persoon wat met die klaer in die geveg
betrokke was en ook die persoon wat een van die mense was wat die
goed van die bakkie afgelaai het by die skrootwerf nie voldoende
was
om h behoorlike identifikasie bo redelike twyfel daar te stel nie.
Ek stem egter saam met me
Kortie
wat
namens die Staat verskyn dat die identifikasie van die appellant as
die persoon wat betrokke was, deur die klaer nie gekritiseer
kan
word nie. Hy het genoeg geleentheid gehad om identifikasie te doen.
Hy het die bakkie voorgekeer. Hy het gesien wie die bestuurder
van
die bakkie was. Hy het by die bakkie gekom en wou die sleutel
uittrek. Hy het met die bestuurder wat hy identifiseer as die
appellant, in 'n stoeigeveg betrokke geraak. Dit is waar dat hy sy
bril verloor het en dat dit gemene saak is dat hy nie behoorlik
kan
sien sonder sy bril nie, maar hy het die identifikasie gedoen
voordat hy sy bril verloor het en nadat hy sy bril teruggekry
het,
het hy die bakkie gevolg en van 'n afstand sien hoe die appellant en
sy twee makkers die goed aflaai.
Ek
meen dat op die getuienis die landdros heeltemal korrek was om te
bevind dat die appellant die bestuurder was van die bakkie
waarmee
die goed by die klaer se huis opgelaai is en na die skrootwerf
vervoer is.
Hoewel
die klaer se dogter nie die persone kon identifiseer nie, het sy
gesien hoe die bakkie - en dit moet dieselfde bakkie wees
- met die
klaer se goed agterop by hulle werf uitry en dat die klaer daardie
bakkie kort daarna gestop het.
In
die afwesigheid van enige getuienis tot die teendeel, aangesien die
appellant glad nie self getuig het nie en ook nie enige
getuies
geroep het nie, is daar geen basis waarop daar met die landdros se
bevinding ingemeng kan word nie. Op grond van die
getuienis wat voor
die landdros was, is dit duidelik dat die appellant skuldig is op
albei aanklagte, tewete die diefstal van
die klaer se goed en die
aanranding op die klaer.
Wat
vonnis betref, die appellant was ten tyde van vonnisoplegging 33
jaar oud en hy het indertyd vir 'n tuindienstefirma gewerk.
Hy was
ongetroud en het drie kinders. Hy het tot op St.2 gevorder op skool.
Die
belangrikste aspek ten opsigte van vonnis is egter die feit dat die
appellant ten tyde van vonnisoplegging reeds vyf vorige
veroordelings vir diefstal gehad het. Hierdie skuldigbevinding strek
oor 'n tydperk vanaf 1994 tot Julie 2007, behalwe vir 'n
termyn
van twee jaar gevangenisstraf wat in 1999 opgele is, is die
appellant in die vier ander gevalle opgeskorte vonnisse van
gevangenisstraf opgele.
In
die omstandighede meen ek nie dat die twee vonnisse van drie jaar en
ses maande gevangenisstraf onderskeidelik skokkend onvanpas
is nie.
Dit volg dat die appel teen die vonnisse ook nie kan slaag nie.
Ek
sou dus die volgende bevel maak:
Die
appel teen die skuldigbevindings en vonnisse word afgewys.
2.
Die skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
VAN
HEERDEN, WnR
:
Ek stem saam.
VAN HEERDEN, WnR
LOUW,
R
:
Dit word dan so beveel.
LOUW, R