S v Kleinbooi (A232/10) [2010] ZAWCHC 201 (8 September 2010)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to 10 years imprisonment — Appellant contending that the complainant's testimony was improbable, inconsistent, and contradicted by other evidence — Court finding that the trial magistrate properly evaluated the evidence, including the credibility of the complainant — No material misdirection by the trial court — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 201
|

|

S v Kleinbooi (A232/10) [2010] ZAWCHC 201 (8 September 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(WES
KAAP HOOGGEREGSHOF, KAAPSTAD)
SAAK
NO:
A232/10
In
die saak tussen:
THOBILE
KLEINBOOI
…...........................................................
Appellant
En
|
DIE
STAAT
….
..........................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER HIERDIE 8ste DAG VAN SEPTEMBER 2010
Riley
WnR,
Inleidinq:
Die
appellant was op 18 Desember 2009 in die Streekhof te Thembalethu,
George skuldig bevind op 'n aanklagte van verkragting in
oortreding
van artikel 3 van die Strafregwysigingswet (Seksuele Misdrywe en
Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007 en is op dieselfde
dag gevonnis
tot 10 jaar gevangenisstraf.
Die
appellant kom nou hier in hoer beroep teen beide die skuldigbevinding
en vonnis.
Die
gronde waarop die appellant die skuldigbevinding aanveg is eerstens
dat die klaagster se getuienis onwaarskynlik is in sekere
materiele
opsigte; tweedens dat die klaagster haarself weerspreek het en haar
getuienis vaag was ten opsigte van materiele aspekte;
derdens dat
daar materiele weersprekings is tussen klaagster se getuienis by die
verhoor en die verklaring wat sy aan die polisie
gegee het en
vierdens dat daar materiele verskille is tussen die getuienis van die
klaagster en haar moeder.
Die
Staat het aangevoer dat die verhoor landdros geen mistastings en of
onreelmatighede begaan het in die evaluering van die getuienis
nie en
het betoog dat die verhoorlanddros die getuienis van die klaagster
korrek geevalueer het en spesifiek die toets by enkel
getuies korrek
toegepas het. Voorts is daar aangevoer dat daar inderdaad stawing was
vir die klaagster se getuienis wat wesenlik
bevredigend was op die
materiele aspekte.
Die
klaagster en haar moeder Gladys Dyalith is die enigste getuies wat
namens die staat getuig het op die aanklagte. Die regsmediese

ondersoek vorm (of sogenaamde J88) wat deur Dr Raubenheimer voltooi
is, is by ooreenstemming tussen die Staat en die verdediging
as
getuienis toegelaat. Dit het die getuienis ten opsigte van die
aanklag afgesluit.
Die
getuienis:
Die
klaagster wie ten tye van die verhoor 17 jaar oud was, het in kamera
getuig dat sy die appellant geken het voor die voorval
aangesien hy
'n verhouding met 'n vriendin van haar gehad het. Sy het getuig dat
sy ongeveer nege uur die aand by die huts was
en dat sy by 'n
koor-oefening was Dat 'n vriendin van haar toe daar aangekom het en
dat sy sonder om haar moeder te s6 omtrent
so na nege uur die aand
haar vriendin huis toe geneem het.
Hulle
het die appellant langs die pad ontmoet en hy het aangebied om saam
met hulle te stap na die vriendin se huis.
Oppad
terug het die appellant aangebied om haar ook huis toe te vergesel.
Terwyl hulle stap, het hy egter gevra dat hulle 'n draai
loop by 'n
kamer sodat hy daar ligte kon aansit Sy het niks hiervan gedink nie
aangesien sy horn vertrou het. Dit is gemeensaak
dat die kamer waarna
verwys word 'n opslaankamer is wat naby die hoofhuis op 'n erf is.
Die opslaankamer bestaan uit 'n voorkamer
cum
kombuisie
en 'n slaapkamer. Dit is nie in geskil dat daar diefafwering aan die
slaapkamer venster is nie.
Toe
hulle by die kamer aankom moes die appellant eers die ligte vir die
opslaankamer in die hoofhuis aanskakel. Appellant het haar
ingenooi
en toe sy binne is het hy die deur van die kamer agter hulle
toegedruk en gesluit. Sy was verbaas met die optrede en het
aangedui
dat sy wou loop. Appellant het egter gese dat hy met haar wou gesels
In die gesels het hy haar toe gevra om met horn te
vry. Sy het
geweier. Appellant het toe aan haar gese dat hy haar nie sou laat
loop voordat sy horn 'n goeie rede gegee het nie.
