Malmesbury Security CC v Baron (18484/2010) [2010] ZAWCHC 462 (9 September 2010)

55 Reportability

Brief Summary

Execution — Enforcement of arbitration award — Applicant sought to set aside an arbitration award issued by the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) on grounds of alleged unfair dismissal — Respondent was awarded R12,000 for unfair dismissal, which the applicant failed to pay — Applicant's request to set aside the award was denied as no valid grounds were presented, and the Labour Court had exclusive jurisdiction over such matters — Court held that the applicant remained obligated to pay the awarded amount despite claims of theft against the respondent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 462
|

|

Malmesbury Security CC v Baron (18484/2010) [2010] ZAWCHC 462 (9 September 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK
NR: 18484/2010
In
die saak tussen:
MALMESBURY
SECURITY SERVICES CC
…......................................................
Applikant
en
MNR
BENJAMIN BARRON
…............................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP 9 SEPTEMBER 2010
1.
Hierdie is 'n aansoek wat voor my gedien net in Derde Afdeling op 27
Augustus 2010 Die applikant versoek dat as 'n saak van
dringendheid
bevele verleen word dat -
(a)
'n
toekenning van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
Arbitrasie ("die Kommissie") ingevolge die Wet op
Arbeidsverhoudinge.
Wet 66 van 1995 ("die Wet") en
!
n
daaropvolgende eksekusielasbrief tersyde gestel word; en
(b)
beslaglegging
op die applikant se bates verbied word.
2.
Die applikant is verteenwoordig deur sy
"eienaar"
wie
ek aanvaar die alleen-lid van die applikant is, Mnr.
Koen.
Hy het in persoon verskyn. Uit sy loodsende eedsverklaring blyk dit
dat hy die respondent op 5 Junie 2009 aangestei het
om alarms te
installeer en tegniese dienste te lewer aan die
applikant.
Daar het onenigheid tussen die partye ontstaan en het die respondent
'n klagte gaan le by die Kommissie ten aansien
van sy beweerde
onbillike ontsiag. Die Kommissie het vergader onder die
voorsitterskap van mnr Elridge Edwards, te Malmesbury.
'n Toekenning
is teen die applikant gemaak en is daar bevind dat die respondent
geregtig is op drie maande se salaris in die
bedrag van R12 000,00.
3.
Die toekenning is op 24 September 2009 gelewer.
4.
Dit blyk uit die toekenning dat:
"The
dismissal was thus procedurally and substantively unfair I
considered the merits of the matter, the applicant's relative
short
length of service and the parties' circumstances and found that it
would not be appropriate to award the applicant reinstatement.
The
respondent is thus ordered to pay the applicant the equivalent of
three months remuneration calculated [at] R4 000,00 per
month,
totalling R12 000,00 by
not
later than 9 October 2009
."
(My
beklemtoning)
Die
toekenning wat gemaak was, was dat
"(t)he
respondent shall pay the applicant R12 000,00 by 9 October 2009".
5.
Die applikant het in verstek gebly om die bedrag te betaal.
6.
Op 20 Oktober 2009 het die respondent suksesvol aansoek gedoen vir
die sertifisering van die toekenning ingevolge die bepalinge
van
artikel 143(3)
1
.
Alhoewel
daar aangevoer was dat hierdie sertifikaat verkeerdeiik bekom is,
blyk dit nie sonder meer waarom dit die geval sou wees
nie. Regtens,
en by gebreke aan n appel, sou die respondent, so wil dit my
voorkom, geregtig wees op afdwinging van die bevel
deur dit te laat
sertifiseer.
7.
Dit het meegebring dat ingevolge artikel 143(3) van die toekenning
wat finaal was involge artikel 143(1), afdwingbaar geraak
het en 'n
eksekusie lasbrief uitgereik kon word.
8.
Dit blyk verder dat die apolikant voorheen 'n aansoek aan hierdie
hof gerig het onder saak nommer 5932/2010 waarin daar gevra
was vir
die tersydestelling van die toekenning deur die Kommissaris van die
Kommissie Daar was nie, so blyk dit, met daardie
aansoek voortgegaan
nie.
9.
Die applikant bekla horn verder daaroor dat die respondent van sy
eiendom gesteel het en dat hy geregtig is om die waarde van
die
goedere van die respondent te verhaal.
10.
Die
blote feit dat die applikant n eis teen die respondent het vir goed
wat gesteel is, bring nie mee dat dit die applikant ontdaan
van die
verpligting om die R12 000.00 ingevolge die toekenning, aan die
respondent te betaal nie.
Die
tersydestelling van die Kommissie se toekenning
.
11.
Die tyd waarbmne appe aangeteken kon word het reeds verstryk. Die
respondent het suksesvol aansoek gedoen ingevolge artikel
143(3) van
die Wet dat die toekenning afgedwing mag word.
12.
Daar is geen behoorlike gronde daargestel vir die tersydestelling
van die toekenning nie. Daar word eweneens ook nie aangedui
welke
stappe gedoen was om die appel aanhangig te maak nie. Die enigste
verduideliking wat verskaf was. is dat die respondent
betekening van
die stukke ontwyk. en die Arbeidshof nie bereid is om onder daardie
omstandighede die lasbrief tersyde te stel
of op te hef nie.
13.
Indien die toekenning deur die Kommissie tersyde gestel staan te
word, sou daar in iedere geval kennis gegee moes word aan
die
Voorsitter, asook die Kommissie en sou hulle gevoeg moes - dit is
ook nie gedoen nie.
14.
Die respondent het 'n geldige toekenning in sy guns. Uit hoofde van
die bepalinge van die toekenning, is die respondent geregtig
op
betaling van die bedrag van R12 000,00 Dit is gemeensaak dat dit nog
nie aan horn betaal is nie. Hy was ook, so blyk dit.
geregtig om die
toekenning as ftnaal te laat sertifiseer ooreenkomstig artikel
143(3) van die Wet.
15.
Die applikant bly steeds geregtig om sy regte ten aansien van die
beweerde gesteelde goedere na te volg Dat dit die applikant.
en mnr
Koen, dwars in die krop mag steek om die R12 000,00 in die tussentyd
te betaal. kan nie hieraan afbreuk doen nie.
16.
Uit hoofde van die voorgaande het die applikant nie 'n saak
uitgemaak vir die tersydestelling van die toekenning nie. en ook
nie
vir die opheffing van die lasbrief nie.
17.
Die Arbeidshof het ook die jurisdiksie om die afdwinging van 'n
toekenning hangende sy beslissing op te skort hangende 'n

