S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 524 (3 November 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of personal circumstances and seriousness of the crime — The accused, aged 25, with a prior conviction for murder, committed a premeditated murder while on parole — The court held that while the crime was serious, it did not warrant a life sentence; a sentence of 20 years' imprisonment was deemed appropriate, taking into account the accused's youth and lack of extraordinary circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 524
|

|

S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 524 (3 November 2010)

1
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS34/2010
DATUM
:
3
NOVEMBER 2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
ASHLEY
LOUW
V
O N N I S
HENNEY.
WnR
:
By
die oplegging van 'n gepaste vonnis is die Hof se taak om alle
tersaaklike feite en faktore in ag te neem. Van belang is die

persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die aard en die erns
van die misdaad en ook die belange van die gemeenskap.
Om
terug te kom na die beskuldigde se persoonlike omstandighede, hy is
25 jaar oud en ongetroud. Hy het ook
geen
kinders nie. Hy kom ook uit 'n huis waar sy ouers van mekaar geskei
is en hy is een van drie seuns. Sy moeder, mev Gertruida
Louw, werk
as "n skoonmaakster by Tygerberg Hospitaal. Die Hof kon ook
opmerk toe mev Louw hier kom getuig het in die getuiebank
tydens die
verhoor van die saak dat sy diep getref was en is en baie bekommerd
voorgekom het as gevolg van haar seun, die beskuldigde,
se
betrokkenheid by die saak.
Dit
is verder gemene saak dat die beskuldigde 'n relevante vorige
veroordeling vir moord het. Hy was in die streekhof te Blue
Downs op
8 Oktober 2004 gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf waarvan drie
jaar gevangenisstraf opgeskort word vir 'n periode
van vyf jaar.
Die
beskuldigde was op parool vrygelaat op 26 September 2007 en daarna
terwyl hy nog sewe maande van sy parool moes uitgedien
het, het hy
hierdie huidige misdaad gepleeg.
Daar
is geen twyfel by die Hof dat die beskuldigde 'n baie ernstige
misdryf gepleeg het. Dit is 'n voldonge feit dat die pleging
van
hierdie tipe misdrywe aan die orde van die dag is veral hier op die
Kaapse Vlakte. Hierdie was 'n sinnelose en wreedaardige
moord op die
oorledene wat niks vermoed het nie. Hy het geen of weinig kans
gehad om homself teen die lafhartige aanval op
horn te beskerm nie.
Die beskuldigde het horn van agter af, terwyl hy onbewus daarvan
was, geskiet. Daar was geen getuienis dat
daar 'n argument of enige
voorval plaasgevind het onmiddellik voor die voorval op die
oorledene nie.
'n
Verdere verswarende aspek wat in ag geneem behoort te word is die
beskuldigde het glad nie die Hot in sy vertroue geneem nie
en het
geen berou getoon vir sy optrede nie.
Volgens
die beskuldigde se bekentenis het hy en die oorledene probleme gehad
in die gevangenis. Nadat hy en die oorledene mekaar
ontmoet het die
betrokke dag, wil dit voorkom, asof hulle die strydbyl begrawe het,
maar om die een of die ander onverklaarbare
rede, het die
beskuldigde sonder waarskuwing die oorledene trompop geskiet. Dit is
ook duidelik dat die beskuldigde wou absoluut
seker gemaak het dat
die oorledene sou doodgaan. Nadat hy horn die eerste keer geskiet
het, skiet hy horn 'n verdere keer. Sy
optrede getuig direkte opset
om te vermoor en dit was koelbloedig.
Dit
is derhalwe duidelik dat ondanks die feit dat die beskuldigde op
parool uit was vir 'n ernstige misdaad, dit horn nie afgeskrik
het
enigsins of weerhou het om hierdie koelbloedige moord te pleeg nie.
Dit is duidelik blatante en uitdagende optrede. Dit
is hierdie
tipe optrede van misdadigers wat die oplegging van direkte
gevangenisstraf regverdig. Die gemeenskap verwag niks
anders nie.
Die
volgende vraag is watter termyn van gevangenisstraf sal onder die
omstandighede gepas wees wat 'n gesonde balans sal tref
tussen die
persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die erns van die
misdaad en die gemeenskapsbelang.
Die
Staat het aangevoer dat die
bepalings
van artikel 51 van Wet 105 van 1997 van toepassing is en meer
spesifiek omdat die beskuldigde 'n misdaad gepleeg het,
soos genoem
in Deel I van Bylae 2 aangesien die moord beplan of met voorbedagte
rade gepleeg was. Gevolglik sal die versoek dan
wees dat die Hof
volgens hierdie Wetgewing oorweging moet skenk om lewenslange
gevangenis op te le. Ek het reeds gese die Hof
kon nie bo redelike
twyfel bevind dat die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg
was nie.
Die
feite het egter aangetoon dat dit 'n moord is wat gepleeg is onder
ander omstandighede as in Deel I van Bylae 2, dit eerder
'n moord
was wat gepleeg was in Deel II van Bylae 2. Volgens die Wet in
sodanige geval is daar 'n minimum vonnis van 20 jaar
gevangenisstraf
vanwee die feit dat die beskuldigde 'n tweede oortreder is. Advokaat
Stephen
,
namens die Staat, het egter aangevoer dat die Hof sy inherente
vonnisjurisdiksie uitvoer en oorweging moet skenk aan die oplegging

