About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 557
|
|
Ruiters v S (A560/08) [2010] ZAWCHC 557 (12 November 2010)
IN DIE HOE
HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
Saaknr:
A560/08
In die appel
van:
WILFRED
JOHN RUITERS
….....................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
….......................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP VRYDAG
12
NOVEMBER
2010
[1] Die
Appellant is op 24 Oktober 2007 in die Landdroshof te Robertson
skuldig bevind op twee klagtes van 'n oortreding van artikel
5(b) en
een klagte van 'n oortreding van artikel 4(b) van die Wet op
Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, Nr. 140 van 1992.
[2] Die
Appellant is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf, waarvan 4 jaar
opgeskort is vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer
skuldig bevind
word aan 'n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992
gedurende die tydperk van opskorting nie, ten opsigte
van die twee
klagtes van die oortreding van artikel 5(b), wat saamgevoeg is vir
doeleindes van vonnis. Die Appellant is verder
gevonnis tot 15 maande
gevangenisstraf ten opsigte van die klagte van die oortreding van
artikel 4(b) van Wet 140 van 1992, synde
vir die besit van dagga.
[3] Die
Appellant is op petisie verlof verleen om te appelleer teen die
vonnis, maar nie teen die skuldigbevindings nie.
[4] Die
Appellant is in 1955 gebore en het 'n redelike indrukwekkende lys van
vorige veroordelings wat in 1972 begin het en met
die laaste vorige
veroordeling in Oktober 2003. Vir die doeleindes van hierdie appel is
dit nie nodig om met al sy vorige veroordelings
te handel nie. Die
Appellant is onder andere in 1977 gevonnis tot 15 maande op elke van
drie klagtes van huisbraak, in 1981 het
hy 30 maande gevangenisstraf
gekry vir roof, in 1983 is hy op twee klagtes van aanranding, wat
saamgevoeg is vir vonnis, tot ses
maande gevangenisstraf gevonnis. In
1983 het hy ook 4 jaar gevangenisstraf gekry vir huisbraak asook 18
maande vir saakbeskadiging.
[5] Die
Appellant se geskiedenis met betrekking tot oortredings van die
bepalings van Wet 140 van 1992 (of sy voorganger) het vroeg
begin en
in 1972 het hy 6 houe gekry vir die besit van dagga. In 1987 is hy
gevonnis vir handeldryf in mandrax tot R1000.00 of
2 jaar
gevangenisstraf, plus een jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar
opgeskort is op sekere voorwaardes. In 1992 het hy 3 jaar
vir besit
van verbode afhanklikheidsvormende medisyne gekry, wat opgeskort is
op voorwaarde dat hy onder andere aanmeld by die
Toevlug
Rehabilitasie Sentrum te Worcester. In 1994 is hy gevonnis tot 4 jaar
gevangenisstraf vir handeldryf in mandrax. In 2003
is die Appellant
gevonnis tot R3 000.00 of ses maande gevangenisstraf, wat in die
geheel opgeskort is op sekere voorwaardes, vir
handeldryf in mandrax.
[6] Die
aanklagtes waarop die Appellant in hierdie saak skuldig bevind is, is
in laat 2006 gepleeg. Die Appellant is as gevolg van
'n lokvink
aangekla vir handeldryf in mandrax. Op die een aanklag was 8V4
mandrax tablette en 'n klein hoeveelheid los dagga betrokke
en op die
ander aanklag was 1 mandrax tablet en 'n klein hoeveelheid los dagga
betrokke.
[7] Op die
derde aanklag was hy in besit van 70 gram dagga wat hy by horn gehad
het in die gevangenis toe hy verhoorafwagtend was
op die ander twee
aanklagtes.
[8] Kragtens
die bepalings van artikel 64 gelees met artikel 17(e) van Wet 140 van
1992, is 'n distrik landdros gemagtig om 'n vonnis
van tot 25 jaar te
gee vir 'n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992.
[9]
Die verhoor landdros het die Appellant gevonnis op die twee klagtes
van handeldryf in mandrax tot 10 jaar waarvan 4 jaar opgeskort
is op
seker voorwaardes. Hierdie is nie 'n vonnis van 6 jaar nie, maar 'n
vonnis van 10 jaar, en in hierdie verband het Schutz
AR in
S
v Slabbert
1998
(1) SACR 64
(SCA) 647J-648D
die
volgende gese:
"It
has been emphasised repeatedly, in a variety of contexts, that a
suspended sentence of imprisonment is, nonetheless, a
sentence of
imprisonment...
