About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 519
|
|
Pienaar v S (A406/10) [2010] ZAWCHC 519 (29 October 2010)
Republiek van Suid-Afrika
In
die Hooggeregshof van Suid-Afrika
(Wes-Kaap
Hoe Hof, Kaapstad)
Saak
nommer A406/10
In
die appel van:
Nathan
Pienaar
…......................................................................................................................
Appellant
en
Die
Staat
…............................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER: 29 Oktober 2010
LOUW
R
[1]
Die appellant en 'n medebeskuldigde wataltwee polisiebeamptes is,
net 22 Julie 2009 in die streekhof in Kaapstad op een aanklag
van
korrupsie, te wete die oortreding van Artikel 4(1)(a)(i)(aa) van die
Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte bedrywighede,
12
van 2004 (die Wet) tereggestaan. Die bewering teen hulle was dat
hulle op 16 Maart 2007 in Alexander straat, Woodstock, 'n
onbekende
bedrag geld van ene Apie of tewete, ene Jerome Kelly vir hul eie
voordeel aanvaar het ten einde op 'n onwettige en
oneerlik op te
tree in die uitoefening van hulle pligte of werksaamhede deur nie 'n
verdagte te arressteer vir die bestuur van
n motorvoertuig sonder n
lisensie of die bestuur van die motorvoertuig terwyl hy onder die
invloed van alkohol was of die persoon
laat gaan het sonder om hom
te laat toets om te bepaal of hy onder die invloed van alkohol was.
[2]
Die beskuldigdes wat altwee deur dieselfde regsverteenwoordiger
bygestaan is, het op 24 Julie 2009 onskuldig gepleit en hulle
het
altwee hul swygreg uitgeoefen. Hulle het egter wel erken dat hulle
ten tyde van die pleging van die beweerde misdryf in diens
van die
Suid Afrikaanse Polisie was. Die enigste getuie namens die staat was
'n reservis konstabel Hecktor. Na afloop van haar
getuienis, het die
appellant en sy medebeskuldigde konstabel Davids, verkies om nie te
getuig nie en het hulle ook geen ander
getuienis aangebied nie.
[3]
Op 7 April 2010 is die appellant skuldig bevind op die aanklag van
korrupsie. Sy mede-beskuldigde, Konstabel Davids, is egter
onskuldig
bevind en ontslaan
[4]
Nadat 'n verslag ingevolge die bepalings van artikel 276 (1)(i) van
die Strafproses Wet, 51 van 1977 wat deur n korrektiewe
beampte
opgestel is, voor die hof geplaas is, is die appellant op 14 Junie
2010 tot vier jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings
van
artikel 276 (1)(i) van die Strafpropses Wet gevonnis.
[5]
Op 14 Junie 2010 het die hof a quo aan die appellant verlof verleen
om teen sy skuldigbevinding te appelleer.
16
Maart 2007 as 'n passasier saam met konstabel Davids in 'n
polisievoertuig op misdaad voorkoming patrollie was. Die appellant,
wat soos konstabel Davids aan die Woodstock polisie verbonde was,
was die bestuurder van 'n ander polisievoertuig wat ook
patrolleringdienste
verrig het. Die appellant se passasier was
konstabel Tai Tai. Gedurende die loop van die aand het Davids en
Hecktor 'n radio
oproep van die appellant ontvang wat gese het dat
hy bystand nodig het, aangesien hy 'n voertuig in Woodstock wou
aftrek. Hulle
is toe na die adres in Alexander straat waar hulle
gevind het dat die appellant reeds die motorvoertuig van die pad
getrek het.
Die insittendes van die voertuig was reeds buite die
voertuig en volgens Hecktor het konstabel Davids gevra wie die
bestuurder
van die voertuig was. 'n Persoon wat aan haar bekend was
as 'Apie' en wat, so het dit vir haar voorgekom, ook een van die
insittendes
was, het toe een van die vier mense op die toneel
uitgewys as die bestuurder. Sy getuig later dat die betrokke persoon
self gese
het dat hy die bestuurder was. Volgens Hecktor was die
'bestuurder' klaarblyklik onder die invloed van drank, het na drank
geruik,
het skeef geloop en het gehakkel ('stutter'). Konstabel
Davids het toe die voertuigsleutel by die bestuurder geneem. Hecktor
het ook gesien dat daar 'n bottel binne in die voertuig le en dat
die voertuig nie gelisensieer is nie. Volgens Hecktor het die
bestuurder ook erken dat hy nie 'n bestuurderslisensie gehad het
nie. Tot haar verbasing, het Davids na 'n ruk die sleutel van
die
voertuig teruggegee met die vermaning dat die bestuurder nie mag
bestuur nie omdat hy onder die invloed van drank was.. Volgens
Hecktor het Apie gese dat hulle oppad was Kaap se kant toe, na 'n
jol en "moenie worry nie, ek gaan self ry."