van lewenslange gevangenisstraf eerder as om 'n vonnis op te le soos
voorgeskryf in Deel II van Bylae 2 van Wet 105 van 1997.
Die
oplegging van lewenslange gevangenisstraf moet egter nie op 'n
ligtelike wyse opgele word nie. Dit moet gereserveer word vir
die
mees ernstigste misdrywe wat die swaarste straf wat die Hof kan ople
regverdig. Die Hof moet ook daarteen waak om nie die
belangrikheid
en impak van lewenslange gevangenisstraf af te water in gevalle waar
daar nie absolute dwingende omstandighede
is wat die oplegging
daarvan regverdig nie. Veral in 'n geval soos hierdie waar die hof
bemagtig word om Vi mindere gevangenisopsie
uit te oefen in terme
van Wet 105 van 1997. Daar was ook nie uitermatige en buitengewone
omstandighede teenwoordig in hierdie
saak nie. Dit is derhalwe nie
wenslik vir die Hof om sy diskresie en sy inherente jurisdiksie om
lewenslange gevangenisstraf
op te le uit te oefen nie.
Die
moord wat gepleeg was in hierdie saak vir die redes soos vermeld, is
'n relatief baie ernstige een asook die gepaardgaande
feit dat die
beskuldigde 'n soortgelyke vorige veroordeling het, plaas die saak
in 'n ander lig, maar dit is nie van so 'n graad
dat die ergste en
swaarste vonnis opgele moet word nie. In die saak van
S
v Maseko
1998(1) SASV 451 (T) te 455f-g het die Hof met 'n soortgelyke
situasie te doen gehad en waar die Hof die volgende gese het:
"Die
daad deur die appellant gepleeg is skokkend. Daar kom egter helaas
veel skokkender gevalle van moord voor ons howe,
aanvalle met
masjiengewere waar rond geskiet word ook op die polisie, moorde wat
met wrede verkragting gepaard gaan, moorde wat
letterlik in
bloedbaddens ontaard, na marteling van die slagoffer. Sulke moorde
verg swaarder vonnisse as die onderhawige en
in so 'n geval mag
retribusie en beskerming van die publiek lewenslange opsluiting
verg. Lewenslank is ontoepaslik in die huidige
geval."
Die
bespreking van die oplegging van lewenslange gevangenisstraf in
geweldsmisdrywe was in die saak van
S
v Mazlakaza & Another
1997(1) SASV 515 is ook rigtingwysend. Ek is derhalwe van oordeel
dat die pleging van hierdie misdaad deur die beskuldigde, hoewel

relatief ernstig, verg nie die oplegging van lewenslange
gevangenisstraf nie. Ek is verder van oordeel dat advokaat
Badenhorst
vir die beskuldigde was ook nie baie oortuigend dat dwingende en
wesenlike omstandighede teenwoordig is in hierdie saak nie.

Gevolglik is daar geen rede om af te wyk van die voorgeskrewe
minimum vonnis van 20 jaar nie.
Ek
het dit oorweeg om 'n vonnis op te le wat die voorgeskrewe minimum
vonnis van 20 jaar oorskry, maar gedagtig aan die ouderdom
van die
beskuldigde dat hy nog relatief jonk is, hy is 25 jaar oud. Hy was
19 jaar oud toe hy die eerste moord gepleeg het, het
ek my weerhou
om sodanige opsie uit te oefen.
Derhalwe
op die moordklag is ek van oordeel dat 'n vonnis van 20 jaar
gevangenisstraf 'n gepaste vonnis is.
Klagtes
2 en 3 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en beskuldigde word
gevonnis tot 'n verdere vyf jaar gevangenisstraf.
Op klagte 4 word
beskuldigde gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf. Die Hof
gelas dat die straf op klagtes 2, 3 en 4 tesame
met die straf op
klagte 1 uitgedien word, effektiewelik word die beskuldigde gevonnis
tot
TWINTIG
(20) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Ingevolge
die bepalings van artikel 103 van Wet 60 van 2000, die Wet op die
Beheer van Vuurwapens, word die beskuldigde onbevoeg
verklaar om 'n
wapen te besit.
Ingevolge
die bepalings van artikel 35(1)(a) van Wet 51 van 1977 van die
Strafproseswet, 51 van 1977, is die Hof verplig om 'n
beskikking oor
die vuurwapen te maak in terme van die Strafproseswet en hierdie
vuurwapen was ingehandig as Bewysstuk 1 by die
Hof. Dit is hoekom ek
van oordeel is artikel 35 is van toepassing, hierdie vuurwapen word
derhalwe verbeurdverklaar aan die Staat,
wat die onderwerp is van
klagte 2. Ek sien hier is 'n konsepbevel wat hier voor my le dat ek
dit wel moet doen. Ek het nie 'n
beskikking gemaak oor die selfoon
nie. Daar is ook 'n versoek dat die selfoon aan die mev Petra Lakay
teruggegee word, ek het
nie 'n probleem om dit te doen nie. EK maak
ook 'n bevel dat die selfoon aan Petra Lakay teruggegee word
Ek
moet dan ook 'n bevel maak oor die vrywaring van mnr Jackson Nqola.
Ek sien hy is nie hier nie, hy was wel gewaarsku. Ek gaan
'n
buitegewone vrywaring hier doen of maak, Jackson Nqola word
gevrywaar ingevolge die bepalings van artikel 204(2) van Wet 51
van
1977 slegs op klagtes 1 en klagte 4, die moord en die
diefstalklagte. Ek het nie bevind dat die getuienis van mnr Gerhard

Smit en Petra Lakay oneerlik was toe hulle gese het hy het wel 'n
vuurwapen besit nie, so dit sal verkeerd van my wees as die

vrywaringsbevel inkonsekwent sou wees met my feitlike bevindinge in
hierdie Hof.
HENNEY,
WnR