S v Stuurman (SS13/2010) [2010] ZAWCHC 473 (13 September 2010)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape and Murder — Accused charged with rape and murder of the deceased, pleads not guilty — State alleges the accused assaulted, raped, and killed the deceased — Evidence includes witness testimonies and forensic findings — Defence acknowledges certain facts but disputes the sequence of events — Court considers the credibility of witnesses and the weight of forensic evidence — Accused found guilty of both charges based on overwhelming evidence linking him to the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 473
|

|

S v Stuurman (SS13/2010) [2010] ZAWCHC 473 (13 September 2010)

IN
DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(WES
KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SaakNr:
SS13/2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
KLAAS
STUURMAN
….......................................................................
Beskuldigde
UITSPRAAK
GELEWER OP 13 SEPTEMBER 2010
Allie,
R
[1)
Die beskuldigde staan tereg op 2 aanklagte, naamlik aanklag 1
verkragting en aanklag 2 moord. Hy pleit onskuldig op beide klagtes

Die getuienis gelewer is soos volg.
[2]
Die staat beweer dat die beskuldigde die oorledene aangerand het met
Yi stomp voorwerp, haar verkrag het en haar gedood het
deur om haar
tien wonde toe te dien soos bevat in die nadoodse ondersoek verslag.
[3]
Die verdediging het sekere erkennings gemaak ingevolge Artikel 220
van die Strafproseswet, naamlik dat die oorledene Ragel Baadjies
is,
dat haar liggaam geen verdere beserings opgedoen het van die tyd
wanneer dit gevind is tot die nadoodse ondersoek uitgevoer
is nie,
dat die feite en bevindings in die nadoodse ondersoek korrek is, dat
die fotos van die oorledene se liggaam op die toneel
geneem korrek
is. dat n bloedmonster van horn geneem is en dat bloedmonsters en
vaginale smere geneem is van die oorledene om die
alkohol inhoud en
DNA te bepaal.
[4]
Die staat het die volgende getuies gelei.
MOOS
SWARTS
[5]
Die getuie kon nie sy ouderdom of jaar waarin hy gebore is onthou
nie. Mnr Swarts was bekend met die oorledene aangesien hulle
beide
vantevore op die plaas Karringmelkfontein woonagtig was. Huidiglik
woon die getuie op die plaas Kolenshoop. Die getuie ken
die
beskuldigde. Die getuie se vrou en die beskuldigde se ma is susters.
[6]
Die getuie het die oorledene laas gesien op 'n Saterdagaand by sy
huis maar kan nie die datum onthou nie. By die geleentheid
was daar
behalwe die beskuldigde en die oorledene ook 'n ander man en vrou
teenwoordig wie se name hy nie kan onthou nie. Onder