Toe sy op sy
versoek weier om in die slaapkamer te gaan sit het hy haar by die
slaapkamer ingetrek. Toe sy weier om op die bed
te sit het hy haar
neergetrek op die bed en langs haar kom sit op die bed.
Hy
het haar weer gevra waarom sy nie wil vry nie. Toe sy se dat sy nie
wil nie, het hy aan haar gese dat sy nie die aand sou huis
toe gaan
nie en dat sy by hom gaan slaap Toe sy aan horn se dat hy haar nie
kan forseer nie het hy
-
gese
dat sy hom kwaad maak en dat hy nou iets aan haar sou doen wat hy nie
wou gedoen net nie.
Sy
het opgestaan en na die venster beweeg waar sy toe uitgeroep het om
hulp. Sy het gedink dat sy mense se aandag kon trek wat net
'n entjie
weg van die kamer aan die buitekant was. Appelant het hierop na haar
gekom en haar 'n klap deur die gesig gegee en haar
toe weggetrek van
die venster.
Hy
het haar toe aangese" om op die bed te le en haar uit te trek.
Sy het eers geweier maar toe hy haar vra of hy moet help
het sy haar
broek tot by haar kniee afgetrek.
Appellant
is toe na die kombuis en het terug gekeer met wat beskryf is as 'n
tipe broodmens. Appellant het toe voor haar kom staan
en aan haar
gese dat sy horn nou kwaad gemaak het. Hy het haar toe gehelp om haar
langbroek verder uit te trek. Hy het haar toe
gese sy moes alles
uittrek waarop sy haar "panty" uitgetrek het. Appellant het
horn toe ontklee en terwyl hulle op die
bed was het hy eers sy
vingers in haar vagina gedruk. Volgens horn wou hy kyk of sy nog 'n
maagd is.
Hy
het toe bo op haar gele. Toe sy hom probeer afstoot het hy gese dat
sy hom nie verder moes kwaad maak nie.
Die
appellant het toe sy penis in haar vagina gedruk en met haar seks
gehad. Sy kon nie se of appellant 'n klimaks bereik het nie,
maar sy
getuig dat sy wel bloed by haar vagina gesien het.
Toe
sy dink dat hy klaar is wou sy opstaan maar hy het genoem dat hy nog
nie klaar was nie. Hy het langs haar gele en met haar gesels
en na 'n
paar minute weer op haar gekiim en weer sy penis in haar vagina
gedruk en weer met haar gemeenskap gehad.
Na
hy klaar was het hy haar gese om haar te was voordat hy haar sou
wegbring huis toe. Volgens klaagster het die appellant self
die water
gaan haal en toe sy klaar gewas het, het hy homself ook gewas.
Volgens
die klaagster was haar vagina seer en het dit gebloei na die
gemeenskap.
Appellant
het toe gese dat hy nog met haar wil praat en terwyl hulle daar sit
het hy aan haar gese dat hy jammer is, maar dat sy
horn nou kwaad
gemaak het.
Daarna
het hy saam met haar huts toe gestap.
Toe
sy by die huis aankom het sy geklop en haar ma het oopgemaak. Volgens
die klaagster was haar ma kwaad omdat sy laat was. Sy
het getuig dat
toe haar ma haar die eerste keer vra waar sy vandaan kom het sy verby
haar
ma beweeg en toe na haar ma se kamer gegaan. Toe haar ma inkom en
vra waarvandaan sy kom het sy die hele storie aan haar
vertel
Haar
ma het toe die polisie gebel wie hulle kom haal het.
Hulle
is na die kamer waar die appellant haar vroeer geneem het maar hy
was nie daar nie.
Daarna
is sy na die hospitaal waar sy deur die dokter ondersoek is. Sy het
getuig dat sy beseer was aan haar vagina en dat daar
'n merk aan
haar gesig was waar appellant haar geklap het.
Gladys
Dyalithi die klaagster se moeder het getuig dat die klaagster
ongeveer so negeuur die aand by the huis was toe the klaagster
se
vriendin daar aangekom het. Sy getuig dat sy so twee uur die oggend
die deur vir die klaagster oopgemaak het. Volgens haar
was die
klaagster emosioneel. Dit het gelyk of sy gehuil het en daar was
swelsel (kneusing) aan die een kant van die klaagster
se gesig
Sy
bevestig dat die klaagster sekere mededelings aan haar gemaak het
maar getuig dat behalwe die klap en die besit van die mes
aan die
kant van die appellant, dat klaagster ook aan haar genoem het dat
die appellant haar met 'n stok gedreig het. Volgens
die getuie was
dit die eerste keer dat haar dogter so laat inkom.
