S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 521 (1 November 2010)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Evidence — Testimony of accomplice — Accused charged with murder and related offences — Accused initially pleaded not guilty, later claimed coercion by accomplice — State's case reliant on testimony of accomplice and accused's confession — Court assessed credibility of accomplice's evidence against other testimonies — Found that the State proved its case beyond reasonable doubt, leading to conviction of accused on all charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 521
|

|

S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 521 (1 November 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
SS34/2010
DATUM
:
1 NOVEMBER 2010
In
die saak tussen
DIE
STAAT
en
ASHLEY
LOUW
UITSPRAAK
HENNEY,
WnR
:
Die
beskuldigde staan tereg op die volgende klagtes. Moord gepleeg op 15
Augustus 2009 naby Vergenoegd plaas in die distrik van
Stellenbosch
deur hy wederregtelik en opsetlik vir Charles Julies gedood het deur
hom met 'n vuurwapen te skiet. Die Staat beweer
verder ook dat die
bepaling van artikel 51 van Wet 105 van 1979
van
toepassing is deurdat die misdaad soos genoem word in Deel I, Bylae
2 tot die genoemde wet, aangesien die moord met voorbedagte
rade
gepleeg is.
Aanklag
2 is besit van 'n vuurwapen ter oortreding van artikel 120(1)(a) van
artikel 21 van Wet 60 van 2000, die wet op die beheer
van
vuurwapens, waarvan die beskuldigde in besit was van 'n .22
Long
Rifle Calibre Llama module, Airlite
semi-outomatiese
pistool, reeksnommer 260494, sonder dat die beskuldigde in besit was
van 'n lisensie om die vuurwapen te besit.
Aanklag 3, die besit van
ammunisie, waarvan die maak en kaliber onbekend is en dit is 'n
oortreding van artikel 90 van Wet 60
van 2000, sonder dat die
beskuldigde in besit was van 'n wettige vuurwapen waaruit sodanige
ammunisie gevuur kan word. Aanklag
4 was diefstal van 'n LG selfoon
van die oorledene. Hierdie misdrywe, word beweer, is gepleeg op 15
Augustus 2009 te Stellenbosch.
Die
beskuldigde het op al hierdie ten laste gelegde aanklagte onskuldig
gepleit en alle bewerings horn ten laste gele, ontken.
Aanvanklik
het hy aangevoer dat vanwee sy paroolvoorwaardes, moes hy elke
Saterdag tussen aguur en vieruur gemeenskapsdiens verrig
het by die
Melton Rose polisiestasie, Kleinvlei, Eersterivier. Daarna sou hy
direk na sy broer se huis te Elimsingel 23, Eersterivier
gaan, waar
hy dan heeltyd by die huis was. In effek voer hy aan dat hy nie ten
tye van die pleging van die misdaad op die toneel
was nie.
Daarna,
nadat die beskuldigde vir die eerste keer in die
hoofverhoor
getuig net, het hy sy verweer verander en aangevoer dat hy ten tye
van die voorval wel op die toneel waar die moord
plaasgevind het,
was, maar dat die Staatsgetuie, Jackson Ngola (Jackson)
verantwoordelik was vir die pleeg van die moord op die
oorledene, en
hy, n 'n bekentenis wat hy later sou afgele het, gedwing was deur
Jackson Ngola om skuld verkeerdelik te erken.
Hy voer dan aan dat sy
eerste pleitverduideliking en verweer vals is.
Die
Staat het verskeie getuies geroep, meestal wie formele getuienis
afgele het en as sulks is hierdie getuienis nie in geskil
nie. Die
Staat se saak het hoofsaaklik berus op die getuienis van Jackson
Ngola, Gerard Smit, Getruida Louw, luitenant-kolonel
Johannes
Jordaan, konstabel P Lombard, konstabel M J Apollis,
luitenant-kolonel Roderick Botha, Petro Lakay en dr Anthony. Daarna

