Louw v S (A407/2010) [2010] ZAWCHC 477 (17 September 2010)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of murder and sentenced to 18 years imprisonment — Evidence of circumstantial nature including bloodstains linking appellant to the crime scene — Appellant's version of events rejected as improbable — Court finds sufficient evidence to uphold conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 477
|

|

Louw v S (A407/2010) [2010] ZAWCHC 477 (17 September 2010)

IN
DIE HOE-HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
A407/2010
DATUM:
17 SEPTEMBER 2010
In
die saak tussen;
ISAK
LOUW
…...............................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
….............................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
WEYER.
WnR
:
Hierdie
is "n appelsaak waar die appellant appelleer teen sy
skuldigbevinding op een klagte van moord en die gepaardgaande
vonnis
van 18 jaar direkte gevangenisstraf, soos opgele deur die
Streeklanddros vir die Streekafdeling van die Kaap gehou te

Vredendal op 16 November 2004. Verder is appellant ook onbevoeg
verklaar om 'n vuurwapen te besit in terme van Artikel 103(1)
van
Wet 60 van 2000. Appellant se medebeskuldigde is vrygespreek op die
aanklag.
Die
geskiedenis van die aangeleentheid is dat appellant en sy
medebeskuldigde op 16 April 2004 in die Streekhof te Vredendal
onskuldig gepleit het op 'n aanklag van moord. Die aanklag teen
appellant en sy medebeskuldigde was moord deurdat hulle beweerdelik

op 15 November 2002 en naby Moreson, Lutzville, vir ene Abraham
Lewis, in lewe Vi volwasse manlike persoon wederregtelik en opsetlik

gedood het.
Die
appellant het daarna suksesvol aansoek gedoen om verlof om te
appelleer teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
Wat
die meriete van die saak aanbetref, wil ek net die volgende se:
Voordat
ek die getuienis en die skuldigbevinding ontleed, moet daar duidelik
gestel word dat die feite van hierdie saak na my
mening skokkend is
en kan as voorbeeld opgehou word van hoe die waarde van Vi lewe
goedkoop is. Nog erger is die feit dat die
oorledene in hierdie saak
heel waarskynlik gewelddadig aangerand is deur 'n persoon of persone
wat goed aan horn bekend was.
Dit
is gemene saak dat die oorledene as gevolg van subdurale
breinbloeding en skedelfraktuur oorlede is. Dit is verder gemene

