Mdingswayo v S (A18/10) [2010] ZAWCHC 506 (22 October 2010)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences — Appellant convicted of robbery and attempted murder — Sentencing court found substantial and compelling circumstances justifying deviation from minimum sentences — Appellant's cooperation with police and lack of direct involvement in violence considered — Total effective sentence of 15 years imprisonment imposed — Court held that sentencing discretion was properly exercised in light of the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 506
|

|

Mdingswayo v S (A18/10) [2010] ZAWCHC 506 (22 October 2010)

IN
DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD
Saaknmr: A18/10
In die saaktussen
CORNELIUS
MDINGSWAYO
…...............................................................
APPELLANT
En
DIE STAAT
…..........................................................................................
RESPONDENT
UITSPRAAK : 22 OKTOBER 2010
MARAIS WnR
[1] Op die
plaas
WATERVAL,
gelee
indie Klein-Karoo,distrik Van Wyksdorp, in die Suid-Wes Kaap, het die
75 jarige Mnr Frans Arpen alleen gewoon. Hy het op die
plaas en op
ander ander van sy plase in die omgewing geboer. Teen skemer op 31
Maart 2007 het vier mans met 'n motor vanaf George
op die plaas
aangekom. Hulle was daar om bokke en beeste van Mnr Arpen te koop -of
so het hulle voorgegee. Die leier van die groep-
bekend as "John"
was al voorheen op die plaas en het vantevore muile en bokke van Mnr
Arpen
gekoop.
[2
]Van
die vee waarin die groep mans na bewering belang gestel het om te
koop is in die veld gaan haal. By hul terugkoms by die plaasopstal

het Mnr Arpen op die stoep gaan sit. Sy huishoudster, Theresa
Dullman, was toe nog ook by die huis en het die gebeure van die stoep

af gade geslaan. Net na Mnr Arpen gaan sit het ,het "John"
'n vuurwapen tevoorskyn gebring en dit teen Mnr Arpen se kop
gedruk.
Een van die ander lede van die bende het Mnr Arpen vasgegryp en
terselfdertyd is Me Dullman deur die twee oorblywende bende
lede
gegryp en binne die huis in gedwing waar sy noodgedwonge moes wys
waar sekere goed in vertrekke was ,onder andere ' n kluis.
[3]
Gedurende
die tyd is Mnr Arpen met geweld op die stoep neergegooi en 'n langtou
is om sy nek gesit waarmee hy toe gewurg was. Sy
aanvallers het
terselfdertyd horn met 'n hamer begin slaan. Mnr Arpen het moedig
probeer terugveg maar is uiteindelik halfdood
in die huis ingesleep
waar hy saam met Me Dullman in die spaarkamer gesmyt was. Hier is hy
herhaaldelik ook geskop terwyl hy op
die grond gele het terwyl Me
Dullman hier ook met 'n hamer toegetakel is. Mnr Arpen het toe op 'n
stadium sy bewussyn verloor.
[4] Ondertussen was van die
ander bende lede besig om die huis en kluis te plunder. Me Dullman
kon in die geharwar daarin slaag
om haar te verset teen haar
aanvallers en het uit die huis uit gevlug met al vier boewe agterna.
Sy is in die vlug verder met 'n
panga gekap en is gered deur 'n
geweerskoot wat afgevuur was deur Mnr Arpen wat intussen weer bygekom
het. In 'n bebloede toestand
het hy met 'n weggesteekte rewolwer
waarvan die plunderaars nie van geweet het nie probeer om die
aanvallers weg te dryf deur 'n
skoot in hulrigting te vuur. Hy kon
egter weens al die bloed nie sien wat aangaan nie en is die rewolwer
met geweld van horn afgeneem
.Hierna is hy nogmaals wreed aangerand
en in 'n onbewustelike toestand daar laat le.Me Dullman het ongesiens
weer die huis van
'n ander ingang binne gegaan en hulp ontbied.