kruisondervraging bevestig die getuie dat Tas, Andries. Flip, Ralie
asook n ander meisie ook teenwoordig was behalwe die getuie,
die
beskuldigde en die oorledene. Volgens die getuie het die oorledene
die middag daar aangekom en is sy weer die aand weg. Volgens
die
getuie wou sy huistoe gaan aangesien haar twee kinders by haar huis
was en het hy haar op haar versoek 'n ent vergesel Op pad
terug na sy
huis het die getuie die beskuldigde teegekom wat aan horn gese het
dat hy "ook oorgaan". Die beskuldigde
het nie gese presies
waarheen hy oppad was nie maar hy "het die oorledene nageloop".
Toe hy die beskuldigde teekom was
die oorledene nie meer binne sig
nie. Gedurende kruisondervraging erken die getuie die volgende
gedeelte van beskuldigde se weergawe
soos weergegee deur sy advokaat;
dat die getuie die oorledene weggeneem het ongeveer 21h00 en dat hy
al die wyn weggesit het voor
hy geloop het. Die getuie erken dat hy
en die beskuldigde saam uit die dorp gekom het na die huis van die
getuie. Hy erken ook
dat die oorledene so 12 uur namiddag daar by sy
huis aangekom het en dat haar werkgewer haar gebring het. Die getuie
ontken dat
die beskuldigde teruggekeer het na die getuie se huis en
wyn gesteel het.
FLIP
BOSCA
[7]
Die getuie het ten tyde van die voorval op n naburige plaas Talana.
gewoon. Die getuie ken die beskuldigde van sy jong dae af.
Die getuie
ken die oorledene se ma en weet wie die ooorledene was. Die getuie
was die betrokke Saterdag by Moos Swarts se huis
teenwoordig toe die
oorledene ook daar was. Behalwe die beskuldigde en die oorledene was
Moos Swarts en sy vrou teenwoordig asook
die getuie en sy vrou en
kinders. Almal het "party" gehou, daar is gedrink, musiek
gemaak en gebraai.
[8]
Oom Piet het met sy bakkie verby gekom en die oorledene saam met horn
geneem. Die getuie is ongeveer 16h00 na sy huis om werk
af te handel
en het teen skemer teruggekeer na Moos se huis aangesien sy kinders
steeds daar was. Met sy aankoms daar, het hy almal
wat die middag
daar was steeds daar aangetref. Sy kinders wou daar slaap en die
getuie het nie lank vertoef voordat hy na sy huis
terug is nie
[9]
Teen ongeveer 24h00 het die beskuldigde by die getuie se huis
aangekom. aan die deur geklop en gevra om daar te slaap. Die
beskuldigde het wyn by horn gehad. Die getuie het aan die beskuldigde
gese dat die krag af was en die huis was donker. Die getuie
kon nie
sien wat die bekuldigde aangehad het nie. Vroeer die dag het die
beskuldigde 'n wit broek en denim baadjie aangehad. Die
beskuldigde
het n broek gevra. Die beskuldigde het toe daar geslaap.
[10]
Teen ongeveer 6h00 het die buurman gekla dat hy nie krag het nie
waarop die getuie die plaaseienaar gaan vra het om die krag
aan te
sit. Die eienaar het 'n sleutel aan die getuie oorhandig teneinde die
krag in die stoor te gaan aansit. By sy terugkeer
by die huis het die
beskuldigde n broek gevra. Die beskuldigde het toe 'n broek aangetrek
wat die getuie aan horn gegee het. Hy
weet nie waar die beskuldigde
se broek was nie.
[11]
Die beskuldigde het daarop gese dat hy wou omstap na sy suster toe.
Die getuie en die beskuldigde het vervolgens saamgestap.
Die getuie
het by Moos Swarts aangegaan en die beskuldigde het verder aangestap
Die beskuldigde het gese hy het iets verloor om
die draai.
[12]
Tydens kruisondervraging het die getuie gese dat die beskuldigde
reeds Vrydag op die plaas aangekom het en Vrydagaand by
sy suster
geslaap het. d.w.s by Moos Swarts se huis.
[13]
Die beskuldigde se weergawe wat aan hierdie getuie gestel was is dat
die beskuldigde het gese hy het wyn toe hy aan die getuie
se deur
klop. Die krag was aan Die getuie het die beskuldigde Yi swart broek
gegee Die getuie ontken dat die krag aan was en
hy beweer hy het die
beskuldigde ges£ dat hy n broek uit sy kas kan haal. Hy erken
dat die beskuldigde langs hom geslaap
het.
PIET
MENTOOR
[14]
Die getuie is die voorman op die Plaas Karringmelkfontein en woon op
die dorp. Die oorledene het in 'n huis op die plaas
gewoon. Die
getuie het die oorledene die aand by Moos se huis aangetref. Sy was
saam met Moos, die beskuldigde en 'n ander mannetjie
Dit was so
tussen 17h00 en 18h00 en hy het aan die oorledene gese daar is net n
klomp mansmense hier. Die oorledene se dogtertjie
het gese "kom
ons gaan saam met Oom Piet" Die getuie het toe die oorledene en
kinders by haar huis afgelaai.
[15]
Sondagoggend het die oorledene se man, Andre voor die deur gestaan
en gese dat die oorledene weer Saterdagaand geloop het.
Die getuie
het onderneem om na hy sy werk afgehandel het, by Moos aan te ry en
te hoor of die oorledene daar aangekom het. Later
het Moos bevestig
dat die oorledene weer daar aangekom het en dat hy met die oorledene
saamgeloop het tot by die draai toe sy
huistoe is. Moos het aan hom
vertel dat hy die beskuldigde op die draai gekry het.
[16]
Die getuie is toe dorp toe maar het teruggekeer om na Moos te kom
soek aangesien "iets vir hom snaaks geklink het."
Die
getuie kry toe vir Andries wat in die pad staan en opkyk Andries ry
toe saam en die getuie stop by die draai. Die getuie
sien toe die
oorledene le in die veld en gaan se toe vir Andre dat sy vrou dood
le langs die pad. Hy het vir Andre na die polisie
geneem om die saak
aan te meld.
[17]
Mnr. Mentoor het ook getuig hoe Jacob Samson hom vertel het van die
broek wat hy gevind het en hoe hy die polisie daarvan
in kennis
gestel het. Hy het die broek gaan uitwys agter n boomstomp naby die
pad waar die oorledene geloop het.
[18]
Gedurende kruisondervraging se die getuie dat die oorledene gedrink
het. maar sy was nie heeltemaal besope nie. Hy het ook
op n vraag
van die hof geantwoord dat die oorledene en Mnr. Moos Vi hele ent
uitmekaar uit gewoon het.
JACOB
SAMSON
[19]
Die getuie en sy vrou was op 'n Saterdag onderweg dorp toe per motor
toe hy by 'n bos gestop het om te urineer Toe hy klaar
is en omdraai
sien hy 'n broek agter 'n boomstomp. Die broek was vol bloed. Die
broek was
l
n
witterige corduroy broek Die getuie het vir sy vrou vertel van die
fonds. Op die dorp het die getuie vir Piet Mentoor raakgeloop
en hom
vertel van die broek. Die getuie is later deur die Speurders versoek
om in te kom en hy het toe aan hulle verduidelik
waar hy die broek
gevind het. Die broek is by Talana Plaas gevind. Geen
kruisondervraging is aan hierdie getuie gerig nie.
ANDRE
CITTO
[20]
Die oorledene was die vrou van die getuie. Die getuie het die
oorledene en hut kinders ongeveer 8h00 tuis gelaat om dorp
toe te
gaan op die Saterdag. Toe hy ongeveer 14h00 terug kom by die huis.
het hy die twee kinders. 3 maande en twee jaar oud
onderskeidelik.
alleen aangetref by die huis. Die getuie het by die bure gevra na
die oorledene maar hulle het nie geweet waar
sy haar bevind nie. Die
getuie was reeds n geruime tyd tuis toe die oorledene laatmiddag
daar aankom. Dit was nog lig. Die getuie
het die oorledene gevra
waar sy was en sy het gese sy was by Moos. Hulle het gestry. maar
die getuie het dit daar gelaat en hy
en die oorledene het gedrink.
Die getuie en die kinders het gaan slaap asook die oorledene. Toe
die getuie later wakker word
was die oorledene nie daar nie. Die
getuie wou gaan soek vir die oorledene en loop toe vir Piet Mentoor
raak wat onderneem om
te gaan kyk waar die oorledene is Piet Mentoor
het haar nie gevind nie maar het die volgende dag die tyding gebring
van die oorledene
se dood. Geen kruisondervraging is aan hierdie
getuie gerig nie.
[21]
Die getuie is tans n deeltydse lid van die Suid-Afrikaanse Polisie
en was tot September 2009 voltyds in diens van die SAP
met die rang
van Sersant Die getuie was gedurende 2008 betrokke by die
onderhawige saak in die hoedanigheid van ondersoekbeampte
[22]
Nadat die dossier aan die getuie uitgeboek is het sy verneem dat n
manspersoon gearresteer is op 'n klag van moord. Die getuie
is na
die aanklagkantoor waar sy die beskuldigde aangetref het met bloed
aan sy hemp by die moue, die voorkant asook die agterkant
onder op
die soom. Die getuie bevestig dat die hemp wat ingehandig word as