het die beskuldigde in sy eie verdediging getuig en die Hof het ook
ingevolge die bepalings van artikel 186 van Wet 51 van 1977
vir
Jackson teruggeroep, Bradley Cloete en Leandra Booysen ook geroep.
'n
Bekentenis wat beskuldigde voor luitenant-kolonel Johannes Jordaan
afgele het is ook as Bewysstuk G1 toegelaat en die rekord
van
aanwysings deur beskuldigde gemaak, aan luitenant-kolonel Botha, is
ook toegelaat as Bewysstuk H. Verskeie ander
dokumentere
bewysstukke soos die lykskouingsverslag en ook die
ballistiese verslag is toegelaat as getuienis en dit
is nie in
geskil nie. Die volgende feite blyk gemeensaak te wees:
a)
Dat die oorledene, Charles Julies, op die aand van 15 Augustus 2009
vermoor was deurdat hy twee keer in die kop met 'n vuurwapen
geskiet
was.
b)
Dat die beskuldigde, Ashley Louw, en asook Jackson teenwoordig was
ten tye van die moord op die oorledene.
c)
Dat die beskuldigde en Jackson bewus was wie verantwoordelik is vir
die moord op die oorledene.
d)
Dat die moordenaar in besit was van die vuurwapen wat later deur
beskuldigde se moeder, Getruida Louw, in beskuldigde se kamer
gevind
was.
e)
Dat die vuurwapen, Bewysstuk 1, 'n semi-outomatiese vuurwapen is,
soos omskryf in Wet 60 van 2000.
f)
Dat tydens die pleging van die moord, die moordenaar ook in besit
was van ammunisie, waarvan die maak en kaliber onbekend is
en dat
die moordenaar nie in die regmatige besit was van 'n vuurwapen
waaruit sodanige ammunisie afgevuur kan word nie.
(g)
Dat
die moordenaars 'n selfoon, LG KG92, gesteel het van die oorledene,
wat ingehandig is as Bewysstuk 2.
(h)
Dat
die beskuldigde op 17 Augustus 'n bekentenis voor luitenant-kolonel
Jordaan afgele het.
(i)
Dat
hy ook op 19 Augustus 2009 sekere uitwysings aan luitenant-kolonel
Roderick Botha gemaak het.
(j)
Dat die beskuldigde se aanvanklike verweer van alibi 'n valse
een was.
Die
hoofgeskilpunte wat bereg moet word is of die beskuldigde of Jackson
verantwoordelik was vir die moord op die oorledene en
of hy ook die
verdere misdade, soos uiteengesit in klagtes 2, 3 en 4, gepleeg het.
Ten einde die hoofgeskilpunt te besleg, is
dit derhalwe nodig om te
bevind of:
1)
Die inkriminerende getuienis van Jackson Ngola, wie sy getuienis in
terme van artikel 204 van Wet 51 van 1977 afgele het, aanvaarbaar

is.
2)
Die bekentenis, wat alreeds toegelaat was, verder toelaatbaar sou
wees, nie omdat beskuldigde, soos vantevore deur
die polisie
aangerand en gedwing was om dit af te le nie, maar omdat hy, luidens
sy latere weergawe, deur Jackson gedwing was
om dit te se wat in die
bekentenis vermeld is.
Vervolgens
dan 'n baie kort samevatting van die getuienis gelewer. Die eerste
getuie was Jackson. Hy getuig dat hy en die oorledene
was vriende.
Hulle het saam grootgeword. Vroeer die aand op 15 Augustus 2009, was
hy en vriende saam op Welmoed plaas. Hulle
het gedrink. Die
oorledene was nie daar nie en hulle het horn
telefoniese
geskakel. Hulle het besluit om saam met mnr Gerard Smit te ry om die
oorledene te gaan haal in Happy Valley. Die oorledene
kon nie na
hulle toe gekom het nie, omdat hy geen petrol in sy kar gehad het
nie. Hy het ook vroeer die dag vir die beskuldigde
ontmoet, hulle
sou mekaar weer later ontmoet.
Op
pad na die oorledene het hulle vir die beskuldigde ontmoet. Hy het
by hulle ingeklim en daarvandaan is hulle na die oorledene
toe.
Hulle het die oorledene so tussen sewe-uur en aguur opgetel. Die
oorledene se motor was nie by sy huis nie, die kar is opgetel,
hulle
is na die motorhawe toe en petrol word in die voertuig gegooi,
waarvan hulle na hulle plaas toe gery het. Hy en die beskuldigde
het
agter in die voertuig gesit, terwyl die oorledene alleen voor in die
voertuig gesit het.
Onderweg
plaas toe, nadat hulle op die gruispad begin ry het, hoor hy 'n
vuurwapenskoot afgaan. Die oorledene is deur die beskuldigde