Sy
het getuig dat sy haar kinders tugtig met 'n lat as hulle nie
luister nie en het gese dat klaagster nie aan haar sou vertel
het as
sy 'n kerel gehad het nie. Sy het toegegee dat sy ontsteld was oor
waar klaagster was en dat sy kwaad was toe sy klaagster
vra
waarvandaan sy kom. Sy het bevestig dat klaagster aan haar gewys het
dat haar vagina bloei.
Volgens
die mediese getuienis soos vervat in die regsgeneeskundige mediese
verslag, het die klaagster 'n swelsel op haar gesig
op die wang
onder die linker oog gehad wat plus minus 2x2 cm was. Ondersoek van
haar vagina het getoon dat sy die volgende vaginale
beserings gehad
het:
"1.
'n vars skeur by sewe uur aan die vagina en swelsel;
'n
oppervlakkige skeur van die fossa navicularis
'n
skeur by die linker para-urethral fold."
Volgens
die mediese ondersoek was dit die klaagster se eerste seksuele
ondervinding en het sy aan Dr.Raubenheimer tydens die ondersoek.
wat
om OThOO plaasgevind het, gese dat sy met 'n mes gedreig was en
geklap is deur haar gesig gedurende die insident.
Volgens
die appellant het hy en die klaagster vir twee weke voor die
insident 'n verhouding gehad met mekaar. Hy het getuig dat
sy op die
betrokke dag drie keer by horn was waar hy gewerk het by ene Timotie
se Tavern. Volgens horn het baie mense van die
verhouding geweet. Hy
getuig dat hy die klaagster ongeveer so agt uur die aand saam met
haar vhendin ontmoet het. Hy stem saam
dat hulle eers kiaagster se
vriendin weggeneem het en dat hulle toe teruggeloop het en dat
klaagster met die voorstel gekom het
dat hulle erens moes gaan om te
gesels. Hy het toe voorgestel dat hulle na die familielid se kamer
gaan en daar gaan gesels,
wat hulle toe gedoen het.
Volgens
appellant is dit klaagster wat sonder uitnodiging op die bed gaan le
het, haar uitgetrek het en toe met toestemming seksuele
gemeenskap
met horn gehad het. Volgens horn het hulle twee uur die oggend
wakker geskrik nadat hulle aan die siaap geraak het.
Hy
het bevestig dat hulle gewas het en dat hy haar daarna huis toe
geneem het. Oppad sou hy aan haar vra wat sy by die huis sou
se as
sy daar aankom. Klaagster het toe aan horn gese dat hy horn nie
daaroor moes bekommer nie want sy sou s6 dat sy saam met
'n vriendin
na die hospitaal is. Volgens appellant het klaagster nog ges§
hy moet duim vas hou.
Toe
die klaagster horn vir R200 vra het hy gesS dat hy nie geld het nie.
en dat sy die volgende dag geld by hom kan kom haal.
