About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 459
|
|
E parte: Kruger, Ex parte Beukes, Ex parte Abrahams (17886/2010, 17885/2010, 17876/2010) [2010] ZAWCHC 459 (6 September 2010)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNR:
17886/2010
In
die ex
parte
aansoek:
ALETTA
MAGDALENA KRUGER
…........................................................................
Applikante
SAAK
NR: 17885/2010
In
die ex
parte
aansoek
van:
ANNELIE
BEUKES
…...............................................................................................
Applikante
SAAKNR:
17876/2010
In
die ex
parte
aansoek
van:
MOHAMMED
ABRAHAMS
…....................................................................................
Applikant
UITSPRAAK GELEWER OP
6 SEPTEMBER 2010
1. Die bogemelde drie
aansoeke vir die vrywillige boedeloorgawes van die applikante het
voor my gedien in die Mosiehof op Woensdag,
28 Augustus 2010.
2. In al drie die
aansoeke beskik die applikante onroerende eiendomme. beswaar met
verbande, en is die applikante nie. soos hieronder
aangedui sal
word, ooglopend insolvent nie.
3. In die aansoek van Me
Kruger beloop haar totale bates R1 352 300.00 en haar totale laste
R1 380 711,00, d.w.s. die tekort in
haar boedel beloop net meer as
R28 000,00. Die oorgrote gedeelte van haar skuldlas bestaan uit die
verbandskuld van meer as R1
miljoen, asook leningsverpligtinge
teenoor verskeie finansiele instellings.
4. Sy blyk werkloos te
wees. Sy beskik slegs oor roerende bates ter waarde van R2 300,00.
5.
Die Meester het in sy verslag bloot vermeld dat krediteure 0,24 sent
in die Rand sou ontvang en dat die
"sequestration
may be to advantage of creditors."
6.
Die waardasie van die onroerende eiendom word gerugsteun deur 'n
"appraisal
certificate"
gelewer
deur ene A.F.J. Duncan
"auctioneer
and appraiser".
Hy
dui aan dat die waarde van applikante se eiendom nagenoeg R 1 350
000,00 beloop. By sy enkelblad sertifikaat is aangeheg (maar
daar
word nie daarmee gehandel in die sertifikaat nie) 'n
"search
works report",
wat
aandui dat die applikante die eiendom aangekoop het in 1996 vir R280
000,00 en dat daar sekere verbande daaroor geregistreer
is. 'n
Verdere
"search
works report",
ook
aangeheg, en ook ten opsigte van die applikante se eiendom, dui
onder die aanhef
"market
valuation",
'n
geskatte waarde van R1,11 miljoen, 'n verwagte
"high"
van
R1,39 miljoen, en 'n verwagte
"low"
van
R970 000,00. Ek verpoos om daarop te wys dat indien die eiendom 'n
prys van R1.39 miljoen behaal, is die applikante uiteraard
nie
insolvent nie.
7.
Daar is verdere dokumentasie aangeheg en wat deel vorm van die
"search
works report",
maar
geen verduideliking word verskaf wat die betekenis daarvan sou wees
nie, en handel die waardeerder hoegenaamd nie daarmee
in sy
sertifikaat wat voorgee onder eed afgele te wees, alhoewel daar geen
aanduiding is dat dit inderdaad behoorlik beedig is
nie.
8.
In die aansoek van Me Beukes blyk dit dat sy eweneens werkloos is,
beskik sy slegs oor 'n onroerende eiendom as 'n bate wat
gewaardeer
word op R740 000,00. Daarenteen het sy laste van R760 634,00. Sy is
derhalwe insolvent in die bedrag van nagenoeg
R20 000,00. Die
verwagte diwidend van skuldeisers beloop nagenoeg 0,25 sent in die
Rand. Me Beukes steun eweneens op 'n soortgelyke
sertifikaat van mnr
Duncan wat haar eiendom te Lutzville waardeer op R740 000,00. Dit
blyk uit soortgelyke aanhangsels dat Me
Beukes die eiendom gedurende
2000 aangekoop het vir R240 000,00. Die
"estimated
value"
op
die
"search
works"
dokument
is R770 000,00, met 'n verwagte hoog van R960 000,00 en 'n verwagte
laag van R670 000,00. Indien die prys van R770 000,00
behaal word,
is Me Beukes uiteraard nie insolvent nie.
9. Mnr Abrahams se
aansoek openbaar dat hy eweneens werkloos is, maar dat hy oor drie
onroerende eiendomme beskik met 'n gesamentlike
waarde van R1.26
miljoen. Hy vermeld dat sy totale laste R1 272 722,48 beloop. d.w.s
daar is 'n tekort van nagenoeg R12 000.00.
10. Sy skuldeisers sal
na verwagting 15 sent in die Rand ontvang.
11. Daar word, net soos
in die vorige twee aansoeke, steun geplaas op 'n waardasie deur mnr
Duncan, maar is daar geen aanhangsels
tot die waardasies ten aansien
van die drie eiendomme nie, soos wat daar wel in die ander aansoeke
was nie.
12.