geskiet. Op daardie stadium kon hy nie sien waar op sy liggaam die
oorledene geskiet word nie, asook nie die vuurwapen wat beskuldigde

sou gehad het nie.
Die
voertuig het tot stilstand gekom en hy is gedreig om te help om die
oorledene uit die voertuig te haal. Die oorledene word
tot in 'n
wingerd gesleep en daar word hy 'n verdere keer geskiet. Die
beskuldigde het ook op daardie stadium die selfoon van
die oorledene
van horn afgeneem. Daarna het hulle teruggeloop na Eersterivier toe,
waar beskuldigde se broer en moeder hulle
kom haal het. Die
beskuldigde het horn ook na 'n ligpaal laat skiet met die
vuurwapen.
Hy was gedreig deur die beskuldigde of vir niemand te vertel wat
gebeur het nie.
Hulle
is die volgende dag deur die polisie gearresteer en hy het niks gese
totdat die beskuldigde vir horn gese het hy gaan 'n
bekentenis afle
omdat hulle die vuurwapen gekry het by sy ma se huis. Hy ontken dat
hy ooit 'n vuurwapen besit het die betrokke
aand of dat hy enige
iets onwettigs in sy besig gehad het. Hy ontken ook, soos die getuie
Petro Lakay gese het dat hy moeilikheid
wou maak met die Nigeriese
mense daar by die huis waar die oorledene gewoon het. Hy het ten
sterkste ontken dat hy verantwoordelik
was vir die moord op die
oorledene.
Gerard
Smit was 'n verdere relevante getuie. Hy bevestig in bree trekke die
getuienis van Jackson met betrekking tot die feit
dat hy horn
vervoer het tot waar hy die beskuldigde en die oorledene ontmoet het
en dat hy hulle sou afgelaai het. Hy getuig
verder dat terwyl hulle
gery het na die oorledene toe. met beskuldigde en Jackson, Jackson
sou gese het dat hy hulle moet aflaai
toe hulle 'n polisievoertuig
sien, omdat hy iets onwettig in sy besit gehad het. Petro Lakay
bevestig ook die getuienis van Jackson
dat die oorledene en
beskuldigde saam was die betrokke aand en saam weggery het. Sy se
ook dat Jackson 'n vuurwapen in sy besit
gehad het toe hy en
beskuldigde by die huis waar sy en die oorledene gewoon het,
aangekom het. Jackson wil moeilikheid gaan soek
het met die
Nigeriese mense.
Die
beskuldigde het daarna twee keer in sy verdediging kom getuig. Ek
gaan nie enigsins verwys na die ander getuienis wat hier
afgele was,
die formele getuienis van die polisiebeamptes met betrekking tot die
bekentenis nie, asook nie die formele getuienis
van dr Anthony nie,
want hierdie is nie in geskil nie.
Om
net weer te herhaal, die beskuldigde het twee keer in sy eie
verdediging kom getuig. Sy eerste weergawe was dat hy nooit betrokke

was by die pleging van die moord op die oorledene nie. Hy was glad
nie die aand saam met Jackson toe dit gebeur het nie. Die
bekentenis
wat hy afgele het was onder dwang omdat hy deur die polisie
aangerand was. Later het die beskuldigde hierdie weergawe

teruggetrek en hy het erken dat hy 'n leuen vertel het. Sy verdere
weergawe was dat hy wel die aand saam met Jackson, ene Bradley