Bespreking:
Na
my mening het die verhoorlanddos die getuienis van die staatsgetuies
en die appellant volledig opgesom en dit deeglik en krrties

geevalueer. In besonder is ek tevrede dat hy die getuienis van die
klaagster, as 'n enkelgetuie met die nodige versigtigheid
wat
verlang word, benader het Die klaagster is aan langdurige en
deurtastende kruisverhoor onderwerp. Sy het egter die kruisverhoor

goed weerstaan. Dit is so dat die klaagster se getuienis rondom
sekere aspekte vatbaar is vir kritiek en dat daar ook
teenstrydighede
is tussen gedeeltes van haar getuienis en die
getuienis van haar moeder. Ek is egter tevrede dat haar getuienis
substansieel
bevredigend is ten opsigte van wesenlike aspekte rondom
die gebeure en dat dit gestaaf word. Sien
Sv
Jones
2004(1
)SASV 420 (K) op 427G
Na
my meninig is die aspekte soos betoog names appellant nie wesenlik
nie en word haar geloofwaardigheid nie daardeur aangetas
nie. Ek
stem saam met die benadering in S
v
Mafaladiso & Andere
2003(1)
SASV 583 (HHA) op 594 waar bevind is "dat nie elke tout deur 'n
getuie en nie elke weerspreking of afwyking die getuie
se
geloofwaardigheid aantas nie." Sien S
v
Mkohle
1990(1)
SASV 95(A) op 98f-g). Nie wesenlike afwykings is nie noodwendig
relevant nie, (Sv Bruiners & 'n ander 1998(2) SASV
432 (SOK op
437g)"
In
elk geval is ek tevrede dat die verhoorlanddros bewus was van die
moontlike kritiek teen die klaagster se getuienis en het
hy dit
korrek beoordeel. Ek stem saam dat die klaagster 'n bevredigende
verduideliking gegee het vir die verskille tussen haar
getuienis
voor die hof en haar verklaring aan die polisie. Die feit dat daar
byvoorbeeld nie melding gemaak word van die mes
in haar verklaring
aan die polisie nie, beteken nie dat haar getuienis in die verband
leuenagtig is nie. Dit is gemeensaak dat
sy dit aan haar moeder
gemeld het en dit is nie in geskil dat sy aan Dr Loubscher genoem
het dat haar aanvaller 'n mes gehad
het nie. Die moontlikheid kan
glad nie uitgeslurt word dat daar n oorsig aan die kant van die
polisie was toe dit uitgelaat was
nie.
Die
kritiek teen haar getuienis oor hoe en wie en op watter stadium haar
broekie uitgetrek is, of sy weet of die appellant 'n
orgasme bereik
het en hoeveel vingers die appellant in haar vagina gedruk het, is
sonder meriete. Die feit dat sy nie weet wat
dit beteken as iemand
'n orgasme bereik het of nie dui eerder na my mening op haar
onervaardheid op die gebied van seksuele aktiwitiete
en of 'n
onbetrokkenheid daarby. Dit moet in gedagte gehou word dat klaagster
ten tye van die voorval slegs 16 jaar oud was,
slegs graad 10 op
skool gehaal het en dat sy na my mening nog ongesofistikeerd was in
sake van die aard. Indien dit in ag geneem
word, maak dit appellant
se weergawe dat sy op die aand die inisiatief geneem het en horn
uitgenooi het vir seks, hoogs onwaarskynlik.
Indien
haar getuienis oor op watter stadium sy haar broek sou afgetrek het
en hoeveel vingers in haar vagina was nie te duidelik
is nie, is dit
verstaanbaar. Op die stadium wat sy dit deurleef het was sy
onderworpe aan 'n erge traumatiese belefenis. Die
landdros het
derhalwe korrek bevind dat die ervaring vir die klaagster traumaties
was en dat die ontbrekende en of vae detail,
nie haar getuienis
ongeloofwaardig maak nie.
Ek
is nie oortuig dat die verskille tussen die klaagster en haar ma se
getuienis van so 'n materiele aard is dat hulle getuienis
om die
rede totaal verwerp moet word nie. Na my mening staaf hulle mekaar
in wesenlike aspekte.
Daar
is verder geen meriete in die betoog dat die klaagster 'n valse klag
sou gele het omdat haar moeder streng is nie.
Ek
s§ dit in die lig van die appellant se weergawe dat dit die
klaagster is wat die hele insident insluitende die seksuele
daad
geinisieer het. Volgens die appellant het hulle geen probleme gehad
nie en was klaagster bereid om leuens aan haar moeder
te vertel oor
waar sy die aand sou wees. Sy het self vir horn gevra om vir haar
dutm vas te hou. Alles dui daarop dat sy verlief
was op horn en horn
eerder sou wou beskerm. Op sy weergawe van die gebeure sou 'n mens
verwag het dat sy glad nie vir horn sou
impliseer nie, maar eerder
se dat sy nie weet wie haar aanvaller was nie. Die landdros het
gevolglik tereg die moontlikheid as
onwaarskynlik verwerp.
Appellant
se weergawe dat hy die klaagster alreeds ongeveer so agt uur die
aand gesien het, bots lynreg met die klaagster en haar
moeder se
weergawe dat hulle die aand by die kerk was en dat hulle daarna teen
nege uur die aand by die huis was. Dit is nooit
in geskil geplaas
dat die klaagster eers na nege uur met haar vriendin vanaf die
klaagster se huis weg is nie. Dit kan derhalwe
nie waar wees dat
appellant die klaagster reeds tussen sewe en agt uur die aand al kon
gesien het nie.
