Ndlovu v S (A296/2010) [2010] ZAWCHC 572 (26 November 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Identification — Reliability of witness identification — Appellant convicted of robbery and kidnapping based on identification by victims — Appellant argued insufficient evidence for identification — Court found that the identification parade was conducted properly and the witnesses provided credible testimony — Appellant's alibi deemed implausible and rejected — Conviction upheld as the State proved its case beyond reasonable doubt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 572
|

|

Ndlovu v S (A296/2010) [2010] ZAWCHC 572 (26 November 2010)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFR1KA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO
:
A296/2010
DATUM
:
26
NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
WELLINGTON
NDLOVU
…......................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
….......................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
N
C ERASMUS. R
:
Die appellant het in die
streekhof te Kaapstad tereggestaan op vier aanklagte: twee aanklagte
van roof en twee van die vryheidsberowing
van die twee klaagsters.
Die feite was kortliks as volg: Die klaagsters het op die gewraakte
dag besluit om Vi piekniek te geniet
op die hange van Tafelberg.
Hulle was gekonfronteer deur vyf manspersone; daar aangehou en beroof
van hulle persoonlike besittings.
'n Week later is die
appellant en twee ander mans opgemerk in
dieselfde omgewing en
volgens die arresterende beampte het die appellant veral Vi
beskrywing gepas wat in sy besit was, aan hom
gegee deur die
Suid-Afrikaanse Polisie. Hy maak melding
daarvan
dat dit moontlik in sy gemoed Yi verband sou hou met
die
aanklagte waarop die appellant nou teregstaan Daarna is
die twee
klaagster na V» identifikasieparade genooi waarop
die
appellant was. Hy was regsverteenwoordig by
daardie
uitkenningsparade.
Die
appellant is ook positief
geldentifiseer deur
veral die eerste klaagster by die verhoor. Die appellant se verweer
was dat hy daardie dag - dit was 'n week
na die aanranding - in die
omgewing was aangesien hy vir sy werkgewer gewag het en weggebreek
het vir h kort wyle om Yi dagga
sigaret te geniet.
Die streeklanddros het
al die getuienis aangehoor van die arresterende beampte, die
beamptes betrokke by die uitkenningsparade
sowel as die twee
klaagsters en het bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het
dat die appellant inderdaad een van die
daders was by die aanval op
die twee klaagsters. Hy het tereg, na my mening, die appellant
vrygespreek op die vryheidsberowingaanklagtes
en ek gaan nie weer
daarna verwys nie.
Op appel word
geargumenteer dat die streeklanddros fouteer het om te bevind dat
die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die
appellant teenwoordig
was by die aanval omdat daar nie genoegsame getuienis was om
identifikasie te bewys nie.
Dit is so dat daar by
geleentheid by die identifikasieparade h probleem was by die slot
van een van die kamers waar die eerste
getuie teenwoordig was nadat
sy reeds 'n positiewe identifikasie van die appellant gemaak het -
ek sal terugkom na die identifikasieparade
- en dat dit Vi
onreelmatigheid was. Wat egter in gedagte gehou moet word is dat
daar 'n waarborg is vir die betroubaarheid van
veral die tweede
getuie dat sy nie voortgegaan het om vas te staan by ft positiewe
identifikasie van die appellant nie; inteendeel,
sy kom en sy se sy
is nie seker nie. Dit doen weg met enige moontlike manipulasie van
die getuies op daardie geleentheid.
Om terug te keer na die
getuienis van mej Condelis, die eerste klaagster. Sy het by die
identifikasieparade haar tyd geneem. Sy
het deeglik deur die groep
gegaan wat ook nou die bewering dat die appellant sou uitstaan soos
'n seer vinger omdat hy die enigste
een is waar Yi beskrywing gepas
het, totaal daardie argument die nek inslaan. Sy het selfs sover
gegaan om die appellant te vra
om nader aan die venster te kom, te
praat en nadat sy seker gemaak het, het sy die appellant
geVdentifiseer. Dit is ook insiggewend
dat wanneer sy later by die
verhoor gevra word waaraan sy appellant uitken. dat dit duidelik was
dat sy wou waarneem, by die
identifikasieparade, die gesig van nader
beskou asook die wyse waarop appellant gepraat het.
Daarna het sy weer deur
die lys gegaan van mense wat gestaan het en sy het 'n verdere
persoon nader geroep. Sy was nie seker oor
hierdie persoon se
identiteit nie. Nou weereens, indien die getuie dan deur die polisie
beinvloed was om 'n identifikasie te
maak, hoekom dan deur al
hierdie rituele gaan.
Die rede hoekom dit
geopper is, is omdat Yi identifikasie wat gemaak word in die hof
terwyl die appellant die enigste persoon
daar is, gevaarlik is om op
te steun. In hierdie geval egter was daar genoegsaam tyd, die
geleentheid was daar en die getuie
kan verduidelik hoekom sy 'n
positiewe identifikasie maak. Ek is oortuig dat daar nie kritiek
gelewer kan word op daardie getuienis
nie.
Die streeklanddros het
die getuienis aangehoor. Hy het dit na my mening deeglik evalueer en
tot Yi bevinding gekom op geloofwaardigheid.
Yi Hof van appel sal
nie maklik met so Yi bevinding inmeng nie. Na my mening, in elk
geval, is daar geen rede om daarmee in te
meng nie. Die appellant se
weergawe was eenvoudig vergesog, ongeloofwaardig en was korrek
verwerp. Op daardie getuienis het die
streeklanddros toe Vi
bevinding gemaak dat die appellant aandadig was in die roof Dit
staan bo kritiek.
Na my mening is daar
geen meriete in die appel ten opsigte van die skuldigbevinding nie.
Wat die vonnis
aanbetref, word dit nou geopper dat dit Yi duplisering is. Dit kan
nie wees nie want die roof was gemik op twee
individue en as daar
gelet word op die elemente van roof, dan is dit twee aparte
misdrywe. Enige probleem wat sou ontstaan met
"n duplisering
sou aangespreek word in die vonnis. Die streeklanddros het dit in
elk geval saamgeneem vir doeleindes van
vonnis. Ek vind dit vreemd
dat die streeklanddros "n vonnis minder as die voorgeskrewe
vonnis opgele het omdat dit moeilik
is op die feite wat voor die Hof
geplaas was, om te bevind dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede is. Daar is geen kruisappel
van die Staat teen die
vonnis nie en derhalwe moet die appellant die voordeel daarvan kry.
Na my mening, as die streeklanddros
in enige mate fouteer het op
hierdie feite was dit aan die ligte kant. Daar is derhalwe, na my
mening, geen meriete in die appel
ten opsigte van vonnis nie.
Ek
sou die skuldigbevinding en die vonnis bekragtig en
DIE
APPEL VAN DIE HAND
WYS.
VIVIER, WnR
N
C ERASMUS. R
:
Dit word so beveel, die appel word van die hand gewys, die
skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
N
C ERASMUS. R