Cloete in die oorledene se voertuig gery het na die plaas toe.
Onderweg
in die motor het Jackson die oorledene geskiet en hulle versoek om
uit die kar te klim. Bradley en hy moes, in opdrag
van Jackson, die
oorledene uit die voertuig sleep tot in die wingerde. Daarna het
Jackson die oorledene nog 'n keer geskiet en
hy het ook sy selfoon
van horn afgeneem. Hy is deur Jackson gedreig en sy familie is ook
gedreig om niks te se nie. Hulle is
later na sy huis gebring, waar
Jackson die vuurwapen sou gelaat het tussen klere in 'n sakkie.
Bradley is ook gedreig. Hy het
later 'n bekentenis afgele en
uitwysings gedoen omdat Jackson horn gedreig het en aan horn
meegedeel het dat vanwee die feit
dat die vuurwapen by sy huis
gevind is, hy maar alles moet beken aan die polisie.
Bradley
Cloete is deur die Hof geroep. Hy ontken dat hy ooit die aand
teenwoordig was ten tye van die pleging van die moord.
Terwyi hy op
'n stadium, 'n kort rukkie voordat beskuldigde-hulle van hulle af
weggery het, in die motor was. Hy het egter uitgeklim.
Sy meisie,
Leandra Booysen, het sy getuienis hieroor bevestig en die Hof gaan
nie verder dan in op haar getuienis nie. Dit is
dan die getuienis
wat hier gelewer was.
Dit
is geykte reg dat in 'n strafsaak, die Staat sy saak bo redelike
twyfel moet bewys. Die Staat se saak wat beskuldigde inkrimineer,

dit is op die enkelgetuienis van Jackson, wat ook 'n deelnemers was
in die pleging van die misdaad. Verder inkrimineer beskuldigde

homself ook in die bekentenis wat hy afgele het, wel hierdie keer en
nie soos aanvanklik aan die begin van die saak se hy dat
hy deur
Jackson gedwing is om die bekentenis af te le.
Daar
is ook sekere aspekte van sy getuienis wat problematies is, dit is
nou Jackson se getuienis. Soos waar ander getuies se hy
het die aand
'n vuurwapen besit, terwyi hy dit ontken het. Hier veral praat ek
van die getuienis van Petro Lakay en Gerard Smit.
Derhalwe as gevolg
van die redes vermeld, moet Jackson se getuienis met die nodige
versigtigheid benader word. Ten einde Jackson
se getuienis as
aanvaarbaar te bevind, moet die Hof krities daarna gaan kyk, dit
opweeg met ander aanvaarbare getuienis en ook
dit opweeg teen
waarskynlikhede en onwaarskynlikhede.
Merendeels
is daar stawing te vind in sy weergawe, veral oor hoe hy
en
die beskuldigde die aand ontmoet het, hulle die oorledene later
ontmoet het, asook dat die oorledene, hy en die beskuldigde
later
alleen weggery het. Jackson se weergawe het heel ingepas met hierdie
getuie se weergawe ten einde aan te toon op beskuldigde
se eerste
verweer dat sy alibi nie oortuigend genoeg is, waarmee beskuldigde
in sy later getuienis mee saamgestem, het nie. Op
hierdie eerste
weergawe van beskuldigde, was Jackson se weergawe heel aanvaarbaar
en daar sou geen rede gewees het om nie te
aanvaar, dat beskuldigde
nie met horn was, die betrokke aand nie, ongeag die gebreke en
probleme.
Jackson
se getuienis het goed ingepas met die bekentenis wat beskuldigde
afgele het voor mnr Botha. Hierin was daar genoegsame
waarborge vir
die betroubaarheid vir sy weergawe, veral waar beskuldigde in sy
bekentenis en ook in die uitwysing se dat Jackson
nie 'n aandeel
gehad het in die misdaad nie. As 'n mens verder gaan kyk na die
leuenagtige weergawe van die beskuldigde waarby
ons later sal
stilstaan, is daar bitter min rede om te aanvaar dat op die latere
verdraaide weergawe van die beskuldigde,
Jackson se
weergawe, ondanks die gebreke, nie aanvaar behoort te word nie.
Die
vraag is dan nou derhalwe, waarom moet ek 'n oenskynlike goeie
getuie se weergawe verwerp ten koste van 'n verdraaide weergawe
van
die beskuldigde wat hy later opgedis het. As Vi mens gaan kyk na
Jackson se weergawe en dit opweeg teen waarskynlikhede,
is daar ook
nie 'n baie goeie en oortuigende rede waarom hy skielik uit die
bloute die oorledene sal doodmaak nie.
Daar
is geen rede aangevoer oor waarom hy dit sal doen nie, terwyi
beskuldigde se in sy bekentenis dat hy en die oorledene het

