Ndida v S (A362/2010) [2010] ZAWCHC 456 (3 September 2010)

54 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of housebreaking with intent to rob and robbery with aggravating circumstances — Sentenced to 12 years' imprisonment — Appellant contended that the magistrate failed to exercise discretion properly by not considering all relevant factors — Court found that the magistrate considered the appellant's youth, first offender status, and guilty plea — No misdirection established — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 456
|

|

Ndida v S (A362/2010) [2010] ZAWCHC 456 (3 September 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:A362/2010
DATUM:
3 September 2010
In die saak tussen:
MZINGISI
NDIDA
…......................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…...................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
DAVIS,
R
:
Die appellant was op 18
April 2008 in die streekhof te Blue Dows aangekla op die klagte van
huisbraak met die opset om te roof
en roof met verswarende
omstandighede in terme van . Gelees met die bepalings van artikel
260 van die Strafproseswet 51 van 1977,
gelees met artikels 51(2)
van Wet 105 van 1997. Die beskuldigde, wie regsverteenwoordig was,
het skuldig gepleit in terme van
artikel 112(a)(ii) van Wet 51 van
1977 op die aanklagte en is hy gevolglik ooreenstemmend met sy pleit
op 18 April 2008 skuldig
bevind op die klagte. Op dieselfde dag het
die hof die appellant op die aanklagte tot 12 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Die appellant
kom na hierdie hof op appel teen hierdie
vonnis.
Die pleit illustreer die
basis van die oortreding en derhalwe is dit belangrik vir die
doeleindes van vonnis:
"Op 4 April 2008 en
te of naby Thulanistraat, Sonnendal, Kraaifontein, in die
streekafdeling van die Kaap, het ek wederregtelik
die woning van
Cuan Fester oopgebreek en binnegegaan met die opset om te roof en
toe daar wederregtelik en opset vir Cuan Fester
aangerand en met
geweld uit sy besig die goedere, soos vermeld in die klagstaat,
geneem, synde sy eiendom in sy regmatige besit.
Ek erken dat op die
dag van die misdrywe was ek en my medebeskuldigde by die bogenoemde
adres. Die venster op die boonste verdieping
van die woning was oop.
Ons klouter oop teen die gebou en ek klim eers deur die half oop
venster. Ek het die venster nog wyer
gemaak om toegang te verkry. Ek
klim toe eerste in die huis. Ons beweeg van kamer tot kamer en maak
van die goedere bymekaar
soos vermeld in die klagstaat. Toe ons
afkom by die klaer, het hy nog geslaap. Ek en my medepligtige hou
toe 'n mes by sy keel.
Ons dreig horn met geweld en het horn
hardhandig behandel en ernstig aangerand sodat hy ons kan se waar
alles waardevol is. My
medebeskuldigde het die klaer vasgehou,
terwyl ek toe gebruik het om horn vas te bind. Nadat ons die goedere
in "n sakkie
sit, loop ons toe weg. Ek was van plan om die
goedere te verkoop en die geld te gebruik vir my persoonlike
doeleindes. Dus op
hierdie manier wou ek die regmatige eienaar
permanent van sy regmatige eiendom onteien en so was hy ook
aangerand met geweld.
Ek erken dat ek ten tye van die voorval geweet
het dat dit wat ek gedoen, verkeerd is en ek daarvoor gestraf kan
word."
Me
De
Jongh
,
wat namens die appellant verskyn, het gesubmitteer dat die landdros
nie sy diskresie ten opsigte van vonnis regtelik en billik

uitgeoefen het deur nie deeglik ondersoek in te stel en genoegsame
gewig toe te ken aan al die relevant faktore voordat hy vonnis

oorweeg het nie. Derhalwe het sy namens appellant submitteer dat die
Hof kan inmeng met die vonnis en dit tersyde stel.
Die landdros, in sy
uitspraak, het die volgende gese:
"Daar is baie min
faktore wat die Hof in u guns kan in aanmerking neem. Die Hof neem
in ag dat u relatief jonk is en dit
is baie jammer dat u beide op
hierdie jeugdige ouderdom tot hierdie misdaad oorgegaan het. Die Hof
neem ook in u guns in ag dat
u skuldig gepleit het. Die Hof neem
verder in ag dat u beide eerste oortreders is. Dit is die feite en
faktore wat hierdie Hof
in u guns kan in ag neem."
"n Bietjie later
het die landdros die volgende gese:
"Die Hof is van
mening dat die Hof moet afwyk van die voorgeskrewe vonnis slegs
vanwee die feite dat u beide relatief jonk
is. Hierdie Hof wil u
aanmoedig, wanneer u u vonnis klaar uitgedien het, om u self te
bekwaam vir 'n beter lewe en om vir u self
te kan sorg."
Volgens
me
De
Jongh
het
die landdros dus net die feit dat die appellant relatief jonk was in
ag geneem en nie die ander feite, nieteenstaande dat
hy vroeer in sy
redes vir vonnis hierdie ander faktore uiteengesit het nie.
Dit is gemene saak dat
in hierdie saak die voorgeskrewe minimum vonnis is van toepassing op
die klagte. Volgens artikel 51(2)
van Wet 105 van 1997:
"Notwithstanding
any other law, but subject to subsections (3) and (6), a regional
court or a High Court, including a High
Court to which a matter has
been referred under section 52(1) for sentence, (indistinct) in
respect to a person who have been
convicted of an offence, refer to
in a Part II of Schedule 2, sentence the person in the case: (i)
First offender imprisonment
for a period not less than 15 years."
Me
De
Jongh
het
geargumenteer dat die appellant jonk was en dit moet in ag geneem
word. Die feit bly staan, nieteenstaande artikel 51(2) en
artikel
51(b), dat:
"If any Court
referred to in subsection (1) or (2) decides to impose a sentence
described in those subsections upon a child
who was 16 years of age
or older, but under the age of 18, at the time of the commission of
the act, which constitutes the offence
in question, it shall enter
the reasons for its decision on the records of the proceedings."
Met
ander woorde in 'n situasie waar die oortreder ouer is as 18, is
hierdie artikel van die Wet nie van toepassing nie. Verder
moet die
rol van Yi Hof op appel in verband met vonnis in ag geneem word. In
S
v Pillav
1977(4)
SA 531 (A) te 534 het die Hof soos gevolg gese:
"Now the word
misdirection in the present context simply means an error committed
by the Court in determining or applying
the facts for assessing the
appropriate sentence. A mere misdirection is not by itself
sufficient to entitle the appeal court
to interfere with the
sentence. It must be of such a nature, degree or seriousness that it
shows directly or inferentially that
the Court did not exercise its
discretion at all, or exercise it improperly or unreasonably, such a
misdirection is usually and
conveniently termed one that vitiates
the Court's decision or sentence."
Na
my mening, in hierdie saak, was daar geen mistasting nie. Die feit
bly staan: appellant was "n eerste oortreder. Hy was
jonk. Hy
het skuldig gepleit. Al drie van hierdie faktore was deur die
landdros in ag geneem. Verder was hierdie "n saak
waar die
beskuldigdes baie geweld gebruik het. Na my mening, is daar geen
basis, volgens die
Pillav
toets,
om in te meng met die vonnis van die landdros nie. Na my mening moet
die appel van die hand afgewys word.
DUMINY.
WnR
:
Ek stem saam.
DUMINY,
WnR
DAVIS.
R
:
Dit word so beveel.
DAVIS.
R