About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 567
|
|
London v S (A447/2010) [2010] ZAWCHC 567 (19 November 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO:A447/2010
DATUM:19 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
PETRUS
JOHANNES LONDON
…......................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…...................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
BLIGNAULT, R:
Appellant
is in die streekhof te Thembalethu aangekla van twee aanklagte van
verkragting. Hy is op 18 Maart 2010 op albei aanklagte
skuldig
bevind. Luidens die klagstaat het albei verkragtings op 4 Junie 2007
te Parkdene, George, plaasgevind. Lydia Stoffels
was die klaagster
in beide gevalle. Appellant is op 18 Maart 2010 gevonnis tot 14 jaar
gevangenisstraf op albei klagte saamgeneem
vir vonnis.
Appellant het onskuldig
gepleit by die verhoor. Hy was deur 'n prokureur bygestaan.
Lydia Stoffels het
getuig dat sy op 4 Junie 2007 saam met haar kind in 'n huisie in die
erf van 'n woonhuis te Parkdene gewoon
het. Sy het daar saam met
haar ma en appellant gewoon, wat reeds vir meer as 'n jaar en "n
saamleefverhouding was. Die huisie
het aan appellant behoort.
Die betrokke voorval het
op 'n Maandag gebeur. Haar moeder was saam met haar (die klaagster)
se kind vir die naweek weg en sy
het nog steeds nie teruggekom nie.
Sy (die moeder) en appellant het die Saterdag gestry en daarna het
sy nie teruggekom huis
toe nie.
Die
klaagster het die Maandag gewerk en teen sesuur se kant by die huis
gekom. Appellant en van die ander inwoners by die hoofhuis
het by 'n
vuur gesit en sy het later gaan le. Dit is 'n eenvertrekhuisie maar
'n kas skei 'n gedeelte af vir 'n kombuis. Daar
was twee
enkelbeddens en sy het op die een geslaap. Sy het 'n paar
jeans,
onderbroekie
en T-hemp aangehad.
Lydia
Stoffels het getuig dat sy aan die slaap geraak het en toe sy wakker
word, sit appellant op haar bed. Hy se toe vir haar
sy moet sy vrou
wees. Hy druk toe haar mond en neus toe en vra of sy stil gaan le.
Sy het geknik want sy was bang. Hy beveel
haar toe om haar broek uit
te trek en op sy bed te gaan le. lemand het aan die deur geklop maar
die huisie se deur was gesluit.
Hy het toe vir haar kos gebring en
sy het geeet. Hy het op sy eie bed gaan le en sy het langs horn gaan
le met haar rug na horn
toe. Hy het toe aan haar gevryf en later
bo-op haar gaan le en sy penis in haar vagina gedruk. Hy het nie sy
saad gestort nie,
maar sy penis onttrek. Hy het weer langs haar gaan
le en weer aan haar gevryf. Daarna het hy haar vagina van agter af
gepenetreer.
Hy het weer nie sy saad gestort nie en later onttrek.
Sy het toe op haar eie bed gaan le en aan die slaap geraak. Toe sy
die
volgende oggend wakker was, was appellant weg.
Sy het getuig dat daar
ongeveer een uur verloop het tussen die twee dade. Nadat sy
opgestaan het, het sy werk toe gegaan. By die
werk het sy na mev
Joan Hockley se kantoor gegaan en haar vertel wat gebeur het. Mev
Hockley het haar na die polisie se kantoor
geneem. Sy was ook later
na 'n dokter geneem. Van daardie dag af het sy by haar suster gaan
bly.
Sy het getuig dat sy
reeds een kind gehad het van sewe jaar oud en dat sy vier na vyf
maande swanger was.
Mev Hockley het getuig
dat die klaagster ten tyde van die voorval vir haar gewerk het. Sy
het die betrokke oggend om agtuur huilend
by die werk opgedaag. Die
klaagster het haar meegedeel dat sy deur haar moeder se kerel
verkrag is. Sy het die klaagster na die
Conville polisiestasie
geneem.