saak dat die oorledene op 15 November 2002 saam met die appellant en
sy medebeskuldigde, ene Karlien Cloete, wie sy saamwoonmaat
was, en
appellant se moeder, by appellant se woning te Moreson, Lutzville,
aan huis was. Daar het die oorledene saam met die
appellant en sy
medebeskuldigde die aand lank gedrink.
Appellant
erken verder dat hy die oorledene die betrokke aand geklap het
alhoewel die rede daarvoor, na my mening, nooit bevredigend
deur
horn verklaar is nie. Dit is verder gemene saak dat die appellant en
die medebeskuldigde die oorledene later uit die woning
gesleep het.
So ook is dit gemene saak dat die oorledene buite die woning van
appellant gelaat was e dat hy eers die volgende
oggend dood
aangetref is onder Yi boom deur ene Karlien Cloete. Appellant is toe
deur Karlien Cloete aangese om ene me Louw te
gaan vertel sodat die
polisie ontbied kon word.
Inspekteur
Von Wielligh, wat ook die ondersoekbeampte in hierdie saak was en
wat getuig het in die Hof
a
quo
het
daaropvolgend beslag gele op tekkies wat met bloed bevlek was en 'n
broek. Dit is gemene saak dat beide items aan die appellant
behoort
het en verder dat die bloed wat op appellant se tekkie was,
ooreenstem met die bloed van die oorledene.
Daar
is ook bloed voor appellant se woning gevind sowel as in die woning
teen die muur en op die deurdrumpel.
Hierdie
feite in sigself is sterk omstandigheidsgetuienis van die appellant
se betrokkenheid by die misdaad.
Ek
stem dus saam met die submissie van die Staat dat die streeklanddros
korrek die enigste geskilpunt geidentifiseer het, naamlik
wie
inderdaad verantwoordelik was vir die noodlottige beserings van die
oorledene.
Die
getuies wat wesenlike getuienis ten opsigte van die geskilpunt
gelewer het, was Karlien Cloete, inspekteur Von Wielligh en
dan ene
Igshaan Smith wat in 2002, kort na die inhegtenisname van die
appellant, saam met horn in die gevangenis verhoorafwagtend
was.
Inspekteur
Von Wielligh het die volgende getuienis ten opsigte van die meriete
bedra, naamlik, dat die oorledene onder h boom,
nie ver van
appellant se woning, aangetref is; dat daar sigbare sleepmerke vanaf
die boom tot by die voordeur van appellant se
huis was; dat daar
bloedspatsels oop die drumpel van die deur en die muur van appellant
se huis aangetref is; dat die stoep nat
voorgekom het asof iemand
iets probeer afwas het; dat hy beslag geld het op Yi tekkie met
bloed wat later ontleed was en bevestig
het dat dit die oorledene se
bloed is.
Hy
het getuig dat toe hy op die toneel met Karlien Cloete gepraat het,
sy aangedui het dat sy niks van die voorval weet nie, maar
dat sy
wel later met die hele storie vorendag gekom het in die afwesigheid
van appellant en 'n
verklaring
afgeie het.
Verder
het inspekteur Von Wielligh ook bevestig dat ook beserings aan die
kop van die oorledene opgemerk het en dat hy op die
toneel beslag
gele het op 'n klip met bloedspatsels en 'n
pik.
Weereens moet ek saamstem met die Staat se betoog dat hierdie
getuienis sterk omstandigheidsgetuienis teen appellant is.
Die
Hof a
quo
het
korrek in my submissie die getuienis van inspekteur Von Wielligh as
geloofwaardig aanvaar. Hy het sy getuienis op 'n
eerlike,
betroubare en logiese wyse afgeie en sy getuienis was nooit in enige
wesenlike opsig getoets deur die appellant nie.
Die
Staat gee toe - korrek in my oordeel - dat Karlien Cloete se
getuienis korrek deur die streeklanddros met versigtigheid benader

is. Dit is so dat die getuie se getuienis wel appellant se
aandadighe'td aan die misdryf afgewater het. Die getuie se
geloofwaardigheid
word egter herstel in haar openbaring tydens die
kruisverhoor van die regsverteenwoordiger vir die medebeskuldigde
dat sy wel
appellant probeer beskerm het. Sy het egter Vi
aanvaarbare weergawe aangebied om haar weersprekings te verduidelik,
veral haar
toegewing aan die einde van haar getuienis is myns
insiens veelseggend dat sy onder vrees gehandel het en dat dit
primer ook
die rede was waarom sy so beskermend teenoor die
appellant getuig het.
Sy
het aangevoer dat sy bang is vir appellant; dat hy haar gedreig het
om die waarheid te verswyg en dat sy afhanklik is van appellant.
Waar
daar wesenlike weersprekings of verswygings is in n getuie se
getuienis en die getuie daarmee gekonfronteer word, word daar
verwag
dat die getuie 'n redelike verduideliking hiervoor moet aanbied,
alvorens 'n negatiewe afleiding teen die getuie se geloofwaardigheid

