About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 528
|
|
Hess v S (A211/2010) [2010] ZAWCHC 528 (5 November 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
A211/2010
DATUM
:
5 NOVEMBER 2010
In
die saak tussen:
MARK
HESS
…............................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................................
Respondent
U
I T S PRAAK
LOUW.
R:
Die
appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is,
het op 14 Maart 2007 in die landdroshof op Ladismith saam
met vier
medebeskuldigdes tereggestaan op die drie aanklagte tewete opsetlike
saakbeskadiging, aanranding met die opset om ernstig
te beseer en
diefstal.
Die
aanklagtes spruit almal voort uit gebeure wat gedurende die loop van
Sondagoggend, 5 November 2006, by die huis van mnr Petrus
Beukes
gelee te 4de Laan, Zoar, plaasgevind het. Dit is gemene saak dat 'n
groot groep gewapende mense daardie oggend by Beukes
se huis
saamgedrom het en met geweld toegang tot die huis verkry het en daar
Yi grootskaalse skade aangerig het en dat van Beukes
se eiendom
daarna verwyder is. Die enigste werklike geskilpunt by die verhoor
was of die beskuldigde deel van hierdie groep mense
was wat Beukes
se huis geplunder het.
Die
enigste staatsgetuies was Beukes en sy vrou, Johanna Antonie. Aan
die einde van die staatsaak het die landdros die aansoek
wat namens
beskuldigdes 2, 4, 5 en 6 ingevolge die bepalings van artikel 174
van die Strafproseswet gebring is, toegestaan en
hulle is almal
ontslaan. Die appellant was dus die enigste beskuldigde teen wie die
saak voortgegaan het.
Die
appellant het daarop self getuig en is op dieselfde dag, dit wil se
14 Maart 2007 onskuldig bevind op die aanklag van diefstal
maar op
aanklagte 1 en 2, tewete kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding
met die opset om ernstig te beseer, is die appellant
skuldig bevind.
In
die lig van appellant se vorige veroordelings het die landdros die
saak na die streekhof verwys ingevolge die bepalings van
artikel 116
van die Strafproseswet vir die oplegging van vonnis. Die aanklagte
is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en hy
is tot 5 jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Die
appellant appelleer nou teen sy skuldigbevindings en die vonnis wat
horn opgele is met verlof van die Hof a
quo
wat
op 17 April 2009 aan horn toegestaan is.
Nou
soos ek reeds gemeld het, is dit gemene saak dat Beukes se huis die
oggend van 5 November 2006 met geweld deur "n groep
mense
geplunder is. Die appellant se weergawe beide in sy
pleitverduideliking by die aanvang van die verhoor en ook in sy
getuienis
was dat hy die vorige dag, tewete Saterdag 4 November
2006, op Ladismith in hegtenis geen is vir dronkenskap, of soos hy
dit
gestel het, "dronk op straat".
Hy
is die Sondagoggend deur die Polisie na Zoar geneem waar hy
vrygelaat is. Hy self woon op Zoar. Hy het opgemerk dat daar 'n
groot groep mense voor die huis van Beukes saamdrom en hy het nader
gestaan om te kyk wat aangaan. Hy ontken dat hy deelgeneem
het op
die aanval op die huis en die plunder van die huis self. Hy ontken
dat hy hoegenaamd die perseel betree het of binne-in
die huis was.
Beukes
het getuig dat alhoewel hy al die beskuldges voor die Hof by naam
geken het, hy slegs kan se dat die appellant een van
die persone was
wat die huis die betrokke oggend aangeval het. Sy onbetwiste
getuienis was dat hy en sy vrou en Mary Timmie en
Jan Baantjies op
sy werf gesit het toe h groep mans sy huis genader het. Die mense
was gewapen met kapmesse en sekels met handvatsels
wat in wit
voersakke gehou is terwyl hulle nader gekom het.
