Korkee v S (A599/2009) [2010] ZAWCHC 466 (10 September 2010)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Consent — Appellant convicted of rape of 15-year-old complainant — Complainant testified that she was intoxicated and unable to consent — Appellant claimed consensual sexual encounter — Trial court found complainant's testimony credible and appellant's defense unreliable — Appeal against conviction and sentence of twelve years imprisonment — Court held that a complainant cannot validly consent to sexual intercourse if intoxicated to the extent that she is incapable of giving consent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 466
|

|

Korkee v S (A599/2009) [2010] ZAWCHC 466 (10 September 2010)

IN DIE
HOE-HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
A599/2009
DATUM
:
10 SEPTEMBER 2010
In die saak
tussen:
SIDWELL
KORKEE
…........................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
BLIGNAULT.
R
:
Die
appellant, mnr Sidwell Korkee, is op 29 September 2008 in die
streekhof te Oudtshoorn, skuldig bevind op 'n aanklag van

verkragting, naamlik dat hy tussen 25 November 2006 en 26 November
2006 te Karoo Valley Farms, Oudtshoorn, vir Hannelie Hendricks,
15
jaar oud, verkrag het. Hy is gevonnis tot twaalf jaar
gevangenisstraf. Appellant was deur 'n prokureur bygestaan. Hy het
onskuldig gepleit en verduidelik dat hy wel op die gemelde tyd en
plek gemeenskap gehad het met Hannelie Hendricks, maar dat dit
met
haar toestemming geskied het.
Me Hannelie
Hendricks was die eerste staatsgetuie. Haar geboortedatum is 25
April 1991. Sy het appellant geken. Hy was haar broer
se vriend en
haar niggie se kerel. Op Saterdag, 25 November 2006, was sy saam met
appellant, sy broer en nog twee vriende by
'n braai by appellant se
broer se woning. Daar het hulle die helfte van 'n kis bier gedrink.
Toe is hulle na haar ouma se woning
toe en het daar gaan eet. Een
van die vriende, genaamd Desmond, het toe weer gaan bier koop en
hulle het dit gedrink. Hulle het
op die stoep gesit. Appellant het
die eerste "aan die tiep geword", soos sy dit stel. Hy het
teen haar skouer gele
en hulle "het horn toe so neergesit".
'n Rukkie later het sy ook op die stoep "aan die tiep geword".
Toe sy wakker
word, het sy opgestaan en agtergekom dat iets in haar vagina nie reg
was nie. Sy het vir appellant gevra waar haar
broer was, hy het
geantwoord dat haar broer nie daar is nie. Sy het toe badkamer toe
gegaan en gesien daar is bloed op haar broekie.
Sy het toe vir 'n
rukkie op 'n bed gaan le, maar nie lekker gevoel nie. Daar was 'n
branderige gevoel in haar vagina. Sy het
haar niggie, Corneleen, en
Desmond op die gras gekry. Sy het hulle vir geld gevra om huis toe
te bel. Sy het toe vir Edwina wakker
gemaak en daarna haar tannie,
Jennifer
Alkastar, het gebel en gese sy moet haar kom haal. Haar oom, Armand
Alkastar, het haar kom haal.
By die
Alkastars se huis, het sy haar tannie in 'n kamer ingeroep en haar
vertel dat sy vermoed sy is verkrag. Hulle gaan toe
na die
polisiestasie toe. Op daardie stadium, het sy getuig, het sy nie
geweet wie haar verkrag het nie. Die volgende dag het
sy die dokter
gaan sien.
Me Hendricks
getuig dat sy nie voorheen seks gehad het nie. Sy is gevra om te
reageer op appellant se stelling dat sy toestemming
tot seks gegee
het. Sy het soos volg geantwoord: "Hoe kan ek toestemming gee,
ek was dronk, ek het niks van myself geweet
nie". Sy het gese
dat sy en appellant nooit voorheen 'n verhouding gehad het en ook
nooit gevry het nie. Sy het ook getuig
dat daardie aand die eerste
keer was wat sy gedrink het. Op 'n vraag van die Hof het sy
geantwoord dat sy "jeans" aangehad
het. Toe sy wakker
skrik, het sy nog steeds dieselfde klere aangehad toe sy gaan "tiep"
het. Toe sy wakker skrik, het
appellant ook daar gele. Hy was reeds
wakker.
Me Jennifer
Alkastar was die volgende getuie gewees. Sy het getuig dat sy met
Hannelie se oom getroud was. Hannelie was by hulle
woonagtig. Die
nag van 25/26 November 2006 was Hannelie by haar ouma waar sy die
naweek gebly het. Sy het gebel en gese haar
oom moet haar kom haal.
Sy was ontsteld en het gehuil.
Toe Hannelie