Bewysstuk 1 die hemp is van die beskuldigde waarop
beslag gele is
Volgens die getuie is die beskuldigde daarop uitgeneem vir ondersoek
na Talana Plaas omgewing waar hy na bewering
die nag na die voorval
oornag het.
[23]
Die perseel is deursoek vir die broek sonder sukses Die bewoner van
die perseel, Flip Bosca, het hulp verleen met die deursoek
van die
woning. Hy het nie geweet waar die broek was nie. Die getuie het die
ondersoek voortgesit te Porseleinberg Plaas waar
die beskuldigde ook
oornag het in 'n skeepshouer. Die broek was ook nie daar nie
Inligting is later ontvang van n persoon wat
in die omgewing woon en
wat die broek gevind het versteek in die omgewing van Talana Plaas.
Die getuie bevestig Bewysstuk 2 as
die broek gevind. Die broek is
gevind ongeveer 50 meter van die hek van Talana Plaas versteek onder
'n boomstomp. Die broek is
uitgewys deur die persoon wat die fonds
aangemeld
het.
Die liggaam van die oorledene is gevind ongeveer 50 meter van Moos
Swarts se huis.
[24]
Die beskuldigde is teruggeneem na die Polisiestasie waar die getuie
opgemerk het dat sy kouse en "tekkies" nat
was. Die
vermoede het bestaan dat bloedvlekke op die artikels voorgekom het.
Daar is beslag gele op die beskuldigde se hemp,
Boxer onderbroek
asook kouse. skoene en veters.
[25]
Die beskuldigde is vervolgens deur die getuie na 'n mediese dokter
geneem. Bloed is getrek van die beskuldigde vir DNA toetse
Die
beskuldigde is ook ondersoek vir moontlike beserings en daar is
gevind dat die kneukels van sy regterhand stukkend en geswel
was.
Die beskuldigde is daarna ingeboek in die selle.
[26]
Die getuie het voorts getuig oor haar hantering van bewysstukke en
monsters versamel vir doeleindes van forensiese ontleding.
Alle
bewysstukke en monsters vir forensiese ondersoek is behoorlik geseel
en ingehandig in die SAP13 kluis en persoonlik geneem
deur die
getuie na die forensiese laboratorium.
SIPHOKAZI
MAWENI
[27]
Die getuie is verbonde aan die Biologiese eenheid van die Forensiese
Wetenskaplaboratorium te Delft, Wes Kaap en sedert September
2005 in
die diens van die Suid-Afrikaanse Polisie met die rang van sersant
Die getuie bevestig haar kwalifikasies en indiensopleiding
soos
uiteengesit in paragraaf 2 van Bewysstuk D1, naamlik 'n beedigde
verklaring deur haar saamgestel. Die getuie het in die
uitvoering
van haar amptelike pligte op 1 April 2009 die saak leer Malmesbury
MAS 304/07/2008 ontvang vir evaluasie en interpretasie
van die DNA
resultate van die misdaad toneel en kontrole monsters deur middel
van 'n proses wat bedrewenheid in Biologie vereis.
[28]
Die getuie bevestig haar bevindinge met betrekking tot die DNA
ontleding
-
soos vervat in paragraaf 3.2.1 van Bewysstuk D1. naamlik dat die DNA
resultaat van monster A (05DIAF4877GB) semen monster versamel
vanaf
liggaam van oorledene tydens nadoodse ondersoek, ooreenstem met die
DNA resultaat van kontrole monster van bloed verkry
van die verdagte
K Stuurman (02D4AB4749XX);
-
soos vervat in paragraaf 3.2.2 van Bewysstuk D1, naamlik dat die DNA
resultaat van die broek "J" ooreenstem met die
DNA
resultaat van die verwy kontrole monster "G" verkry van
die oorledene. R Baadjies;
-
soos vervat in paragraaf 3.2.1 van die getuie se aanvullende
beedigde verklaring Bewysstuk D2. naamlik dat die DNA resultaat
van
die hemp "B" ooreenstem met die kontrole monster verkry
van die oorledene.
HENRY
DU RAND
[29]
Die getuie is n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens met die
rang van Konstabel en gestasioneer te Malmesbury
[30]
Die getuie herken die beskuldigde as n persoon wat hy gaan haal het
op 'n plaas in die distrik van Malmesbury op 21 Julie
2008. Die
beskuldigde was n verdagte in 'n moordsaak en inligting is ontvang
dat hy werksaam is op n gasteplaas. Die getuie is
op die oggend van
21 Julie 2008 na die gasteplaas vergesel deur Inspekteur Lichthard.
Die eienaar van die plaas het bevestig
dat die beskuldigde daar
werksaam was. Volgens die eienaar was die beskuldigde in die wingerd
besig om te snoei en het voldoen
aan 'n versoek om die beskuldigde
te ontbied. Die beskuldigde is ingelig met betrekking tot die klagte
van moord waarop die beskuldigde
geantwoord het dat hy weet waarom
hulle daar is. Die getuie het die beskuldigde ingelig dat hy horn
arresteer en horn gewaarsku
met betrekking tot sy konstitusionele
regte Die beskuldigde is daarop na die Polisiestasie te Malmesbury
geneem. In kruisondervraging
het die getuie gese dat hy nie enige
beserings aan die beskuldigde opgemerk het nie.
KHANIME
NCUKANA
[31]
Die getuie is n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens met die
rang van Konstabel en gestasioneer te Plaaslike
Kriminelerekordsentrum,
Vredenburg as amptelike fotograaf sedert
2008. Ten tyde van die voorval op 20 Julie 2008 was die getuie reeds
in diens in bogemelde
hoedanigheid. Die getuie bevestig dat hy die
misdaadtoneel besoek het in die verrigting van sy amptelike pligte
op 21 Julie 2008
om 13h50. Die getuie bevestig dat hy Bewysstuk C, n
fotografiese en grafiese voorstelling van die misdaadtoneel
saamgestel het.
[32]
Punt A op foto's 1,2 en 4 reflekteer wat voorkom n toneel van 'n
worsteling te wees, 'n Area van die grondoppervlakte is
rooi
verkleur met wat vermoedelik bloed kon wees Punt B op foto's 1 tot 3
en 5 tot 8 dui die ligging aan waar die liggaam van
die oorledene
gevind is. Die posisie waarin die liggaam aangetref is word
uitgebeeld in foto's 9 tot 11. Die oorledene is naamlik
op haar rug
gevind, nakend en bedek met kledingstukke soos aangedui. In foto's
12 tot 15 is die liggaam versteur deur die bedekking
van klere te
verwyder teneinde die beserings aan die liggaam te onbloot vir die
neem van fotos. Vir die neem van foto 13 is die
posisie van die
liggaam versteur deur die oorledene om te draai op haar maag. Fotos
16 tot 19 reflekteer voorwerpe aangetref
op die toneel, hoofsaaklik
klere van die oorledene. Voorwerp gemerk C is naamlik 'n damesbroek
gevind ongeveer 8,5 meter van
die liggaam af. Volgens die getuie het
hy beslag gele op die kledingstuk.
CHRISTO
BRAAF
[33]
Die getuie is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiedienste met die
rang van Konstabel en is gestasioneer te Malmesbury as
n lid van die
uniformtak. Die getuie se betrokkenheid by die onderhawige saak
behels sy bywoning van die misdaadtoneel. Die getuie
was die eerste
polisie beampte op die toneel en omstanders het die liggaam uitgewys
alhoewel die liggaam sigbaar was vanaf die
pad digby die
misdaadtoneel. Volgens die getuie moes hy deur n draadheining klim
om die liggaam te bereik van die pad af By die
heining op die grond
het hy 'n klip waargeneem wat met vermoedelik bloed bedek was. Bloed
is ook aangetref op die grond voor
die heining Die liggaam is
aangetref ongeveer 12 meter van die heining af. Die liggaam was
nakend maar bedek met kledingstukke
soos uitgebeeld in fotos 9 en 10
van Bewysstuk C Dit het voorgekom asof die oorledene aangerand is en
dat die moordwapen moontlik
*n klip kon wees Klere wat rondgestrooi
is. was op die toneel aangetref
[34]
Die getuie was teenwoordig op die toneel toe die fotos geneem is en
het sekere punte uitgewys aan die fotograaf vir fotografering
Die
getuie was ook teenwoordig op die toneel toe die patoloog. Dr
Scherman die toneel besoek het en toe die liggaam verwyder
is. Die
getuie bevestig dat die klerebedekking van die liggaam verwyder is
vir die neem van fotos van die oorledene se beserings.
Die getuie
bevestig ook die versteuring van die posisie van die liggaam vir die
neem van fotos Die oorledene is op haar maag
gedraai deur die getuie
en die fotograaf. Die getuie was verantwoordelik vir die oopmaak van
die dossier maar het geen verdere
betrokkenheid by die ondersoek
gehad nie.
DR
NADENE LOUISE SCHERMAN
[35]
Sy het haar MBChB graad behaal deur die Universiteit van Stellenbosch
Daarna het sy 'n Diploma in Forensiese Patologie voltooi
in Mei 2008
[36]
Dr. Scherman is in diens van die Provinsiale Regering van die
Wes-Kaap as 'n hoof mediese beampte te Forensiese Patologie Dienste,

