Overwacht v S (A182/2010) [2010] ZAWCHC 532 (8 November 2010)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to life imprisonment — Appellant's appeal against sentence based on mitigating factors including first offender status and the complainant's intoxication — Court finds trial court failed to adequately consider mitigating circumstances — Sentence reduced to 15 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 532
|

|

Overwacht v S (A182/2010) [2010] ZAWCHC 532 (8 November 2010)

IN
DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOe HOF, KAAPSTAD)
Saaknommer:
A182/2010
In
die saak tussen:
JOHAN
ONVERWACHT
…........................................................
Appellant
en
DIE
STAAT`
….......................................................................
Respondent
UITSPRAAK
: 8 NOVEMBER 2010
TRAVERSO,
ARP:
[1]
Die
appellant in hierdie aangeleentheid het in die Streekhof te Parow
tereggestaan op 'n aanklag van verkragtig. Hy was een van
twee
beskuldigdes wat aangekla gestaan het van verkragting van die
klaagster.
[2]
Die
appellant was deurgaans regsverteenwoordig. Hy het onskuldig gepleit
maar is skuldig bevind. Daarna is die verrigtinge gestaak
en verwys
na die Hoe Hof in terme van Artikel 52(2)(a) van die Wet op Minimum
Vonnisse, Wet 105 van 1997. On 29 Augustus 2001 is
die appellant
gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf.
[3]
Die
appellant het gedurende 2009 aansoek gedoen om verlof tot appel teen
die opgelegde vonnis. Sy mede-beskuldigde het nie aansoek
gedoen nie.
Die Hof wat vonnis opgele het (Motala, R) het verlof tot appel
toegestaan. Hoewel daar in die onderhawige geval faktore
bestaan wat
die twee beskuldigdes se situasie met betrekking tot vonnis
onderskeibaar maak, glo ek tog dat dit wenslik is dat die

Regshulpraad in situasies soos hierdie poog om die beskuldigde wat
nie aansoek gedoen het vir verlof tot appel nie, te nader om
vas te
stel of hy moontlik ook oorweeg om aansoek te doen vir verlof om te
appelleer nie. Dit sal voorkom dat die saak broksgewys
gefinaliseer
word, maar, meer belangrik, sal dit minstens bydra om 'n regskending
te voorkom. Dit was nie in die onderhawige saak
gedoen nie. Maar soos
reeds opgemerk is daar faktore wat die situasie van die appellant en
sy mede-beskuldigde onderskei. In die
omstandighede glo ek nie dat in
die huidige saak, die nalate van die Regshulpraad hierdie
aangeleentheid behoort te vertraag nie.
[4]
Die
feite wat aanleiding gegee het tot hierdie saak is kortliks die
volgende. Die klaagster is 'n 30 jarige vrou, en die moeder
van drie
kinders. Op Sondag, 7 Februarie 1999 het die klaagster saam met van
haar vriende, wat onder
andere die appellant en
sy mede-beskuldigde (na wie ek sal verwys as beskuldigde 1)
ingesluit het, by 'n smokkelhuis gaan drink.
Dit blyk dat die
klaagster verskeie biere gedrink het en inderdaad redelik sterk
onder die invloed van drank was. Hoe dit ookal
sy, nadat hulle klaar
bier gedrink het, het beskuldigde 1 gese dat hulle moet loop om geld
te gaan haal by 'n dame, blykbaar
om verder drank te koop. Die
klaagster het saam met hulle gestap en op 'n stadium is sy aangeval
deur beide die appellant en
beskuldigde 1. Eers het beskuldigde 1
haar verkrag waarna die appellant haar ook verkrag het. lemand wat
in die nabygelee omgewing
gewoon het, het gesien wat gebeur het en
het die polisie geskakel. Die appellant en beskuldigde 1 is toe
gearresteer.
[5]
Uit
die klaagster se getuienis het dit duidelik geblyk dat sy, volgens
haar eie toegewing, erg onder die invloed van drank was.
Dit kan
natuurlik nooit die misdryf regverdig nie, maar die feit dat nie
alleen die klaagster nie, maar ook die appellant, tot
'n mate onder
die invloed van drank was, is inderdaad 'n faktor wat in aanmerking
geneem moet word by die oplegging van vonnis.
[6]
Die
Verhoorhof se uitspraak is uiters kort. Ten opsigte van die vonnis
van die appellant merk die Verhoorregter bloot as volg
op:
"Beskuldigde
2 is 28 jaar oud. Hy is ongetroud. Hy het twee kinders. Hy is 'n
eerste oortreder. Hy was ook heel waarskynlik
tot 'n mate onder die
invloed van drank toe die misdaad gepleeg is, maar het ook geweet
wat hy doen.
Die
erns van die misdaad wat die twee beskuldigdes gepleeg het, kan nie
oorbeklemtoon word nie. Daar is 'n vlaag van geweldsmisdade
in ons
land. Amper elke dag word daar verkragtings gepleeg, selfs klein
meisiekinders en bejaarde vrouens word verkrag. Die gemeenskap
vra
dat die howe moet streng optree teen geweldsmisdadigers.
In
hierdie saak is daar ook sekere verswarende omstandighede. Die
klaagster het die twee beskuldigdes vertrou en met hulle vrywillig