[5] Die aanvallers het die wyk
geneem met hul buit wat ingesluit het verskeie vuurwapens en
ammunisie, R 15 000.00 kontant,selfone,'n
goue hangertjie en 'n
horlosie.Beide die slagoffers is later dieselfde aand in 'n
bedenklike toestand in die Riversdale Hospitaal
opgeneem vir
noodbehandeling.
[6] Die volgende dag, 1 April
2007 is twee van die aanvallers in George aangekeer. Die Appellant is
'n dag later in George by sy
huis gearresteer. Volgens die rekord het
hy dadelik sy voile samewerking gegee aan die Polisie en het o.a.
sekere uitwysings gedoen
insluitende van die vuurwapens wat langs die
pad versteek was.
[7] Die Appellant is hierna
aangekla saam met die ander twee beskuldigdes op twee aanklagte van
poging tot moord en twee aanklagte
van roof met verswarende
omstandighede.( die vierde aanvaller was tentyde van Appellant se
verhoor nog op vrye voet)en het terreggestaan
in die Streek Hof te
Ladismith.
[8] DieAppellant het op 26
November 2008 op al vier aanklagte skuldig gepleit en sy verhoor is
van die ander geskei. Hy het 'n pleitverduidiliking
in terme van art
112 van Wet 51 van 1977 ingedien waarin hy die basiese omstandighede
en die formele elemente van die misdade erken
het.
[9]Die streekslanddros het die
Appellant hierop skuldig bevind aan die vier klagtes en getuienis ten
opsigte van vonnis is hierna
deur die Staat aangebied
Die distriksgeneesheer, Dr
Oosthuizen het oor beide slagoffers se beserings getuig en Mnr Arpen
sowel as Me Dullman het getuig oor
die aanval, hul beserings en die
nagevolge.
[10] Die Appellant het nie ter
strafversagting getuig nie mar sy advokaat, Mnr Prinsloo het
submissies in hierdie verband van die
balie af gemaak.
[11] Uitspraak op vonnis is
gelewer op 29 Januarie 2009. Die Landdros het in sy uitspraak die ems
van die misdade en die ernstige
gevolge daarvan vir die slagoffers
volledig uit een gesit. Die Landdros het verwys na die feit dat daar
ten opsigte van die twee
roofklagtes " minimum vonnisse ter
sprake {is} van 15 jaar elk, waarvan die hof aleenlik kan afwyk as
daar wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan."
[12] Daar is nie 'n spesifieke
verwysing na die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 in die
uitspraak nie( die toepassing
van die artikel is wel tydens die
pleitverrigtinge aan Appellant uitgewys) maar dit is duidelik dat die
Landdros die bepalings
van art 51 in die algemeen ingedagte gehad het
tydens vonnisoplegging.
[12]
Die Landdros het die ernstigheid van die misdade asook die uiters
brutale aard van die aanvalle en die gevolge daarvan vir
die twee
slagoffers uitgegelig voordat hy die ondersoek na die bestaan al dan
nie van wesentlike en dwingende omstandighede wat
die minimum vonnis
op die twee roofklagtes kon beinvloed.
[13] Met verwysing na die
deurslaggewende uitspraak van Marais AR in S v Malgas 2001 (1) SASV
469 HHA en die feite voor die hof
het die Landdros bevind dat daar
wel wesentlike en dwingende omstandighede was. Hy het die volgende
omstandighede, in " geheel
gesien" sodanige wesentlike en
dwingende omstandighede daarstel:
a) Die feit dat Appellant
skuldig gepleit het en sy voile samewerking aan die polisie gegee het
tydens hul ondersoek na die misdrywe;
b)
Dat Appellant berou getoon het;
c) Dat Appellant nie die
misdrywe nie geinisieer het en nie self aan die fisiese aanrandings
op die twee slagoffers deelgeneem het
nie ;
d) Dat Appellant die jongste van
die " booswigte" was en dat hy nie 'n leidende rol in die
aanvalle gespeel het nie;
e) Dat Appellant onwillig was om
aan die misdrywe deel te neem maar deur die ouer deelnemers oorreed
en beinvloed was om "op
die tog saam te gaan"
e)
Dat Appellant 'n eerste oortreder is;
f)
Dat hy sedert April 2007 in hegtenis aangehou is.