Soos Makgoka WnR aangedui het in
Ex
parte Bouwer and similar applications
2009
(6) SA 382
(GNP) (te 385A) is die hof nie bloot n rubberstempel in
die proses van boedeloorgawe nie. By oorweging van die vraag of die
aansoeke
toegestaan moet word aldan nie, is die eerste vraag of die
boedels van die applikante inderdaad insolvent is. In die verband,
soos ek reeds hierbo uitgewys het, steun die applikante bloot op n
getekende sertifikaat wat sonder enige verduideliking vir die
grondslag daarvan voorgee waardes op die eiendomme te plaas.
13.
Dit is verdermeer geykte reg dat 'n geswore waardasie verskaf moet
word. In
Nell
v Lubbe
1999
(3) SA 109
(W) te 111D-G, het Leveson R die posisie as volg opgesom:
"The purpose of
furnishing a sworn valuation is therefore to establish the price
that is likely to be realized from the sale
of the property on what
is called a forced sale so that it can be determined that there will
be a free residue available for
creditors and advantage to creditors
is thereby established. A practice has therefore grown up in this
Division (I cannot speak
for others) whereby a sworn valuation is
furnished by an expert witness, usually, as in the present case, an
estate agent. He
expresses an opinion with respect to the price that
the property will fetch. Normally the opinion of a witness is not
receivable
in evidence. But the opinion of an expert witness is
admissible whenever, by virtue of the special skill and knowledge he
possesses
in his particular sphere of activity, he is better
qualified to draw inferences from the proved facts than the judge
himself.
A court will look to the guidance of an expert when it is
satisfied that it is incapable of forming an opinion without it. But
the court is not a rubber stamp for acceptance of the expert's
opinion. Testimony must be placed before the court of the facts
relied upon by the expert for his opinion as well as the reasons
upon which it is based. S v Gouws
1967 (4) SA 527
(E); S v Govender
and Another
1968 (3) SA 14
(N). The court will not blindly accept
the assertion of the expert without full explanation. If it does so
its function will
have been usurped."
14.
In
Ex
parte Anthony en 'n Ander en ses soortgelyke aansoeke
2000
(4) SA 116
(C) te 124F-E het
:
n
volhof in hierdie Afdeling die benadering van Leveson R in
Nell
v Lubbe
,
supra,
goedgekeur.
Sien ook
Ex
parte Mattysen et Uxor (FirstRand Bank Ltd intervening)
2003
(2) SA 308
(T) te 312A-G;
Coopers
(South Africa) (Pty) Ltd v Deutsche Gesellschaft Fur
Schadlings-bekampfung MBH
1976
(3) SA 352
(A) at 317G-H.
15.
In
Ex
parte Harmse
2005
(1) SA 323
(N) het Magid R (met Tshabalala RP en Van der Reyden R)
bevind dat wat vereis word is bewys van daadwerklike insolvensie en
nie
bloot 'n onvermoe om verpligtinge teenoor skuldeisers na te kom
nie (Cf.
Ex
parte Fouche
1956
(2) SA 116
(O).
16. Weens die feite
hierbo uitgesit is ek geensinds daarvan oortuig dat die drie
applikante se boedels inderdaad insolvent is
nie. Die skattings van
die waarde van hul eiendomme het weinig bewyswaarde en bevat dit ook
teenstrydighede.
17.
Verdermeer, en soos Southwood R uitgewys het in
Ex
parte Kelly
2008
(4) SA 615
(T) te 617B-D, is dit geykte reg dat die applikant moet
aantoon dat die boedeloorgawe sal meebring dat "a
not
negligible dividend"
aan
skuldeisers uitbetaal sal word. In die verband het Southwood R het
verwys na
Ex
parte Anthony en 'n Ander en ses soortgelyke aansoeke
2000
(4) SA 116
(C) te paragraaf 11 ('n volbank uitspraak in hierdie
Afdeling by monde van Blignault R. met wie Davis R en Immermann WnR
saamgestem
het), en
Ex
parte Mattysen et uxor
(supra)
te
316B-C.
18. Southwood R opgemerk
dat in daardie Afdeling die gebruiklike vereiste is dat skuldeisers
ten minste 10 sent in die Rand moet
ontvang alvorens dit bevind sal
word dat daar 'n voordeel vir skuldeisers is.
19.
Soos Holmes R. soos hy toe was, opgemerk het in
Ex
parte Pillav. Mavet v Pill ay
1955
(2) SA 309
(N) te 311E:
"The machinery
of voluntary surrender was primarily designed for the benefit of
creditors, and not for the relief of harassed
debtors."
Lusu
WnR het voormelde met goedkeuring aangehaal in
Fesi
and Another v Absa Bank Ltd
2000
(1) SA 499
(C).
20. Ten aansien van Me
Beukes en Me Kruger beloop die verwagte diwidend minder dan 1 sent
in the Rand. Boedeloorgawe kan in daardie
omstandighede nie tot die
voordeel van konkurrente skuldeisers strek nie. Verdermeer is ek nie
daarvan oortuig dat enigeen van
die drie applikante inderdaad
insolvent is nie. In die vooropstelling moet die aansoeke voor my
faal.
21. Gevolglik word al
drie die aansoeke van die hand gewys.
S
Oliver WnR