geloop. Sy het sekere beserings opgedoen. Volgens dr Frantz, wat die
klaagster ondersoek het, was daar twee vars skeure op haar

lipvliese. Dr Frantz het getuig dat dit moet verskriklik pynlik vir
haar gewees het. Tot vandag het die beskuldigdes geen berou
getoon
nie. In die omstandighede kan ek nie 'n bevinding maak dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat 'n mindere
vonnis
kan regverdig nie."
[7]
Met
respek teenoor die Verhoorregter kan ek met hierdie benadering nie
saamstern nie. Beskuldigde 1 het 'n vorige veroordeling
gehad vir
moord. Hierteenoor was die appellant 'n eerste oortreder.
Verkragting is altyd 'n laakbare misdryf. Maar dit is sonder
twyfel
so dat daar sekere verkragtings is wat meer ernstig is as ander. In
hierdie geval was die enigste beserings wat die klaagster
opgedoen
het twee skeure aan haar skaamlipvliese. Klaarblyklik moes dit
redelik pynlik gewees het, maar dit kom voor dat die
klaagster
dermate onder die invloed van drank was dat sy nie eers bewus was
daarvan nie. Al wat sy gese het oor die effek wat
die verkragting op
haar gehad het is dat sy sleg gevoel het omdat beskuldigde 1 iemand
was wat sy goed geken het. Daar was geen
suggestie dat sy blywende
sielkundige letsels oorgehou het nie. Daar durf egter nie uit die
oog verloor word dat verkragting
altyd 'n ernstige misdryf is nie.
Dit is weersinwekkend en die gemeenskap skree uit dat die Howe
vonnisse ople wat voornemende
misdadigers sal afskrik. Om by 'n
gepaste vonnis te kom, moet die Hof alle relevante faktore opweeg
teen mekaar. Dit, het die
Verhoorhof na my mening nie gedoen nie.
Die Hof het geensins die strafversagtende omstandighede hierbo
genoem in ag geneem nie
en oorweeg of daardie omstandighede moontlik
wesentlike en dwingende omstandighede sal daarstel nie. Dit was 'n
wanvoorligting,
en hierdie Hof is derhalwe by magte om met die
vonnis in te meng. Na my mening stel die kumulatiewe effek van
voornoemde feite
inderdaad wesentlike en dwingende omstandighede
daar om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk. Dit is ook
heeltemaal
tereg so deur die Staat toegegee.
[8]
In
die omstandighede is ek van mening dat die appel teen vonnis moet
slaag en sal die volgende bevel gepas wees:
1.
Die skuldigbevinding word bekragtig.
2.
Die appel teen die vonnis slaag. Die vonnis word tersyde gestel en
vervang met:
15
(Vyftien) jaar gevangenisstraf.
TRAVERSO,
ARP
Ek stem saam:
N.
C. ERASMUS, R
Ek stem saam:
BOZALEK,
R