Na
sluiting van die staatsaak, het appellant se prokureur aansoek
gedoen vir die uitstel van die verhoor. Hy het dit soos volg
motiveer:
"Edelagbare, ek het
al vroeer vandag vir u aangedui dat ek 'n kommunikasieprobleem het
met die beskuldigde. Ek gaan net eenvoudig
nie gerieflik voel om
vandag die beskuldigde in die getuiebank te plaas nie. Ek glo dat
die Staatsaak redelik sterk is en ek
wil graag eers my
kommunikasieprobleme met die beskuldigde uitsorteer voordat ek horn
in die getuiebank sit.
HOF
:
Wat
is die probleem dat u met horn
probleme ondervind?
VERDEDIGING
:
Edelagbare, om dit eenvoudig te stel, ek dink hy is 'n bietjie
dommerig en ek weet nie of hy dak vandag iets gebruik het nie.
HOF
:
Maar hy weet wat vandag aangegaan het?
VERDEDIGING
:
Ek hoop so.
HOF
:
Hy het nie vir u 'n aanduiding gegee dat hy
nie weet wat hier
gese is in die hof nie?
VERDEDIGING
:
Nee, hy het nie vir my enige so V)
aanduiding gegee nie.
Ek
het net my eie
observasies.
HOF
:
Goed, die Hof wil net nie he daar moet na die tyd so iets geopper
word dat hy nie ...
VERDEDIGING
:
Ek het my eie observasies net na dat ons verdaag het. Ek sukkel om
logiese antwoorde uit horn te kry, Edelagbare, en ek meen
werklik
waar ek wou vir mev Hockley gehoor het of sy gehoor wat ek vir horn
geskree het."
In die lig van hierdie
versoek, is die saak toe uitgestel vir h paar dae. Met die
hervatting van die verhoor het appellant begin
getuig. Hy het getuig
dat hy saam met die moeder van die klaagster in die houthuis gewoon
het. Hulle het nie lank reeds daar
gebly nie. Hy het eers in die
woonhuis gewoon, maar die eienaar het gese hy moet in die houthuis
gaan bly. Die klaagster se moeder
het toe gevra of sy by horn kan
bly.
Die Saterdagoggend voor
die beweerde voorval was daar 'n ander meisie in die hok gewees. Die
Sondagmiddag is die ander meisie
daar weg. Die klaagster se moeder
is die Saterdag reeds daar weg. Die Maandagoggend het hy vir die
klaagster gese die eienaar
het gese hulle moet die houthuis
leegmaak. Die Maandagnag het die klaagster saam met 'n vriendin daar
geslaap. Die volgende oggend
toe kla die klaagster horn aan. Hy het
op 'n pertinente vraag van sy prokureur geantwoord dat daar nie 'n
ketting en 'n slot
aan die deur was nie.
Onder kruisverhoor het
appellant gese daar was 'n ketting en 'n slot maar dit was die
huisbaas sYi. Hy het verder bevestig dat
hy vir sy prokureur gese
het dat daar die Maandagaand Vi meisie by die klaagster was. Hy het
verduidelik dat hy en die klaagster
se moeder, Olga, gestry het as
gevolg van die teenwoordigheid van die meisie en dat sy toe weg is
daar.
Appellant het toe gese
dat behalwe die klaagster daar ook 'n meisie en 'n man, genaamd
Steven Booyens, die nag daar deurgebring
het. Hy het Booyens daar
uitgesit.
Appellant
is onder meer deur die aanklaer gevra waarom hy nie die inligting
aangaande die twee persone aan sy prokureur oorgedra
het nie en hy
kon nie 'n bevredigende verduideliking verskaf nie. Hy is ook gevra
of hy die klaagster verkrag het en hy het geantwoord
dat sy Meg. Hy
is toe herhaaldelik gevra waarom sy sou Meg.
Appellant se prokureur
se betoog vorm deel van die rekord. Dit is kort en eenvoudig. Dit
lees as volg:
"Dankie,
Edelagbare. Edelagbare wat die klaagster, Lydia Stoffels, se
getuienis betref, is die enigste wesenlike probleem
wat ek met haar
getuienis het, dat sy nie geskree het nie, om hulp geroep het nie en
dat sy nie probeer het om by die vertrek
uit te kom nie. Ek sal dit
aan die Hof oorlaat om gewig te plaas op hierdie argument. Op die
getuienis van mev Hockley kan ek
gaan kritiek op uitspreek nie. Ek
dink sy het 'n baie betroubare weergawe gegee van wat sy ervaar het.
