About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 517
|
|
Mars v S (A03/2010) [2010] ZAWCHC 517 (29 October 2010)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Saaknr: A03/2010
A325/2010
In die aansoek van:
ALBERT
MARS
…..............................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…................................................................................
Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP
VRYDAG 29 OCTOBER 2010
[1] Die Appellant is op
29 Maart 2010 in die Streekhof te Strand deur die Streeklanddros F
Mouton skuldig bevind aan 2 klagtes van
die poging tot oortreding,
asook een aanklag van oortreding van artikel 3 van Wet 32 van 2007
(verkragting) wat op 7 Junie 2009
plaasgevind het, en gevonnis tot 8
jaar gevangenisstraf, waarvan 3 jaar opgeskort is onderhewig aan
sekere voorwaardes.
[2] Op 20 April 2010 is
verlof tot appel aan die Applikant verleen met betrekking tot die
skuldigbevindings.
[3] Appellant beroep horn
nou op appel en wel slegs teen die skuldigbevinding.
[4] Die klaagster en die
Appellant, haar vervreemde eggenoot het 'n "bitter"
verhouding met mekaar gehad. 'n Egskeidingsaksie
is op 15 Desember
2008 ingestel, nadat die partye twee en 'n half jaar getroud was. Die
Klaagster het verder op 15 Desember 2008
'n aanranding klagte teen
die Appellant gemaak oor 'n aanranding op 13 Desember 2008. Dit is
gemenesaak dat ten tye van die maak
van hierdie klagte die Klaagster
die volgende woorde aan en van die Appellant gese het:
"Nou gaan jy
sien, ek gaan jou aangee vir aanranding en 'abuse' en ek gaan jou in
die tronk sit."
[5] Dit is verder
gemenesaak dat daar 'n sms deur die Klaagster aan die Appellant
gestuur is met die volgende woorde:
"Vir wie probeer
jy impress. As ek klaar is, kom ek vir haar."
Hierdie
sms is op 16 Mei 2009 gestuur en die verwysing na
"haar"
is
'n verwysing na Appellant se vriendin. Hierdie sms is gestuur omtrent
6 maande nadat die Klaagster en die Appellant uitmekaar
is en omtrent
drie weke voor hierdie aanklagtes van verkragting gebring is. Dit is
klaarblyklik 'n dreiging teen beide die Appellant
en sy vriendin.
[6] Op 21 April 2009 het
die Klaagster 'n tussentydse interdik in terme van die Wet op
Gesinsgeweld, 116 of 1998, laat uitreik,
maar dit was nie op die
Appellant beteken nie, alhoewel hy daarvan kennis gedra het. Die
datum van die aanranding verhoor is nie
duidelik uit die getuienis
nie, maar dit blyk dat die Appellant vrygespreek is van die
aanranding klagte teen horn na 7 Junie 2009,
dit wil se na die
verkragting klagtes teen horn ingestel is.
[7] Op Sondag 7 Junie
2007 het die Klaagster die Appellant gebel en gevra dat hulle die
volgende dag bymekaar moet kom sodat hulle
kan praat oor geld wat die
Appellant aan die Klaagster verskuldig was. Die Appellant het later
terug gebel en daar was toe gereel
dat hulle by 'n neutrale plek in
die Strand sou ontmoet. Appellant wou nie by die Klaagster se huis
ontmoet nie, omdat daar 'n
interdik teen horn was.
[8] Die Klaagster en die
Appellant het daarna in die Appellant se bakkie gery na 'n area buite
die Strand in die rigting van Gordonsbaai
en by Steenbrasweg van die
pad afgetrek. Daar is wesenlike teenstrydige weergawes van wat daar
gebeur het. Volgens die Klaagster
het die Appellant haar verkrag en
op meer as een geleentheid gepoog om haar te verkrag. Volgens die
getuienis van die Appellant
was daar net 'n gevryery tussen horn en
die Klaagster wat toe geeindig het sonder dat daar gemeenskap was of
enige poging tot verkragting.
Dit is inderdaad gemenesaak dat op geen
tydstip het die Appellant 'n ereksie gehad het nie.
[9] Kortliks is die
Klaagster se weergawe dat op pad na die aftrek plek het die
Appellant, terwyl hy besig was om te bestuur, sy
broek se knoop
losgemaak en sy ritssluiter afgetrek het. Hy het daarna voortgegaan
om die Klaagster se hand op sy penis te plaas.