Na
my mening het die appellant die weergawe oor wanneer hy klaagster en
haar vriendin sou ontmoet het opgemaak om in te pas by
die appellant
se gefabriseerde en leuenagtige weergawe dat die klaagster horn drie
keer op die dag kom iastig val het om haar
later te ontmoet.
Appellant het erg klei getrap toe hy deur die staatsaanklaer
gekruisverhoor is oor die geleenthede wanneer
klaagster horn sou
gesien het die dag en oor die tydsaspek voor die ontmoetings.
Dit
is hoogs onwaarskynlik dat die klaagster deur die loop van die
middag afsprake met die appellant sou maak terwyl sy geweet
het dat
sy die aand saam met haar moeder sou kerk toe gaan.
Dit
is verder ook onwaarskynlik dat die klaagster, welwetend dat haar
moeder so streng is, die inisiatief sou neem en al die goed
reel met
die appellant en dan die kans sou waag om eers twee uur die nag huis
toe te kom.
Dit
is duidelik dat appellant sy weergawe met reeimaat aangepas het
terwyl hy getuig het en toe hy gekruisverhoor is. Ek verwys
na
enkele voorbeelde:
1.
Klaagster het getuig dat toe hulle daar by die kamer aankom dat sy
op 'n rusbank gesit het. Toe appellant hieroor gekruisverhoor
word
het hy gese dat daar nie 'n rusbank was nie en dat daar slegs twee
stoele was. Volgens horn was die stoele gebreek en sou
klaagster nie
daarop kon sit nie. Die aspekte is nooit aan klaagster gestel
gedurende kruisverhoor nie.
2.
Klaagster het getuig dat na hulle klaar seksuele omgang gehad het
dat appellant haar aangese het om te was en dat hy die water
gekook
het en dat hy dit voorsien het. Appellant se in kruisverhoor dat
klaagster die een is wat gese het hy moet water maak
sodat sy kan
was. Dit is nooit aan die klaagster gestel in kruisverhoor nie.
3.
Verder
getuig appellant dat na hulle seksuele omgang gehad het dat hy moeg
was en dat hy aan die slaap geraak het Hy se ook dat
klaagster horn
wakker gemaak het en dat sy horn gese het sy wou huis toe gaan. Die
aspekte is nooit aan die klaagster gestel
in kruisverhoor nie.
4.
Volgens klaagster se getuienis het sy gewag vir appellant toe hy die
bed opmaak voor hulle loop, na die seksdaad. Dit is nooit
gedurende
kruisverhoor betwis nie. Appellant getuig hieroor dat dit klaagster
was wat die bed opgemaak het Dit is nooit aan klaagster
gestel nie.
5.
Volgens klaagster het sy die rooi swelsel onder haar linker oog op
haar wang opgedoen as gevolg van die feit dat die appellant
haar
geklap het Appellant getuig dat die klaagster moontlik deur haar
moeder aangerand is en dat dit is hoe sy die swelsel opgedoen
het.
Dit is nooit aan die klaagster of aan haar ma gestel nie.
Soos
reeds vermeld is dit nie in geskil dat klaagster vaginale beserings.
sowel as die besering tot haar wang opgedoen het nie.
Die
verhoorlanddros het na my mening tereg bevind dat die feit dat sy
die vaginale beserings opgedoen het nie noodwendig dui
op seksuele
omgang sonder toestemming nie. Na my mening kon die appellant egter
nie 'n redelike verduideliking vir die besering
aan die klaagster se
wang gee nie.
Die
klaagster was vanaf ten minste na nege uur die aand met appellant
Beide klaagster en haar moeder ontken dat sy die besering
gehad het
voor sy by die huis weg was. Die enigste tyd wat sy die besering kon
opgedoen het, is terwyl sy met die appellant was
Daar is by my geen
twyfel dat dit appellant was wat die beserings veroorsaak het.
Die
vaginale beserings, die besering aan die wang en die klaagster se
emosionele toestand toe sy by die huis aankom dien as stawing
vir 'n
bevinding dat die seksuele gemeenskap sonder toestemming plaasgevind
het. Die appellant se weergawe dat die gemeenskap
met toestemming
geskied het kan dus nie staan nie
Die
verhoorlanddros het na my mening tereg bevind dat die appellant se
weergawe oor die gebeure nie redelik moontlik waar is nie.