Moorreesburg. Sy is geregistreer by die Mediese Raad van Suid-Afrika
as mediese dokter en beskik oor n diploma in Forensiese Patologie.
[37]
Dr. Scherman getuig dat sy in die loop van haar amptelike pligte op
21 Julie 2008 n nadoodse ondersoek op die oorledene uitgevoer
en n
skriftelike verslag saamgestel het. Bylae B. Sy bevestig die inhoud
daarvan as korrek. Dr Scherman bevestig haar hoof nadoodse
bevindinge
van 'n skedelbasis fraktuur van die linker voorste Kraniaal Fossa wat
strek tot in die middel Kraniaal Fossa: akute
bilaterale subdurale
bloeding van 30 ml met sentrale herniasie. skeure van die urethra
opening en voorste wand van die vagina sowel
as bloed gevind in die
lugpyp en oesofagus.
[38]
Dr. Scherman getuig dat sy uit haar waarnemings tot die
gevolgtrekking gekom het dat die oorsaak van dood te wyte was aan
stomp geweld trauma met akute subdurale bloeding. Sy het ook uit haar
waarnemings die afleiding gemaak dat die oorledene onderwerp
is aan
geweldadige seksuele aanrandtng.
Uil
veral die skedelbasis fraktuur lei sy af dat die geweld met
betrekking tot die hoofbeserings uitermatig van aard was
[39]
Dr. Scherman dui ook aan dat sy nie kan se of die skeur in die vagina
wand 'n voor of nadoodse besering is nie. Die beserings
aan die
geslagsdele is egter volgens haar mening vars beserings en dui op
seksuele aanranding. Die beserings aan die kop dui op
stomp geweld
byvoorbeeld met 'n voorwerp soos n klip of stok.
[40]
Die getuie bevestig dat sy monsters versamel en geseel het vir
doeleindes van forensiese toetse Die gebruiklike monsters ten
opsigte
van vermoedelike seksuele aanranding is geneem naamlik 'n depper van
die mond. nael skrapings, kam van pubiese hare vir
los hare,
kontrolemonster van pubiese hare van oorledene asook n monster van
vermoedelik vreemde vloeistowwe. Deppers van die ingang
van die
vagina d.w.s. die vestibule asook deppers van die interne en eksterne
anale area is geneem. n Kontrole monster van bloed
vir DNA analise is
ook geneem van die oorledene. Verder is 'n femorale bloedmonster
geneem vir alkohol ontleding.
[41]
Dr. Scherman getuig dat sy die misdaadtoneel besoek het op 20 Julie
2008 om 14h15 . Sy bevestig haar waarnemings soos uiteengesit
in
Bylae C van haar nadoodse verslag Bewysstuk B.
[42]
Die staat hel toe sy saak gesluit. Die verdediging het sy saak begin
met die getuienis van die beskuldigde.
BESKULDIGDE
[43]
Die beskuldigde is verwant aan mnr. Moos Swarts. Mnr Swarts is
getroud met die suster van beskuldigde se ma. Die laaste keer
wat die
beskuldigde by mnr. Swarts besoek afgele het was op 'n Saterdag. Die
beskuldigde het daar opgedaag op die vorige dag. die
Vrydag Die doel
van die besoek was om mnr Swarts te vra of hy nie vir die horn
blyplek het nie. Hy het die Vrydagnag by Moos Swarts
oornag en die
volgende dag, Saterdag. is hy en Moos dorp toe saam met Flip Bosca se
buurman. Nadat die beskuldigde en Moos Swarts
teruggekeer het van die
dorp af het hulle by Moos se huis verkeer waar hulle gedrink en
gekuier het. Moos se vrou Ralie was ook
teenwoordig. Later het Flip
by hulle aangesluit Die oorledene was ook teenwoordig en die
beskuldigde het haar daar aangetref toe
hy en Moos uit die dorp daar
aankom.
[44]
Andries en 'n vriendin van horn het daar aangekom met 'n bakkie. Moos
het uitgegaan en gevra of die oorledene kon saamgaan
huis toe. Die
oorledene was onwillig om te gaan en daar moes mooi met haar gepraat
word voordat sy gegaan het. Sy het weer teruggekom
so teen ongeveer
16h00. Die beskuldigde het dronk gele voor die deur en slaap.
[45]
Die beskuldigde het so teen 19h00 wakker geskrik. Hy het buite gele
en 'n geraas in die huis gehoor. Moos was daar en Ralie
asook Tas,
Tas se vrou. Flip en sy twee kinders. Hulle het gedrink en die
beskuldigde het hulle gelos en is alleen af na Flip se
huis waar hy
en Flip saam rugby gekyk het op televisie. Daarna is die beskuldigde
en Flip weer terug na Moos se huis. Flip is toe
weg en daarna het
Moos die oorledene gaan wegbring. Dit kon reeds na 22h00 gewees het
toe die oorledene weg is. Die beskuldigde
se hy het die deur agter
hulle toegemaak. Die oorledene was baie dronk gewees en Moos het haar
aan die arm gehad en ondersteun.
In sy ander hand het Moos wyn in n
oranjesak gehad
[46]
Nadat Moos en die oorledene weg is het die beskuldigde en Tas verder
gedrink totdat die wyn opgeraak het. Toe daar nie wyn
in die huis
gevind word nie het Tas voorgestel dat die beskuldigde na Moos gaan
soek om vir hom nog wyn te vra. Die beskuldigde
wou eers nie gaan nie
aangesien sy knie seer was en hy nie so op en af wou loop nie. Die
beskuldigde vra toe watter rigting het
Moos geloop. Moos het nie gese
watter rigting hy gaan nie. Die beskuldigde is toe alleen daaruit en
het in die rigting van Flip
se huis geloop. Die beskuldigde het
gedink Moos sou daar wees aangesien Moos vroeer die middag Flip se
wyn gevat het toe Flip geslaap
het en hy gedink het Moos wou Flip se
wyn gaan teruggee Toe die beskuldigde onder by Flip se huis kom het
slegs die buitelig gebrand
en die huis self binne was donker. Hy het
by die deur geluister of hy stemme hoor. Hy het niemand daar gekry
nie en toe stadig
teruggeloop na Moos se huis. By die huis het
"Andries" die deur oopgemaak en gese Moos het nou net
teruggekom
Volgens Andries het Moos wyn by hom gehad maar het nie vir Andries
wyn gegee nie. Moos is slaapkamer toe
[47]
Die beskuldigde en Andries het verder gesels oor die ou dae totdat
hulle rookgoed opgeraak het. Beskuldigde het toe gaan
tabak soek in
Moos se kamer. Hy het nie rookgoed daar gekry nie en toe hy die
kamer verlaat sien hy wyn in die klerekas bo-op
die klere. Hy het
die kan wyn geneem en is na Tas in die voorkamer daarmee. Tas en
Andries is dieselfde persoon. Beskuldigde
en Tas het verder gednnk
en toe onthou Tas hy het tabak wat hy vir Moos wou gee. Hulle het
daarvan geneem en gerook Hulle het
nog baie lank gesit en gesels en
later het Tas gaan slaap. Beskuldigde se toe hy moet nog gaan
slaapplek soek. Tas en Tas se
vrou slaap toe op die plek waar hy die
vorige aand geslaap het Beskuldigde se toe hy gaan by Flip slaapplek
soek. Die beskuldigde
is toe met die orige wyn na Flip.
[48]
Flip het die deur oopgemaak en die lig was aan Beskuldigde het
ingegaan en op die settee voor die televisie gaan sit. Daar
was 'n
program met rugby hoogtepunte aan en beskuldigde vra toe is dit
hoogtepunte van die wedstryd wat die middag gespeel is.
Beskuldigde
het skuins op die bank gele en hulle het wyn gednnk totdat hulle
vaak geword het Beskuldigde het toe vir Flip slaapplek
gevra.
Beskuldigde het langs Flip op die bed gaan slaap. Beskuldigde het sy
baadjie. hemp en broek uitgetrek en in sy kortbroekie
geslaap.
Beskuldigde het 4h00 van die koue wakker geword. Die krag was af.
Beskuldigde het sy hemp aangetrek wat hy oor die bedstyl
aan die
onderkant geneem het en verder geslaap. Teen 5h30 het een van Flip
se bure aan die deur geklop en gevra of die krag by
Flip ook af was.
Die buurman het gevra of Flip na die krag sal gaan kyk.
[49]
Nadat die buurman weg is het Beskuldigde vir Flip 'n broek gevra om
aan te trek Beskuldigde se broek was daar by hom in die
kamer maar
was vuil aangesien hy daarmee in die wingerd gewerk het. Flip het
vir beskuldigde n broek gegee.
[50]
Flip het die krag gaan aansit en toe hy terugkom het hy gese dat hy
eers by Moos moet gaan eet. Beskuldigde het seep gesoek
om sy broek
te was. Flip het nie seep gehad nie en beskuldigde besluit om by
Moos seep te vra wanneer hy en Flip daar gaan. Toe
beskuldigde en
Flip Moos se huis nader. sien beskuldigde Moos by die deur staan
Beskuldigde dink toe aan die wyn wat hy geneem
het en dink Moos gaan
op hom skel. Beskuldigde se toe vir Flip hy gaan eers verby stap.
Beskuldigde wou sien of Moos agter hom
gaan aankom Moos het hom nie
agtervolg nie, maar beskuldigde besluit toe om na sy suster toe te
loop. Oppad na sy suster het
hy bekendes raakgeloop wat gevra het
"hoekom is jy so famous vandag, die polisie was al 'n paar keer
hier om na jou te soek"
[51]
Beskuldigde bevestig dat die ondersoekbeampte beslag gele het op sy
hemp wat hy aangehad het en wat na bewering bloed op
gehad het. Ten
opsigte van Sersant Maweni se getuienis dat bloed op die hemp die
van die oorledene was het beskuldigde gese dat
hy die hemp in die
donker by Flip aangetrek het toe hy koud gekry het. Met betrekking
tot die bloedbevlekte broek, se beskuldigde
dat hy die broek by Flip
se huis gelos het en dat daar nie toe bloed op die broek was nie.
Met betrekking tot die getuienis dat
ontleding van 'n depper van
liggaamsvloeistof by oorledene se geslagsdele geneem daarop dui dat
beskuldigde se semen in die oorledene
se geslagsdele aangetref is,
het beskuldigde getuig dat hy nie kan onthou hoe dit daar gekom het
nie en dat hy nie geslagsgemeenskap
met die oorledene gehad het nie.
Beskuldigde het ook getuig dat hy nie weer die oorledene gesien het
daardie nag nadat die oorledene
Moos se huis verlaat het nie.
Beskuldigde ontken ook dat hy die oorledene gedood het.
KRUISONDERVRAGING
VAN BESKULDIGDE
[52]
Beskuldigde getuig dat ten tyde van die voorval hy die oorledene vir
ongeveer een maand geken het. Voor die Saterdag van
die voorval was
hulle al in mekaar se teenwoordigheid gewees. Moos het die
beskuldigde aan die oorledene bekend gestel op die
dorp. Die
beskuldigde en oorledene was al alieen in mekaar se teenwoordigheid
en het saamgedrink en soms gesels.
[53]
Daar het egter nie n verhoudmg tussen hulle bestaan nie aangesien sy
n man gehad het Op 'n vraag of hulle ook geen seksuele
verhouding
gehad het nie het beskuldigde geantwoord dat hy nie weet nie.
Beskuldigde is pertinent gevra of hy al ooit seks met
die oorledene
gehad waarop hy geantwoord het nie wat hy kan onthou nie.
Beskuldigde is gevra of hy op die betrokke Saterdag van
die voorval
terwyl hulle saamgedrink het seks met die oorledene gehad het en sy
antwoord hierop was dat die moontlikheid bestaan
dat hulle wel seks
kon gehad het maar dat hy nie kon onthou nie aangesien hy gedrink
was. Beskuldigde is gevra of die oorledene
sou toegestem het tot
bogemelde waarop hy geantwoord het dat n persoon wat dronk is tot
enigiets sat toestem.
[54]
Beskuldigde het voorts getuig dat toe hy en Moos vanaf die dorp tuis
kom, hulle die oorledene by Moos se huis aangetref het.
Moos se vrou
Ralie was teenwoordig. Tas en sy vrou het later by hulle aangesluit
nadat 'n bakkie hulle daar afgelaai het ongeveer
15h00. Teen hierdie
tyd was beskuldigde lekker dronk, hy het 'n dop ingehad maar was nie
slingerdronk nie. Voordat Tas en sy
vrou daar aangekom het het
beskuldigde. Moos en die oorledene saam gedrink in die voorhuis
terwyl Moos se vrou in die kamer le
en slaap het. Volgens
beskuldigde het hy en die oorledene op die bed in die voorkamer
gesit. Volgens beskuldigde het hy nie 'n
geleentheid gehad om alleen
met die oorledene te wees nie aangesien haar kinders by haar was.
Tas en sy vrou het buite op n settee
gesit. Moos het die bestuurder
van die bakkie waarmee Tas en sy vrou aangekom het. gevra om die
oorledene saam te neem na haar
huis. Die oorledene was onwillig om
te gaan maar Moos het gese sy moet saamgaan.
[55]
Die oorledene het weer later teruggekeer so ongeveer 19h00. Die son
het net gesak Die oorledene was steeds dronk, het sleeptong
gepraat
maar nie geslinger nie. Almal het verder gedrink. Moos het die
oorledene weggeneem huistoe ongeveer 22h00. Tussen 19h00
en 22h00
het almal steeds gedrink. Die oorledene kon nie loop toe sy en Moos
daar weg is nie. Moos moes die oorledene steun deur
haar aan haar
arm te hou.
[56]
Beskuldigde is gevra of daar geteentheid was dat hy en die oorledene
alleen saam was tussen 19h00 en 22h00 waarop hy antwoord
dat hy nie
kan onthou nie of almal heeltyd saam was nie.
[57]
Dit word verder aan beskuldigde gestel dat hy vroeer gese het dat hy
nie kan verklaar hoe sy semen in die oorledene se vagina
gekom het
nie. Beskuldigde verstaan wat semen is en dat die implikasie is dat
hy seksuele omgang met die oorledene moes gehad
het vir sy semen om
in haar vagina gevind te word. Beskuldigde bevestig dat sy weergawe
steeds is dat hy nie kan onthou nie.
[58]
Dit word aan Beskuldigde gestel dat beserings aan oorledene se
geslagsdele gevind is wat neerkom op geweldadige seks Dit
word
gestel dat seks nie met die oorledene se toestemming plaasgevind het
nie en dat sy verkrag is deur die beskuldigde. Beskuldigde
se
antwoord was dat hy niemand verkrag het nie
[59]
Beskuldigde getuig dat Moos ongeveer 20 minute weg was toe hy die
oorledene wegneem. Beskuldigde herhaal sy getuienis in
hoof dat hy
vir Moos gaan soek het in die rigting van Flip se huis om wyn te
kry. Hy se dat hy nie vir die oorledene en Moos
langs die pad gekry
het nie. Hy het nie in die rigting geloop wat hulle gegaan het nie.
Beskuldigde ontken Moos se getuienis
dat hy vir beskuldigde teegekom
het waar hy die oorledene agterna geloop het.
[60]
Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy na Flip Bosca is
later om slaapplek te soek. Beskuldigde getuig dan met betrekking

