Buthelezi v S (SS337/2004) [2010] ZAWCHC 491 (14 October 2010)

50 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Application for leave to appeal — Late filing of application — Accused convicted of murder and rape and sentenced to life imprisonment — Accused unable to file appeal timely due to lack of access to necessary facilities while incarcerated — Application for condonation for late filing requires acceptable explanation for delay and reasonable prospects of success in appeal — Court finds that the accused failed to demonstrate reasonable prospects of success in the intended appeal, resulting in dismissal of the condonation application.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 491
|

|

Buthelezi v S (SS337/2004) [2010] ZAWCHC 491 (14 October 2010)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS337/2004
DATUM:14 OKTOBER 2010
In die saak tussen:
WILLIAM
BUTHELEZI
…..........................................................................................................
Aplikant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
(Aansoek om verlof om
te appelleer)
VAN
REENEN, R
:
Die beskuldigde is
gedurende November 2004 te Knysna deur my skuldig bevind aan twee
klagtes: een van moord en die ander van verkragting.
Beide die
klagtes is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die beskuldigde is
lewenslange gevangenisstraf opgele.
Na die oplegging van die
straf het die beskuldigde homself in die tronk bevind en het
uiteraard geen toegang gehad tot die fasiliteite
wat nodig is ten
einde betyds appel aan te kon teken nie. Hy het homself in 2006 na
die Regshulpraad gewend wat horn sedertdien
bygestaan het. Daar is
verskeie probleme ondervind met die verkryging van die oorkonde van
die verrigtinge asook 'n ondertekende
uitspraak.
Die feit dat die aansoek
vir verlof om te appelleer eers gedurende 14 April vanjaar geliasseer
is, het die beskuldigde genoodsaak
om die Hof te oortuig dat hy "n
saak uitgemaak het vir die kondonasie van die laat liassering
daarvan.
Daar is twee hindernisse
wat die beskuldigde moet oorkom teneinde met die aansoek om
kondonasie te slaag. Die eerste is dat daar
'n aanvaarbare
verduideliking verskaf moet word vir die versuim wat hy nou verlang
om gekondoneer te word. Die tweede is dat hy
moet aantoon dat hy 'n
redelike vooruitsig het om te slaag in die verrigtinge wat hy begerig
is om voort te sit, naamlik, die appel.
Wat die eerste aspek
betref, is ek van mening dat die omstandighede waarin gevonnisdes
hulself in die tronk bevind, naamlik 'n ontoeganklikheid
tot
fasiliteite om betyds appel aan te teken, is ek van oordeel dat hy
tog, op 'n balans, 'n saak uitgemaak het. Gevolglik is die
enigste
oorblywende aspek of hy my oortuig het dat hy 'n redelike vooruitsig
op sukses in die beoogde appel het.
Ek het weereens die
uitspraak noukeurig nagegaan en my geheue verfris oor die feite
waarop dit berus het. Die getuienis was dat
daar genetiese materiaal
van die oorledene op 'n "boxer" broekie, wat die
beskuldigde erken aan horn behoort het en waarskynlik
deur horn gedra
was toe die misdrywe gepleeg was, gevind is. Die genetiese materiaal
het bestaan uit die mengsel van die beskuldigde
se eie
liggaamsvloeistof en die van die oorledene. In weerwil van hierdie
verdoemende verbintenis met die misdryf, het die beskuldigde
wat deur
'n prokureur verteenwoordig was, dit goed gedink om nie te getuig
nie. Gevolglik is daar niks op rekord wat die duidelike
en
onvermydelike afleiding op die aangebore getuienis dat hy die persoon
is wat hierdie misdrywe gepleeg het bevraagteken of weerle
het nie.
In die omstandighede is
ek van mening dat die beskuldigde nie daarin geslaag het om my te
oortuig dat hy 'n redelike vooruitsig
op sukses in die voorgenome
appel het nie. Gevolglik is die resultaat dat die aansoek vir
kondonasie van die laat liassering van
die aansoek om verlof om te
appelleer nie kan slaag nie en dat dit van die hand gewys word.
In die omstandighede is
dit onnodig om te oorweeg of verlof verleen moet word al dan nie.
VAN REENEN, R