[14] Die Landdros het verder
aangedui dat " genade een van die hoekstene van enige geordende
samelewing en regspleging is"
enbygevoeg dat die hof genade sal
betoon " sover dit op die feite geregverdig kan word"
[15] Die kumulatiewe effek van
die vonnisse op die verskillende aanklagte is ook deur die Landdros
in aanmerking gebring.
[16] Gevolglik het die Landdros
die volgende strawwe opgele: 15 jaar direkte gevangenis straf op elk
van die roofklagtes; 6 jaar
direkte gevangenisstraf op elk van die
poging tot moord klagtes. Die totale vonnis was dus 42 jaar.
Ingevolge art 280(2) van wet 51
van 1977 het die Landdros bevel dat al die vonnisse gelyktydig
uitgedien moet word. Die effektiewe
straf was dus 15 jaar.
[17] Artikel 51 van wet 105 van
1997 is gewysig deur Wet 38 van 2007 wat op 31 Desember 2007 in
werking getree het. Hierdie wysiging
het belangrike veranderings aan
die wet op minimum vonnisse aangebring . Die begrip "minimum
vonnis" is gewysig en vervang
met "Diskresionere minimum
vonnisse vir sekere ernstige misdrywe".
[18] Art. 51(3) is gewysig sodat
die subart. nou {as (3)(a)} soos volg lees:
(3)
(a)
Indien
'n hof in subartikel (1) of (2) bedoel, tevrede is dat daar wesenlike
en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van 'n mindere
vonnis as die vonnis by daardie subartikels voorgeskryf regverdig,
teken hy daardie omstandighede in die notule
van die verrigtinge aan
en moet hy daarop sodanige mindere vonnis ople: Met dien verstande
dat indien 'n streekhof so 'n mindere
vonnis ople ten opsigte van 'n
misdryf vervat in Deel 1 van Bylae 2, hy regsbvoegdheid het om 'n
vonnis van nie meer nie as 30
jaar gevangenisstraf op te le.
[19] Die Engelse weergawe van
die art is gewysig deurdat die woorde " may" vervang is met
"must".
[20] In 'n
volbank beslissing in hierdie afdeling,
Sv
SM AND OTHERS 2010(1)
SASV 504
WCC
word
verwys na die woorde " may " en " must" in die
betrokke art voor en na wysiging en word die effek daarvan
op die
diskresionere bevoegdheid van 'n hof ten opsigte van minimum vonnisse
bespreek in twee
afsonderlike uitsprake. Moosa R
was van mening dat die artikel dubbelsinnig was en dat die woord "
may" in die art nie
'n diskresie toelaat aan 'n hof om 'n
minimum vonnis op te le ten spyte van die feit dat die hof wesentlike
en dwingende omstandighede
bevind het
[7]
If a court, despite such finding in the second enquiry, proceeds to (
impose life imprisonment or a prescribed sentence, or
one exceeding
that, such sentence would amount to a miscarriage of justice because
in the words of Marais JA in
Malgas
(supra)
at para 251 the 'prescribed sentence would be unjust in that it would
be disproportionate to the crime, the criminal and
the needs of
society'. If a court is of the view that the seriousness of the
offence calls for die imposition of life imprison­ment
or a
prescribed sentence as provided for in s 51, then it flies in the
face of logic to find that there are substantial and compelling

circum­stances to impose a lesser sentence. If such were the
case, the court in the first place should have found that there
were
no substantial and compelling circumstances to impose a lesser
sentence.
