About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 170
|
|
S v Joseph (A148/10) [2010] ZAWCHC 170 (7 September 2010)
THE
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN
DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOe HOF, KAAPSTAD)
SaakNr:
A148/10
Hoe
Hof Nr:
10630
Landdroshof
Nr:
12/2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
teen
JACOB
JOSEPH
CORAM
LE
GRANGE R
KLOPPER
WnR
UITSPRAAK
KLOPPER
WnR
DATUM
VAN VERHOOR
GEEN
DATUM
VAN UITSPRAAK
7
SEPTEMBER 2010
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOe HOF, KAAPSTAD)
Saak
No: A148/10
Hoe
Hof Nr: 10630
Landdros
No: 12/2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
teen
JACOB
JOSEPH
HERSIENINGSUITSPRAAK
: GELEWER OP 7 SEPTEMBER 2010
KLOPPER
WnR
Hierdie
saak dien voor my nadat dit verwys is vir outomatiese hersiening.
Die
beskuldigde, 'n 52 jarige man, het in die distrikhof te Mosselbaai
verskyn weens 'n oortreding van Artikel 17 (a) van die Wet
op
Gesinsgeweld.
1
Die
beskuldigde het verkies om sy eie verdediging waar te neem en het op
die aanklag skuldig gepleit. Na ondervraging ingevolge
die bepalings
van Artikel 112 (1) (b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 (hierna
"die Wet "genoem) is die beskuldigde
skuldig bevind soos
aangekla.
Die
beskuldigde is gevonnis tot 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat in
geheel opgeskort was vir 5 (vyf) jaar op bepaalde voorwaardes
en
daarbenewens en ingevolge Artikel 276 (1) (h) van die Wet, tot 12
(twaalf) maande korrektiewe toesig.
Na
oorweging van die oorkonde het ek die volgende versoek aan die
verhoorlanddros
gerig:
"Die
landdros word versoek om haar redes vir skuldigbevinding te verskaf
met spesifieke verwysing na die volgende aspek asseblief:
Was
die ondervraging ingevolge Art 112 (1) (b) van Wet 51 van 1977
voldoende om vas te stel dat die beskuldigde al die elemente
van die
oortreding erken? Die landdros word vender versoek om aan te dui
waarom die voorwaardes van die vonnis van komektiewe toesig
nie deur
die hofbepaal is nie, maar oorgelaat is aan die korrektiewe beampte.
Is ditnie die hofse plig om die voorwaardes te bepaal
en te omskryfin
die opgelegde vonnis? (Sien S v Ndaba
1993 (1) SACR 637
(A))".
Die
Verhoorlanddros se antwoord is soos volg:
"In
retrospek, die ondervraging ingevolge artikel 112(1) (b) Wet 51/77
verwys, erken die beskuldigde nie die wedenegtelikheid
van sy optrede
ten tye van die plaasvind van die gebeure nie. Hierdie oorsig word
betreur, en u word versoek om die skuldigbevinding
ter syde te stel.
Skrywer was van oordeel dat die voorwaardes van die Korrektiewe
beampte genoegsaam was".
Die
ondervraging van die verhoorlanddros was soos volg:
2
"Hof:
Die hofgaan nou vrae vra aan u om seker te maak dat u wel skuldig is.
Pleit u
vrywillig
skuldig of is daar iemand wat u dwing om skuldig te pleit?
Beskuldigde:
Vrywillig, edele.
Hof:
Is daar 'n gesinsgeweldinterdik teen u?
Beskuldigde:
Ja, edele.
Hof:
Het u op die 22ste Januarie hierdie jaar vir die klaagster - ek neem
aan dit is u vrou - is ditreg?
Beskuldigde:
Dit is korrek.
Beskuldigde:
Yes, edele.
Hof:
Het u vir haar hierdie woorde gese soos wat die aanklaer nou
uitgelees het?
Beskuldigde:
Ja, edele.
Hof:
Het u ook vir haar gedreig om haar vrek te maak?
Beskuldigde:
Ja, edele.
Hof:
Nou hoekom het u dit gedoen?
Beskuldigde:
Edele, dit was net in 'n oomblik dat ek my humeur verloor het. Maar
oor die algemeen slaan ek nie aan my vrou en ek het... (tussenbei)
Hof:
Ek praat nie van slaan nie.
Beskuldigde:
Ek het net daardie oomblik kop verloor, edele.
Hof:
Het u geweet u is besig om die bepalings van die interdik te oortree
toe u dit se?
