About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 468
|
|
Johnson v S (A322/2010) [2010] ZAWCHC 468 (10 September 2010)
IN
DIE HOE-HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE-HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
A322/2010
DATUM
:
1 0 SEPTEMBER 2010
In
die saak tussen:
FUAD JOHNSON
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN, R
:
Die appellant is in die
streekhof skuldig bevind aan die misdaad van huisbraak met die opset
om te roof en roof met verswarende
omstandighede en is tot tien jaar
gevangenisstraf gevonnis. Hy appelleer nou teen sy
vonnis.
Alhoewel die appellant onskuldig gepleit
het, het hy na sy pleit ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet,
51 van 1977,
erkennings gemaak waarin hy al die bewerings teen horn
erken het. Die Staat en die verdediging het daarna hulle sake gesluit
en
die appellant is op die feite deur horn erken skuldig bevind.
Wat
die misdaad betref, het die appellant erken dat hy op 1 Februarie
2005 by die huis van die klaagster ingebreek het, deur 'n
venster wat
oop was, verder oop te maak en daar deur toegang tot die huis verkry
het. Die klaagster was binne. Sy het die appellant
aangeval, maar hy
het haar geslaan en gestoot en haar onderwerp deur dreigemente dat hy
haar ernstig sou beseer. Hy het daarop
'n bottel wyn van haar gedrink
en h broek van haar gevat en is kort daarna vort. Hy is kort daarna
in hegtenis geneem.
Wat die misdaad betref,
is dit van belang dat die appellant ten tye van die pleging daarvan
onder die invloed van dwelms en sterk
drank was. Die appellant was
nie bewapen nie en die klaagster is nie beseer nie. Die neem van die
drank en die broek kom my as
ietwat sinneloos voor. Dit kan
waarskynlik toegeskryf word aan die gevolge van sy drank- en
dwelminname. Daar was sekerlik meer
waardevolle items in die huis wat
hy kon geneem het.
Ten tyde van
vonnisoplegging op 2 Desember 2009 was die appellant 37 jaar oud,
getroud en hy het drie kinders wat onderskeidelik
16, 12 en 8 jaar
was onderhou. Hy het as arbeider by Yi familielid gewerk vir R700 per
week. Ek moet meld dat die lang tydsverloop
tussen die pleeg van die
misdaad en die appellant se verhoor kan toegeskryf word aan die feit
dat hy sy borgvoorwaardes verbreek
het deur nie vir sy verhoor op te
daag nie.
Hy
het homself, wat sy dwelmgebruik betref, gerehabiliteer. Hy het
weliswaar een vorige veroordeling vir diefstal waarvoor hy 'n
boetestraf, wat in geheel opgeskort is, opgele is.
Nadat die landdros die
aanwesigheid van wesenlike en dwingende omstandighede bevind het,
soos in artikel 51(3)(a) van die Strafregwysigingsweg,
105 van 1997,
bedoel, is die appellant, soos gemeld, tot tien jaar gevangenisstraf
gevonnis. Die landdros het aansienlik gewag
gemaak van die erns van
die misdaad en het na my mening misgetas deurdat hy dit oorbeklemtoon
het. Ek is in ieder geval van mening
dat die vonnis, al die
omstandighede in ag genome, buitensporig swaar is. 'n Vonnis van drie
jaar gevangenisstraf waarvan Vi gedeelte
opgeskort word, sal meer
gepas wees. So 'n vonnis verskil dermate van die een wat opgele is
dat dit ons ingryping regverdig.
Bygevolg
slaag die appel, die
SKULDIGBEVINDING WORD BEKRAGTING MAAR DIE
VONNIS TERSYDE GESTEL
en met die volgende vonnis vervang:
DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF
waarvan die helfte opgeskort
word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan die misdaad
van huisbraak met die opset om te
roof of diefstal te pleeg en roof of diefstal gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
VELDHUIZEN, R
BUIKMAN. WnR
: Ek stem saam.
BUIKMAN, WnR