About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 555
|
|
Petersen v S (A467/2010) [2010] ZAWCHC 555 (12 November 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
A467/2010
DATUM
:
12 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
SHARIEF
PETERSEN
…....................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
CLEAVER,
R
:
Die
appellant was op 17 Augustus 2007 in hierdie hof suksesvol met "n
appel teen sy skuldigbevinding en vonnis in die Mitchells
Plain
streekhof op 'n aanklag van moord en h aanklag van roof met
verswarende omstandighede. Op die moordklagte is hy gevonnis
tot 20
jaar gevangenisstraf en op die roofaanklag is hy gevonnis tot 15
jaar gevangenisstraf. Die skuldigbevindings en vonnisse
is op 17
Augustus 2007 deur
Bliqnault
,
R tersyde gestel omdat hy bevind het dat a) die noodsaaklike
elemente van die misdrywe nie in die appellant se verduideliking
erken is nie
In
sy uitspraak het
Blignault
.
R bevind, in die lig van sy gevolgtrekking met betrekking tot die
onvoldoendheid van beskuldigde se pleiterkenning, dat dit
nodig was
om "h bevel te maak kragtens artikel 312(1) van die
Strafproseswet Hierdie artikel bepaal dat waar 'n skuldigbevinding
en vonnis ingevolge artikel 112 op hersiening of appel tersyde
gestel word, of op grond daarvan dat subartikel (2) van die artikel
nie nagekom is nie, 6f omdat artikel 113 toegepas moes gewees het,
die Hof wat die appel hoor die saak moet terugverwys na die
Hof wat
die vonnis opgele het en daardie Hof gelas om die betrokke bepaling
na te kom, of ingevolge artikel 113 te handel na
gelang die geval.
Die
bevel wat gemaak is het, onder andere, die volgende ingesluit: "Die
saak word terugverwys na die streekhof ingevolge
artikel 312(1) van
die Strafproseswet sodat die appellant weer in daardie hof kan
pleit." Dit is duidelik dat die omvang
van hierdie bevel nie in
die streekhof besef is nie. want die streekhof het nie weer
de
novo
met
die saak begin nie, maar besluit om aan te gaan op die stukke wat
voor die hof was. Gevolglik is daar nie gehoor gegee aan
die bevel
van
Blignault
.
R nie en die stukke voor ons vandag is van nul en gener waarde nie.
In die omstandighede
word die saak van die rol verwyder, met die resultaat dat indien die
saak deur die Staat verder gevoer word,
die Staat sal moet voldoen
aan die vorige bevel van hierdie hof. Dit volg van wat ek gese net
dat die skuldigbevinding en vonnis
wat na die vorige bevel in
hierdie hof uitgevaardig is, van nul en gener waarde is nie. Die
verrigtinge in die streekhof ten
opsigte waarvan 'n uitspraak op 26
Oktober 2009 gegee is, ingevolge waarvan die appellant skuldig
bevind is en die vonnis wat
daarop gevolg word, word tersyde gestel
sodat daar uitvoering gegee kan word aan die vorige bevel van
hierdie hof van 17 Augustus
2007.
CLEAVER,
R
VAN
HEERDEN. WnR
:
Ek stem saam.
VAN
HEERDEN.WnR