gemaak kan word. Cloete het wel Vi logiese en redelike
verduideliking vir haar weersprekings en verswygings aangebied.
Gevolglik
het die Hof a
quo
korrek,
in my oordeel, bevind om nie summier die getuienis van die getuie te
verwerp nie, maar dit te aanvaar waar dit die getuienis
van
inspekteur Von Wielligh en/of Igshaan Smith en of sy medeskuldigde
gestaaf het.
Hierdie
benadering bevind stawing in die gesag van
S
v Mafaladiso
2003(1)
SASV 538 (HHA) op bladsy 594.
Yi
Belangrike
aspek van die getuienis van Karlien Cloete is dat sy wel
Yi
rede
verskaf waarom die appellant die oorledene ook sou aanval. Sy het
gemeld dat die oorledene appellant geld geskuld het en
dat hy later
knaend was oor die alkohol wat hy van appellant wou he
Verder
het Me Cloete gemeld dat sy gesien het dat appellant die oorledene
sonder enige rede "n stewige klap gee. Later het
sy ook gesien
hoe die oorledene deur die appellant en sy medebeskuldigde by die
huis uitgeneem is.
Noemenswaardig
is die feit dat haar getuienis deur die getuienis van inspekteur Von
Wielligh gestaaf word. Die bloed op die skoene
van appellant en die
bloed op die toneel, sowel as die sleepmerke asook haar
verduideliking dat appellant en sy moeder die bloed
probeer afwas
het, is na my mening van waarde. Ek kan dus nie bevind dat die Hof a
quo
'n
fout
begaan het om die getuienis van hierdie getuie te aanvaar nie.
Igshaan
Smith se getuienis was dat appellant sekere erkennings aan horn sou
gemaak het tydens die periode waar hulle saam as verhoorafwagtendes

in aanhouding was te
Vanrhynsdorp
Gevangenis. Hierdie getuie se getuienis is ook met versigheid
benader, welke benadering weereens korrek was in my
oordeel. Hierdie
getuie se getuienis is aanvaar in die opsigte wat dit ook deur die
getuienis van inspekteur Von Wielligh, Karlien
Cloete en sy
medebeskuldigde gestaaf word. Die verdere vraag wat ontleed moet
word is of die weergawe van die appellant redelik
moontlik waar kan
wees en dat dit gegvalueer moet word teenoor die getuienis in sy
geheel.
Die
weergawe van die appellant was kortliks dat hy op die aand van 15
November 2002 by sy woning was. Sy saamwoonmaat. Karlien
Cloete, het
vir horn en sy medebeskuldigde kos gegee. Dat laasgenoemde twee
besig was om alkohol te drink, is ook gemene saak.
Later
het hulle na appellant se suster se huis gegaan en weer teruggekeer.
Die oorledene het, volgens die appellant, laat daar
opgedaag.
Karlien Cloete en appellant se moeder het toe reeds geslaap volgens,
horn. Dat die oorledene daar vreeslik gelawaat
het en nie vir
homself wou beteuel nie, is ook sy weergawe. Appellant het die
oorledene een klap gegee volgens horn. Dat die
appellant na die
kamer toe is en die oorledene en medebeskuldigde in die kombuis
gelos, is verder sy weergawe. Appellant het
toe teruggekeer waar hy
die oorledene op die vloer sien Id en onmiddellik medebeskuldigde
gevra om horn te help om die oorledene
uit te dra. Dit dan die
appellant se weergawe.
Die
appellant was glad nie Vi goeie getuie nie. Sy getuienis is
gekenmerk deur leemtes, aanpassings en gebrek aan verduidelikings

wat aanduidend is van die feit dat die appellant se getuienis korrek
deur die Hof a
quo
verwerp
was. Die onwaarskynlikhede van appellant se weergawe is verder
aanduidend dat sy weergawe korrek met vrymoedigheid deur
die Hof a
quo
verwerp
was.
Die
enigste redelike afleiding gegewe die bewese feite van die insident
is ooreenstemmig met die Hof se benadering in
S
v Blom
1939
AD 188
dat appellant verantwoordelik was vir die beserings wat die
oorledene opgedoen het die betrokke aand.
Enkele
leemtes wat genoem kan word, is byvoorbeeld die appellant se
onvermoe om Yi spesifieke rede te kon verskaf waarom hy die

