Pietersen v S (A378/2010) [2010] ZAWCHC 510 (22 October 2010)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Domestic Violence — Breach of protection order — Appellant convicted of breaching a protection order under the Domestic Violence Act — Appellant argued that the charge was defective as it referred to a temporary order instead of a final one — Court found that the order was indeed final and the appellant was not prejudiced by the misdescription — Appellant's previous convictions for similar offenses considered as aggravating factors — Sentence of 36 months imprisonment upheld as appropriate in light of the appellant's history of offenses and the nature of the breach.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 510
|

|

Pietersen v S (A378/2010) [2010] ZAWCHC 510 (22 October 2010)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
A378/2010
DATUM
:
22 OKTOBER 2010
PETRUS
PIETERSEN
…...................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
MOOSA,
R
:
Die
appellant was aangekla op "n aanklag van die oortreding van 'n
beskermingsbevel ingevolge artikel 17 van die Wet op Gesinsgeweld,

116 van 1998 ("Wet op Gesinsgeweld"). Hy het in terme van
artikel 112(2) van die Strafproseswet, 51 van 1977, ("die
Wet")
skuldig gepleit. Die verhoorhof het in ooreenstemming met sy
skriftelike pleitverduideliking horn
skuldig bevind.
Hy
is gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf. Dit was voorts gelas dat
24 maande daarvan onder korrektiewe toesig uitgedien word.
Verlof om
te appelleer teen sy vonnis is deur die verhoorhof toegestaan.
Advokaat
Solomon
,
namens die appellant, het hierdie Hot versoek om sy inherente
hersieningsbevoegdheid uit te oefen en die skuldigbevinding tersyde