hersieningsaansoek (artikel 145(3) van die Wet).
2
Dit bring my by 'n verdere struikelblok wat die applikant in die
gesig staar.
18.
Daar is n meer fundamentele rede hoekom die regshulp nie deur
hierdie Hof toegestaan kan word nie. In
Independent
Municipal and Allied Trade Union v Northern Pretoria Metropolitan
Substructure and Others
1999
(2) SA 234
(T), het die hof by monde van Van Dijkhorst R bevind dat
die Arbeidshof eksklusiewe jurisdiksie het ten aansien van
toekennings
gemaak ingevolge die Wet, en die Hooggeregshof geen
oorblywende jurisdiksie het ten aansien van sulke geskille nie. Sien
in die
verband
Chirwa
v Transnet Ltd and Others
[2007] ZACC 23
;
2008
(4) SA 367
(CC) te paragraaf 104 voetnoot 39; paragraaf 161,
voetnoot 14; - die debat ten aansien grondwetlike aangeleenthede kom
nie te
berde in hierdie aansoek nie.
19.
In
Fredericks
and Others v MEC for Education and Training. Eastern Cape, and
Others
[2001] ZACC 6
;
2002
(2) SA 693
(CC) het O'Regan R as volg opgemerk
[38]
Section 157(1) therefore has the effect of depriving the High Court
of jurisdiction in matters that the Labour Court is required
to
decide except where the Labour Relations Act provides otherwise.
Deciding which matters fall within the exclusive jurisdiction
of the
Labour Court requires an examination of the Labour Relations Act to
see which matters fall 'to be determined' by the Labour
Court. It is
quite clear that the overall scheme of the Labour Relations Act does
not confer a general jurisdiction on the Labour
Court to deal with
all disputes arising from employment. As Nugent JA held in Fedlife
Assurance Ltd:
3
'(S)ection
157(1) does not purport to confer exclusive jurisdiction upon the
Labour Court generally in relation to matters concerning
the
relationship between employer and employees.'
[39]
Instead the Act provides for a careful and complex division of
responsibilities between bargaining councils, the CCMA and
the
Labour Court and Labour Appeal Court. It is also important to note
that, generally, the Act requires that disputes be first
referred to
a conciliation or mediation process before being referred to an
agency for adjudication. Some disputes are resolved
by conciliation,
followed by arbitration, that may be followed by review in the
Labour Court and some disputes are resolved by
conciliation,
followed by adjudication in the Labour Court. So, for example,
disputes about organisational rights, the interpretation
of
collective agreements and many disputes concerning unfair dismissals
are to be referred to conciliation generally by the CCMA
and then to
arbitration. On the other hand, disputes about rights of freedom of
association, and certain specified disputes concerning
unfair
dismissal must first be conciliated and then referred to
adjudication to the Labour Court."
20.
Gevolglik meen ek dat hierdie Hof nie sonder meer jurisdiksie het
nie, en moet die aansoek ook vtr daardie rede faal.
21.
Gevolglik word die aansoek van die hand gewys.
S Oliver
Waarnemende
Regter
1
Artikel
143 lui as volg
143
Uitwerking van arbitrasietoekennings
(1)
'n Arbitrasietoekenning deur 'n kommissans uitgereik. is finaal en
bindend, en dit kan afgedwmg word asof dit 'n bevel van
dm
Arbeidshof is, tensy dit 'n adviserende arbitrasietoekenning is.
[Sub-a.
(1) vervang by a. 32 (a) van Wot 12 van 2002]
(2)
Indien 'n arbitrasietoekennlng 'n parly gelas om 'n som geld te
betaal. verdien die bedrag rente vanafdie datum van die toekenning