tot die klere wat hy aangehad het toe hy by Flip kom aanklop.
Beskuldigde se dat hy n wit broek aangehad het asook n trui en
'n
baadjie. Beskuldigde getuig dat hy die hemp wat hy vroeer die dag
aangehad het die namiddag by Flip gelos het toe hy horn
gaan vra het
om rugby te kyk. Dit was toe warm en hy het die hemp daar uitgetrek
en daar gelos. Dit word aan beskuldigde gestel
dat hy in sy
getuienis in hoof gese het dat hy die hemp, broek en baadjie
uitgetrek het toe hy gaan slaap het en in sy kortbroekie
geslaap
het. Beskuldigde hou vol dat hy die hemp die middag reeds daar gelos
het by Flip en dat hy in hoof "al die klere
op een hoop genoem
het" toe hy getuig het wat hy uitgetrek het om te gaan slaap.
Daar word ook aan beskuldigde gestel dat
hy nie in hoof getuig het
van n trui nie waarop hy antwoord dat dit 'n oorsig was en dat hy
gedink het hy het dit reeds genoem.
[61]
Beskuldigde is gevra of hy dan van plan was om terug te gaan na Flip
aangesien hy die hemp daar gelos het Beskuldigde antwoord
dat hy van
plan was om rugby daar te gaan kyk Hy getuig egter dat hy toe nie
die rugby daar gekyk het nie aangesien hy by Moos
^getiep" het.
[62]
Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy in die nag koud
gekry het en toe sy hemp aangetrek het wat oor die bed gehang
het
Die volgende oggend het beskuldigde aangetrek toe dit reeds lig was.
Hy het nie na sy hemp gekyk nie. Hy het ook sy trui
en baadjie
aangetrek en n broek wat hy van Flip gekry het. Beskuldigde word
gevra hoe het die oorledene se bloed aan sy hemp
gekom. Beskuldigde
antwoord dat hy nie weet hoe die oorledene se bloed op sy hemp gekom
het nie. Die hemp was in Flip se huis.
Die ligte was af en hy weet
nie hoe die bloed daar aangekom het nie. Hy het nie opgelet dat iets
met die hemp verkeerd was nie.
[63]
Beskuldigde herhaal sy getuienis dat hy seep gesoek het om sy broek
te was. Die broek het stof en modderkolle aan gehad van
sy werk in
die wingerde die vorige week. Kolle was oral op die broek en ook
soos hy sy hande afgevee het aan sy broek. Hy het
Vrydag toe hy daar
gekom het die vuil broek aangehad asook Saterdag op die dorp.
Beskuldigde verduidelik ook dat in hulle gebied
was hulle klere op n
Sondag aangesien hulle skoon klere moet he op n Maandag en dat hulle
in die week werk.
[64]
Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy en Flip ongeveer
7h00 saam na Moos is en dat hy verbygeloop het na sy suster.