by die huis kom, het sy (Hannelie) vir haar vertel dat hulle gedrink
het en toe sy daar op die stoep, waar hulle
gesit het, wakker skrik
het sy 'n branderige gevoel in haar vagina gehad. Sy het vertel dat
sy toe toilet toe gegaan het en toe
bloed waargeneem het. Sy het toe
gesien dat iemand "was daar onder by haar". Hulle is toe
saam na die polisiestasie
en die volgende dag na die hospitaal.
Dr Pieter
Loubser het getuig dat hy 'n mediese dokter is by die Oudtshoorn
Hospitaal. Op 26 November 2006 het 'n Hannelie Hendricks
ondersoek.
Sy was op daardie stadium 15 jaar oud. By ginekologiese ondersoek
het hy 'n skraapwond tussen die himen en die skaamlippe
gevind en
'"n bietjie verhoogde breekbaarheid in daardie omgewing ook".
Haar himen was nog intakt gewees. Dr Loubser
het getuig dat die
skraapwond kon plaasgevind het met vrywillige gemeenskap.
Appellant het
getuig dat hy die betrokke aand eers by sy broer se huis was en toe
na die klaagster se ouma se huis beweeg het.
Daar het hulle bier
gedrink en toe nog 'n paar biere gaan koop. Hulle het op die stoep
gesit. Hulle het aan die "tiep"
geraak en sy het nog regop
gesit. Hy het later opgestaan en toe slaap sy nog.
Van hulle
vriende, Corneleen en Boet, het daar opgedaag en haar wakker gemaak.
Hulle het twee (die vriende) het toe wegbeweeg.
Hy en die klaagster
het toe alleen op die stoep gesit. Hulle was albei dronk maar hulle
het geweet wat hulle doen want hulle
het albei uit die "tiep"
opgestaan. Hy het gese: "Dan is jy 'n bietjie nugter".
Hulle twee
het toe begin vry en dinge het 'n bietjie warm geraak. Hy het haar
toe gevra om seks te he en sy het ingestem. Sy het
haar klere
afgetrek en hy het syne uitgetrek en toe het hulle seks gehad. Dit
het so vyf na tien minute geneem. Sy water het
gebreek. Hy het toe
sy eie klere aangetrek en sy het haar klere aangetrek. Hulle het toe
weer daar gesit op die stoep. Later
het sy haar oom gaan bel en hy
het haar kom haal.
Die volgende
oggend, toe hy opstaan, het die speurders horn daar by sy huis kom
soek. Hy het getuig dat hy nie geweet het dat
sy net 15 jaar oud was
nie. Hy het haar 16, 17 jaar oud geskat.
Die landdros
het in sy uitspraak die getuienis in die saak opgesom. Hy het toe
beslis dat die vraag in geskil was of die klaagster
so dronk was dat
sy nie in staat was om tot gemeenskap toe te stem nie. Die landdros
het die klaagster se weergawe soos volg
saamgevat:
"Die
klaagster se optrede strook volkome met haar getuienis dat sy
verkrag was; uit 'n beskonke toestand wakker geskrik het
en dit
blyk, trouens, dat dit op geen ander redelike veronderstelling
verklaarbaar is dat sy gevolglik nie in staat was om toestemming
te
kon verleen nie. Die klaagster het bevredigend getuig oor die vraag
van beskonkenheid en toestemming. Haar weergawe word aanvaar
as
betroubaar en geloofwaardig."
Die landdros
het appellant se weergawe gekritiseer en gese dat dit nie betroubaar
was nie. Sy verweer van toestemming kan nie
slaag nie omdat die
klaagster so dronk was dat sy nie toestemming kon verleen nie.
Appellant,
het hy beslis, het geweet dat sy so dronk was dat sy nie kon
toestemming nie en hy het dus die misdaad opsetlik gepleeg.
In die loop
van sy ui
spraak, het
die landdros gehandel met
appellant se
prokureur se betoog dat die feit dat die klaagster ten voile gekleed
wakker geskrik het op toestemming dui. Die landdros
het gese dat die
betoog kom neer op blote spekulasie.
Die rekord
van die vonnisverrigtinge het skynbaar verlore geraak. Die landdros
het die betoe van die aanklaer en die appellant
se prokureur
rekonstrueer. Namens appellant is op rekord geplaas dat hy toe 21
jaar oud was en werksaam as "n algemene arbeider
te Karoo
Valley, waar hy R250 per week verdien het. Hy het sy geld met sy
ouers gedeel. Hy op skool tot Graad 10 gevorder en
toe gaan werk. Sy
prokureur het die Hof gevra om 'n vonnis van korrektiewe toesig op
te le wat blykbaar deur "n korrektiewe
beampte aanbeveel is.
Die
transkripsie van die landdros se uitspraak op vonnis het ook verlore
geraak en sy notas was nie meer beskikbaar nie. Hy het
in die
algemeen verwys na die faktore en omstandighede wat hy in ag geneem
het en bevestig dat hy appellant tot twaalf jaar gevangenisstraf

