Abrahams vs State (A617/2010) [2010] ZAWCHC 573 (26 November 2010)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Consent — Appellant convicted of rape under the Sexual Offences Act — Appellant claimed sexual act was consensual — Evidence indicated victim was intimidated and threatened by appellant, a municipal officer, during the incident — Court found no grounds to interfere with the sentence imposed by the trial court, which considered the severity of the crime against a minor and the appellant's abuse of authority — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 573
|

|

Abrahams vs State (A617/2010) [2010] ZAWCHC 573 (26 November 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
Saakno.A617/2010
In
die saak tussen:
SYDNEY
ABRAHAMS
…..........................................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
….......................................................................................................................
Respondent
REDES
VIR UITSPRAAK- GELEWER 29 NOVEMBER 2010
STEENKAMP,
WnR:
1.
Die appellant het in die Streekhof in Mosselbaai tereg gestaan op een
aanklag van verkragting in terme van Artikel 3 van die
Wysigingswet
op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van
2007 wat in werking getree het op 16 Desember
2007. In die klagstaat
is beweer dat die appellant wederregtelik en opsetlik 'n handeiing
van seksuele penetrasie met die klaagster
gepleeg het deur haar
vagina met sy tong te penetreer sonder haar bestemming.
1
2.
Die appellant het onskuldig gepleit en het as verweer aangevoer dat
die voorval met die klaagster se toestemming plaasgevind
het. Hy is
egter skuldig bevind soos aangekla en is daarop gevonnis tot vyf jaar
gevangenisstraf. Die appellant kom tans met verlof
van hierdie hof in
hoer beroep teen die opgelegde gevonnis.
3.
Die relevante feite, soos bevind deur die verhoorhof, is kortliks die
volgende. Die appellant is 'n munisipale verkeersbeampte
te
Mosselbaai. Op Vrydag, 22 Februarie 2008 om onge-veer 23h30, was die
appellant, gekiee in sy uniform, op patrolliediens in Danabaai.
Agter
'n ablusieblok op die seefront he: die appellant die klaagster en 'n
mansvriend betrap, terwyl die vriend besig was met orale
seksuele
omgang op die klaagster. Beide was in daardie stadium 16 jaar oud en
was nog op skool.
4.
Die beskuldigde het die klaagster en haar mansvriend gedreig met
arrestasie tensy die klaagster horn sou toelaat om dieselfde
aan haar
te doen as waarmee haar vriend besig was. Hy het ook sy boeie
uitgehaal. Die klaagster het hierop toegelaat dat die beskuldigde

orale seks met haar het. Tydens die uitvoer van die misdaad deur die
appellant het die klaagster bedreig gevoel en was sy bang
en
getraumatiseer, tot die mate dat sy gesnik het soos sy huil en haar
vriend haar moes kalmeer onder andere deur sy arm oor haar
gesig te
plaas en aan haar te fluister da:
"everything
is going to be ok,
(you)
must
not worry".
5.
Na die voorval het die appellant die toneel verlaat nadat hy hulle
aangese het dat die gebeure net tussen hulle moes bly. Die
klaagster
het egter later die aangeleentheid aan die polisie gerapporteer en
het die appellant op 'n uitkenningsparade uitgewys.
6.
Teen hierdie agtergrond is dit namens die appellant betoog dat
hierdie hof met die vonnis kan en moet inmeng aangesien die opgelegde