Beskuldigde getuig dat hy nie sy suster Sondag by haar huis
aangetref het nie. Hy het oornag in sy hok op die plaas en is vroeg

Maandagoggend werk toe Hy het verneem die vorige dag dat die polisie
na hom soek maar het nie na die polisie gegaan omdat hy
nie by die
werk kon wegbly nie aangesien hy dan nie betaling ontvang nie.
[65]
Beskuldigde getuig dat die polisie hom om ongeveer 11hOO op die
Maandag by die werk kom haal het en na die polisiestasie
geneem het.
Beskuldigde ontken egter Henry Du Rand se getuienis dat hy op die
plaas gearresteer en gewaarsku is met betrekking
tot sy regte.
Laasgenoemde proses het eers plaasgevind by die polisiestasie en
Henry du Rand was nie die persoon wat hom arresteer
het nie.
[66]
Dit word aan beskuldigde gestel dat Sersant Dicks getuig het dat sy
sokkies en skoene nat was toe hy by die polisiestasie
aankom.
Beskuldigde se verduideliking was dat hy in die lang nat gras in die
wingerd gewerk het en sy skoene en sokkies so nat
geword het
[67]
Beskuldigde bevestig dat die broek wat in die hof ingehandig is as n
bewysstuk en getoon is. n broek is soortgelyk aan die
een wat hy
aangehad het die Saterdag van die voorval. Beskuldigde se ook dat hy
nie kan stry dat dit sy broek is nie Dit word
aan beskuldigde gestel
dat dit deur middel van forensiese toetse bepaal is dat bloed op die
broek voorkom en dat die bloed die
van die oorledene is. Beskuldigde
antwoord dat hy nie kan verklaar hoe die bloed op die broek gekom
het nie aangesien daar geen
bloed op was toe hy dit gehad het nie
[68]
Dit word aan beskuldigde gestel dat omdat die oorledene se bloed op
sy hemp en broek en sy semen by oorledene gevind is die
vinger wys
na hom as die oortreder. Beskuldigde hou vol dat hy nie weet hoe die
bloed aan sy klere gekom het nie.
[69]
Ten opsigte van Sersant Dick se getuienis dat beskuldigde n besering
aan sy regterhand gehad het by arrestasie. verduidelik
beskuldigde
dat hy die besering by die werk opgedoen het die vorige week.
Beskuldigde kon nie onthou of Sersant Dick hom vir
'n verduideliking
gevra het nie. Die dokter het die besering gesien maar niks gevra
nie. Hy het wel aan die persone wat sy vingerafdrukke
geneem het
gese dat hy sy hand beseer het by die werk.
[70]
Dit word aan beskuldigde gestel dat hy in sy getuienis in hoof gese
het dat hy nie geslagsgemeenskap met die oorledene gehad
het nie en
ook dat hy gese het dat hy nie kon onthou of hy gemeenskap met haar
gehad het nie. Beskuldigde word daarop gewys dat
hy op n vraag in
kruisondervraging toegegee het dat omgang moontlik kon plaasgevind
het. Hy se voorts dat hy nie kan onthou dat
hy seks gehad het nie op
die tersaaklike tyd nie.
[71]
Dit word aan die beskuldigde gestel dat hy op die betrokke Saterdag
toe Moos die oorledene weggeneem het agterna geloop het,
dat hy die
oorledene oorrompel, wreed aangerand het en verkrag het. Beskuldigde
ontken die stelling.
[72]
Beskuldigde getuig dat hy tans 47 jaar oud is en 44 was ten tyde van
die voorval. Beskuldigde het Std.2 op skool geloop.
HERROEP
VAN PR SCHERMAN
[73]
Pie hof het besluit om die Patoloog te herroep net na die
verdediging sy saak gesluit het. Pie hof se rede om Artikel 167
van
die Strafproseswet toe te pas en om die Patoloog te herroep is soos
volg verduidelik. Die hof moet sien dat geregtigheid
geskied in die
opsig dat dit tot die voordeel van die staat en tot die voordeel van
die verdediging sou wees as die Patoloog
kan kom uitklaar hoe sy tot
haar bevindings kom. Die Patoloog se verslag maak slegs melding van
n seksuele aanranding wat moontlik
voor of na dood kon gebeur het
Indien dit na die dood van die oorledene gebeur het, kan die
beskuldigde nie skuldig gevind word
aan verkragting nie. Die
Patoloog se bloot in haar verslag dat die dood deur stomp trauma met
akute sub-durale bloeding veroorsaak
is, maar sy verduidelik nie
watter van die tien wonde, die noodlottige wonde was nie. Sy
verduidelik ook nie hoe lank na die
noodlottige wonde toegedien is
t
kon
die oorledene nog leef.
[74]
Die hof het die staat en die verdediging gevra of hulle enige
beswaar het teen die herroep van Dr Scherman en hulle het nie