Wat die beskuldigde se
weergawe betref, Edelagbare, ja daar kan ek
nou nie veel bydrae nie. Ek gaan sy getuienis in die geheel aan die
Hof oorlaat maar
ek vra darem vir 'n onskuldig bevinding."
Die
landdros het in sy uitspraak die getuienis opgesom. Daarna het hy
die gewig van die staatsgetuies beoordeel. Appellant se
optrede in
die getuiebank, het hy gese, "spreek van onsekerheid,
verwarring en ontwykende optrede". Appellant se oenskynlike
versuim om die beweerde teenwoordigheid van die meisie en die man in
die huis ten tyde van die beweerder verkragting aan sy prokureur
te
meld, het die landdros as skokkend beskryf. Die landdros het ook in
sy uitspraak gemeld dat die appellant se verduideliking
waarom die
klaagster sou Meg, ook nie sin maak nie.
Die landdros het
appellant se weergawe verwerp en die van die staatsgetuies aanvaar.
Hy se dan verder:
"Kyk die Hof na die
elemente van die misdryf, hier is twee klagtes van verkragting. Die
klaagster getuig van twee duidelike
afsonderlike voorvalle waar
penetrasie plaasgevind het. Dit is verwyderd van mekaar gewees. Dus
was daar twee handelinge van
verkragting. Die Hof is tevrede dat die
Staat die skuld bo redelike twyfel bewys het en u word skuldig
bevind aan aanklag 1 en
aanklag 2."
Die Staat het 'n aantal
vorige veroordelings teen appellant bewys. Dit het vier aanrandings
ingesluit maar hy is nie besonder
swaar gestraf vir enige daarvan
nie. Dit het ingesluit skuldigbevinding aan aanranding in 2003,
aanranding op 4 April 2004 waarvoor
hy R800 of vier maande opgeskort
gekry het; onsedelike aanranding op 26 September 2004 waar hy
gevonnis is vir R500 of drie maande
gevangenisstraf en dan
'n aanranding op 29
September 2005 waar hy net gewaarsku en ontslaan is.
Appellant se prokureur
het die Hof meegedeel dat appellant 43 jaar oud was; dat hy in 'n
saamleefverhouding met 'n ander vrou
was; dat hy tot St.3 op skool
gevorder het en dat hy werkloos was.
Die landdros het daarop
gewys dat die statutere minimum vonnis vir die twee verkragtings
lewenslange gevangenisstraf is. Hy het
toe na dwingende en wesenlike
omstandighede verwys en hy het in hierdie opsig genoem dat daar geen
geweld was nie; dat daar 'n
moontlikheid van Yi substans deur die
klaagster gebruik was, waarna hy na dagga verwys het maar hy het
genoem dat die appellant
nie die gevolge van sy dade en optrede
besef het nie. Die landdros het dan afgesluit deur die minimum
vonnis sal in die lig van
al die omstandighede, volgens die Hof, nie
in verhouding wees met die misdaad, die oortreding of in belang van
die gemeenskap
nie. Hy het gese:
"Dit is 'n voorval
wat in 'n bestek van 'n uur of twee voorgekom het. Die een
penetrasie het aanleiding gegee tot die volgende.
Dit was nie in so
'n mate gewelddadig dat die Hof dink dat dit in hierdie geval twee
vonnisse van lewenslank regverdig nie. Dit
sal nie in verhouding
wees nie."
Die landdros het beide
aanklagte saamgeneem en het die appellant tot veertien jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Advokaat
De
Villiers
het
namens appellant op appel verskyn. Hy het eerstens betoog dat die
landdros fouteer het deur nie te gelas het dat die appellant
psigiatries ondersoek moet word nie. Artikel 77(1) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, is na verwys. Dit is nie vir my nodig
om hierdie artikel aan te haal nie. In
S
v Mphela
1994(1)
SASV 488 (A) is gese te 493:
"Artikel 79 bepaal
die prosedure en reelings in verband met die verkryging van
psigiatriese verslae wat slaan op die toerekeningsvatbaarheid
van 'n
aangeklaagde tydens die pleging van die beweerde misdryf. Dit is
duidelik dat artikel 77(1) en 78 (2) dat die Hof geen
diskresie het
om 'n verwysing te weier waar daar blyke is dat die beskuldigde
vanwee geestesongesteldheid of geestesgebrek nie
verhoorbaar is
nie."