Die
verhoorlanddros het derhalwe korrek bevind dat die klaagster 'n
eerlike en betroubare getuie was en dat die appellant haar
op die
dag van die voorval verkrag het.
Dit
volg dat die appel teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie.
Vonnis:
In
die onderhawige geval stel die Strafwysigingswet 105 van 1997 'n
vonnis van 10 (tien) jaar gevangenisstraf voor vir die vorm
van
verkragting tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
wat 'n afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdtg.
Die
verhoorlanddros het na oorweging van at die faktore by vonnis tot
die gevolgtrekking gekom dat in aggenome die besondere omstandighede

in hierdie saak, 10 jaar gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis
is.
Daar
is names die appellant aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas
het deur:
1,
Nie
die beginsels soos neergele in S
v
Malgas
2001
(1) SASV
469 (HHA) korrek toe te pas nie;
2.
Nie
te bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig was
wat 'n afwyking van die minimum vonnis regverdig.
Dit
is geykte reg dat 'n hof van appel slegs met 'n vonnis van die
verhoorhof sal inmeng indien daar 'n mistasting deur die verhoorhof

begaan is en indien die verhoorhof 'n vonnis opgele het wat skokkend
onvanpas is.
Die
misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is, is ernstig. Ten
spyte van die swaar vonnisse wat die howe ople vir hierdie
tipe
misdrywe, gaan die pleeg daarvan onverpoos voort. Daar is tereg
betoog dat die misdaad en die belang van die gemeenskap
die
persoonlike omstandighede van die appellant moet oorskadu.
Die
verhoofhof het tereg in ag geneem dat die volgende faktore
verswarend
is:
.1.
dat die klaagster 'n jong dogter van 16 jaar oud was toe die voorval
plaas gevind het;
2.
dat die klaagster vaginale beserings opgedoen het tydens die
voorval;
3.
die verkragting is vooraf gegaan deur die feit dat appellant die
klaagster geklap het en ook met 'n mes gedreig het.
Alhoewel
die hof verwys het na die psigiese en emosionele skade wat die
klaagster opgedoen het. is daar ongelukkig geen deskundige
getuienis
voor die verhoorhof aangebied oor die effek wat die verkragting op
die klaagster gehad het nie. Ek is egter tevrede
dat in sake van die
aard die psigiese effek van die daad 'n erger effek as die fisiese
effek van die daad op die klaagster het.
Daar is geen twyfel dat die
klaagster inderdaad psigies geaffekteer is nie. Wat verder
verswarend is, is die feit dat die klaagster
die appellant vertrou
het. Hy het haar onder valse voorwendsels oortuig om horn te
vergesel na die kamer en die vertrouensverhouding
wat hy met haar
gehad het uitgebuit om sy wellustige drange te bevredig.
Na
my mening het die verhoorlanddros egter die volgende mistastings
begaan toe hy vonnis oorweeg het:
1.
Eerstens
het die verhoorlanddros horn nie beperk by die aanklag waaraan die
beskuldigde skuldig bevind is nie. Na die landdros
tereg op die
meriete bevind het dat die appellant slegs skuldig is aan een
aanklag van verkragting bevind die verhoorlanddros
as volg:
"
..
is
hierdie al klaar so
7?
ernstige
geval wat eintlik gegrens het aan 'n moontiike straf van lewensiange
gevangenisstraf. In die eerste plek is daar getuienis
dat u wel op
drie kort agtereenvolgende geleenthede, eers met u vingers en dan
twee keer met u penis haar gepenetreer het en
dit stel al klaar die
moontlikheid daar dat geargumenteer kan word dat lewensiange
gevangenisstraf die minimum straf is. En meneer
dit is 25 jaar
tronkstraf. Dit is wat die Wet si en die Wet word gemaak deur die
mense van hierdie land. En dit is om
7?
aanduiding
te gee dat die mense en die Wetgewer voel hierdie tipe oortreding is
net so emstig soos moord".
Sien
rekord bl.356
Appellant
is nooit aangekla dat hy horn twee keer skuldig gemaak het aan
seksuele penetrasie per penis met die klaagster nie.
Hy was nooit
vooraf gewaarsku dat lewenslange gevangenisstraf opgelS kan word
nie. Dit is verder duidelik dat die verhoorlanddros
bevind het dat
die penetrasie van die vinger die seksuele omgang vooraf gegaan het
en nie 'n aparte aanklag daarstel nie Uit
die bovermelde aangehaalde
passassie blyk dit egter duidelik dat die penetrasie met die vinger
en die "twee" geleenthede
wat appellant met die klaagster
gemeenskap gehad het in die landdros se agterkop was toe hy
oorweging gegee het aan die kwessie
van of wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig is;
2.
