Fansensie v S (A225/10) [2010] ZAWCHC 529 (5 November 2010)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Appellant convicted of two counts of attempted murder and one count of assault with intent to cause grievous bodily harm — Sentenced to a total of 15 years' imprisonment — Appellant appeals against the severity of the sentence — Court finds no misdirection by the trial magistrate in not considering the cumulative effect of the sentences as the incidents were temporally and contextually distinct — Appeal dismissed and sentences upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 529
|

|

Fansensie v S (A225/10) [2010] ZAWCHC 529 (5 November 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO:
A225/10
DATUM:
5 NOVEMBER 2010
In
die saak tussen:
CALVIN
FANSENSIE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
OOSTHUIZEN.
WnR
:
Hierdie
is 'n appel teen vonnis nadat die appellant skuldig bevind is aan
twee aanklagte van poging tot moord en een aanklag van
aanranding met
die opset om ernstig te beseer. Hy is die eerste twee aanklagte
gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf waarvan twee
opgeskort is en op
die derde aanklag tot drie jaar gevangenisstraf en 'n effektiewe
gevangenisstrafvonnis van 15 jaar.
Die
appellant appelleer teen daardie vonnis.
Ten
opsigte van aanklag 1 is die feite dat hy in Oktober 2005 vir ene
Melvin Maasdorp met 'n vuurwapen geskiet het. Die getuienis
is
kortliks dat hy, wat Maasdorp is, en 'n ander persoon by 'n
smokkelhuis gedrink het. Die appellant was ook daar. Daar het toe
'n
woordewisseling ontstaan, blykbaar voortspruitend uit 'n versoek dat
die appellant 'n glas moes uitspoel. In die loop daarvan
het die
appellant en Maasdorp aan die stoei geraak. Daardie insident het toe
tot 'n einde gekom. Die appellant het die smokkelhuis
verlaat en
ongeveer 20 minute later teruggekeer met "n 9mm vuurwapen. Hy
het op 'n afstand van 10 meter op Maasdorp begin
skiet. Hy het die
klaer agt wonde toegedien, twee in die maag, een in die nek en een in
die rug.
Op
die tweede aanklag was die getuienis kortliks dat ene Achmat Theodore
om ongeveer middernag van die dag van die insident in Augustus
2006
op pad huis toe was. Hy het verby "n huis te Patryslaan gestap.
Die appellant het vir horn oorgeroep na die betrokke
woning, en horn
gevra vir "n sigaretaansteker wat Theodore toe vir die appellant
gegee het. Theodore het toe gewag om dit
terug te kry. Dit is nie
teruggegee nie. Hy het vir verskeie mense, insluitende die appellant
gevra vir die sigaretaansteker. Hy
het op 'n stadium deurgegaan na 'n
ander kamer in die huis, vermoedelik op soek na sy aansteker. Die
appellant het horn gevolg,
'n rewolwer op horn gerig en op 'n afstand
van ongeveer 2.5 meter een skoot afgevuur wat vit Theodore in die nek
getref het. Hy
is vir twee dae in die hospitaal in 'n ernstige
toestand opgeneem.
Theodore
het getuig dat, nadat die appellant die skoot afgevuur het, die
appellant gese het dat hy vir die Theodore wil "klaar
maak"
en gesoek het na nog 'n wapen om vir Theodore verder te skiet.
Ten
opsigte van die derde aanklag kom die getuienis kortliks daarop neer
dat ene Royce het by die ingangshek van sy ouers se woning
gestaan en
appellant het nadergekom en sonder enige voorafgaande waarskuwing 'n
mes uitgehaal en horn in die skouer gesteek.
Daar
is by my geen twyfel oor die erns van hierdie misdade nie. Die
gebruik van vuurwapens om onbenullige argumente op te los, kan
in
geen beskaafde samelewing aanvaar of regverdig word nie. Die feit dat
die appellant en Maasdorp ten opsigte van die eerste aanklag
vyftien
minute vantevore Yi stryery gehad het, is geensins versagtend nie.
Die feit dat hy in daardie omstandighede, trouens die
toneel verlaat
het en na 'n verloop van omtrent 20 minute teruggekeer het met die
vuurwapen en die menige skote afgevuur het, is
'n verswarende
omstandigheid.
In
die aanval op Theodore was daar hoegenaamd geen regverdiging vir
appellant se optrede nie. Theodore was klaarblyklik geregtig
om te
vra vir die teruggawe van die sigaretaansteker, het heeltemal
onskuldig opgetree, en is in daardie omstandighede aangeval
met 'n
gevaarlike wapen op 'n gevaarlike wyse.
Die
gebruik van uiters gevaarlike wapens in doellose en onnodige aanvalle
wat dikwels tot lewensverlies lei of kan lei, is iets
waarteen die
howe by meermale hulle ten sterkste uitgespreek het, en daar is 'n
plig wat rus op die howe om ernstig op te tree
teen sodanige
insidente.
In
die appel voor ons is daar betoog dat inmenging op appel nodig is
omdat die landdros die kumulatiewe effek van die strawwe in
ag moes
neem. Dit is geykte reg - dit is onnodig om na gesag te verwys - dat
daar slegs op appel ingemeng kan word indien die vonnis
van die
laerhof skokkend onvanpas is, of indien die laerhof 'n mistasting
begaan het.
Ek
is nie van mening dat die verhoorlanddros 'n mistasting begaan het
deur nie tot Yi groter mate die kumulatiewe effek van die
drie
strawwe in ag te neem nie. Die drie misdrywe, wat betref tyd en
omstandighede, was ver verwyder van mekaar. Dit sou moontlik
- en ek
spreek my nie finaal hieroor uit nie ­anders gewees het as die
drie aanvalle op dieselfde datum, dieselfde plek en
as 't ware in die
loop van dieselfde insident in agtereenvolgende insidente plaasgevind
het, maar dit is geensins die geval in
die appel voor ons nie. Ek het
reeds daarop gewys dat die een aanval in Oktober 2005 plaasgevind
het, die tweede een in Augustus
2006 en die derde een in September
2005.
In
die omstandighede, is ek die mening toegedaan dat die wyse waarop die
landdros die kumulatiewe effek van die strawwe hanteer
het, nog
skokkend onvanpas is en of op 'n mistasting neerkom. Die landdros het
trouens sy diskresie korrek uitgeoefen deur ten
opsigte van aanklag 1
en 2, twee jaar van die gevangenistermyn wat hy opgele het, op te
skort.
Ek
is in die omstandighede nie oortuig dat daar enige gronde vir
inmenging bestaan nie. Ek sou die appel van die hand wys en die

vonnisse bekragtig.
OOSTHUIZEN,
WnR
HENNEY.
WnR: Ek stem saam en dit word so beveel.
HENNEY,
WnR