en teen dieselfde koers as die koers wat van tyd tot tyd ingevotge
artikel 2 van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers. 1975
(Wet
55
van
1975), ten opsigte var 'n vonnisskuld voorgeskryf word, tensy die
toekenning anders bepaal.
(3)
'n Arbitrasietoekenning mag ingevoige subartikel (1) afgedwing word
slegs as die direkteur gesertifiseer het dat die
arbitrasietoekenning
'n toekenning is soos by subartikel (1) beoog.
[Sub-a.
(3) bygevoeg by
a.
32
(b) van Wet 12 van 2002.]
(4)
Indien
'n party versuim om 'n arbitrasietoekenning na te kom wat gelas dat
'n handeling
verrig word; uitgesonderd die
Delating
van
'n bedrag geld, kan entge ander party by die
toekenning dit
afdwing deur middel van minagtingsvenigtinge wat in die Arbeidshof
ingestel
word.
[Sub-a
(4) bygevoeg by a 32 (b) van Wet 12 van 2002.]
2
145
Hersienmg van arbitrastetoekennings
(1)
'n
Party by 'n geskil wat beweerdat daar 'n gebrek is in enige
arbitrasieverhgtinge onder beskerming van die Kommissie, kan by
die
Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel wat die arbitrasietoekenning
tersyde stel-
(a)
binne
ses weke na die datum waarop die toekenning aan die aansoeker
beteken is, tensy 'n misdryf bedoel in Dele 1 tot 4, of artikel
17,
20 of 21 (vir sover dit op voomoemde misdrywe betrekking het) van
Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding
van Korwpte
Bedrywighede, 2004, by die vermeende gebrek betrokke is; of
[Par
(a) vervang by a. 36 (1) van Wet 12 van 2004,]
(b)
indien
'n misdryf bedoel in paragraaf (a) by die vermeende gebrek betrokke
is, binne ses weke na die datum v/aarop die aansoeker
sodanige
misdryf ontdek.
[Par
(b) vervang by a. 36 (1) van Wet 12 van 2004]
(1A)
Die Arbeidshof kan by aanvoering van gegronde redes die laat
indiening van 'n
aansoek
ingevolge subartikel (1) kondoneer [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 34
van Wet 12 van 2002.]
(2)
'n
Gebrek soos in subartikel (1) bedoel, beteken-
(a)
dat-
(i)
die
kommissaris wangedrag gepleeg het met betrekking tot dio pligte van
die kommissaris as arbiter;
(ii)
die
kommissaris 'n growwe onreelmatigheid begaan het by die voer van die
arbitrasieverngtinge; of
(iii)
die kommissaris se bevoegdhede gedurende die arbitrasie oorskry is;
of
(b)
dat
'n toekenning onbehooriik verkry is.
(3)
Die
Arbeidshof kan die afdwinging van die toekenning hangende sy
beslissing. opskort
(4)
Indian
die toekenning tersyde gestel word, kan die Arbeidshof-
(a)
die
geskil beslis op die wyse wat hy gepas ag; of
(b)
enige
bevel uitreik wat hy gepas ag oor die prosedure v/at govolg moet
word ten einde die geskil te besleg.
3
Fedlife
Assurance Ltd v Wolfaa
rdt
2002 (1) SA 49
(SCA)