oorledene geklap het. So ook kon hy ook nie verduidelik hoe die
oorledene se bloed op sy tekkie beland het nie of waarom hy die

broek wat hy die aand aangehad het, in die water gesit het. Geen
aanvaarbare verduideliking van hoe die bloed aan die muur en
die
vloer van appellant se woning voorgekom het, is deur horn geopper
nie.
Die
appellant het ook in kruisverhoor probeer om sy getuienis aan te pas
en nuwe getuienis was tydens die verdedigingsaak vir
die eerste keer
geopenbaar. As voorbeelde hiervan kan genoem word da? by aangevoer
het dat die vrou, Karlien Cloete, nooit die
woning sou verlaat het
die aand nie en dat sy met appellant se moeder in die kamer die
heeltyd was. Dit was nooit aan Ktrlien
Cloete gestel dat sy die hele
aand by die huis was en dat sy nie buite deur appellant en
medebeskuldigde uitgesluit was nie.
Hy
het ook a:
n
9
ev
°er
dat die oorledene eers later die aand by horn en sy n-?
debes
kuldigde
aangesluit het. So ook dat hy en sy
l
-nedeDesku
?
i
9
de
die
oorledene
aan sy arms uitgesleep het.
t>itj
or.waarskynlrfchede in die appellant se weergawe is ook
trefTcud
en
die R
>f
a
quo
het,
korrek na my mening, sy getuienis w^ens hierdie rede ook verwerp. As
enkele voorbeeldi hiervan, kan die volgende genoem word:
waarom klap
die appellant die oorledene? Dit is hoogs waarskynlik omdat dii
oorledene nie appellant sy geld kon
terugbetaal
nie,
soos gjtuig deur ander getuies. Verder, indien daar geen aanranding
op die oorledene was nie, waarom moes die oorledene dan
summier
uitgesit word toe hy op die vloer le. Waarom sien appellant geen
aanranding op oorledene in die huis nie, maar daar is
we! bloed van
die oorledene teen die mure en op die vloer. Appellant merk geen
bloed op die oorledene nie, maar Karlien Cloete
getuig dat sy bloed
opgemerk het by die oorledene toe hy uitgesit was. Waarom sal
appellant sy broek wat hy aan inspekteur Von
Wielligh uitgewys het
in Yi emmer water plaas? Daar was hoogs waarskynlik bloed aan
hierdie broek. Op watter wyse het die bloed
aan die tekkie van die
appellant gekom, en waarom is daar geen van sy eie genetiese
materiaal op die tekkie gevind as sy neus
gebloei het nie? Waarom
sal die bloed van die stoep afgewas word indien appellant niks gehad
het om weg te steek nie?
Dan
is daar ook die onwaarskynlikhede dat die twee getuies, Cloete en
Smith, horn valslik sou beskuldig. Daar is Vi vraag wat
opkom oor
hoekom Smith homself betrokke sou maak as getuie teen 'n
mede-bendelid. Daar is ook die verdere vrae oor hoekom Cloete
haar
saamleefmaat, en die broodwinner in die huis vals sou impliseer by
die dood van die oorledene.
Hierdie
en soortgelyke vrae wat onbeantwoord bly deur die appellant, lei my
na die gevolgtrekking dat die Hof a
quo
korrek
die weergawe van die appellant verwerp het. Dit is oogmerkend dat
die appellant versuim het om die getuienis van sy ma
en suster aan
te bied wie moontlik sy weergawe kon bevestig het, ten minste in
enkele aspekte.
Alhoewel
die appellant se betoog dat die Staat die bewyslas moet kwyt raak bo
enige moontlike twyfel, soos uiteengesit in die
saak van
S
v Van der Mevden
1999(1)
SASV 447 (W) 447h-j waar die Hof homself as volg uitgespreek het
hierteenoor korrek is:
"The
onus
of
proof is on the State. It continue by holding at the conronnery is
that the accused is entitled to an acquittal if it is reasonably