In a
different context it has been held that a suspended sentence is not
something 'tacked on' to an unsuspended sentence. The suspended
part
is not to be viewed as if it will not be served. It is part of the
whole sentence and it is the whole that should be appropriate,
before
consideration is given to suspension of a part."
Die vraag wat
nou beantwoord moet word, is of 'n 10 jaar vonnis in hierdie
omstandighede regverdig is, of kom dit neer op 'n mistasting
van die
verhoorhof.
[10] Alhoewel
die Appellant vorige veroordelings vir handeldryf in en besit van
dwelms het, moet die hof wanneer dit vonnis ople
versigtig wees en in
gedagte hou dat:
"(a)
the accused should be sentences for the offence charged and not for
his previous record;
(b)
the
public interest is harmed rather than served by
sentences that are
out of proportion to the gravity of the
offence; and
(c)
while
it may be justifiable up to a point to impose escalating
sentences
on offenders who keep on repeating the same
offence, there are
boundaries to the extent to which sentence for petty crimes can be
increased."
(S
v Baartman
1997(1)
SACR 304 ECD
at
305C
- E)
[11]
Handeldryf in mandrax is natuurlik nie 'n "petty crime"
nie, maar die beginsels soos uiteengesit in
S
v Baartman
{supra)
is
van belang.
[12] Die
verhoorhof het klem gele op die Appellant se vorige veroordelings,
veral die handeldryf in of die besit van dwelms. As
in ag geneem word
die hoeveelheid dwelms wat in die Appellant se besit was ten tyde van
die oortredings, is ek van mening dat die
verhoorhof die Appellant se
vorige veroordelings oorbeklemtoon het en ook die ernstigheid van die
betrokke oortredings.
[13] Na my
mening het die verhoorhof die Appellant se vorige veroordelings
oorbeklemtoon, veral as daar gekyk word na die feit dat
behalwe vir
die oortreding in 2003 was sy laaste vorige veroordeling vir dwelms
in 1994, twaalf jaar voor die huidige oortredings.
[14] Die
Appellant is wel in 2003 skuldig bevind aan handeldryf in mandrax
waarvoor hy 'n opgeskorte vonnis gekry het. Die verhoorhof
het skerp
kritiek teen hierdie vonnis gelewer alhoewel dit nie van al die feite
van die oortreding of die toe betrokke persoonlike
omstandighede van
die Appellant geweet het nie. Dit blyk of die verhoorhof besluit het
om die Appellant te straf nie net vir die
huidige oortredings nie,
maar ook vir die 2003 oortreding waarvoor die Appellant 'n opgeskorte
vonnis gekry het.
[15] As daar
gekyk word na die Appellant se persoonlike omstandighede, die
beperkte hoeveelheid dwelms wat hier betrokke was en
die belang van
die gemeenskap, is ek van mening dat die vonnis van 10 jaar vir die
2 oortredings van artikel 5(b) van Wet 140
van 1992 in die
omstandighede, skokkend onvanpas is. Na my mening sou 'n vonnis van
6 jaar vir die 2 oortredings van pas wees.
[16]
Ek is van mening dat die vonnis van 15 maande gevangenisstraf vir
die besit van dagga toe die Appellant in die tronk was,
nie onvanpas
is nie.
[17] Ek sou
dus beveel dat die appel teen die Appellant se vonnis ten opsigte
van die 2 oortredings van artikel 5(b) van Wet 140
van 1992 slaag.
Ek sou ook, soos die landdros gedoen het, die twee klagtes saamvoeg
vir die doeleindes van vonnis. Met inagneming
van die jaar wat die
Appellant verhoorafwagtend was, voordat sy saak gedien het, sou ek
'n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf
op die twee klagtes opgele.
Van
Heerden WnR
Ek stem saam
en dit word so beveel. Die effek hiervan is verder dat die appel
teen die vonnis ten opsigte van klagte 3 van die
hand gewys word.
Die vonnis word bevestig.
Cleaver
R.