Volgens
Beukes het die appellant 'n bosbyl in sy hand gehad en het hy eerste
die perseel binnegehardloop. Beukes, sy vrou en Mary
Timmie het die
huis ingehardloop en die voordeur toegedruk. Hulle het nie tyd gehad
om die veiligheidshek ook toe maak nie. Die
appellant het daarop die
deur met sy byl stukkend geslaan en Beukes en twee vroue het verder
in die huis in gevlug en in die
toilet gaan skuil. Beukes het die
deur toegedruk en met sy voete teen die toilet en sy rug teen die
deur, die deur toegehou.
lemand,
hy kon nie sien wie dit was nie, het van buite met 'n byl teen die
deur gekap. Met die eerste hou het die byl se lem gedeeltelik
deur
die deur gegaan en amper vir Beukes teen die kop getref. Die tweede
hou met die byl het ook deur die deur gegaan en met
die terugtrek
van die byl, het die lem 'n skaafmerk oor Beukes se regtervoorarm
gemaak. Mary Timmie het toe van binnekant die
toilet vir die
appellant op sy naam geroep en gese "Dit is auntie Mary hier
binnekant" en dat hy moet ophou kap. Die
gekap het toe opgehou,
maar hulle kon van binne die toilet hoor hoe die huis geplunder
word.
Nadat
die mense weg is en dit stil geword het, het hulle uitgevind dat
wyn, vleis, CD's en Beukes se selfoon asook 'n stel messe
uit die
huis vermis is. Beukes het Yi huiswinkel by sy huis bedryf en sy
voorraad en besitting is beskadig en het oor die vloer
versprei
gele. Sy meubels en kombuisware, insluitende sy stoof, is erg
beskadig en was soos hy dit gestel het "tot niet
geslaan".
Sy huis se staal vensterrame is ook beskadig en die glasventers is
gebreek.
Nadat
die plundery oor was, het Beukes deur die badkamervenster gesien hoe
die appellant en die ander mense van die toneel wegloop.
Beukes
vermoed dat die aanval op sy huis te doen gehad het met Yi voorval
wat die vorige aand by die "game shop" plaasgevind
het toe
sy kinders en ene March en beskuldigde 3 wat intussen oorledene is,
in Yi stryery betrokke geraak het.
Nou
Beukes se vrou, Johanna Antonie, het ook getuig. Sy het Beukes se
getuienis bevestig. Ook sy het die appellant herken toe
hy voor die
ander mense hulle perseel binnegehardloop het met Yi bosbyl in sy
hand. Sy het later ook deur Yi gat in die toilet
se deur gesien dat
dit die appellant was wat die toiletdeur probeer stukkend kap het
terwyl sy en Marie Timmie en Beukes daar
geskuil het.
Sy
bevestig ook dat Marie Timmie vir die appellant op sy naam geroep
het en gevra het om op te hou. Sy het die appellant ook nadat
die
aanval verby is, sien wegloop van die huis af.
Die
landdros het in sy uitspraak die appellant se weergawe dat hy het "n
toevallige en onbetrokke toeskouer was in die lig
van die direkte
getuienis van die twee staatsgetuies as nie redelik moontlik waar
nie, verwerp. Dit is duidelik dat die landdros
van mening was dat
die gewig en kwaliteit van die staatsgetuies se getuienis sodanig
was dat die getuienis van die appellant
net nie moontlik waar kan
wees nie.
Appellant
het getuig dat almal mekaar op Zoar ken en dat dit dus nie 'n geval
is dat die getuies horn as gevolg van "n
bona
fidie
fout
by die gebeure betrek het nie. Die appellant was ook nie die vorige
aand betrokke by die onderonsie by die "game shop"
nie. Hy
het egter wel die twee persone wat daar betrokke was geken.
Beskuldigde 3, wat intussen oorlede is, was sy stiefpa se
suster se
kind en hulle het saam opgegroei. Die ander persoon, March, het saam
met die appellant se suster gewoon en hy het,
soos hy dit gestel
het, "saam met hulle geloop en saam met hulle gepraat". Hy
kon in sy getuienis nie dink waarom die
twee getuies horn doelbewus
uit al die ander persone sou uitkies en horn valslik sou betrek by
die aanval by hulle huis nie.