Die Appellant het
verder gedurende die rit die Klaagster se broek losgemaak. Die
Klaagster het toe die Applikant se hand weggedruk
en haar broek weer
vasgemaak. Die Klaagster se getuienis is verder dat sy elke keer haar
hand weggetrek het of die Appellant se
hand weggestoot het, maar sy
het niks vir horn gese nie. Sy getuig nie dat sy gevra het dat die
Appellant moet omdraai en haar
huis toe moet neem nie.
[10] Nadat die voertuig
tot stilstand gekom het, het die Appellant uit die voertuig geklim,
omgestap tot by die passasiersdeur en
haar teen die sitplek
vasgedruk. Hy het haar toe gedwing om met haar hande sy penis te
stimuleer om horn 'n ereksie te gee.
[11] Die Klaagster het in
haar hoofgetuienis gese dat die Appellant
"sy
penis in my vagina gesif
en
verder dat
".....elke keer
as hy probeer om sy penis in my vagina te sit, het hy reggekry om dit
in te sit, maar dit was pap"
en
"Hy het sy penis
in my vagina gesit. Toe hy dit nie regkry het nie, het hy sy vingers
geneem en dit in my in gedruk"
Gedurende kruisverhoor
het sy gese dat die Applikant se penis haar met omtrent 3cm
gepenetreer het, maar die Klaagster was verder
onduidelik in watter
verder mate die Appellant sy penis in haar vagina geplaas het.
[12] Volgens die
Klaagster, en nadat die Appellant haar verkrag het in die
passasiersitplek, het hy haar gedwing om in die laaibak
van die
bakkie te klim waar die Appellant na bewering haar weer verkrag het,
of gepoog het om haar te verkrag. In haar getuienis
in hoof, verwys
Appellant na 'n telefoonoproep wat sy ontvang het en wat sy toe nie
geantwoord het nie. Volgens haar het die Appellant
aangedring dat sy
die nommer moet terug bel en dit was die predikant se vrou wat met
haar wou gepraat het en gevra het hoe dit
met haar gaan, waarop sy
geantwoord het, dat dit met haar goed gaan. Sy het geensins melding
gemaak van die feit dat die Appellant
besig was om haar te verkrag
nie en ook nie vermeld dat daar enige probleme was nie.
[13] Die Klaagster se
polisieverklaring is aan haar gestel en daar is teenstrydighede
tussen haar getuienis in die hof en wat in
haar polisieverklaring
staan.
[14] Volgens die
geneesheer wat die mediese verslag ingevul het, was die volgende
opgemerk, 'n rooierigheid aan die opening van
die vagina en
kneusplekke aan die binnekant van die dye.
[15] Die geneesheer se
bevindings was neutraal en 'geforseerde penetrasie' kon nie
uitgesluit of bevestig word nie. Die kneusplekke
is volgens die
geneesheer as gevolg van trauma, maar hy kan nie 'n opinie uitspreek
oor wat dit veroorsaak het nie.
[16]
Mev Sauls is geroep om getuienis af te le om die Klaagster se
konsekwentheid aan te toon. Mev Sauls het wel getuig dat toe
die
Klaagster by haar aangekom het, het haar hare
"rofgestaan"
en
"haar
belt het gehang agter by haar broek los...."
Sy
het ook getuig dat daar
"gras
en goedjies"
agterop
haar
"fleezy
top"
was.
[17] As daar gekyk word
na die getuienis van die Klaagster haarself van wat gebeur het nadat
sy en die Appellant die staanplek
by Steenbrasweg verlaat het, het
ek nie die indruk gekry dat sy nie 'n kans gekry het om aan te trek
en haarself bymekaar te
maak nie. Daar was ook geen sprake dat sy op
haar rug op die gras gele het nie. Daar is betoog dat Mev Saul se
geheue oor die
mededelings van die Klaagster aan haar nie meer baie
duidelik was nie en met hierdie betoog stem ek saam.
[18] Volgens die
Appellant het die Klaagster, nadat hulle afgetrek het by die
parkeerarea die eerste toenadering gesoek. Hulle
het mekaar begin
soen en mekaar intiem betas. Daarna het hulle na die laaibak van die
voertuig beweeg en elkeen sy eie broek
uitgetrek. Die Appellant het
toe met sy penis aan die Klaagster se vagina gevryf, maar hy kon nie
daarin slaag om 'n ereksie
te kry nie, en het besluit om die
interaksie te stop en by die voertuig uitgeklim. Volgens die
Appellant was daar geen sprake
dat hy die Klaagster verkrag het, of
gepoog het om te verkrag nie, en was sy die party wat die vryery
begin het.