possible that he may be innocent. The Court remarked that these two
are separate independent tests, in other words in order to
convict
evidence must established the guilt beyond reasonable doubt, which
will be only if there is at the same time no reasoable
possibility
that a innocent explanation will just been put forward, might be
true. The Court continued at these two (indistinct)",
is
ek is tevrede dat die Staat in die huidige aangeleentheid wel met
inagneming van hierdie benadering, die bewyslas gekwyt het.
Ek
gaan dan akkoord met die Hof a
quo
se
bevinding dat die skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys
is en dat die streeklanddros korrek die beginsels neergele
in onder
meer S
v
Trainor
2003(1)
SASV 35 (A) para [9] toegepas het. In
S
v Trainor
het
Nafsa, AR, soos volg gese:
"A
conspectus of all the evidence is required. Evidence that is
reliable should be weighed alongside such evidence as may
be found
to be false. Independently verifiable evidence, if any, should be
weighed to see if it supports any of the evidence
tendered. In
considering whether the evidence is reliable the quality of that
evidence must of necessity be evaluated, as must
corroborative
evidence, if any. Evidence, of course, must be evaluated against the
onus
on
any particular issue or in respect of the case in its entirety. The
compartmentalised and fragmented approach of the magistrate
in that
case was found to be illogical and wrong."
In
hierdie omstandighede word die appel teen skuldigbevinding dus van
die hand gewys.
Sover
dit vonnis aanbetref, wil ek die volgende uitspreek. Die appellant
voer aan dat die agbare Streeklanddros gefouteer het
en nie
behoorlik sy persoonlike omstandighede, die erns van die misdaad en
die gemeenskapsbelange in oorweging gebring het nie.
Appellant se
persoonlike omstandighede stel geen dwingende en wesenlike
omstandighede daar wat na my mening 'n
afwyking
van die minimum vonnis regverdig nie.
Me
Kortie
.
wat namens die Staat in hierdie appel opgetree het, het aangevoer
dat die proporsionele vonnis wat die appellant opgele is,
geensins
neerkom oop 'n
ongeregtigheid
nie. Sy het verwys onder meer na die saak van
S
v Dodo
2001(3)
SASV 382 (CC) op 403-404 as stawing vir hierdie betoog. Sy het
verder argumenteer dat die strafverswarende omstandighede
in hierdie
aangeleentheid die persoonlike omstandighede van die appellant
oorskadu. Die gemeenskapsgevoel oor die misdryf, het
sy weereens
vanoggend in haar betoog geidentifiseer as oogmerkend in hierdie
saak.
Hierdie
misdryf is ongetwyfeld van 'n
ernstige
aard en moreel afkeurenswaardig. Appellant het geen respek getoon
vir die reg op lewe van die oorledene nie. Die oorledene
was die
betrokke aand onder die invloed van alkohol en dus was hy heel
klaarblyklik in h weerlose posisie teen die aanval van
die
appellant.
Die
geweld teenoor die oorledene het geeskaleer in graad tot waar 'n
wapen
gebruik is. Die beserings waaraan die oorledene beswyk het, is
sprekend van 'n
herhalende
wrede aanval op sy liggaam. Dit was ongetwyfeld 'n
sinnelose
en brutale daad. Verder is die abandonering van die oorledene buite
die woning, nadat hy soveel bloed binne die huis
alreeds verloor
het, aanduidend van die absolute minagting waarmee die appellant die
lewe van die oorledene bejedn het.
Teen
hierdie feite moet daar oorweeg word die appellant se persoonlike
omstandighede. Appellant se persoonlike omstandighede sluit
in dat
hy op die datum van vonnis as versagting se dat hy 37 jaar oud was.
Tans is hy natuurlik ouer. Hy was werksaam as 'n
algemene
arbeider en het R190 per week verdien. Hy het drie kinders, slegs
twee van die kinders geniet onderhoud van die appellant.
Appellant
was in 'n
saamleefverhouding
met Karlien Cloete.
Dan
is daar ook natuurlik die vorige veroordelings van appellant wat
veelvoudig is en wat insluit onder andere ernstige geweldsmisdrywe.