Dit
is geyk dat 'n Hof van appel nie ligtelik sal inmeng met "h
feitebeslissing van 'n verhoorhof. As daar geen wanopvatting
van die
feite by die verhoorhof was nie, is die uitgangspunt dat daardie hof
se beslissing korrek is en 'n hof van appel sal
die verhoorhof se
beslissing alleen verwerp as die Hof oortuig is dat daardie
beslissing verkeerd is. In hierdie geval is ek
nie oortuig dat die
verhoorhof se beslissing verkeerd is nie. Trouens ek meen dat dit
heeltemal korrek is.
Die
landdros het egter nietemin besluit dat dit nie veilig sou wees om
die appellant op die getuienis aan die diefstal van die
vermiste
goed skuldig te bevind nie. Die enigste oorblywende vraag is of die
appellant op die feite skuldig is aan saakbeskadiging
en aanranding
met die opset om ernstig te beseer? Die verhoorhof het bevind dat
dit die appellant was wat met die bosbyl teen
die toiletdeur gekap
het op so 'n wyse dat die lem van die byl deur die hout gedring het
en Beukes rakelings gemis het.
Ek
stem saam met die landdros se bevinding waar hy soos volg bevind:
"As
daar met 'n byl deur 'n deur gekap word, wetende dat daar mense
daarbinne is asook die posisie waarin Petrus was, en
spesifiek waar
hy meegedeel het dat met die terug van die byl daar h skraap
opgedoen is, kan ek nie anders as om te bevind dat
u - dit is nou
met verwysing na die appellant - moet voorsien het dat daar ernstige
beserings opgedoen kan word deur met daardie
voorwerp so op te tree
en dwarsdeur daardie deur te kap."
In
die omstandighede is die appellant skuldig aan aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Wat die saakbeskadiging betref,
is daar
direkte getuienis dat die appellant die twee deure met die bosbyl
gekap het, die een deur het hy oenskynlik heeltemal
verwoes. Ook was
hy deel van die groep mense wat die res van die huis geplunder het.
Die appellant is dus ook skuldig aan opsetlike
saakbeskadiging.
Ek
handel vervolgens met die appel teen vonnis. Die appellant was ten
tyde van die pleging van die misdrywe 35 jaar oud. Sy persoonlike
omstandighede is, gegewe die feite van hierdie saak, nie merkwaardig
nie. Hy het egter 'n lang reeks vorige veroordelings en
het reeds 25
keer by vorige geleenthede in die hof verskyn. Hierdie veroordelings
was hoofsaaklik vir geweld wat reeds in 1984
met 'n skuldigbevinding
aan huisbraak begin het. In 1987 is hy vir die eerste keer skuldig
bevind aan 'n geweldsmisdryf toe hy
twaalf maande gevangenisstraf
opgele is vir roof Daarna het hy sewe verdere veroordelings vir
aanranding waarvoor hy termyne
van gevangenisstraf van twaalf maande
tot twee jaar en ses maande opgele is. Hy het ook 'n vorige
veroordeling vir kwaadwillige
beskadiging van eiendom waarvoor hy
vier maande gevangenisstraf opgele is wat vir vyf jaar opgeskort is.
Op 22 Augustus 2003
is hy drie jaar gevangenisstraf vir huisbraak
opgele en is hy op 21 Julie 2006, dit wil se ongeveer vier maande
voor die pleging
van die huidige misdryf, uit die gevangenis
vrygelaat.
Die
appellant het 'n leidende rol gespeel in die gebeure. Hy was gewapen
met 'n bosbyl en het die buitedeur van die huis oopgekap.
Daarna het
hy gepoog om die drie persone wat in die toilet geskuil het, te
bereik. Die binnekant van die huis en Beukes se besittings
is erg
beskadig deur die groep waarvan hy h deel was.
In
die omstandighede meen ek nie dat die vonnis van vyf jaar
gevangenisstraf, wat weliswaar "n swaar vonnis is, skokkend
onvanpas is nie. Ek sal dus die volgende bevel maak:
1.
Die appel teen die skuldigbevindings en vonnis word van die hand
gewys.
2.
Die skuldigbevindings aan kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding
met die opset om ernstig te beseer sowel as die vonnis
van vyf jaar
gevangenisstraf word bekragtig.
McDOUGALL, WnR
LOUW,
R
:
Dit word dan so beveel.
LOUW,
R