S v Adams en Ander (C635/09) [2010] ZAWCHC 530 (8 November 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Identification of accused — Accused charged with theft of an iron cage valued at R1000 — Witness testimony insufficient to establish identity of accused — Witness confused about details and unable to definitively identify the accused at the time of arrest — State failed to prove guilt beyond reasonable doubt — Convictions and sentences of both accused set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 530
|

|

S v Adams en Ander (C635/09) [2010] ZAWCHC 530 (8 November 2010)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA WES-KAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD
Hooggeregshof
verw. no: 10641
Saakno:
C635/09
Landdros
se reeksno: 17/10
In
die saak tussen:
DIE STAAT teen
JACOBUS
ADAMS
…......................................................
Beskuldigde
no.
1
ED-JOHN
MARTHINUS
…..............................................
Beskuldigde
no. 2
HERSIENINGSUITSPRAAK
GEDATEER 8 NOVEMBER 2010
GAMBLE, R:
[1]
Die twee beskuldigdes het voor die landdros, Oudtshoorn verskyn op n
klagte van diefstal synde dat hulle 'n yster "hok"
ter
waarde van R1000,00 gesteel het op 14 Augustus 2009 te of naby
Jonesstraat, Oudtshoorn. Die beskuldigdes het onskuldig gepleit
en
was tydens die verrigtinge voor die landdros onverteenwoordig.
[2]
Na die
aanhoor
van
getuienis is hulle skuldig bevind op 7 April 2010 en is elke
beskuldigde daar en dan gevonnis tot drie (3) jaar gevangenisstraf.
[3]
Op 30 April 2010 stuur die landdros die saak na hierdie Hof op
outomatiese hersiening. Die stukke was slordig gebind en op 25
Mei
2010 word die landdros gevra om te verseker dat die oorkonde van die
verrigtinge behoorlik gepagineer en in kronologiese volgorde
geplaas
word. Die landdros is ook gevra vir sy kommentaar op die
betroubaarheid van die hoofgetuie wat namens die Staat aangebied
is,
asook die toepaslikheid van die vonnis al dan nie.
[4]
Drie maande later (op 27 Augustus 2010) stuur die landdros die stukke
weer na hierdie Hof en le voor sy redes vir skuldigbevinding.
Die
dokumente word deur die Griffier van hierdie Hof ontvang op 8
September 2010.
[5]
Ons het tot die slotsom gekom dat die skuldigbevinding nie volgens
reg was nie en het op 14 September 2010 gelas dat beide beskuldigdes

onmiddeluk vrygelaat word. Die effek daarvan is dat die beskuldigdes
vir meer as vyf (5) maande tronkstraf uitgedien het. Dit is
nie die
bedoeling van Artikel 302 van die Strafproseswet, No. 51 van 1977
nie, wat daarop gemik is om te verseker dat onverteenwoordigde

persone se sake spoedig afgehandel word.
[6]
Tydens die verhoor voor die landdros het die Staat die getuienis
aangebied van Me Kathleen Alkaster. Sy het getuig dat op 4
Augustus
2009 omstreeks 15h30 sy winkel toe gegaan het vanaf haar werksplek te
Oudtsboorr waar sy twee mans persone gesien het
wat besig was om
l
n
ystertrollie (wat gelyk het soos
v
n
hoenderhok) oor
"n
muur
by 'n fabriek te gooi.
[7]
Nadat sy klaar haar inkopies gedoen het by die winkel, het die getuie
gesien dat die polisie op die toneel is en sy het na hulle
toe gegaan
en beweer dat die ystertrollie aan haar werkgewer behoort het. Me
Alkaster het toe gepoog om die twee beskuldigdes voor
die Hof te
koppel aan die beweerde misdaad deur hulle uit te ken aan hulle
kleredrag. Sy het ook gese dat sy vir beskuldigde no.
2 ken op die
(as) naam Jonathan Adams. In die klagstaat word hy beskryf as Ed-John
Marthinus maar in die Hof het hy aan die getuie
gese sy naam is
Ed-John Jafta. Hy het ook bevestig dat hy die naam Ed-John Marthinus
gebruik. Die getuie was klaarblyklik deurmekaar
wat betref die vanne
van die beskuldigdes.
[8]
Die getuie is nie in haar getuienis-in-hoof gevra oor die moontlike
uitkenning van die beskuldigdes aan die polisie na hul arrestasie

daardie dag. In teendeel, Me Alkaster het gese dat sy nie by was toe
die getuies gearresteer was daardie dag nie, en dat sy hulle
nie weer
gesien het daardie dag nadat sy hulle die hok in die pad sien afstoot
het nie.
[9]
Tydens kruisondervraging van Me Alkaster het beide beskuldigdes dit
duidelik gemaak dat hulle ontken dat hulle betrokke was
by die
diefstal van hierdie voorwerp. Die identiteit van die kwaaddoeners
was derhalwe n geskilpunt voor die landdros.
[10]
Tydens kruisondervraging het die getuie gese dat sy die twee
beskuldigdes vroeer daardie dag gesien het waar hulle onder 'n

peperboom gesit het. Sy het ook gese dat sy 'n beskrywing gegee het
aan die polisie var die kleredrag van die beskuldigdes. Beskuldigde