In
R
v Zonele & Andere
1959(3)
SA 319 (A) op 330 was die volgende vermeld in hierdie verband:
"Generally
speaking previous convictions aggravate an offence because they turn
to show that an accused has not been deterred
by his previous
punishments from committing the crime under consideration in a given
case."
In
S
v Pieters
1987(3)
SA 717 (A) maak Botha AR op 727 die volgende opmerking:
"Met
betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar
herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie hof beklemtoon
dat
vonnisoplegging berus by die diskresie van die verhoorregter. Juis
omdat dit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en
die vonnis van
"n verhoorregter verander nie, tensy dit blyk dat hy die
diskresie wat aan horn toevertrou is, nie op h behoorlike
of
redelike wyse uitgeoefen het nie. Om dit andersom te stel, daar is
ruimte vir hierdie hof om 'n verhoorregter se vonnis te
verander
alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op Yi onbehoorlike wyse
uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel wat alle
appelle teen
vonnis beheers."
En
verder op bladsy 734 van bogemelde saak word die volgende gemeld:
"...een
enkele vraag: of die verhoorregter redelikerwys die vonnis kon ople
wat hy wel opgele het. Dit is die deurslaggewende
vraag. As die
antwoord daarop bevestigend is, is dit die einde van die saak.
Daardie vraag le ook ten grondslag van die sogenaamde
treffende
wanverhoudings-toets...ln die verband word die genoemde toets
aangewend wanneer hierdie Hof aan die hand van wat in
die oorkonde
verskyn op appel h besliste mening kan huldig aangaande die vonnis
wat hy in die eerste instansie sou opgele het
en waar daar 'n
treffende
verskil is tussen sodanige vonnis en die wat die verhoorregter
opgele het. Dit sou egter onrealtsties wees om nie die
feit onder oe
te sien nie dat die bepaling van 'n
spesifieke
termyn van
gevangenisstraf
in "n gegewe geval nie volgens enige eksakte, objektiefgeldende
maatstaf kan geskied nie, en dat daar dikwels
'n
area
van onsekerheid kan bestaan waarbinne menings oor die gepaste termyn
van gevangenis geldiglik kan verskil. In so 'n
geval,
selfs al sou hierdie hof meen dat hy 'n heelwat ligter vonnis sou
opgele het, sou hy nogtans nie ingryp nie, omdat die
nodige
oortuiging sal ontbreek dat die Verhoorregter nie redelikerwys die
vonnis kon opgele het waarop hy besluit het nie."
Ek
het wel die beginsels. soos uiteengesit in
S
v Ntonzeni
2009(1)
SASV 41 (E),
S
v Malqas
2001(1)
SASV 469 (HHA), S
v
Fatie
2001(1)
SASV 485 (A) en
S
v Dodo
2001(1)
SASV 382 in ag geneem, wanneer dit kom by die oorweging van h
diskresionere vonnis.
Selfs
met inagneming van bogemelde gesag, blyk dit egter dat die vonnis
wat die appellant vir hierdie misdryf opgele is, naamlik
18 jaar
gevangenisstraf, nie skokkend onvanpas is nie. Daar blyk dus geen
rede te wees waarom daar ingemeng moet word met die
straf soos
opgele deur die Hof
a
quo.
Die
appel teen vonnis word dus ook van die hand gewys en die
skuldigbevinding en die vonnis, soos opgele, word bekraglig.
WEYER,
WnR
SALDANHA,
R: Ek stem saam en dit word so beveel.
SALDANHA,
R
Am