[19] Nadat kruisverhoor
van die Appellant deur die Aanklaer voltooi is, het die verhoorhof
die Appellant in redelike diepte ondervra.
Die Appellant is
telkemale in die rede geval terwyl hy antwoorde gegee het, en daar
is ook lang lydende vra aan horn gestel.
Ek handel hiermee verder
hieronder.
[20] Omvattende hoofde
is names die Appellant deur sy advokaat geliasseer. Die verhoorhof
se uitspraak word aangeval op die volgende
basis:
Dat die saak teen die
Appellant nie bo redelike twyfel bewys is nie;
Dat die getuienis van
die Klaagster, wat inderdaad 'n enkel getuie is, nie met die nodige
versigtigheid benader is nie, en as
sulk was daar 'n mistasting
deur die Verhoorhof om te beslis dat die Klaagster se weergawe in
alle wesenlike aspekte bevredigend
was;
Dat as gevolg van die
aard van die ondervraging deur die verhoorhof, dit neergekom het op
'n kruisondervraging en as sulks 'n
onreelmatigheid daargestel. Dit
was betoog in diebetoogshoofde dat die ondervraging daarop gemik
was om die Appellant se geloofwaardigheid
te krenk en die aard en
omvang van die ondervraging kon redelik verwag word om die indruk
te skep dat die verhoorhof nie die
hot se taak op 'n regverdige en
onpartydige wyse uitgevoer het nie;
•
Op
'n evaluering van die getuienis moet die Appelhof, selfs indien dit
nie die Appellant se weergawe aanvaar nie tot die gevolgtrekking
kom
dat die Staat nie die Hot oortuig het dat die Appellant se weergawe
onwaar is nie.
[21] Dit is geykte reg
dat die Staat die bewyslas dra om die beskuldigde se skuld bo
redelike twyfel te bewys. Dit beteken nie
dat die Staat die
beskuldigde se skuld bo alle redelike twyfel moet bewys nie. Blote
bewys dat die Staat se weergawe meer waarskynlik
is as die van die
Appellant, is nie genoeg nie. In hierdie verband:
"...the Court
does not have to believe the defence story; still less does it have
to believe it in all its details; it is
sufficient if it thinks that
there is a reasonable possibility that it may be substantially
true... "
1
"Whether I
subjectively disbelieve him is, however, not the test. I need not
even reject the state case in order to acquit
him... I am bound to
acquit him if there exists a reasonable possibility that his
evidence may be true...."
2
"A court is
not entitled to convict unless it's satisfied not only that the
explanation is improbable but that beyond any
reasonable doubt it is
false...
3
[22]
Die
Klaagster was 'n enkelgetuie, derhalwe moes die Klaagster se
getuienis met die nodige versigtigheid benader word. Die verhoorhof
het tereg na die versigtigheidsreel en tersaaklike regspraak verwys,
maar volgens advokaat vir die Appellant het die verhoorhof
die
versigtigheidsreel nie toegepas nie.
[23] Die verhoorhof het
stawing van die getuienis van die Klaagster gevind in die mediese
getuienis. Dit het die verhoorhof gekry
oor die bevinding van die
geneesheer dat daar rooierigheid aan die opening van die vagina was
en dat daar kneusplekke aan die
binnekant van die Klaagster se dye
was. Volgens die verhoorhof was hierdie bevindings van die
geneesheer geensins versoenbaar
met 'n streling en so meer soos
getuig deur die Appellant nie, maar die verhoorhof gee nie redes vir
hierdie bevindings nie.
[24] Op meer as een
geleentheid in Dr Swarts se getuienis, getuig hy dat hy nie seker is
wat hierdie kneusings veroorsaak het
nie. As daar gekyk word na die
aantekening op die mediese verslag waar die kneusplekke op die
diagram aangetoon word, word dit
aangetoon dat die kneusplekke in
die binnekant en die middel van die dye was. Die ligging van hierdie
kneusings strook nie met
die getuienis van of die Klaagster of die
Appellant van wat gebeur het nie. Die Klaagster het
nie getuig dat die
Appellant haar so mishandel het dat 'n mens sou verwag het dat sy
hierdie kneusplekke sou opdoen nie. Inderdaad
in haar getuienis met
betrekking tot die kneusplekke en op 'n vraag wat dit veroorsaak
het, het sy 'n vae stelling gemaak dat
dit van "stoei en
toemaak" is. Die Klaagster het nie getuig dat dit veroorsaak is
deur die Appellant wat probeer het
om haar bene oop te maak met sy
hande, sy eie bene of kniee nie. Soos genoem kon Dr Swartz nie die
oorsaak van hierdie kneusplekke
aandui nie.