beswaar geopper nie. Die hof het hulle ook uitgenooi om h aansoek te
bring om hulle sake te heropen indien hulle dit nodig sou
ag nadat
die patoloog herroep is.
[75]
Dr Scherman beweer dat wonde nommers 3 en 7, naamlik 'n skeur wond
van die midlyn voorhoof vel 10mm by 2mm en n skeur wond
van die
linker voor-parietale kopvel 30mm by 5mm aanduidend is van die
onderliggende impak
areas
veroorsaak deur stomp geweld toegedien aan die skedel. die
noodlottige wonde verteenwoordig.
[76]
Wonde 4, 6 en 9 wat skaafwonde en kneusings verteenwoordig is ook
bydraend tot die uiteindelike dood van die oorledene.
[77]
Die dood is veroorsaak deur die impak van die stomp geweld op die
skedel wat gelei het tot die skedelbasis fraktuur wat interne

bloeding sub-duraal veroorsaak het wat gelei het tot toenemende druk
binne in die skedel wat sentrale herniasie van die brein veroorsaak

het Die uitwerking van die herniasie was om die brein stam te
benadeel en gevolglik het dit respiratoriese en kardiaal vasculere

funksies ondermyn. Die oorledene het uiteindelik beswyk as gevolg van
hierdie onderdrukking van die vitale lewens funksies Na haar
mening
sou die oorledene die dood ingetree het 1 tot 2 ure na die
noodlottige beserings toegedien is Sy kom na daardie gevolgtrekking

as gevolg van die hoeveelheid bloed wat sub-duraal versamel het en
die herniasie wat gevolg het
[78]
As gevolg van die feit dat daar geen bloeding en kneusing te vinde
was by die urethra en vagina se skeure by die nadoodse ondersoek
nie,
is dit haar mening dat waarskynlik was die oorledene reeds dood toe
hierdie beserings plaasgevind het. Sy glo ook dat daardie
beserings
veroorsaak is deur penetrasie tydens geslagsgemeenskap
[79]
Dr Scherman sou verwag het dat as die oorledene steeds gelewe het,
sou sy waarskynlik nie op haar rug met haar bene wyd oopgesper
bly le
het nie. Sy sou n meer gemaklike posisie ingeneem het.
[80]
Terwyl sy die misdaad toneel besoek het. het sy die groot klip met
vermoedelik bloed aan naby die heining gesien. Sy is van
mening dat
dit die stomp voorwerp kon wees wat gebruik was om die noodlottige
wonde toe te dien. Sy het ook sleep merke gewaar
vanaf die heining
tot waar die liggaam gevind is.
[81]
Die dokter se in die toestand waarin die oorledene was kon 'n leek
nie sonder meer geweet het of die oorledene dood of lewendig
was nie.
EVALUERING
VAN STAATSGETUIES
[82]
Die verdediging het nie die geloofwaardigheid van die staatsgetuies
wat gekruisondervra is aangeval nie. Die staats getuies
het ook nie
hulself in wesenlike opsigte weerspreek nie.
EVALUERING
VAN DIE BESKULDIGDE
[83]
Die beskuldigde weerspreek sy getuienis in wesenlike opsigte Hy het
eers in getuienis in hoof gese dat hy en Flip saam gesit
het in Flip
se huis die Saterdag middag waar hulle saam rugby gekyk het op TV.
Gedurende kruisondervraging se hy dat hy na Flip
toe gegaan het die
middag om te vra of hy kan rugby kom kyk later. Dit is toe hy beweer
hy sy hemp uitgetrek het en by Flip gelos
het omdat hy warm gekry
het. Deur hierdie nuwe getuienis by te voeg van die hemp, skep die
beskuldigde 'n geleentheid vir die bloed
van die oorledene om op sy
hemp te kom sonder dat hy sy hemp aangehad het. Die probleem is dat
hy dit nie gedurende sy getuienis
in hoof genoem het nie en sy
advokaat het dit ook nie aan Flip gestel nie.
(84]
Die beskuldigde het ook gedurende sy getuienis in hoof ontken dat hy
geslagsgemeenskap met die oorledene daardie dag gehad
het Gedurende
kruisondervraging se hy egter dit kon gebeur het.
[85]
Sy weergawe dat hy Moos gaan soek het by Flip se huis en dat daar
niemand tuis was nie is nie aan Flip gestel nie. Weereens
kom dit
voor asof hy sy weergawe aanpas nadat die staatsgetuies
gekruisondervra is.
[86]
Die beskuldigde se houding teenoor die uittrek van sy hemp en sy
broek is onlogies en onwaarskynlik. Mens sou verwag as hy
warm kry
sou hy die trui of baadjie uittrek en nie die hemp nie. Die
beskuldigde was bereid om in die vuil broek rond te loop en
dorp toe
te gaan vanaf die Vrydag tot die Saterdagaand. Dit is nou te
gerieflik dat hy besluit om die Sondag dit te wil uittrek.
Sy
verduideliking in daardie verband is onbevredigend.
[87]
Hy kon n presiese weegawe oor al die gebeure van die betrokke dag
gee, maar wanneer dit kom by sy moontlike betrokkenheid by
die
aanranding en beweerde verkragting van die oorledene kan hy nie
onthou nie. Hy beskryf sy gebrek aan geheue toe aan dronkenskap.
Tog
kan hy gebeurtenisse in besonderheid voor en na die pleging van die
misdade onthou. Hy kon ook nie onthou of hy voorheen
geslagsgemeenskap
met haar gehad het alhoewel hy haar slegs h maand
geken het.
[88]
Sy selektiewe geheue bevraagteken sy geloofwaardigheid Sy weergawe
is, onlogies en ontbreek aan 'n billike verduideliking met
betrekking
tot die onbetwiste forensiese bewyse van sy betrokkenheid Dehalwe
moet dit verwerp word as nie redelik, moontlik waar
nie.
OMSTANDIGHEIDS
GETUIENIS
[89]
Dit is gemenesaak dat die bloed van die oorledene gevind is op die
broek en hemp wat die beskuldigde aangehad het die aand
toe die
oorledene vir die laaste keer lewendig gesien was. Die beskuldigde
het die hemp aangehad toe hy gearresteer is en die bloed
van die
oorledene is gevind daarop.
[90]
Die beskuldigde se verduideliking dat hy die hemp vroeSr die dag by
die huis van Flip Bosca uitgetrek en gelaat het is n versinsel
wat hy
opgemaak het gedurende kruisondervraging Hy het dit nie gemeld
gedurende sy getuienis-in-hoof nie. Sy regsverteenwoordiger
het dit
ook nie aan Flip Bosca of enige staatsgetuie gestel nie Gedurende sy
getuienis in hoof beskryf hy al sy klere
wat
hy uitgetrek het toe hy langs Flip gaan slaap het later die aand. Hy
het gese dat hy sy hemp daardie tyd uitgetrek het.
[91]
Dit is ook nie betwis dat die beskuldigde se semen gevind is in die
vagina van die oorledene nie. Die beskuldigde kon geen