vonnis buitensporig swaar en skokkend on-vanpas is. In die appellant
se hoofde van betoog is dit ook aangevoer dat die landros
mis-getas
het deur die element van vergelding te oorbeklemtoon en die appellant
se persoon­like omstandighede, insluitend sy
moontlike
rehabilitasie, te onderbeklemtoon. Dit was ook aangevoer dat die
verhoorlandros nie voldoende gewig geheg het aan 'n
hele reeks
versagtende faktore nie.
7.
Onder andere is dit as versaglend aangevoer dat die pastoor van die
appellant getuig het oor die uitwerking wat die misdryf op
horn gehad
het en dat sy gesindheid ten goede verander het as gevolg daarvan.
Hierdie submissie mis egter die getuienis van die
pastoor onder
kruisondervraging wat bevestig dat die appellant nie eintlik berou
gehad het nie aangesien die appellant
"Volgens
horn niks verkeerd gedoen het nie",
en
die feit dat die berou wat hy getoon het skyntaar verband gehou het
met die feit dat daar 'n artikel in die koerant was waarin
die kerk
se naam vermeld was en waaroor hy skynbaar teenoor die pastoor om
verskoning gevra het. Gevolglik ondersteun die getuienis
van die
pastoor nie die submissie nie.
8.
In die appellant se hoofde van betoog is die submissie verder gemaak
dat die verhoor landdros groot gewag daarvan gemaak het
dat dit 'n
misdryf was teenoor 'n minderjarige kind terwyl die klaagster en haar
vriend aan die appellant gemeid het dat hulle
18 jaar oud was. Dit is
egter onbetwis dat ten tyde van die misdaad die klaagster wel 16 jaar
oud was, en gevolglik, maar in elk
geval, in die omstandighede van
die saak doen dit nie daaraan afbreuk dat dit 'n verswarende faktor
is dat die klaagster 'n jong
meisie was ten tyde van die misdaad nie.
9.
Dit was ook aangevoer in die appellant se hoofde van betoog dat, met
verwysing na art 51(3)(aA)(ii) van die vermelde wet, in
die lig van
die gesag
2
na
verwys, die hof wel 'n
10.
Dit is nie vir ons noodsaaklik om te beslis of die bevinding in S
v
Nkawu
supra
korrek is al dan nie. In hierdie geval, selfs al sou ons dit in ag
neem dat daar 'n gebrek aan fisiese beserings was by die
klaagster,
is dit duidelik uit die getuienis dat daar nietemin 'n mate van
geweld en
metus
(vreesaanjaging
of intimidasie) betrokke was by hierdie misdaad. Eerstens, alhoewel
hierdie getuienis betwis was deur die appellant,
en nie bevestig kon
word deur haar vriend nie, was dit die getuienis van die klaagster
dat die appellant met die aanvang van hul
interaksie op die toneel
haar bene opgeforseer het met sy hande met die woorde
"Let
me see, let me
see".
Tweedens, is dit duidelik uit die getuienis dat beide die klaagster
en haar vriend gemtimideer en bevrees was vir wat
die appellant sou
doen nadat hy hulle betrap het; beide ingeboesem deur die gedrag van
die appellant. Derdens, op die appellant
se eie getuienis het hy
tydens die aanvanklike interaksie op die perseel sy boeie uitgehaal
en daarna gewys. Uit die getuienis
van die klaagster en haar vriend
was dit duidelik dat dit gedoen was met die oogmerk om te intimideer
en gewig te gee aan die appellant
se dreigement dat hy hul sou
arresteer as hulle nie tot sy versoek instem nie. Dit is verder
duidelik uit die getuienis van die
klaagster en haar vriend dat die
feit dat die appellant in voile uniform by die perseel opgedaag het,
en melding daarvan gemaak
het dat daar 'n ander beampte vir horn in
die polisie voertuig wag (wat op die parkeer area sig-baar was en
deur haar vrienc self
bespeur was), ook 'n rol gespeel het in die
vreesaan­jaging teweeg gebring deur die appellant op die twee
minderjariges.
11.
In al die omstandighede, was daar dus duidelik 'n wesenlike mate van
geweld in die vorm van mefus betrokke in die vreesaanjaging
wat die
misdaad voorafgegaan het en wat beide daarop gemik was en teweeg
gebring het dat die klaagster uiteindelik toegelaat het
dat die