[25]
Na my mening is die mediese getuienis van neutrale waarde en dit
ondersteun nie die bevinding van die Verhoorhof dat dit
die
Klaagster se weergawe staaf nie. Inderdaad op die Klaagster se
weergawe sou dit verwag word dat die objektiewe mediese getuienis
aan sou dui dat daar wel
"geforseerde
penetrasie"
was,
of deur die Appellant se vingers of deur sy penis.
[26] Die bevinding van
die verhoorhof dat die weersprekings in die getuienis van die
Klaagster nie as wesenlik beskou kan word
nie, is na my mening
ongesubstansieerd.
[27] Dit is gemenesaak
dat die Appellant nie 'n ereksie kon kry nie. Die verhoorhof het
bevind op 2 van die aanklagtes dat die
Appellant nie met sy
flaksiede penis penetrasie kon reg kry nie, maar op die ander klag
vind die verhoorhof dat hy dit wel kon
regkry. Na my mening is
hierdie bevindings teenstrydig. Die Klaagster se getuienis is dat
met die flaksiede penis die Appellant
nie kon penetreer nie, maar in
dieselfde asem se sy dat hy met sy flaksiede penis wel haar
gepenetreer het. Die twee strook nie
met mekaar nie.
[28] Die verhoorhof het
bevind dat "daar 'n geskiedenis van giftigheid tussen die twee
partye was". Hierdie bevinding
is duidelik uit die getuienis
voor die hof. Dit in opsig self beteken nie dat die hof die
Appellant se weergawe van wat gebeur
het, net bloot kan verwerp nie.
Die geskiedenis van die verhouding tussen die partye ondersteun in
'n mate die Appellant se weergawe
van wat daar gebeur het. In
hierdie verband en volgens die Klaagster se weergawe is die
verhouding tussen haar en die Appellant
van so 'n aard dat sy horn
heeltemal nie kan verdra nie. Nieteenstaande:
Bel sy vir horn om horn
die volgende dag te ontmoet, alhoewel sy 'n interdik teen horn het;
Later dieselfde dag kom
sy ooreen met horn om horn later te ontmoet.
Sy klim saam met horn
in die bakkie, ry saam met horn Gordonsbaai toe terwyl hy haar
seksueel mistas, sy se nie vir horn om
op te hou nie en vra ook nie
vir horn dat hy haar moet huis toe neem nie.
Wanneer hy stop, wat
volgens haar 'n afgelee plek is, vra sy nie vir horn hoekom hy daar
stop nie en dat hulle moet terug huis
toe ry nie.
Sy getuig dat terwyl hy
bo-op haar le en probeer om haar te verkrag en sy benoud raak dat
hy die venster van die bakkie oopmaak.
[29] Hierdie is nie die
optrede van 'n persoon wat die ander persoon heeltemal nie kan
verdra nie. Wat die getuienis vir my aantoon
is dat die Klaagster na
alle waarskynlikheid nie die hele storie van wat daar gebeur het
voor die hot geplaas het nie.
[30] As daar in die
geheel gekyk word na die getuienis en veral na die Appellant se
weergawe:
"There is a
reasonable possibility that it may be substantially true..."
4
en verder
"It is not
enough that he contradicts other acceptable evidence. I am bound to
acquit him if there exists a reasonable possibility
that his
evidence may be true. Such is the nature of the onus of the
State...”
5
is ek nie oortuig dat
die Appellant se weergawe nie redelik moontlik waar is nie.
[31] As gevolg van die
gevolgtrekking waarna ek gekom het, is dit nie nodig dat ek handel
met die betoog van die Appellant se
advokaat met betrekking tot die
aard en effek van die ondervraging deur die verhoorhof nie.
[32] In die
gevolgtrekking is ek van mening dat die Staat die saak teen die
Appellant nie bo redelike twyfel bewys het nie, en
ek sou beveel dat
die appel slaag en dat die skuldigbevindings en die vonnis tersyde
gestel word.
Van Heerden, WnR
Ek stem saam, die appel
word gehandhaaf en die skuldigbevindings en vonnis tersyde gestel.
Veldhuizen R.
1
R
v M
1946
AD 1023
te
1027
2
S
v Kubeka
1982
(1) SA 534
(W)
te
537F-G
3
SvV
2000
(1) SASV 453 (A)
te
455
4
RvM
(supra)
5
S
v
Kubeka
(supra)