Tweedens
is die volgende opmerkings deur die verhoorlanddros aanduidend dat
die landdros beinvloed is deur die feit dat die appellant
toe hy
getuig het. ter versagting van vonnis, nie wou erken dat hy
inderdaad die klaagter verkrag het nie. Die landdros het bevind
dat
appellant se onwilligheid om die erkennig te maak aanduidend was dat
hy nie "werklike en volledige berou" getoon
het nie. Die
volledige gedeelte van die landdros se uitspraak in die verband lees
as volg:
"U
het ook bewoe geraak in die getuiebank en genoem dat u baie jammer
is oor wat gebeur het en dat u, u les geleer het en
dit nooit weer
sal doen nie. in dieseifde asem het u gese u bly by u weergawe dat
die klaagster vir u toestemming gegee het U
kon nie werklik

waaroor
u dan jammer is nie. Die hof kan maar net dink dat miskien is dit
omdat u voel u promiskuteit het u onnodig in die moeilikheid

geplaas. Dit is nie waaraan u skuldig bevind is of waarvoor die hof
u vandag moet straf omdat u (onduidelik). . . blaamwaardige
gedrag u
self aan skuldig maak om met baie jong vrouens seks te
M
nie.
En die hof noem dit omdat ek bloot probeer kyk waarvoor u nou
eintlik spyt is. U is skuldig bevind dat u sonder toestemming
met 'n
meisie seks gehad het En dit is die enigste ding waaroor u jammer
moet wees vandag. En dit is duidelik dat u nie daarvoor
jammer is
nie. Die hof wil dit duidelik maak dat die hof u nie swaarder straf
omdat u onskuldig gepleit het nie en selfs omdat
u steeds by u
onskuld staan
Maar
indien
u werklike en volledige berou pehad het sou die hof dit inderdaad as
'n strafversaatende faktor in ao geneem het.
Dit
is onaanvaarbaar as u die speletjie wil speel deur te se u is bale
jammer oor wat gebeur het maar u wil nie vir die hof se
wat dit is
nie, omdat u miskien later aansoek wil doen om verlof om te
appelleer en u voel dat dit u kanse in die wiele mag ry.
Want dan
gaan dit nog steeds net oor u belang. dit gaan nie oor die klaagster
se belange nie."
Sien
rekord bl.354 iyn 20 tot bl.355 lyn 20.
Uit
die aangehaalde passassie is dit duidelik dat alhoewel die
verhoorlanddros se dat hy nie die aspek van "werklike en
volledige berou" teen appellant sal hou nie, dat hy wel
daardeur beinvloed is as gekyk word na die verder opmerkings wat

hierbo onderstreep is deur my. Die indruk word geskep dat die
verhoorlanddros die appellant 'n mindere vonnis sou opgele het

indien die appellant skuld sou beken het
Volgens
die Grondwet en die geykte beginsels soos neergele in ons reg is 'n
beskuldigde se reg to appel deel van sy regte tot
'n billike
verhoor. Die reg tot appel kan nooit van 'n beskuldigde ontneem
word, nog minder moet 'n beskuldigde voel dat hy gedwing
word om
dinge te erken wat hy deurentyd gedurende die verhoor, om sy onskuld
te bewys, ontken het . Dit is heel duidelik dat
beide die
verhoorlanddros en die Staatsaanklaer onbehoorlike druk op appellant
uitgeoefen het toe hulle horn wou forseer om te
erken dat hy slegs
berou kan h§ as hy erken dat hy sonder toestemming met die
klaagster gemeenskap gehad het. Die appellant
is geplaas in 'n
posisie wat algemeen in Engels na verwys word as "the horns of
a dilemma".
Die
benadering van die landdros druis totaal in teen die appellant se
reg tot 'n billike verhoor insluitend sy reg tot appel.
Na my mening
het die verhoorlanddros horn in die verband waningelig en dit
regverdig gevolglik inmenging.
3.