no. 1 het sy gese het'n swart hemp aangehad met
(
n
wit broek maar toe het sy haarself onmiddelhk gekorrigeer en gese 'n
blou hemp met
v
n
wit broek. Beskuldigde no. 1 het beweer dat hy 'n blou hemp gedra met
het met 'n rooi broek. Toe hy dit aan die getuie stel, het
sy gese
"dit was 'n wit broek. Hy het rooi aangehad". Dit is
duidelik uit die kruisondervraging dat die getuie deurmekaar
was met
betrekking tot die kleredrag van beskuldigde no. 1.
[11]
Wat die kruisondervraging van beskuldigde no. 2 betref het die getuie
gese dat sy horn herken het aan sy gesig en dat sy naam
Jonathan
Adams is. Beskuldigde no. 2 het dit ontken. Ek het reeds hierbo
verwys na die getuie se verwarring met die beskuldigdes
se vanne. Toe
beskuldigde no. 2 aan haar stel dat hy in 'n woonbuurt met die naam
van Toekomsrus bly het die getuie daarmee gestry.
Wat sy kleredrag
aan betref het sy gese dat hy "was bloedrooi aangetrek" met
v
n
"rooi skipper en
v
n
rooi broek".
[12]
Dit het verder uit die kruisverhoor geblyk dat die beskuldigdes
beweer het dat hulle reeds deur die polisie vasgevat was oor
'n ander
voorval en dat die getuie hulle dan in 'n polisie voertuig naby die
toneel uitgeken het.
[13]
Die Staat het toe die getuienis aangebied van Konstabel Geduld, die
polisie beampte wat betrokke was met die arrestasie van
die twee
beskuldigdes Hy het getuig dat Me Alkaster vir hom
v
n
beskrywing gegee het van die klerasie van die beskuldigdes en op
sterkte daarvan het hy vir hulle gearresteer. Hulle was op daardie

stadium nie meer in besit van die ysterhok nie. Konstabel Geduld het
die kruisverhoor van beskuldigde no. 2 bevestig toe hy getuig
het dat
die klaer hulle uitgeken het in sy voertuig nadat hulle gearresteer
was.
[14]
Tydens kruisondervraging het Konstabel Geduld bevestig dat
beskuldigde no. 1 op daardie stadium gearresteer was op 'n ander

kriminele klagte en dat hy derhalwe in hegtenis in die polisie
voertuig was. Volgens die konstabel was beskuldigde no. 2 nie saam

met beskuldigde no. 1 nie - hy is 'n ent weg van die toneel af
gearresteer aangesien hy glo voldoen het aan die beskrywing wat
die
ooggetuie vir hom gegee het.
[15]
Tydens kruisondervraging deur beskuldigde no. 2 was dit aan aie
konstabel gestel dat Me Alkaster nie vir hom kon uitken as
v
n
persoon wat die misdaad gepleeg het nie. Daardie vraag is nooit
beantwoord nie omdat die Hof tussenbeide getree het en daarna
nie
aangedring het daarop dat die getuie hulle
v
n
antwoord verskaf nie.
[16]
Wat egter baie duidelik is uit die getuienis van Konstabel Geduld is
dat die klaer slegs vir beskuldigde no. 2 kon uitken deur
middel van
sy kleredrag, en dit is as gevolg daarvan dat no. 2 opgetel
(opgelaai) is en na die klaer geneem is vir informele uitkenning

agter in die polisie voertuig.
[17]
Na my mening was die uitkenning van die beskuldigdes in hierdie geval
nie na wense nie en het die Staat versuim om bo redelike
twyfel te
bewys dat dit hulle is wat die ysterhok verwyder het.
[18]
*n Verdere aspek wat nie bewys is nie is die eienaarskap van die hok.
Niemand het kom se dat die hok aan hom/haar behoort en
dat die
beskuldigdes geen reg gehad het om in besit daarvan te wees nie. Ten
beste vir die Staat het Me Alkaster beweer dat die
hok van die
fabrief af kom waar sy gewerk het.
[19]
Laastens was daar geen getuienis om aan te dui wat die waarde van
gemelde hok was nie en is die landdros se bevinding in daardie

verband bloot gebasseer op sy eie waarnemings en ondervinding. Mens
weet derhalwe nie of die hok enige wesenlike waarde gehad het
nie en
of dit nie dalk as stuk waardelose skrootmetaal beskou kon word nie.
[20]
Gevolglik is dit my mening dat die skuldigdbevinding teen beide
beskuldigdes nie gehandhaaf kan word nie en behoort dit tersyde

gestel te word. Die vonnisse moet dienooreenkomstig ook tersyde
gestel word.
[21]
Laastens, wil ek enkele opmerkings maak in verband met hierdie
landdros se gedrag in die Hof soos dit blyk uit die oorkonde.
Van tyd
tot tyd het die landdros die beskuldigdes toegespreek op
x
n
siniese en sarkastiese wyse wat basies neerkom op ongeskiktheid.
Daardie houding is ook geopenbaar teenoor ander mense wat in
die hof
was van tyd tot tyd. Sulke gedrag betaam nie n landdros nie en lei
net tot'n verontwaardiging van die regstelsel.
[22]
In die omstandighede sou ek beide die skuldigbevindings en vonnisse
van beskuldigdes no. 1 en no. 2 tersyde stel.
P.A.L.
GAMBLE, R
Ek
stem saam: dit word so gelas.
A.
LE GRANGE, R