verduideiiking daarvoor gee nie, behalwe om te spekuleer dat hy
geslagsgemeenskap kon gehad het in die dag by Moos se huis met
die
oorledene terwyl daar mense rondloop en drink het
[92]
Moos se getuienis dat hy die beskuldigde gekry het nadat hy die
oorledene half pad huis toe gebring het en dat die beskuldigde
in
dieselfde rigting geloop het as wat die oorledene voor hom geloop
het is nie ernstig aangeval nie. Dit is bloot aan hom gestel
dat die
beskuldigde sou dit ontken. Moos het volgehou dat hy wel die
beskuldigde gekry het en dat hy in daardie rigting geloop
het.
[93]
Flip getuig dat die beskuldigde om en by 12 middernag by hom kom
slaap het. Op die beskuldigde se weergawe sou dit ongeveer
2 ure
wees nadat Moos die oorledene halfpad huis toe geneem het Flip
getuig ook dat die beskuldigde wou sy broek leen omdat hy
sy broek
wou was. Hierdie getuienis word deur die beskuldigde erken. Die
beskuldigde se verduideiiking dat hy bereid was om b
vuil hemp met
bloed aan te hou nadat hy in die dag lig wakker word, maar wou nie
sy broek aantrek nie omdat dit vuil was vanaf
die Donderdag toe hy
in die wingerd werk maak nie sin nie.
[94]
Die beskuldigde kon duidelik alle besonderhede beskryf random wat
gebeur het voor en na die tyd toe die oorledene huis toe
vergesel is
deur Moos maar hy kan nie onthou hoe die bloed van die oorledene op
sy klere kom nie en hoe sy semen binne die vagina
van die oorledene
gekom het nie. Baie van die besonderhede in sy getuienis is bevestig
deur staatsgetuies, maar sy ontkenning
dat hy Moos ontmoet het nadat
Moos die oorledene half pad gelos het kan nie geglo word wanneer al
die omstandigheids getuienis
saam oorweeg word nie.
OPSQMMING
VAN WESENLIKE FEITE
[95]
Vanuit die mediese getuienis asook die getuienis oor die misdaad
toneel, kan die hof aflei dat die oorledene eers geslaan
was terwyl
sy op die pad was naby die heining. Die sleep merke op die grond dui
aan dat sy daarna gesleep is tot waar haar liggaam
gevind is. Sy is
verder aangerand, want n tweede klip met >i rooi kol is naby haar
liggaam gevind. Haar klere is uitgetrek.
Haar bene is wyd oopgemaak.
Daar is getuienis dat daar tekens van geslagsgemeenskap was. Haar
liggaam is bedek met haar groot
kledingstukke. Haar liggaam het op
'n winters nag heel nag buite gele.
[96]
Dr Scherman se getuienis dat die skeure van die vagina en urethra
vars was. maar dit het nie gebloei nie en het nie kneusing
getoon
nie gepaard met haar mening dat die oorledene 'n meer gemaklike
posisie sou inneem indien sy nog lewendig was nadat daar

geslagsgemeenskap met haar gehad was. dui daarop dat seksuele omgang
plaasgevind het nadat sy dood was.
[97]
Daar is geen getuienis voorgele wat bewys dat die oorledene nog
steeds geleef het toe sy seksueel aangerand is. ti Oorlede
persoon
kan nie verkrag word na haar dood nie. [sien
S
v W
1976 (1) SA 1
(A)].
Artikel
3 van Wet 32 van 2007 veronderstel dat die slagoffer iewend moet
wees om toestemming te weerhou.
[98]
Artike! 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (seksuele misdrywe en
verwante aangeleenthede) 32 van 2007 beskryf verkragting
as die
onwettige seksuele penetrasie van een persoon deur Vi ander sonder
die persoon se toestemming. Artikel 14 van die Wet
beskryf 'n
seksuele daad met 'n lyk as die onwettige en opsetlike seksuele daad
met 'n mens se lyk as "n oortreding. Die
beskuldigde is egter
nie aangekla van 'n oortreding van Artikel 14 nie. Hy is aangekla
van h oortreding van Artikel 3. derhalwe
moet die beskuldigde
onskuldig bevind word op aanklag 1, die van verkragting.
[99]
Artikel 261 van die Strafproseswet bevat al die bevoegde uitsprake
moontlik op ri klagte van verkragting. seksuele aanranding,
gedwonge
seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding, maar sluit
nie 'n onwettige en opsetlike seksuele daad met
n lyk in nie, d.w.s
die oortreding beskryf in Artikel 14 van Wet 32 van 2007.
[100]
Die beskuldigde het op n uiters geweldadige wyse die oorledene
aangerand Hy het deurlopend stomp geweld toegedien op haar
van die
pad waar sy geloop het tot 12 meter verder in die veld waar haar
liggaam gevind is. [101] Hy het verskeie geweldadige
houe teen haar
skedel en gesig area toegedien. Dit is gedoen op n besondere
kwesbare gedeelte van haar liggaam.
[102]
Al die getuienis inaggenome lei die hot af dat hy die moontlikheid
voorsien het dat sy kon beswyk aan daardie beserings.

Desnieteenstaande het hy voortgegaan om haar aan te rand, roekeloos
met betrekking tot die uiteindelike gevolge. Derhalwe het
hy hom met
daardie gevolge vereenselwig.
Dit
word beveel
:
1.
Op
Aanklag
1
,
die van verkragting is die beskuldige onskuldig gevind.
2.
Op
Aanklag
2.
die van moord is die beskuldige skuldig gevind
ALLIE,
J