gevonnis het.
Dit blyk uit
die rekord van die verrigtinge dat daar namens appellant aansoek
gecloen is om verlof om teen sy vonnis te appelleer
en dat dit op 14
Desember 2008 deur die landdros geweier is. Appellant het daarna 'n
petisie na hierdie Hof gerig om verlof om
teen sy vonnis te
appelleer. Sodanige verlof is aan horn verleen.
Die appel
teen vonnis het op 6 Augustus 2010 voor ons gedien. Ons het die
advokate meegedeel dat ons graag betoe wil aanhoor met
betrekking
tot die vraag of hierdie Hof nie geregtig sou wees om ook die
korrektheid van die skuldigbevinding van appellant te
beoordeel nie.
Die saak is uitgestel tot 10 September 2010 en die advokate het
aanvullende betoogpunte ingedien met betrekking
tot die vraag of
hierdie Hof ingevolge artikel 304(4) van die Strafproseswet, 51 van
1977, nie die skuldigbevinding kan beoordeel
nie. Ek haal vervolgens
die bepalings van artikel 303(4) aan - dit is nie nodig om dit uit
te lees nie, ek kan maar net opsom
dat in artikel 304(4) word onder
meer gese dat wanneer 'n vonnis van 'n streekhof onder die aandag
van 'n provinsiale of plaaslike
afdeling, wat regsbevoegdheid het of
'n regstel daarvan, gebring word en dit blyk dat die verrigtinge nie
ooreenkomstig die reg
was nie, het daardie Hof of Regter die gewone
hersieningsbevoegdhede ingevolge artikel 303 van die Wet.
Advokaat
P
van Wyk
het
namens die respondent verskyn. Hy het ter aanvang betoog dat hierdie
Hof nie die bevoegdheid gehad het om 'n appel teen skuldigbevinding

aan te hoor nie. Ter stawing van hierdie betoog het hy verwys na
S
v Lanqa
1981(3)
SA 186 (A) waar die Appelhof, soos dit destyds bekend was, beslis
het dat dit nie die bevoegdheid het om Yi appel teen