Advokaat
De
Villiers
het
betoog dat daar tydens die verhoor twyfel bestaan het oor appellant
se vermoe om die verrigtinge te volg en hy het na sekere
passasies
in die rekord verwys wat ek reeds hierbo aangehaal het.
Na my oordeel is hierdie
egter nie 'n geval waar dit geblyk het dat appellant nie die verhoor
kon volg nie. Dit is so dat appellant
se prokureur op een stadium
probleme gehad het om instruksies te kry. Die saak is toe uitgestel
en daarna was die prokureur oenskynlik
te vrede dat appellant
verhoorbaar was. Dit is so dat appellant se getuienis met tye
moeilik is om te volg maar hy is klaarblyklik
nie 'n intelligente
persoon nie en hy sukkel kennerlik om homself behoorlik uit te druk.
Die landdros het geen probleme gehad
om sy weergawe te volg nie en
daar is, na my mening, niks inherent in sy getuienis wat dui op
onverhoorbaarheid nie.
Namens
appellant is verder betoog dat die landdros fouteer het deur nie
self 'n getuie te roep wat buite die hof teenwoordig was
nie. Die
probleem met hierdie betoog egter is dat daar volgens appellant se
eie getuienis geen aanduiding is dat die getuie relevante
getuienis
sou kon lewer nie. Daar moet ook aanvaar word dat appellant se
prokureur met hierdie getuie sou gekonsulteer het en
besluit het om
haar nie te roep nie.
Advokaat
De
Villiers
het
ook betoog dat appellant slegs aan een daad van verkragting skuldig
moes gewees het. 'n
Soortgelyke
vraag is in
S
v Blaauw
1999(2)
SASV 295 te 299-300 deur Borcherds, R oorweeg. Dit is nie vir my
nodig om hierdie passasie volledig aan te haal nie, sy
het daarop
gedui dat elke saak sal op die feite berus of dit wesenlik een of
twee gevalle van verkragting is.
In
die onderhawige geval het appellant nie op een van die
twee
geleenthede ejakuleer nie. Na die eerste geval het die
klaagster
steeds langs horn gele en hy het aan haar gevat en
gevryf totdat
hy tot die tweede geval oorgegaan het. Na my
oordeel het
appellant se optrede in hierdie geval slegs een
verkragting
daargestel.
Wat
die meriete van die
skuldigbevinding self
betref, is ek tevrede dat die landdros nie misgetas of sy diskresie
verkeerd uitgeoefen het nie.
Appellant se vonnis moet
egter heroorweeg word in die lig daarvan dat hy nou op appel net aan
een klag van verkragting skuldig
bevind word. Sy vorige
veroordelings, alhoewel daar heelwat van was, was nie van 'n
ernstige aard nie. Hy het geen geweld teenoor
die klaagster gebruik
nie. Daar is ook geen getuienis van fisiese of emosionele leed aan
haar kant nie. Appellant is kennerlik
nie 'n intelligente persoon
nie. Hy het ook, soos sy dit self gestel het, met haar gehandel asof
sy sy eie vrou was.
In al hierdie
omstandighede is ek van mening dat daar wel dwingende en wesenlike
omstandighede bestaan om van die minimum vonnis
van tien jaar
gevangenisstraf af te wyk. Na my mening sou 'n vonnis van sewe jaar
gevangenisstraf gepas wees.
Appellant se appel teen
skuldigbevinding slaag gevolglik gedeeltelik, sy skuldigbevinding op
die tweede aanklag van verkragting
word tersyde gestel. Appellant se
appel teen vonnis slaag ook. Die vonnis van 14 jaar gevangenisstraf
word tersyde gestel en
vervang deur 'n vonnis van sewe jaar
gevangenisstraf wat terugdateer word tot die datum van vonnis in die
streekhof, naamlik
18 Maart 2010.
BLIGNAULT, R
OOSTHUIZEN,
WnR:
Ek
stem saam.
OOSTHUIZEN, WnR