About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 464
|
|
Arries v S (A419/2010) [2010] ZAWCHC 464 (10 September 2010)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE-HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A419/2010
DATUM: 10 SEPTEMBER
2010
In die saak tussen:
MELVIN ARRIES
…...........................................................................
Appellant
en
DIE STAAT
…................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN.
R
:
Die appellant het op 11
Februarie 2010 in die Albertinia landdroshof skuldig gepleit op 'n
aanklag van diefstal en is ooreenkomstig
sy pleit skuldig bevind. Hy
is daarop tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy kom met verlof
van die Verhoorhof op appel slegs
teen die vonnis.
Uit die erkende feite
blyk dit dat die appellant ses staalproppe wat 1,8 meter lank is ter
waarde van R7 000,00 van sy werkgewer
gesteel het. Hierdie eiendom is
later teruggevind en gevolglik het sy werkgewer geen skade gely nie.
Soos gemeld het die
appellant skuldig gepleit en voor ons word betoog dat dit toon dat hy
berou het vir sy optrede Verder word aangevoer
dat hy die enigste
broodwinner vir sy gesin is en dat indien hy moet tronk toe gaan,
hulle hulle onderhoud ontneem word. Ook word
aangevoer dat hy aktief
in die arbeidsmark is, relatief jonk en rehabiliteerbaar is.
Met die betoog stem ek
nie saam nie, nie net het die appellant vier vorige veroordelings vir
diefstal nie, maar sy rekord toon ook
dat hy twee vorige
veroordelings vir die besit van dwelms het asook twee vir aanranding.
Hierdie rekord toon, na my mening, dat
die appellant geen respek vir
die reg het nie en eenvoudig nie die geleenthede wat die vonnisse wat
in daardie sake opgele is,
benut het nie. Die diefstal wat die
appellant in die onderhawige saak gepleeg het is van 'n ernstige
aard. Hy het vir homself eiendom
van sy werkgewer toegeeien met die
bedoeling om dit aan 'n skrootwerf te verkoop. Die staalproppe was
nie van onbenullige waarde
nie.
Al die bogenoemde
omstandighede in ag genome, meen ek dat die vonnis wat die landdros
opgele het, nie net gepas is nie, maar ook
welverdiend. In ieder
geval kan ons slegs met hierdie vonnis inmeng indien ons van mening
is dat die landdros sy diskresie onbehoorlik
uitgeoefen het, misgetas
het of die vonnis buitensporig is. So 'n gevolgtrekking is, op die
feite voor ons, nie geregverdig nie.
Bygevolg
word appellant se appel
VAN
DIE HAND GEWYS EN SY SKULDIGBEVINDING EN VONNIS BEKRAGTIG.
VELDHUIZEN,
R
BUIKMAN,
WnR
:
Ek stem saam.
BUIKMAN,
WnR