Derdens het die verhoorlanddros misgetas deur die vorige
veroordelings wat appellant gehad het vir aanranding met die opset

om ernstig te beseer, gelyk te stel aan verkragting toe hy op bl.357
lyn 15 as volg verklaar:
"En
in hierdie vyf jaar pleeg u hierdie verkragting en dit is net so
goed soos aanranding met die opset om ernstig te beseer".
Dit
is so dat daar soms elemente van geweld in verkragting teenwoordig
is maar die twee misdade kan nooit gelyk gestel word met
mekaar nie.
Daar is in elk geval geen getuienis voor die hof a
quo
aangebied
oor die omstandighede waaronder die 2005 aanranding met die opset om
ernstig te beseer plaas gevind het nie. Daar was
dus geen basis vir
die verhoorlanddros se bevinding dat die verkragting net so goed is
soos aanranding met die opset om ernstig
te beseer nie.
Die
verhoorlanddros het ook na rry mening die effek van die beslissing
in S
v
Malgas
(supra)
verkeerd geinterpreteer toe hy op bladsy 356 lyn 11-14 verklaar dat
"daar
moet spesifieke goeie redes wees en daar is voorskhfte in die
verband wat wei as dwingende omstandighede geag mag word
al dan
nie."
Dit
is so dat daar in
Malgas
(supra)
bevind is dat daar nie ligtelik afgewyk moet word van die
voorgeskrewe minimum vonnisse nie. Die Hoer Hof van Appei het
egter
verder bevind dat alle faktore wat tradisioneel 'n rol speel by
vonnis oplegging steeds 'n rol speel Geen van die faktore
wat 'n rol
speel by die vonnis proses word uitgesluit nie.
In
S
v
Pillay
1977
(4) SA 531
(A) op 535E-F het die hof bevind dat
"the
word 'misdirection' in the present context simply means an error
committed by the Court in determining or applying the
facts for
assessing the appropriate sentence. As the essential inquiry in an
appeal against sentence, however, is not whether
the sentence was
right or wrong, but whether the Court in imposing it, exercised its
discretion properly and judicially, a mere
misdirection is not in
itself sufficient to entitle the Appeal Court to interfere with the
sentence, it must be of such a nature,
degree and seriousness that
it shows, directly or inferentially, that the Court did not exercise
its discretion at ail or exercised
it improperly or unreasonably.
Such misdirection is conveniently termed one that vitiates the
Court's decision on sentence."
Na
my mening val die mistastings van die verhoorlanddros soos hierbo
uiteengesit binne die kader van wat die appelhof in
Pillay
(supra)
bevind
het. Die verhoorlanddros het na my mening nie sy vonnis diskresie op
'n behoorlike, billike en regverdige wyse uitgeoefen
nie. In die
onderhawige saak was appellant 24 jaar oud ten tye van die pleeg van
die misdryf. Alhoewel hy nie getroud was nie
het hy 'n saamleef
verhouding met sy meisie gehad. Hy het onderhoudsverpligtinge ten
opsigte van nege kinders. Die appellant
was werksaam aldus as 'n
loswerker. Die appellant was ten minste 10 maande in hegtenis as
verhoorafwagtende. Alhoewel hy 'n vorige
veroordeling vir "n
geweldsmisdaad het is dit in 2005 gepleeg en moet die vonnisoplegger
versigtig wees om horn nie blind
te staar daaraan nie. Na my mening
moes die verhoorlanddros behoorlik na die kumulatiewe effek van die
faktore gekyk het en dit
in ag geneem het by die beoordeling van 'n
gepaste vonnis.
By
die oplegging van 'n gebalanseerde vonnis moet die hof behoorlik
oorweging gee aan die erns van die misdryf. die belange van
die
gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oortreder.
Ek
is van mening dat die verhoorlanddros die erns van die oortreding
(tesame met sy soeke na 'n regverdiging om die minimum vonnis
op te
le) en die belange van die gemeenskap, oorbeklemtoon het ten koste
van die appellant se persoonlike omstandighede.
\n
die
lig van al die omstandighede is ek van mening dat 'n vonnis van 8
(agt) jaar gevangenisstraf 'n meer gebalanseerde en redelike
vonnis
is.
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die
appel teen vonnis slaag en gevolglik word die vonnis van 10 (tien)
jaar gevangenisstraf ter syde gestel en vervang met 'n
vonnis van 8
(agt) jaar gevangenisstraf.
Dit
word gelas dat die datum van vonnis terug gedateet word na 18
Desember 2009
Riley WnR
Ek stem saam. Dit
word so gelas
YEKISO, R