[8]
I disagree with the State's submission that the trial court has its
normal discretionary sentencing power, as if the minimum
sentencing
legislation had not been passed, once it has found that substantial
and compelling circumstances exist. In my view,
the discretion of the
sentencing court has been circumscribed by the Act, the extent
thereof is dependent on whether in a particular
case substantial and
compelling circumstances are found to exist or not. The authorities
quoted by the State do not support its
contention.
-
[9]
In the case of s 51(3) (a) read with ss (1) of the Act, if no
substantial and compelling circumstances are found to exist, the

court has m discretion, but to impose life imprisonment. However,
should the court in such case find that substantial and compelling

circumstances exist to impose a lesser sentence, then the residual
discretion of the court is circumscribed, in that the court
is
obliged to impose a sentence otherj than life imprisonment, in
accordance with the doctrine of proportion­ality, by taking
into
consideration that the legislature has ordained lift imprisonment for
such scheduled offence in the absence of substantial
and compelling
circumstance*^'
[10]
In the case of s 51(3)
(a)
read
with ss (2), if no substantial and compelling circumstances are found
to exist, in my view, the discretion of the court is
circumscribed,
to the extent that it is free to impose any sentence, depending on
the circumstances of the case, but not less than
that prescribed.
However, should the court find substantial and compel­ling
circumstances exist to impose a lesser sentence,
the residual
discretion of the court to impose sentence is circumscribed, to the
extent that it is obliged to impose a sentence
other than that
prescribed, but in accordance with the doctrine of proportionality,
by taking into consid­eration that the
legislature has ordained a
prescribed sentence for such scheduled offence in the absence of
substantial and compelling circumstances.
[ll]Marais
JA in
SvMalgas
supra
at
Mlg-i
makes
the following observation:
'It
is axiomatic in the normal process of sentencing that, while each of
a number of mitigating factors when viewed in isolation
may have
little persuasive force, their combined impact may be considerable.
Parlia­ment cannot have been ignorant of that.
There is no
indication in the language it has employed that it intended the
enquiry into the possible existence of substantial
and compelling
circumstances justifying a departure, to proceed in a radically
different way, namely, by eliminat­ing at the
very threshold of
the enquiry one or more factors traditionally and righdy taken into
consideration when assessing sentence. None
of those factors have
been singled out either expressly or impliedly for exclusion from
consideration.'
Marais
JA continues at
481
f-g
to
discuss the nature of the residual discretion and the question of
proportionality as follows:
'What
stands out quite clearly is that the courts are a good deal freer to
depart from the prescribed sentences than has been supposed
in some
or the previously decided cases and that it is they who are to judge
whether or not the circumstances of any particular
case are such as
to justify a departure. However, in doing so, they are to respect,
and not merely pay hp service to, the Legislature's
view that the
prescribed periods of imprisonment are to be taken to be ordinarily
appropriate when crimes of the specified kind
are committed.'
[21] Die meerderheid ( La Grange
R met wie Traverso ARP saamgestem het)
was nie tevinde vir hierdie
uitleg nie en het hulle soos volg daaroor uitgelaat
[6]
I cannot subscribe to this view of Moosa J, as it fails to properly
distinguish between the two enquiries including the proportionality

test as envisaged by the subsection. It also militates against well
established principles on sentencing in our law. The wording
of the
subsection,
'(i)f
any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that
substantial and compelling circumstances exist
which
justify
the
impo­sition of a lesser sentence than the sentence prescribed in
those subsections, it shall enter those circumstances on
the record
of the proceedings and may thereupon impose such lesser sentence',
(my
emphasis) is clear and cannot be subjected to any ambiguity.
[7]
I will now return to the issue under consideration in this appeal and
the reasons why I fundamentally differ from Moosa J's
approach and
interpretation of the subsection.
[8]
Section 51(3) (a) of the Act, which was applicable before its
amend­ment on 31 December 2007, reads as follows:
'(3)
(a)
If
any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that
substantial and compelling circumstances exist which justify
the
imposition of a lesser sentence than the sentence prescribed in
those subsections, it shall enter those circumstances on
the record
of the proceedings and may thereupon impose such lesser sentence.'