moeilikheid gehad in die gevangenis en dis die rede hoekom hy dan
die oorledene geskiet het. Dit klink meer waarskynlik as die
storie
wat hier opgedis was dat Jackson, sonder enige rede, die oorledene
sou skiet.
Daar
was 'n weergawe hier voorgehou dat omdat oorledene "n voertuig
gekoop het by Jackson se vader en die voertuig probleme
gegee het,
dit rede wees vir Jackson om die oorledene te skiet en so op te tree
teenoor die oorledene. Hierdie weergawe, myns
insiens, is
onoortuigend en onwaarskynlik. Tewens dit was ook nooit aan Jackson
gestel in sy vroeere getuienis nie en hierdie
aspek, lyk my, is net
later bloot uit beskuldigde se duim uit gesuig, veral as 'n mens
gaan kyk na die waarskynlikhede oor waarom
beskuldigde die oorledene
geskiet het en waarom die beskuldigde sou aanvoer dat Jackson die
oorledene geskiet het. Die weergawe
wat deur die staatsgetuies
voorgehou was en wat beskuldigde in sy bekentenis, voorhou klink vir
my meer aanvaarbaar en meer waarskynlik
as die wat later aangevoer
was oor waarom Jackson dit sou gedoen het.
Verder
waarom, as Jackson die moordenaar was, sou hy die vuurwapen en
selfoon by die beskuldigde se huis laat en dit daar bere.
'n Mens
sou verwag het dat hy hierdie selfoon en vuurwapen sover as moontlik
of gaan weggooi of erens anders gaan bere. Hierdie
is goed wat horn
sou inkrimineer en dit pas ook weer in met waarskynlikhede dat die
beskuldigde die moordenaar was. As Jackson
die moordenaar was, skiet
hy ook nie vir Bradley. Die
beskuldigde
het vol selfvertroue in die hof kom getuig, en hy het nie gedink of
geweet Bradley sal opgespoor word en kom getuig
nie. Toe Bradley nie
bevestig wat hy hier gese het nie, en toe beskuldigde dit ontdek,
het hy sy weergawe weer aangepas.
As
'n mens gaan kyk na die waarskynlikhede en Jackson se weergawe gaan
opweeg teen die waarskynlikhede, kan dit nie sonder meer
verwerp
word nie. Jackson se getuienis kan ook derhalwe nie sonder meer
verwerp word omdat daar verskille op kollaterale
aspekte met
die ander Staatsgetuies se weergawes is, wat ook getuig op
kollaterale gebeure voor die voorval. Jackson
se weergawe moet
getoets word aan die hand van wat daar gebeur het. As die Hof gaan
kyk na die bekentenis wat beskuldigde afgele
het, en die leuenagtige
en verdraaide weergawe van die beskuldigde, moet die Hof Jackson se
weergawe daarteenoor gaan ondersoek
en evalueer en horn nie blind
staar teen hierdie oenskynlike verskille nie.
Waarom
die ander getuies se Jackson het hierdie vuurwapen voor die tyd
besit en waarom Jackson daarmee verskil, kan 'n mens maar
net oor
spekuleer, maar dit beteken nie ek moet sy getuienis in wese, as
gevolg van hierdie verskille, verwerp nie. En teen hierdie

agtergrond moet ek sy getuienis beoordeel. Soos ek reeds gese het
dit strook en dit pas in met waarskynlikhede. Advokaat
Stephen
het verwys na
S
v Francis
1991(1)
SACR 198 (A) op 205E-F beslis het oor die getuienis van 'n deelnemer
waar gese word:
"It
is not necessarily expected of an accomplice, before his evidence
can be accepted, that he should be wholly consistent,
wholly
reliable or even wholly truthful in all that he says. The ultimate
test is whether after due consideration of the accomplice's

evidence, with the caution in which the law enjoins the Court, is
satisfied beyond all reasonable doubt that in its essential

features, the story that he tells is a true one."
En
as 'n mens Jackson se getuienis, ondanks hierdie gebreke, moet
opweeg teen al die ander getuienis en in hoofsaak, wat die grootste