[7]
Nadat al vier die polisiebeamptes weer in hulle onderskeie voertuie
geklim het.
het
Apie na die bestuurderskant van Davids en Hecktor se voertuig gekom
met tien en twintig rand note in sy hand wat hy vir konstabel
Davids
wou gee. Volgens Hecktor het Davids egter gese dat Apie die geld vir
die appellant moet gee. Apie is toe na die appellant
se voertuig wat
ongeveer 2 tot 3 meter vanaf hulle voertuig gestaan het en het hy
die geld wat hy vir konstabel Davids wou gee
vir die appellant
gegee.
[8]
Die twee voertuie het daarna voortgegaan om patrollie werk te doen.
Volgens Hecktor het hulle gedurende die loop van die nag
n paar keer
verby mekaar gery en het konstabel Davids en die appellant oor en
weer, met klaarblyklike verwysing na die geld wat
Apie vir die
appellant gegee het, vir mekaar geskree en grappies gemaak oor die
feit dat konstabel Tai Tai 'allright' is en dat
hy R250 gekry het.
[9]
Hecktor het nie onmiddellik nadat die skof verby was
:
n
klagte gaan le nie. Volgens haar het sy die volgende aand, wat n
Saterdag-aand was, weer saam met die appellant gewerk en daar
het
toe weer n soortgelyke voorval plaasgevind. Dit is toe dat sy
besluit het om die volgende dag, te wete die Sondag, vir Kaptein
Jaftha wat die werk van polisie reserviste by die Woodstock
polisiestasie koordineer het, te vertel wat gebeur het.
[10]
Sekere detail van Hecktor se weergawe van die voorval is in
kruisverhoor betwis. In besonder is dit betwis dat die appellant
of
konstabel Davids geweet het wie die bestuurder van die voertuig was,
en dat Davids die sleutel by 'n persoon wat erken het
dat hy die
bestuurder was geneem het (volgens die stelling in kruisverhoor is
die sleutel uit die voertuig se aansitter getrek).
Dit is ook aan
Hecktor gestel dat aangesien dit nie aan die beskuldigdes bekend was
wie die bestuurder was nie, hulle niemand
vir dronkbestuur sou kon
aangekla het nie. Hoewel daar ook namens altwee die beskuldigdes
ontken is dat hulle geld van Apie ontvang
het, is dit wel in
kruisverhoor erken dat Apie eers na konstabel Davids gekom het met
'n tien randnoot met die vraag of '
:
ons
vir ons - of vir horn natuurlik 'n coke wil koop" en dat
konstabel Davids toe gese het dat hy nie n koeldrank wil he
nie maar
gese het, "gaan hoor daar by beskuldigde een (appellant). Jy
kan na hulle toe gaan as jy vir hulle wil iets koop".
[11]
Die getuie Hecktor het die landdros beiindruk as n eerlike getuie
wat op n baie spontane wyse en met groot selfvertroue getuig
het.
Die landdros meld dat hy op geen stadium die indruk gekry het dat
Hecktor die saak teen die beskuldigdes wou aandik nie,
en sy indruk
van haar was dat sy objektief was. Hoewel sy 'n enkelgetuie was, was
die landdros tevrede dat haar getuienis duidelik
en konsekwent was
en dat hy daarop kon staatmaak. Die landdros was voorts van mening
dat sekere aspekte van Hecktor se getuienis
"tot 'n groot mate
bevestig word" deur wat namens die beskuldigdes aan haar gestel
is. So, merk die landdros op, is
dit nie in geskil geplaas dat die
appellant wel 'n voertuig afgetrek het nie. Hy wys ook daarop dat
dit gemene saak is dat Apie
'n bedrag geld aan konstabel Davids
aangebied het en dat hy toe vir Apie na die appellant verwys het.
[12]
Hierdie aspekte waarop die landdros staatmaak is egter nie stawing,
in die ware sin van die word, van Hecktor se weergawe
nie. Stawing
kan slegs werklik gewig dra as dit die staatsgetuie se weergawe
bevestig ten opsigte van aspekte wat in geskil is.
