About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 513
|
|
Die Eksekuteur van Boedel van Wyle Carel Aaron van der Merwe NO v Minister van Polisie en Anders (15896/2010) [2010] ZAWCHC 513 (26 October 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 15896/2010
DATUM: 26 OKTOBER 2010
In die saak tussen:
DIE
EKSEKUTEUR VAN DIE BOEDEL VAN
WYLE
CAREL AARON VAN DER MERWE NO
…....................
1ste
Applikant
en
DIE
MINISTER VAN POLISIE NO
….....................................
1ste
Respondent
DIE
NASIONALE KOMMISSARIS,
VAN
POLISIE
…......................................................................
2de
Respondent
DIE
PROVINSIALE KOMMISSARIS V
AN
POLISIE, NOORD-KAAP PROVINSIE NO
…..................
3de
Respondent
DIE PROVINSIALE
KOMMISSARIS VAN
POLISIE.
WES-KAAP PROVINSIE NO
…..............................
4de
Respondent
DIE MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGS-HOF.
KIMBERLEY
…..................................
5de
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN.
R
:
Die eksekuteur in die
boedel van die oorlede Carel Aaron van der Merwe net 'n aansoek
gebring vir 'n bevel:
"Ordering
the first to fourth respondents to forthwith
deliver the blood
test results conducted by the
SAPS Forensic Signs Laboratory
pertaining to the
blood tests conducted on the deceased, the late
Mr
Carel Aaron van der Merwe, who passed away on 7
February
2010 (SAPS Reference numbers
Warrenton
SAPS
CAS40/02/2010,
FA225845.DR61/2010, PM01107/2010) to the applicant before close of
business on the 27
th
of
July."
Voordat die aansoek
aangehoor kon word en sonder die tussenbeitrede van die Hof, is aan
die versoek om die bloedtoetsresultate
te oorhandig, voldoen.
Bygevolg het die Regter-president op 21 September 2010 'n bevel
gemaak:
"The
issue of costs in the above application is set down for hearing in
the 4
th
Division
on Monday, 25 October 2010."
Op Maandag, 25 Oktober
2010, was daar nie "n regter beskikbaar nie en is die saak tot
vandag uitgestel. Ek het nou argument
ten aansien van die kwessie
van koste aangehoor.
Advokaat
Oliver
,
wat namens die respondente verskyn, het aangevoer dat die applikant
die aansoek in die verkeerde forum geloods het en dat hierdie
Hof
nie jurisdiksie het oor die aangeleentheid nie.
Die respondente wat deur
die applikant gesiteer is, is eerstens die Minister van Polisie in
sy nominale hoedanigheid, die Nasionale
Kommissaris van Polisie as
tweede respondent, die Nasionale Kommissaris van Polisie in die
Noord-Kaap Provinsie as derde respondent,
die Provinsiale
Kommissaris van Polisie in die Wes-Kaap as vierde respondent, en die
Meester van die Hooggeregshof, Kimberley,
die vyfde respondent.
Dit is duidelik uit die
applikant se stukke dat die bloedtoetse op die oorledene uitgevoer
is deur die Forensiese Laboratorium
van die Suid-Afrikaanse
Polisiedienste. Hierdie laboratorium, op die stukke voor my, is in
Kaapstad gesetel. Ek meen die feit
dat die minister oorhoofs in
beheer is van die polisiedienste en die feit dat die forensiese
laboratorium wat die bloedtoetse
uitgevoer het, in Kaapstad gesetel
is, voldoende is om hierdie Hof jurisdiksie te gee om met die
aangeleentheid te handel.
Dit is duidelik uit die
stukke dat die applikant verskeie male gepoog het om die uitslae van
die bloedtoets te bekom en hoewel
die plaaslike polisie by monde van
inspekteur Khuliso baie behulpsaam was, is dit duidelik dat die
Suid-Afrikaanse Polisiedienste
hulle voete gesleep het met die
voldoening aan die versoek van die applikant. Die applikant was dus,
na my mening, geregtig om
die aansoek te bring en dit blyk ook dat
die aansoek uiteindelik die gewenste uitwerking gehad het, want kort
na betekening daarvan,
is die uitslae aan die applikant oorhandig.
In al die omstandighede
meen ek dat daar nie meriete is in die betoog van die respondente
dat hierdie Hof nie jurisdiksie het
nie en meen ek dat koste die
praktiese resultaat van die aansoek behoort te volg. Gevolglik gelas
ek dat eerste tot vierde respondent,
gesamentlik en afsonderlik, die
koste van die aansoek moet betaal.
VELDHUIZEN.
R