appellant haar verkrag in die wyse en tot die mate wat hy wel gedoen
het.
12.
Dit is ook duidelik uit die getuienis ten opsigte van die gedrag van
die klaagster beide tydens die verkragting en daarna dat
die
verkragting vir beide die klaagster en vir haar vriend wesenlik
geaffekteer het. So byvoorbeeld het die klaagster getuig dat
sy direk
na die verkragting huilerig was en haar ma twee dae later kon sien
dat daar iets met haar verkeerd was. Tydens die betoog
van die
aanklaer oor vonnis in die verhoorhof, was daar ook daarna verwys dat
die verslag voorberei ten aansien van tussengangergeriewe
bevestig
het dat die klaagster hewig en ernstig getref was deur die misdaad.
Terwyl sy voor die voorval skynbaar by uitsonderlike
geleenthede
alkohol gebruik het, was sy daarna 'n volslae alkoholis, as gevolg
waarvan sy vir nege maande in 'n rehabilitasiesentrum
was vir
behandeling as 'n alkoholis, met die stigma wat daarmee saamgaan;
haar siaappatroon was versteur deur beelde van die gebeure
wat voor
haar afgespeel het; sy het alle respek vir haar liggaam verloor en
vir weke aaneen nie gebad nie en, in haar eie woorde,
soos 'n
"hobo"
begin
lewe; sy het vir 'n hele jaar skool gemis, en moes sy daarop haar
skooljaar herhaal (wat in haar mondelinge getuienis bevestig
was).
Haar vriend het op sy beurt in sy getuienis tydens die verhoor
aangedui dat hy in daardie stadium nog steeds getraumati-seer
was
deur die voorval.
13.
Dit was in die appellant se hoofde van betoog aangevoer dat die
landros gebrek aan berou oorbeklemtoon het en dat die appellant
die
reg het om nie berou uit te spreek nie, en dat dit nie teen horn
gebruik kan word nie. Hierdie submissie ignoreer egter die
feit dat
'n gebrek aan berou insigself verswarend en behoorlik as sulks
inaggeneem kan en mag word, afhangde van die omstandighede.
Soveel te
meer in die saak, waar die appellant nie alleen tot aan die einde van
die verhoor sy onskuld voorgehou het nie, maar
waar hy nadat dit
bekend was by sy werkplek dat daar 'n polisie beampte is wie
beweerdelik vir die klaagster verkrag het, selfs
op daardie stadium
nie vorendag gekom het nie, maar eers op 'n uitkenningsparade deur
die klaagster ge'identifiseer moes word.
14.
Die appellant het in sy hoofde van betoog korrek toegegee dat dit 'n
verswarende faktor was dat die appellant sy gesagsposisie
as 'n
verkeersbeampte misbruik het. Sover as wat die graad van misbruik
relevant kon wees, was dit
in
casu
wesenlik.
Nietemin was dit aan-gevoer dat die howe in die sake na verwys in die
hoofde van betoog, steeds korrektiewe vonnis oorweeg
en toegestaan
het.
15.
In hierdie geval, selfs wannee' na die vergelykbare gesag gekyk word
waarna verwys is in die appellant se hoofde van betoog,
is daar geen
gesag daarin na verwys wat so by uitstek van toepassing is dat
hierdie hof, vir doeleindes van konsekwentheid ('consistency'),

behoort in te meng met die landroshof se bevinding nie.
16.
Op die getuienis as geheel is ons nie oortuig dat die landdros sy
diskresie onbehoorlik uit-geoefen het of dat die opgelegde
vonnis
buitensporig swaar of skokkend onvanpas is nie. Dit volg dus dat daar
geen gronde is vir hierdie hof om met die opgelegde
vonnis in te meng
nie.
Weens
bostaande redes het ons, na die aanhoor van mondeiinge argument,
gelas dat die appel van die hand gewys word.
Steenkamp,
WnR
Griesel
R: Ek stem saam.
Griesel
R
1
Ingevolge
art 3 van die Wet, is '[i]emand ("A") wat wederregteiik en
opsetlik 'n handeling van seksuele penetrasie met
'n klaer of
klaagster ("B"), sonder die toestemming van B, pleeg,
[...] skuldig aan die misdryf van verkragting', terwyl
'seksuele
penetrasie' insluit 'ook n handeling wat penetrasie, in welke mate
ook al, veroorsaak deur -,[...] (b) enige ander
deel van die liggaam
van iemand of, enige voorwerp,... in of verby die geslagsorgane of
anus van iemand anders'.
2
S
v
Nkawu
2009
(2) SASV 402 (ECG).