Subsection
(1) reads as follows:
'
Notwithstanding any other law but subject to subsections (3) and (6),
a High Court shall—
if
it has convicted a person of an offence referred to in Part I of
Schedule 2; or
if
the matter has been referred to it under section 52(1) for sentence
after the person concerned has been convicted of an offence
referred
to in Part I of Schedule 2, sentence the person to imprisonment for
life.'
[9]
The new amended subsection reads as follows:
'If
any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that
substantial and compelling circumstances exist which justify
the
impo­sition of a lesser sentence than the sentence prescribed in
those subsections, it shall enter those circumstances
on die record
of the proceedings and must thereupon impose such a lesser sentence:
Provided that if a regional court imposes such
lesser sentence in
respect of an offence referred to Part 1 of Schedule 2, it shall have
jurisdiction to impose a term of imprisonment
for a period not
exceeding 30 years.'
[15]
Moosa J, it appears, also had great difficulty with the word 'may' in
the applicable subsection. He expressed the view that
the word 'may'
creates a contradiction in terms, is mutually destructive and the
legisla­ture could not have intended such
an anomaly. In dealing
with this apparent ambiguity he goes further and concludes that the
trial court
in
casu
misdirected
itself on the question of law by not imposing a lesser sentence,
pursuant to the finding of substantial and compelling
circum­stances.
He also sought to rely on the amended word from 'may' to 'must' by
the legislature, and lack of decided case
law where, pursuant to a
finding that substantial and compelling circumstances exist, a
heavier sentence was imposed, to support
his view.
[16]
First, the amendment of the subsection to include the word 'must'
cannot in my view impact on the unambiguous and very important
pan of
the subsection that clearly deals with the two different enquiries,
as stated in paras [10]—[13] above. Secondly,
on a proper
reading, the authority Moosa J is relying on in his para [19] does
not support his view that, pursuant to the finding
of substantial and
compelling circum­stances, a trial court's discretion is limited
and
automatically
obliged
to impose a lesser sentence. It is evident that what Nugent JA, in
Wakazi
supra
at 5616, articulated and alluded to is, where a court is indeed
satisfied that a lesser sentence is called for in a particular
case
that
justifies
(my
emphasis) the imposition of a lesser sentence, then it hardly needs
saying that a court is bound to impose that lesser sentence.
See also
Malgas
para
14. The word 'may' in the context of the decided authority was
therefore superfluous. The amendment of the word 'may' to 'must'
does
not in my view eliminate an ambiguity and limit a court's sentencing
discretion, as suggested by Moosa J. It merely reflects
the
ratio
decidendi
of
our higher courts, that a court is bound to impose a lesser sentence
where it indeed finds that substantial and compelling circumstances

justify it, and it is proportionate to the offence.
[17]
I am therefore satisfied that the relevant subsection did not create
an ambiguity, nor did it limit a court's discredon to
impose a
heavier
sentence,
pursuant to a finding that substantial and compelling circum­stances
exist. Moreover, the lack of decided cases to
impose a heavier
sentence can hardly be a justifiable reason that the subsecdon limits
a court's sentencing discretion in that
regard.
[22]
Die vonnis in
S
v SM
was
deur die verhof opgele op 28 Junie 2007 voor die wysiging van die art
in werking getree het. Die bevindings in beide uitsprake
ten opsigte
van die effek van die woorde "may" en " must" en
die effek daarvan op die diskresie van 'n hof
om 'n minimum vonnis op
te le ten spyte van die bevinding dat wesentlike en dwingende
omstandighede aanwesig is
was derhalwe obiter en het nie
bindende krag nie.
[24]
Die vonnis warrteen daar in hierdie sak appel aangeteken is, is
opgele op 29 Januarie2009 nadat die wysiging in werking getree
het.
