Rabie v Rabie (4758/09) [2010] ZAWCHC 499 (15 October 2010)

35 Reportability

Brief Summary

Contempt of Court — Non-compliance with court order — Applicant sought an order for contempt against the respondent for failing to comply with a court order from 14 December 2007 regarding the payment of R800,000 and maintenance for two minor children — Respondent claimed financial hardship as the reason for non-compliance — Court found the respondent's explanation unconvincing and held that the applicant proved, on a balance of probabilities, that the respondent willfully failed to comply with the court order — Respondent found guilty of contempt and sentenced to six months' imprisonment, suspended for 24 months, subject to compliance with payment terms.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 499
|

|

Rabie v Rabie (4758/09) [2010] ZAWCHC 499 (15 October 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
4758/09
DATUM
:
1
5 OKTOBER 2010
In
die saak tussen:
ELOISE
WILSON-RABIE
…...........................................................................
Applikant
en
REGINALD
WILLIAM LYNTON RABIE
…..................................................
Respondent
BEVEL
VELDHUIZEN.
R
:
In
hierdie aansoek vir 'n bevel dat die respondent in minagting van 'n
bevel van hierdie Hof opgetree het, is dit gemene saak dat
die partye
op 14 Desember 2007 ingevolge "h bevel van hierdie Hof geskei
het. 'n Skikkingsakte wat tussen die partye aangegaan
is, is indertyd
by daardie hofbevel ingelyf.
Dit
is op die stukke gemene saak dat die respondent versuim het om aan
die bepalings van daardie skikkingsakte te voldoen, met die
gevolg
dat hy tans oor die R800 000 aan die applikant verskuldig is ten
opsigte van die balans van die verkoopprys van die vaste
eiendom van
die partye en ook
onderhoud
ten opsigte van die partye se twee minderjarige kinders.
Die
respondent voer aan dat hy nie opsetlik versuim het om die hofbevel
na te kom nie, maar dat die rede daarvoor is dat hy in
geldnood
verkeer. Hierdie weergawe van die respondent is eenvoudig, na my
mening, op die stukke, nie geloofwaardig nie en nie
vir my
aanvaarbaar nie. Ek het op die stukke voor my tot die gevolgtrekking
gekom dat die applikant op 'n oorwig van waarskynlikhede
bewys het
dat die respondent willens en wetens versuim het om 'n bevel van
hierdie Hof na te kom.
Bygevolg
word die respondent skuldig bevind aan minagting van hierdie Hof se
bevel van 14 Desember 2007 gegee in hulle egskeidingsgeding
en word
hy gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
Verder
word die respondent 'n vonnis van
SES
(6) MAANDE GEVANGENISSTRAF
opqele.
wat ek in die geheel opskort vir die periode van vier-en-twintig
(24) maande op voorwaarde dat die respondent:
1.
Die bedrag van R800 000 plus rente a
tempore
morae
in
24 gelyke maandelikse paaiemente aan die applikant betaal, die
eerste betaling gedoen te word op of voor 30 Oktober 2010 en
daarna
op of voor die 30ste van elke maand.
2.
Onderhoud aan die applikant betaal ten opsigte van die twee
minderjarige kinders van die partye ten bedrae van R6 500 per maand

per kind, die eerste betaling gedoen te word op of voor die 7de
November 2010 en dan op of voor die 7de van elke daaropvolgende

maand.
3.
Die kostebevel sal insluit alle koste wat voorbehou is by vorige
verskynings.
VELDHUIZEN.
R