skuldigbevinding toe te laat waar verlof daartoe geweier is nie.
Na
my oordeel, het hierdie Hof egter wel die bevoegdheid om die
skuldigbevinding van appellant ingevolge artikel 304(4) van die
Wet
te hersien. Die beslissing waarop mnr
Van
Wvk
steun,
handel met die magte van die Hoogste Hof van Appel. Artikel 304(4)
verleen die betrokke bevoegdheid slegs aan die Hoerhof
en Regter
daarvan. Die Hoogste Hof van Appel beskik kennerlik nie oor daardie
bevoegdheid nie. Die
Langa
beslissing
is dus nie toepaslik nie.
Die
beslissing van
S
v Van der Merwe
2009(1)
SASV 673 (C) het onder ons aandag gekom. Die appellant in daardie
saak is skuldig bevind in die streekhof op aanklagte
van onsedelike
aanranding en tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis. Op petisie
na hierdie Hof ingevolge artikel 309(c) subartikel
(a) van die
Strafproseswet, is verlof aan die appellant verleen om teen sy
vonnis te appelleer, maar nie teen sy skuldigbevinding
nie.
Die Regters
wat toe later die appel aangehoor het, het ernstige bedenkinge
(hulle noem dit "serious reservations") gehad
aangaande
die korrektheid van die skuldigbevinding. Die advokate is toe gevra
om hulle toe te spreek oor die vraag of hierdie
Hof jurisdiksie
gehad het om met die skuldigbevinding in te meng. Die uitspraak is
gelewer deur waarnemende-regter Steyn en Regter
Moosa daarmee
saamgestem het. (Dit is nie Regter E Steyn wat onlangs in permanente
hoedanigheid by hierdie hof aangestel is nie,
dit is Yi
waarnemende-regter Steyn wat destyds waargeneem het.)
Waarnemende-regter
Steyn het onder meer oorweeg of hierdie Hof ingevolge artikel 304(4)
van die Wet sou kon inmeng met die skuldigbevinding
en tot die
slotsom gekom dat die Hof dit nie kon doen nie.
Die
korrektheid van hierdie uitspraak is nie voor ons beredeneer nie en
ek vind dit nie nodig om enige mening daaromtrent uit
te spreek nie.
Dit is wesenlik onderskeibaar van die feite in die huidige saak op
die basis dat appellant in hierdie saak nooit
gevra het, hetsy in
die streekhof of op petisie na hierdie Hof, om teen sy
skuldigbevinding te appelleer nie. Ek gaan dan voort
om die
korrektheid van appellant se skuldigbevinding te oorweeg. Dit is
gemene saak dat 'n klaagster nie geldiglik kan toestem
tot
verkragting[sic] nie indien sy so dronk is dat sy nie besef wat sy
doen nie. Daar bestaan egter geen eksakte definisie om
te bepaal
wanneer sy die vereiste graad van dronkenskap bereik het nie.
Hierdie
vraag is in die saak van
R
v Karg
1958(3)
SA 416 (AD) bespreek. In die uitspraak van STEYN, AR te 423H, het hy
onder meer aan die hand gedoen dat dit voldoende
is dat haar
dronkenskap so ver gevorder het dat sy nie meer kan besef wat sy
doen nie, al sou sy nog in staat wees tot uiterlike
gedrag of die
uitspraak van woorde wat toestemming sou te kenne gee.
Die
probleem in die onderhawige geval is om bepaal of daar voldoende
getuienis was om te bewys dat die klaagster wel die vereiste
graad
van dronkenskap bereik het. Die benadering van die landdros was
skynbaar dat sodanige dronkenskap afgelei kan word van
die feit dat
sy nie kon onthou wat gebeur het nie. Daar is egter geen getuienis
gelei om die geldigheid van so 'n afleiding,
hetsy in die algemeen
of op die feite van hierdie geval, te staaf nie. In die afwesigheid
daarvan, was die landdros nie geregtig
om dit sonder meer te aanvaar
nie. In
S
v Chretien
1981(1)
SA 1097 (A) te 1108C-D is byvoorbeeld deur RUMPFF, AR gese:
"Een
van die probleme in verband met dade gepleeg in dronkenskap is
natuurlik dat die beskonkene wel weet wat hy doen terwyl
hy dit
doen, maar dikwels later vergeet het wat hy gedoen het. Die blote
feit dat hy vergeet het wat hy gedoen het, maak horn
nie
ontoerekeningsvatbaar nie. Wel is dit duidelik dat in elke geval
noukeurige
aandag aan al die relevante feite gegee
moet
word.
Afgesien van
die afleiding waarna ek hierbo verwys het, waaraan die landdros
klaarblyklik veel gewig geheg het, is daar geen getuienis
wat kan
aantoon dat die klaagster wel die vereiste graad van dronkenskap
bereik het nie.
Die landdros
het die appellant se prokureur se betoog dat die feit dat die
klaagster ten voile gekleed wakker geskrik het, daarop
gedui het dat
toestemming verleen was as "blote spekulasie" afgemaak. Na
my oordeel is hierdie "n mistasting,
die feit is dat die
klaagster of appellant haar broek moes uitgetrek het en weer
aangetrek het. Dit is relevant en is Yi aanduiding
dat sy wel geweet
het wat sy doen.
Die landdros
het die appellant se getuienis verwerp as vals en leuenagtig. Dit is
nie nodig om die gronde van hierdie bevinding
te ontleed nie. Na my
oordeel, veral in die
afwesigheid
van getuienis om sy weergawe te weerspreek, kan appellant se
weergawe nie bo redelike twyfel as vals verwerp word
nie.
Ek
is derhalwe tevrede dat die skuldigbevinding en daaropvolgende
vonnis van appellant nie ooreenkomstig die reg was nie. Na my

oordeel moet dit tersyde gestel word. Ek gelas vervolgens dat
appellant se
SKULDIGBEVINDING
op
29 5 September 2008 op die aanklag dat hy tussen 25 November 2006 en
26 November 2006 te Karoo Valley Farms, Oudtshoorn, vir
Hannelie
Hendricks verkrag het en sy daarop volgende
VONNIS
van
twaalf jaar gevangenisstraf
TERSYDE
GESTEL WORD.
BLIGNAUT,
R