te stel op grond daarvan dat die klagstaat gerbrekkig is. Die
klagstaat maak melding van 'n tussentydse beskermingsbevel en nie
'n
finale bevel nie. Die appellant erken in sy pleit dat die bevel op
28 Oktober 2000 op horn deur die polisie beteken is.
Om
te besluit of die hof sy inherente hersieningsbevoedgheid sal
uitoefen, het die hof die aanklaer versoek om die bevel, wat
op 26
Oktober 2000 op die appellant beteken is, aan die hof en advokaat
Solomon
voor
te le. Dit is duidelik dat die betrokke bevel 'n finale een is. Die
beskrywing van die beskermingsbevel in die klagstaat
is derhalwe
foutief. Die oortreding is gedek deur die finale bevel. Die
appellant is nie benadeel deur die foutiewe beskrywing
van die
beskermingsbevel in die klagstaat nie. In die omstandighede is daar
geen rede waarom hierdie hof sy hersieningsbevoegdheid
behoort uit
te oefen om met die skuldigbevinding in te meng nie.
Advokaat
Solomon
het
namens die appellant aangevoer dat, indien hierdie hof bevind dat
die appellant wel korrek skuldig bevind was, dan in daardie
geval is
die vonnis skokkend onvanpas en buitensporig swaar vanwee die
spesifieke omstandighede van die saak. Advokaat
Teunissen
.
namens die staat, het aangevoer dat daar geen gronde bestaan wat
hierdie hof magtig om in te meng met die vonnis nie. Sy het
die hof
versoek om die appel van die hand te wys.
Ooglopend is die omvang
van die oortreding nie van Yi ernstige aard nie. Hy is skuldig
bevind aan die betrokke oortreding van
die beskermingsbevel op grond
daarvan dat hy die klaagster met "grondklonte" gegooi het.
Die appellant het in sy pleitverduideliking
voorgehou dat die
klaagster horn uitgetart het deur sekere woorde aan horn toe te snou
wat horn seergemaak het. Die erns van
die oortreding moet gesien
word meer spesifiek in die lig van die vorige oortredings van die
beskermingsbevel en in die algemeen,
in die lig van sy vorige
veroordelings.
Ek stem saam met die
betoog van advokaat Teunissen: "Die aard van die oortreding en
die aard van die misdryf geTsoleerd gesien
mag dalk nie 'n mees
ernstige misdryf wees wat voor die agbare Hof dien nie, maar in die
lig van die geskiedenis van die oortreding
en die verhouding van die
appellant met die klaagster, moet dit in 'n ernstige lig gesien
word."
Die appellant het twee
vorige veroordelings ten opsigte van die oortreding van die
beskermingsbevel. Op 7 Junie is hy skuldig
bevind aan artikel 17 van
die Wet op Gesinsgeweld en gevonnis tot nege maande gevangenisstraf
in terme van artikel 276(1 )(i)
van die Wet wat die Kommissaris van
Korrektiewe Dienste magtig om horn op korrektiewe toesig uit te
plaas. Op 12 November 2007
is hy weer eens skuldig bevind op 'n
soortgelyke klagte en is gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf in
terme van artikel 276(1)(i).
Die hof het voorts gelas dat die
beskuldigde ten minste 12 maande gevangenisstraf moet uitdien.
Die verhoorlanddros maak
die volgende opmerking in sy vonnisoplegging:
"Wat vir my
verskriklik onrusbarend is van hierdie hele kwessie, meneer,
vantevore is u skuldig bevind en gevonnis tot 36
maande
gevangenisstraf en dit was wel in terme van artikel 276(1 )(i) en
daar het die hof gelas dat u 'n jaar moet uitdien alvorens
u onder
korrektiewe toesig vrygelaat word. Presies 'n jaar daarna word u
onder korrektiewe toesig vrygelaat."
Bo
en behalwe die oortredings van die Wet op Gesinsgeweld
het hy 'n
reeks van vorige veroordelings.
Dit
strek vanaf
19 Februarie 1967 tot 12
November 2007. Die huidige oortreding is gepleeg op 15 Augustus 2009
terwyl hy onder korrektiewe toesig
sy vorige vonnis uitgedien het.
Dit word geag as Yi verswarende faktor. Hy is op 4 November 2009 op
die huidige klagte gevonnis.
Die ontleding van die
appellant se lys van vorige veroordelings toon, eerstens, dat hy in
die verlede aan ernstige misdrywe skuldig
bevind was en dit het
behels, onder andere, misdrywe van geweld, oneerlikheid, misbruik
van verbode afhanklikheidsvormende stowwe
asook een aanklag van
strafbare manslag. Tweedens, dat verskillende strafopsies toegepas
was, maar dit het geen positiewe uitwerking
op die gedrag van die
appellant gehad het nie. Derdens, dat op 1 September 1994, na hy
skuldig bevind is aan 'n reeks aanklagtes
van huisbraak en diefstal,
is hy gewaarsku dat indien hy weer skuldig bevind word, kan hy 'n
gewoontemisdadiger verklaar word
ingevolge die bepalings van artikel
286 van die Wet. Vierdens, dat dit duidelik te bespeur is van sy
rekord dat hy geen ag geslaan
het op die betrokke waarskuwing nie,
want hy het horn steeds skuldig gemaak aan 'n reeks misdrywe,
insluitende die oortredings
ingevolge die Wet op Gesinsgeweld.
Dit is wel so dat daar
sekere versagtende faktore, wat in sy guns tel, aanwesig is^sy
persoonlike omstandighede. Die appellant
het skuldig gepleit en tot
'n mate berou aan die dag gele; dat daar 'n element van provokasie
aanwesig was deur die uittarting
van die klaagster; dat die aard van
die oortreding nie ernstig was nie; dat hy en die klaagster alreeds
vir 17 jaar getroud was
en dat 'n 17-jarige dogter uit die huwelik
gebore is; dat hy 'n middeljarige man is en dat hy intussen bekeer
het.
Dit is 'n geykte
beginsel van ons reg dat 'n hof van appel net kan inmeng met die
vonnis van die verhoorhof, indien die verhoorhof
h wesenlike
mistasting of onreelmatigheid begaan het met die oplegging van
vonnis of, indien die opgelegde vonnis in die lig
van al die
omstandighede, steurend onvanpas of opvallend verskil van 'n vonnis
wat 'n redelike hof sou opgele het.
By die oplegging van
vonnis word die versagtende omstandighede saam met die verswarende
omstandighede in die weegskaal geplaas
om 'n gepaste vonnis te
bepaal. Na deeglike oorweging van al die omstandighede, wat die
verswarende en die versagtende omstandighede
insluit, kan ek nie
bevind dat die verhoorlanddros misgetas het by die oplegging van
vonnis wat hierdie hof sou regverdig om
in te meng met die vonnis
nie.
Bygevolg is ek van
mening dat die appel van die hand gewys behoort te word en dat die
skuldigbevinding en vonnis bekragtig moet
word.
MARAIS.
WnR
:
Ek stem saam.
MARAIS, WnR
MOOSA,
R
:
Dit word so gelas.
MOOSA,
R