Jephtus v S (A165/2010) [2010] ZAWCHC 516 (29 October 2010)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction and sentence — Appellant convicted of attempted robbery with aggravating circumstances and acquitted of murder — Appellant's appeal against conviction dismissed, but appeal against sentence upheld — Original sentence of four years' direct imprisonment replaced with eighteen months' direct imprisonment — Court found that the trial court had overemphasized the seriousness of the crime in sentencing — Personal circumstances of the appellant considered, including prior conviction and time spent in custody before sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 516
|

|

Jephtus v S (A165/2010) [2010] ZAWCHC 516 (29 October 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO:
A165/2010
DATUM:
29 OKTOBER 2010
In
die saak tussen:
ELTON
JEPHTUS
…..............................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…....................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
VAN
NIEKERK. WnR:
Die
appellant het saam met sy medebeskuldigde (hierna beskuldigde 1
genoem) in die Streekhof te Paarl tereggestaan op aanklagtes
van
moord en roof met verswarende omstandighede. In kort is hulle ten
laste gele dat hulle gedurende die aand van 2 Desember 2007
die dood
van Edward Samson veroorsaak het deur horn met 'n
mes
of skerp voorwerp te steek en die gemelde Edward Samson aangerand het
en toe met geweld
Yi
bottel
wyn van horn geneem het. Die verswarende omstandighede is gelee in
die teenwoordigheid van "n mes.
Beide
was regsverteenwoordig en was die bevinding, na aanhoor van die
getuienis, as volg: Beskuldigde 1 was skuldig bevind aan moord
en
poging tot roof met verswarende omstandighede en die appellant
onskuldig aan moord maar skuldig aan poging tot roof met verswarende

omstandighede. Die appellant is op 1 Junie 2009 gevonnis tot vier
jaar direkte gevangenisstraf. Verlof tot appel is verleen aan
die
appellant teen beide die skuldigbevinding en vonnis en is die
onderhawige appel dus teen beide.
Die
Staat het twee getuies by name Samantha Jacobs en Daniel Johannes
aangebied terwyl beskuldigde 1 en die appellant getuig het.
Geen
getuies is deur die appellante geroep nie. Daar word kortliks verwys
na die gebeure van die betrokke aand. Ek wil net hier
meld dat beide
die twee staatsgetuies op daardie stadium in verhouding met mekaar
gestaan het.
Samantha
Jacobs getuig dat sy en haar kerel Daniel die aand op die hoek gesit
het op die hoek van Japie McClaystraat en Rocky Mafekengstraat
toe sy
die oorledene opgemerk het waar hy met "n bottel wyn in sy hand
in Rocky Mafekengstraat in hulle rigting aangestap
gekom het. Sy het
opgemerk dat beide beskuldigde 1 en appellant die oorledene nader en
daar h stryery was oor die wyn. Die appellant
het die oorledene van
agter gegryp en het beskuldigde 1 die oorledene gesteek. Sy kan nie
se hoeveel maal beskuldigde 1 die oorledene
gesteek het nie. Na die
aanval het die oorledene na die woning van Andre Meisie gehardloop en
het beskuldigde 1 en die appellant
die hasepad gekies.
Daniel
staaf die getuienis van Samantha Jacobs in wesenlike opsigte. Hy
bevestig dat hy en Samantha die aand op die hoek gestaan
het en dat
hulle opgemerk het dat die oorledene in hulle rigting aan beweeg kom.
Die oorledene het 'n bottel wyn in sy hand gehad.
Beskuldigde 1 en
appellant het probeer om die wyn af te vat, waarop beskuldigde 1 die
oorledene voor die bors gegryp het en, soos
hulle gestoei het, het
die bottel wyn geval en gebreek.
Beskuldigde
1 het die oorledene gesteek en appellant het die oorledene van agter
vasgehou. Hy kon ook nie se hoeveel maal beskuldigde
1 die oorledene
gesteek het nie.
Beide
staatsgetuies ontken ook ten sterkste dat hulle die betrokke aand
gedrink het. Beide staatsgetuies is ook aan deurtastende