probleem is vir die beskuldigde hier is die bekentenis wat hy afgele
het. Die saak van
S
v Bester
1990(2)
SACR 325 (A) se dieselfde. Gevolglik bevind ek dan die getuienis van
Jackson as aanvaarbaar.
Die
beskuldigde aan die ander kant, as ek sy getuienis gaan evalueer,
gedagtig aan die feit dat sy weergawe slegs redelik moontlik
waar
hoef te wees, was 'n skaamteloos en 'n deurtrapte leuenaar. Sy
verduideliking oor waarom hy sy weergawe verdraai het, is

onoortuigend en onwaarskynlik. As 'n mens na die bekentenis kyk en
wat daarin vermeld was, is dit te betwyfel dat hy in soveel
detail
inligting onvrywilliglik bygevoeg het, as hy nie 'n integrale en
aktiewe rol gespeel het in die pleging van die moord
nie. Wat hy
daarin gese het is net soos dit gebeur het. Dit was nie vir horn
enigsins nodig ten einde Jackson te bevredig en
om hierdie
dreigemente af te weer, om meer inligting as wat nodig is te vermeld
nie. Net 'n eenvoudige erkenning sou genoeg gewees
het, dat op die
toneel was en hy het die oorledene geskiet, maar hy gaan verder en
hy
se nog veel meer as wat nodig was.
Hy
gaan verder en hy gaan maak sekere uitwysings, wat glad nie eers
nodig was nie. Jackson het vir horn net bloot gese hy sal
die skuld
op hom vat. As 'n mens na sy weergawe moet gaan kyk, doen hy nog al
hierdie ekstra goed? Dit strook nie met die optrede
van 'n
onskuldige persoon nie. En dit is onwaarskynlik derhalwe, in die lig
hiervan, dat hy gedreig was onder hierdie omstandighede.
Die
verdere vraag is, en dit is dit strook weereens nie met die optrede
van 'n onskuldige persoon nie, waarom het hy nie uit die
staanspoor
die Hof in sy vertroue geneem nie? Hoekom het hy nie die verweer reg
van die begin af geopper in die hof nie? Hoekom
opper hy 'n simpele
verweer van 'n alibi? En dit maak net sin soos die aanklaer hier
betoog het, hy het gesien dat die getuienis
in sover dit sy eerste
verweer aangaan, was te sterk teen hom en hy kon nie verhoed het,
dat die muur van skuld teen hom intuimel
nie, toe verdraai hy sy
weergawe. Alles wat hy gedoen het, weereens strook net nie met die
optrede van 'n onskuldige persoon
nie.
Die
beskuldigde oortuig nie die Hof dat die bekentenis wat hy afgele het
en die gevolglike uitwysings wat hy gedoen het, omdat
hy deur
Jackson gedreig was, nie vrywilliglik afgele was nie. Hy oortuig
ook nie die hof dat Jackson die eintlike moordenaar
was nie. Die
getuienis is duidelik, en dit pas in met waarskynlikhede, dat hy
vrywilliglik, nadat sy ma die vuurwapen gevind
het en na die polisie
toe geneem het, hy die pleging van die moord erken het. Hy het later
sy weergawe probeer verdraai deur
die skuld op mnr Jackson te pak.
Derhalwe
bevind die Hof nie die beskuldigde se weergawe redelik moontlik waar
nie. Die Hof is derhalwe bo redelike twyfel oortuig
dat die
beskuldigde op 15 Augustus 2009 vir die oorledene, Charles Julies,
vermoor het met die vuurwapen wat die onderwerp van
klagte 2 is.
Verder dat hy ook in besit was van ammunisie, terwyi hy nie
wettiglike in besit was van 'n vuurwapen waaruit sodanige
ammunisie
gevuur kon word nie. Beskuldigde is ook skuldig aan die diefstal van
die selfoon van die oorledene. Derhalwe word
beskuldigde
SKULDIG
BEVIND OP AL VIER KLAGTES
Op
hierdie stadium is die Hof nie oortuig daarvan dat die Staat kon
bewys het bo redelike twyfel dat daar enige beplanning of

voorbedagte rade was toe die moord gepleeg was nie, voor die pleging
van die moord en tydens die pleging van die moord nie.
Ek kan nie
sodanige bevinding maak nie.
HENNEY,
WnR