Die landdros was derhalwe verplig om die gwysigde bepalings van art
51(3) toe te pas.
[25] My insiens het die Landros
homself wan ingelig deur nie die gewysigde bepalings aan te wend nie
en het hierdeur 'n mistasting
began deur ten spyte van die bevinding
dat wesentlike en dwingende omstsndighede bestaan steeds die minimum
vonnis op te le.
[26] Daar is by my geen twyfel
dat die word "moet" in die gewyside art51(3) 'n verpligting
op 'n hof plaas om 'n mindere
straf op te le waar die hof in die
spesifieke geval wesentlike en dwingende omstanighede bevind het. Die
algemene betekenis van
die word " moet" soos die Engelse
"must" beteken " "verplig". Daar is geen
ruimte vir die uitoefening
van 'n diskresie in so 'n geval deur' hof
nie. Dit is die enigste redelike gevolg wat die wetgewer in gedagte
kon gehad het met
die wysiging.
[27] Weens gemelde mistasting is
hierdie hof geregtig om in te meng met die vonnis. Ek is tevrede dat
die Landros andersins die
feite en omstandighede korrek en versigtig
hanteer het en stem ek saam met sy bevindiung dat daar wesentlike en
dwingende omstandighede
in die onderhawige geval bestaan wat daarop
dui dat die oplegging van die minimum vonnis vir die roofklagtes on
van pas is. Daar
is reeds na die spesifieke omstandighede verwys.
[28]
Die aanval op Mnr Arpen en Me Dulmlann was klaarblyklik grusaam en
brutaal. Die samelewing se afsku en afkeer van sodanige
verwerplike
optrede deur wettelose bendes boewe kan nouliks te sterk uitgespreek
word. Dit is die
Plig van die Howe om die
gemeenskap teen sulke vergrype te beskerm onder andere deur die
oplegging en bekragtiging van swaar strawwe
vir sulke misdadigers.
[29] Dit moet
ook egter nie uit die oog verloor word dat 'n hof nog steeds aan al
die beginsels van vonnisoplegging moet voldoen
en dat die belang van
geregtigheid moet seevier. In hierdie verband verwys ek na die
sentiment uitgespreek deur die Hoogste Hof
van Appel in
S
v MASEOLA 2010(2) SASV 311 (SCA)
te
315 met verwysing na S v Mhlakaza
1997 SACR 515
(SCA) te 518:
'The
object of sentencing is not to satisfy public opinion but to serve
the
public interest. ... A sentencing policy that caters
predominantly or
exclusively for public opinion is inherendy
flawed. It remains the
court's duty to impose fearlessly an
appropriate and fair sentence even
if the sentence does not
satisfy the public'
u
[30] Die skokkende omstandighede
van hierdie saak ten spyt is ek van oordeel vir die redes hierbo na
verwys dat daar wesentlike
en dwingende omstandighede bestaan wat die
ople van die minimum vonnis vir roof in hierdie geval nie regverdig
nie ,. Met verdere
inagneming van die feit dat die Appellant reeds 22
maande verhoorafwagtend in hegtenis was is ek van mening dat' n
gepaste straf
vir die roofklsgtes een van 14 jaar gevangenisstraf is.
Ek stem saam met die vonnisse van 6 jaar op die klagtes van poging
tot
moord aangesien die misdrywe in tyd en plek wesentlik deel vorm
van die roofklagtes .
[31]
In die omstanighede sou ek die appel laat slaag ten opsigte van die
roofklagtes en die vonnisse ten opsigte daarvan die tersyde
stel en
dit vervang met vonnisse van 14 jaar elk. Die appel teen die
oplegging van 6 jaar op die p[oging tot moord klagtes sal
ek
bekragtig. In terme van art 280 van wet 51 v 1977 sal ek gelas dat
die vonnisse op al vier klagtes saam uitgedien word sodat
die
effektiewe gevangenisstraf dus een van 14 jaar is.
I