About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 474
|
|
S v Stuurman (SS13/2010) [2010] ZAWCHC 474 (14 September 2010)
IN DIE
HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(WES KAAP HOE
HOF, KAAPSTAD)
SaakNr:
SS13/2010
In die saak
tussen:
DIE STAAT
en
KLAAS
STUURMAN
…..............................................................................................
Beskuldigde
VONNIS GELEWER
OP 14 SEPTEMBER 2010
Allie, R
[1] Die
beskuldigde was 44 jaar oud toe hy die misdaad pteeg. Hy is tans 47
jaar oud. Hy is ongetroud en het geen kinders nie. Hy
was skuldig
bevind in 1983 aan moord en verkragting en gevonnis tot 15 jaar en 8
jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Hy was vrygelaat
op 19 Mei 2008.
Op 20 Julie 2008, twee maande later pleeg hy.die misdaad in die
onderhawige saak.
[2] Alhoewel
die verdedig betoog het dat die strafreg stelsel horn in die steek
gelaat het, is dit slegs betoe vanaf die balie.
Die beskuldigde het
geen getuienis in daardie verband gelei nie.
[3] Die
beskuldigde is skuldig bevind aan moord deurdat hy dit gepleeg het
met
dolus
eventualis.
[4] Hy het twee
jong kinders van hul moeder ontneem. Hy net Yi moeder van haar dogter
ontneem.
[5] Die
oorledene is nie net een of twee maal gewond nie, maar ten minste
tien maal as die urethra en vaginale wonde uitgesluit
word.
[6] Die
oorledene is op n koue winters aand in die veld nakend gelos. Die
beskuldigde het voorsien dat sy van haar wonde kon beswyk.
Hy het
glad nie omgegee nie Intendeel was hy bereid om verder te gaan drink
met Flip Bosca en die aand by horn deur te bring.
[7] Die
oorledene was 35 jaar oud. Haar man het getuig dat haar 2 jarige
dogter haar moeder baie mis en dit het haar nadelig geraak.
(8) Die
beskuldigde het volhard met sy ontkenning ten spyte van die
forensiese en mediese getuienis wat horn impliseer in die moord
en
gedwonge seksuele omgang met die oorledene. Hy het derhalwe geen
berou getoon nie.
[9] Die manier
waarop die beskuldigde die oorledene gedood is, is uiters geweldadig.
[10) Terwyl die
hof die persoonlike omstandighede van die beskuldigde inagneem. moet
die hof die versagtende omstandighede oorweeg
teenoor die verswarende
omstandighede om te sorg dat die vonnis die misdaad pas.
[11] Die hof
moet die aard en omvang van die misdaad inagneem asook die belange
van die gemeenskap.
[12] Wat
opvallend is in hierdie saak is die feit dat die beskuldigde voorheen
ook n vrou verkrag en vermoor het. Hy kon homself
nie keer om byna
dieselfde misdade 2 maande na sy vrylating weer te pleeg.
[13] Sien S v
Scheepers 2006 (1) SASV 72 (SCA) te para 11 waar die feit dat die
beskuldigde in daardie saak dieselfde tipe misdade
gepleeg het kort
na hy voorheen gevonnis is, het as h verswarende faktoor gedien
[14] In S v J
1989 (1) SA 669
(A) te 675 C se die hof dat die tersaaklikheid en die
belangrikheid van die vorige veroordelings afhang van daardie
elemente wat
hul met die misdaad waar oor dit gaan in gemeen het. In
die onderhawige saak is die elemente van die misdade dieselfde.
(15] Dit is in
die belang van die gemeenskap dat so 'n persoon 'n lang periode van
gevangenisstraf moet uitdien.
[16] Alhoewel
die hof die beskuldigde onskuldig bevind het aan verkragting, is dit
duidelik uit die mediese en forensies getuienis
dat hy wel gedwonge
geslagsgemeenskap met die ooriedene gehad het. Die staat kon net nie
bewys dat sy op daardie stadium nog gelewe
het nie en het versuim om
horn in die alternatief op n oortreding van artikel 14 van Wet 32 van
2007 aan te kla.
[17]
Deel II van Bylae 2 is van toepassing wanneer gekyk word na die
minimum vonnis voorgeskryf in Wet 105 van 1997. Daardie Wet
skryf
voor b minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vir n twoerle
oortreder
in
Artikel
51 (2)(a)(ii). Dit is duidelik dat die beskuldigde die oorledene
wreed aangerand het ten einde haar tot oorgawe te bring
sodat hy
seksueel kon verkeer met haar.
[18] Hierdie
omstandighede regverdig Vi vonnis van meer as die voorgeskrewe
minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
[19] 'n
Periode van 2 jaar as ri gevangene terwyl die beskuldigde
verhoorafwagtend was, is nie 'n uitermatige lang periode nie.
Dit is
Yi periode wat hy moes in die gevangenis deurbring as gevolg van die
tipe misdade waarvoor hy aangekla was.
[20] Die
beskuldigde word dus soos volg gestraf:
Op aanklag 2,
die van moord, word die beskuldigde gevonnis tot 25 jaar
gevangenisstraf.
ALLIE, J