kruisondervraging onderwerp veral wat betref die beligting en
identifikasie. Die rede waarom die getuies onderwerp is aan
deurtastende
kruisondervraging wat betref die beligting en
identifikasie is duister aangesien beide beskuldigde 1 en appellant
tydens getuienis
erken dat hulle die aand, weliswaar nie gelyktydig
nie, wel op die toneel teenwoordig was.
Die
getuienis ten opsigte van beskuldigde 1 dat die oorledene die
aggressor was en hy homself teen die ongevraagde aanval van die

oorledene verdedig het. Die getuienis van die appellant dat hy nie op
die toneel was nie tydens die voorval.
Dit
is
Yi
fundamentele
beginsel van ons strafreg dat in
Yi
kriminele
saak die
onus
op
die Staat rus om die skuld van die beskuldigde bo redelike twyfel te
bewys en dat hierdie
onus
deurgaans
op die Staat rus. Die beskuldigde is egter geregtig op sy vryspraak
indien die weergawe van die beskuldigde natuurlik
moontlik waar is.
Die benadering wat
Yi
hof
van appel moet volg betreffende beoordeling van feitelike bevindings
van 'n verhoorhof is gesaghebbend neergele.
Ek
is tevrede dat beide die twee staatsgetuies in alle opsigte eerlike
getuies was; dat hulle getuienis in alle opsigte as bevredig