Dit is dus nie
stawing vir Hecktor se weergawe dat dit gemene saak is dat die
appellant wel
'n
voertuig afgetrek het nie. Wat wel in geskil is, is of die appellant
en konstabel Davids bewus was van wie die voertuig bestuur
het, dat
die persoon onder die invloed van drank was. en dat daar dus gronde
was vir optrede teen die bestuurder. Dit is ook
nie stawing vir
Hecktor se weergawe dat, volgens die appellant en konstabel Davids,
Apie eers vir konstabel Davids tien rand
aangebied het om vir horn
'n koeldrank te koop en Davids vir horn na die appellant verwys het
nie. Wat ten opsigte van hierdie
optrede in geskil is, is of Apie
tien en twintig randnote aan Davids aangebied het en dat hy (Apie)
nadat hy deur Davids na die
appellant verwys is, hierdie note aan
die appellant gegee het.
[13]
Hier was daar direkte getuienis van 'n getuie wat die landdros as
eerlik en betroubaar beiindruk het. Haar getuienis is dat
die
persoon wat self erken het dat hy die voertuig bestuur het.
klaarblyklik onder die invloed van drank was. Haar getuienis
is ook
dat konstabel Davids die voertuig se sleutel by hierdie persoon
afgeneem het en dat hy later, tot haar verbasing die sleutel
weer
teruggegee het met die vermaning dat die bestuurder nie verder
bestuur nie. Haar verdere direkte getuienis is dat Apie daarna
'n
bedrag geld wat uit tien en twintig randnote bestaan het aan Davids
aangebied het wat horn toe verwys het na die appellant.
Haar direkte
getuienis is dat Apie daarop die geld aan die appellant gegee het.
Voorts is haar getuienis dat gedurende die res
van die nag, daar met
tussenposes tussen Davids en die appellant gepraat is oor die bedrag
van R250 wat uiteindelik by konstabel
Tai Tai wat die appellant se
passasier was, uitgekom het.
[14]
Op grond van hierdie getuienis was daar 'n sterk prima facie saak
teen die appellant. Hy het, soos hy geregtig was om te
doen, besluit
om nie self te getuig of om enige getuienis aan te bied nie. Deur
daardie keuse uit te oefen het hy die risiko
geloop dat die hof mag
bevind dat die getuienis teen horn van so n aard is dat in die
afwesigheid van weerspreekende getuienis,
daardie getuienis
voldoende is om n saak bo redelike twyfel teen horn uit te maak. Dit
is dan ook inderwaarheid wat die landdros
in hierdie geval in effek
bevind het.
[15]
Korrupsie word ingevolge artikel 4 (1 )(a) van die Wet gepleeg of
deur die gewer, of deur die aanvaarder van 'n beloning.
In hierdie
geval is die appellant aangekla as die aanvaarder van 'n beloning.
Dit is egter nie net die aanvaarding van 'n beloning
wat strafbaar
gestel word nie. Ook die instem om 'n belonging te aanvaar en die
aanbied om 'n beloning te aanvaar, is strafbaar.
Voorts word
'aanvaar' ook wyd omskryf in artikel 2 van die Wet en dit sluit in
om 'n beloning te eis, te vra, te soek, aan te
lok, te ontvang of te
verky.
[16]
Dit is egter 'n element van die misdryf dat die aanvaarder die
beloning moet aanvaar in enige van die bogemelde vorms, as
'n
aansporing om op 'n sekere manier op te tree. Die aanvaarder moet
die beloning aanvaar met die oogmerk om horn daarna op 'n
sekere
wyse te gedra. Hierdie gedrag kan bestaan uit 'n positiewe doen van
iets of nalate om iets te doen.
Snyman:
Strafreq
.
5de Uitgawe, op 389, stel dit so:
Y
moet die beloning aanvaar teneinde op 'n sekere manier op te tree.
Anders gestel: sy moet die beloning as 'n aansporing om op
'n sekere
manier op te tree ontvang. Sy moet 'n sekere mikpunt of motief met
die ontvangs voor oe he.
[17]
Die staat moet ook skuld in die vorm van 'n dubbeie opset bewys,
naamlik, dat die appellant beide die opset gehad het om
die beloning
te ontvang en die opset gehad het om dit te ontvang ten einde op n
verbode manier op te tree.
