About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 558
|
|
Petersen v S (A467/2010) [2010] ZAWCHC 558 (12 November 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
A467/2010
DATUM:
12
NOVEMBER 2010
In die
saak tussen:
SHARIEF
PETERSEN
…..................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…...............................................................................................
Respondent
UITS.
PRAAK
CLEAVER,
R:
Die
appellant was op 17 Augustus 2007 in hierdie hof suksesvol met Yi
appel teen sy skuldigbevinding en vonnis in die Mitchells
Plain
streekhof op h aanklag van moord en 'n aanklag van roof met
verswarende omstandighede. Op die moordklagte is hy gevonnis
tot 20
jaar gevangenisstraf en op die roofaanklag is hy gevonnis tot 15
jaar gevangenisstraf. Die skuldigbevindings en vonnisse
is op 17
Augustus 2007 deur
Slignault
,
R tersyde gestel omdat hy bevind net dat al die noodsaaklike
elemente van die misdrywe nie in die appellant se verduideliking
erken is nie.
In
sy uitspraak het
Blignault
.
R bevind, in die lig van sy gevolgtrekking met betrekking tot die
onvoldoendheid van beskuldigde se pleiterkenning, dat dit
nodig was
om
'n
bevel
te maak kragtens artikel 312(1) van die Strafproseswet. Hierdie
artikel bepaai dat waar 'n skuldtgbevinding en vonnis ingevolge
artikel 112 op hersiening of appei tersyde gestel word, 6f op grond
daarvan oat subartikel (2) van die artikel nie nagekom is
nie, 6f
omaat artikel 113 toegepas moes gewees het, die Hof wat die appel
hoor die saak moet terugverwys na die Hof wat die vonnis
opgele het
en daardie Hof gelas om die betrokke bepaiing na te
Kom,
of
ingevolge artikel 113 te handel na gelang die geval.
Die
bevel wat gemaak is het, onder andere, die volgende ingesluit: "Die
saak word terugverwys na die streekhof ingevolge
artikel 312(1) van
die Strafproseswet sodat die appellant weer in daardie hof kan
pleit." Dit is duidelik dat die omvang
van hierdie oevel nie in
die streekhof besef is nie, want die streekhof het nie weer de
novo
met
die saak begin nie, maar besluit om aan te gaan op die stukke wat
voor die hof was. Gevolglik is daar nie gehoor gegee aan
die bevel
van
Blignault
,
R nie en die stukke voor ons vandag is van nul en gener waarde nie.
In die
omstandighede word die saak van die rol verwyder, met die resultaat
dat indien die saak deur die Staat verder gevoer word,
die Staat sal
moet voldoen aan die vorige bevel van hierdie hof. Dit volg van wat
ek gese het dat die skuldigbevinding en vonnis
wat na die vorige
bevel in hierdie hof uitgevaardig is, van nul en gener waarde is
nie. Die verrigtinge in die streekhof ten
opsigte waarvan Vi
uitspraak op 26 Oktober 2009 gegee is, ingevolge waarvan die
appellant skuldig bevind is en die vonnis wat
daarop gevolg word,
word tersyde gestei sodat daar uitvoering gegee kan word aan die
vorige bevel van hierdie hof van 17 Augustus
2007.
CLEAVER,
R
VAN
HEERDEN. WnR: Ek stem saam.
VAN
HEERDEN. WnR