Beskuldigde:
Ek het nie daardie, in daardie oomblik daaraan gedink nie, edele.
Hof:
Het u later daaraan gedink?
Beskuldigde:
Ja, edele.
Hof:
Met ander woorde het u geweet u optrede is verkeerd en strafbaar?
Beskuldigde:
Dit is verkeerd, edele."
Ondervraging
ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet is basies 'n proses wat uit
twee komponente bestaan. Eerstens en deur middel
van gepaste vrae
word diefeitlike basis van die pleit van skuldig ondersoek. Tweedens
en op dieselfde wyse word die wetlike basis
van die pleit vasgestel.
3
Dit
is slegs indien die hof tevrede is dat die erkennings van die
beskuldigde al die elemente van die misdryf dek dat die hof die
beskuldigde skuldig kan bevind.
4
In
die onderhawige geval was dit na my mening nodig om die volgende
feite tydens ondervraging vas te stel:
(i)
Dat
daar 'n beskermingsbevel uitgereik is en dat die beskuldigde
kennis
dra van die inhoud daarvan met inbegrip van wat hy beveel
is om te doen
of verbied word om te doen;
(ii)
Dat
die beskuldigde deur latere optrede die bevel in (i) genoem oortree
en
verontagsaam het;
(iii)
Dat
die beskuldigde geweet het wat die gevolge van sy latere optrede
in
(ii) sou wees, nl: 'n wederregtelike verontagsaming of
oortreding van die
bevel en dus die pleging van 'n misdryf.
Die
ondervraging soos
supra
aangedui
het na my mening in meer as een opsig tekortgeskiet en kon die hof a
quo
nie
in die omstandighede tevrede gewees het dat al die elemente van die
misdryf deur die beskuldigde erken word nie.
In
die omstandighede is ek van mening dat dit gepas sou wees om die
skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel en die aangeleentheid
kragtens Artikel 312 (1) van die Wet na die verhoorlanddros terug te
verwys vir behoorlike
ondervraging
ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet. Indien die hof nie tevrede
is dat al die elemente van die misdryf deur die
beskuldigde erken
word nie moet die bepalings van Artikel 113 van die Wet toegepas
word.
Indien
die verdere proses sou lei tot 'n skuldigbevinding en die hof van
mening is dat korrektiewe toesig gepas sou wees, is dit
die plig van
die voorsittende beampte om die voorwaardes daarvan te bepaal en nie
slegs oor te laat aan die korrektiewe beampte
nie. Dit is tog die hof
se vonnis en dus vir die hof om dit behoorlik te formuleer. In S
v
Ndaba
5
word die posisie met respek gese duidelik deur Kriegler WnAR (soos hy
destyds was) uiteengesit:
"Die
hofbehoort in die reel egter nie sommer breedweg 'n vonnis van
kon-ektiewe toesig op te le en die komponente daarvan aan
die
goeddunke van die korrektiewe beampte oor te laat nie. Dit sou ook
oor die algemeen verkeerd wees om die inhoud van 'n wesentlike
komponent geheel en al aan vasstelling deur die korrektiewe beampte
oor te laat..."
Voorts
verklaar die geleerde Regter:
6
"Juis
vanwee die veelsoortigheid van die onderhawige strafvorm en die
knelpotensiaal van bepaalde komponente daarvan (byvoorbeeld
huisarres
of diensverrigting) betaam dit 'n regtelike straftoemeter om paal en
perk te stel aan die straf wat hy ople. Die feit
dat bykomende
administratiewe handelinge deur andere geneem mag word, ontneem 'n
regspreker geensins van die plig om die geregtelike
fase van
straftoemeting, waarvoor hy verantwoordelik is, ooreenkomstig geykte
norme te laat verloop nie."
Die
landdros word dus versoek om hierdie beginsels in gedagte te hou
indien korrektiewe toesig weereens opgele moet word.
KLOPPER
WnR
Ek
stem saam. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. Die
saak word terugverwys vir die landdros om dienooreenkomstig
die reg
daarmee te handel.
LE
GRANGE R
1
Wet 116 van 1998.
2
bl 1 - 3 van die oorkonde.
3
Sien
S
v
Nyanga
2004
(1) SACR 198
(C) op 201 b - e
4
Sien
S
v
Diniso
1999
(1) SACR 532
(C) op 533 g - h.
5
1993
(1) SASV 637 (A) op 642 d - e
6
op
642 f