[18]
Die vraag is of die staat in hierdie geval bewys het dat die
appellant die beloning
met
hierdie oogmerk aanvaar het. Die getuienis van Hecktor kom daarop
neer dat Apie
eers
die bedrag aan konstabel Davids aangebied het nadat Davids, wat in
bevel was
van
die toneel en ook die appellant, reeds besluit het dat daar nie teen
die bestuurder
van
die voertuig opgetree gaan word nie. Die hoogwatermerk van die
landdros se
uitspraak
in hierdie verband is waar hy homself soos volg uitlaat:
Ek
bevind in die omstandighede dat die oorhandiging van die geld, en
dit is my bevinding dat dit inderwaarheid geld was, waarskynlik
R
250,00, wat Apie aan die beskuldigde 1 oorhandig het was in ruil
daarvoor dat hy nie sy pligte uitgevoer het soos van 'n
polisiebeampte verwag nie en dat hy . . . horn dan aan korrupte
optrede skuldig gemaak het.
Dit
kom daarop neer dat die appellant die geld ontvang het as beloning
nadat hy nie sy pligte uitgevoer het nie.
[19]
Daar is nie direkte getuienis dat Davids of die appellant of hulle
altwee die beloning vooraf ge-eis, gevra, versoek het
of aangelok
het nie of dat hulle vooraf aangebied het of ingestem het om die
beloning te aanvaar nie. Daar is ook nie direkte
getuienis dat hulle
bewus was daarvan dat Apie wel die bedrag geld aan hulle sou aanbied
indien hulle sou besluit om nie teen
die bestuurder van die voertuig
op te tree nie. Daar is dus nie direkte getuienis dat die appellant
die beloning aanvaar het
ten einde nie teen die bestuurder op te
tree nie. Hecktor stel dit so:
Vir
my was dit, dit was, hulle het dit (die geld) ontvang omdat hulle
mos nou die 'driver' mos nou 'n 'favour' gedoen het en nie
vir horn
opgesluit het nie.
[20]
Die vraag is egter of die omstandigheidsgetuienis nie die afleiding
regverdig dat die appellant, voordat daar besluit is
orn nie teen
die bestuurder op te tree nie, wel vooraf aangebied het of ingestem
het daartoe om die beloning te aanvaar of gevra
of gesoek het vir 'n
beloning, 'n beloning geeis het of 'n beloning aangeiok het met die
opset om, indien 'n beloning betaal
sou word, nie teen die
bestuurder van die voertuig op te tree nie. Belangrike feite, wat
saam met ander, so 'n afleiding kon
regverdig. is dat dit die
appellant was wat die voertuig aanvanklik afgetrek het en dat Apie
wel 'n bedrag geld aan konstabel
Davids aangebied het nadat die
polisie besluit het om nie teen die bestuurder op te tree nie. 'n
Redelike afleiding sou wees
dat die beloning vooraf beding is deur
die appellant alleen of deur horn en Davids. Appellant moes, so
betoog Mnr van Wyk namens
die staat, hierby betrokke gewees want hy
sou uiteindelik die klagte moes gaan aanhangig maak omdat dit hy en
nie Davids was
wat die voertuig afgetrek het en dus sou gesien het
hoe die bestuurder die voertuig beheer. As dit nie so was nie, so
betoog
Mnr van Wyk, sou Apie nie na die tyd die geld aangebied het
aan konstabel Davids nie.
[21
] Dit moet egter die enigste redelike afleiding wees dat die
appellant die beloning of alleen of saammet Davids beding het.
Ek
meen nie dat die engiste redelike afleiding is dat die appellant
self vooraf die beloning op enige van die wyses hierbo vermeld
'aanvaar' het nie. Juis die feit dat Apie die geld eers vir
konstabel Davids aangebied het en dit eers was nadat Davids horn
aangese het om dit te doen, die geld aan die appellant gegee het,
regverdig 'n ander redelike afleiding, naamlik dat die appellant
nie
alleen of saam met konstabel Davids, die beloning vooraf beding het
nie. 'n Redelike afleiding is, byvoorbeeld na my mening,
dat dit
konstabel Davids was wat as die persoon in bevel van die toneel en
wat op die getuienis op die toneel die leiding geneem
het, wat die
betaling van die geld alleen vooraf beding het.
[22]
Ek meen dus dat hoewel konstabel Hecktor se weergawe van die gebeure
tereg deur die landdros as korrek aanvaar is, die getuienis
nie
bewys dat die appellant bo redelik twyfel skuldig is aan die
oortreding van artikel 4 (1)(a) van die Wet nie.
[23]
Dit volg dus dat die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel moet
word en ek sou dus die volgende bevel maak:
1.
Die appel teen skuldigbevinding slaag.
Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
W
J LOUW
Regter
van die Hooggeregshof
Ek
Stem saam
R
A BRUSSER
Waarnemende
Regter van die Hooggeregshof