aangemerk kan word. Hier moet in gedagte gehou word dat die oorledene
'n goeie vriend was van mnr Jaars en dat mnr Jaars "n
guide
geleentheid gehad het om sy getuienis aan te pas sodat dit meer
nadelig vir beskuldigde 1 en die appellant kon wees.
Dit
is nie vir my nodig om te handel met die getuienis van beskuldigde 1.
Wat betref die getuienis van appellant en gemeet aan die
getuienis
van die staatsgetuies is ek van oordeel dat die weergawe van die
appellant nie redelik moontlik waar is nie en dat dit
as vals verwerp
kan word. Indien daar gelet word op die getuienis van die twee
staatsgetuies, is dit duidelik dat beskuldigde 1
en die appellant die
betrokke aand die oorledene van die bottel wyn wou beroof. Alhoewel
daar nie direkte getuienis mag wees van
die onderlinge gesprek of 'n
voorafgaande afspraak, is dit duidelik dat die enigste afleiding wat
die getuienis regverdig, is dat
beskuldigde 1 en die appellant die
oorledene wou beroof van die bottel wyn. Beide kon egter nie daarin
slaag om die bottel wyn
af te neem nie aangesien dit in die proses
gebreek het. Die hoogwatermerk is dus dat die appellant slegs skuldig
bevind kan word
aan poging tot roof met verswarende omstandighede.
Heeltemal tereg het die Hof a
quo
bevind
dat gemeenskaplike opset nie bewys is wat betref die aanklag van
moord en is appellant dus korrek vrygespreek op die aanklag.
Ek
is dus onder die omstandighede van oordeel dat die Hof a
quo
geen
mistasting begaan het in sy bevinding dat die staatsgetuies as
geloofwaardige getuies aangemerk moet word nie en voorts dat
die Hof
a
quo
geen
mistasting begaan het deur te bevind dat die appellant horn skuldig
gemaak het aan "n poging tot roof met verswarende
omstandighede
nie.
Die
oogmerk van die straf is welbekend en gaan dit nie hier herhaal word
nie. Voorts is dit geykte reg dat strafmeting by uitstek
"n saak
van goeddunke is by die Verhoorhof en is dit ook geykte reg dat die
hof van appel se bevoegdheid om in te gryp baie
beperk is.
Die
misdryf waaraan die appellant, alhoewel net poging, skuldig bevind
is, is 'n ernstige misdryf maar daar moet gewaak word om
die erns van
die misdryf oor te beklemtoon wat betref die ander faktore wat in ag
geneem moet word by strafoplegging.
Ek
is van oordeel dat die geleerde landdros in die onderhawige geval
misgetas het deur die erns van die misdryf oor te beklemtoon
ten
koste van die ander faktore by strafoplegging. Voorts is ek ook van
oordeel dat die vonnis opgele so wesentlik verskil van
'n vonnis wat
hierdie Hof sou ople dat dit hierdie Hof vrystaan om met die vonnis
in te meng.
Die
persoonlike omstandighede van die appellant was as volg:
Hy
was ten tye van vonnisoplegging 29 jaar oud. Hy het op skool slegs
st.6 geslaag. Alhoewel ongetroud is hy die vader van 'n kind
wat ten
tye van die vonnisoplegging ses jaar oud was. Hy het gewerk by "n
elektriese maatskappy waar hy R500 per week verdien
het en het hy die
geld ook aangewend vir onderhoud vir die minderjarige kind.
By
die oorweging van 'n gepaste vonnis, is ek gedagtig aan die vorige
veroordeling van die appellant vir 'n soortgelyke misdaad.
Daar word
ook in gedagte gehou dat die appellant vir drie maande in die
gevangenis was voor hy op borg vrygelaat is.
Verlof
om te appelleer teen beide die skuldigbevinding en vonnis is verleen
op 2 Desember 2009. Nieteenstaande die feit dat verlof
tot appel ook
teen vonnis verleen is, blyk dit ex
facie
uit
die rekord dat daar geen versoek was om die vasstel van borg of
verlenging van die appellant se borg hangende die afhandeling
van
appel.
Die
appellant was regsverteenwoordig tydens die aansoek om verlof en sou
ek verwag dat 'n aansoek om die vasstelling of verlenging
van borg
hangende die afhandeling van die appel sou geloods gewees het deur
die regsverteenwoordiger na die toestaan vir verlof.
Hoekom dit nie
gedoen is nie, is nie duidelik uit die rekord nie.
Die
beginsels van toepassing by verlening van borg is bespreek in
S
v McCoulaqh
2000(1)
SASV 542 (WLD) en is dit nie nodig om in die onderhawige die
beginsels te formuleer nie. Ek wil egter net 'n opmerking maak
dat
die landdros wat die aansoek om appel aanhoor en verlof toestaan om
te appelleer teen die vonnis en waar die appellant onverdedig
is uit
eie beweging moet beoordeel of die verdere aanhouding van appellant
geregverdig is hangende die aanhoor en afhandeling van
appel. Die
plig selfs waar die appellant regsverteenwoordiging geniet en die
regsverteenwoordiger versuim om 'n aansoek te loods
vir die
vasstelling van borg hangende die aanhoor en die afhandeling van
appel. Bogenoemde sal verhoed dat die appellant gevangenisstraf

uitdien in gevalle waar daar 'n redelike vooruitsigte bestaan dat die
vonnis van direkte gevangenisstraf in sy geheel op appel
tersyde
gestel mag word.
Soos
reeds hierbo aangetoon is ek van oordeel dat die Hof a
quo
misgetas
deur die erns van die misdryf oor te beklemtoon en die vonnis so
wesenlik verskil van 'n
vonnis
wat hierdie Hof sou ople dat dit die Hof vrystaan om die vonnis
opnuut te oorweeg.
In
die lig van voorafgaande is ek van oordeel dat die volgende bevel
gemaak moet word:
Die
appel teen die skuldigbevinding word van die hand gewys, die appel
teen die vonnis slaag en word die vonnis vervang met een
van
AGTIEN
(18) MAANDE DIREKTE GEVANGENISSTRAF.
VAN
NIEKERK, WnR
LE
GRANGE, R
:
Ek stem saam, dit word so gelas.
LE
GRANGE, R