About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 449
|
|
Gqolo v S (A353/10) [2010] ZAWCHC 449 (27 August 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
A353/10
DATUM
27
AUGUSTUS 2010
T
GQOLO
….................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................
Respondent
UITSPRAAK
BLOMMAERT.
WnR
:
Appellant is op 8
Oktober 2009 op een klag van roof met verswarende omstandighede
skuldig bevind en tot twaalf jaar gevangenisstraf
gevonnis waarvan
vier jaar opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie weer
skuldig bevind word aan roof, diefstal of
poging daartoe nie en wat
gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie. Hy is verder
onbevoeg om h vuurwapen te besit
verklaar. Appellant was op borg
gedurende die verrigtinge en was te alle tye deur 'n
regsverteenwoordiger verteenwoordig. Appellant
kom nou in hoer
beroep teen beide sy skuldigbevinding en sy vonnis.
Die agtergrond tot
hierdie aangeleentheid, soos deur die klaagster beweer, is dat sy in
'n straat in Asandadorp, omstreeks 20:30
op Saterdag, 21 Februarie,
was. Volgens haar het sy kort vantevore 'n selfoonoproep beantwoord
en gemelde oproep voltooi toe
sy deur 11 man genader is wat haar met
'n mes gedreig het en haar selfoon geeis het. Sy het die foon aan
horn oorhandig en hy
het weggehardloop.
Daarna is sy deur lede
van die gemeenskap genader, onder andere, "n jong man wat later
ook 'n staatsgetuie sou wees. Hierdie
jong man het gese hy weet wie
die appellant was en waar hy woon. Hierna het sy 'n klag by die
polisie gele en die appellant is
die aand van 23 Februarie 2009 by
sy huis gearresteer.
Volgens die klaagster
het sy geweet wie die appellant was alhoewel sy horn nie persoonlik
geken het nie omdat hy dikwels saam
met sy vrou en twee kinders by
haar huis verbygeloop het.
Die ander staatsgetuie,
die jong man hierbo na verwys, het getuig dat hy omstreeks 20:30 op
24 Februarie gestap het in die straat
naby waar die beweerde roof
plaasgevind het. Hy het gesien hoe die twee partye vir mekaar kyk,
voor mekaar staan en hy was omtrent
tien meter van hulle. Volgens
horn was daar 'n straatlig aan en hy kon die man hoor eis dat die
vrou die selfoon moet oorhandig.
Verder het hy getuig dat
hy horn gesien het met die item, wat hy aanvaar het was die selfoon,
en dat sy dit uit haar regterhand
se sak gehaal het. Hy het getuig
dat die man, wat hy as die appellant uitgeken het, dikwels vantevore
in die gemeenskap gesien
het. Hy het horn geken by die naam
"Makaboks".
Teen hierdie redelike
eenvoudige verhaal is die appellant se saak eenvoudig 'n sogenaamde
alibi verweer. Volgens horn was hy en
sy meisie, wat ook die moeder
van sy twee kinders is, tuis die hele aand en gewis hy geensins
enigiets van die voorval nie.
Sy meisie, wat ook
getuig het, het bevestig dat hy die ganse tyd by haar was behalwe
dat hy vir 'n kort rukkie uit was om wors
te koop by die winkel
oorkant die straat waar hy gebly het.
Die appellant het erken
dat hy in die gemeenskap as "Makaboks" bekend staan, maar
dit was egter nie sy naam nie, sy
naam was Thulani, maar hy het
geweet dat die gemeenskap soms na horn verwys as "Makaboks".
Soos uit die voorgaande
kort beskrywing van die omstandighede wat aanleiding gegee het tot
die voorval blyk, gaan dit hier grotendeels
oor die uitkenning van
die appellant.
Die
geleerde landdros het dan ook tereg verwys na R v
DLADLA
1962(1)
SA 307 (A) en na my mening noukeurig die toets, soos daarin
uiteengesit, toegepas op die getuienis. Ek kan geen aanduiding
vind
dat die geleerde landdros verkeerd was nie. Hy het mening
uitgespreek oor die kwaliteit van die klaagster en die ander
staatsgetuies se getuienis asook die ooglopende probleme in die
appellant se getuienis. Die teenstrydighede wat daar was, kan
geensins na my mening as wesenlik beskou word nie.
Die onwaarskynlikhede
van die appellant se weergawe word verder beklemtoon deur die feit
dat sy meisie, wat namens horn getuig
het, juis maar hierdie aand
presies kan onthou, maar vaag is oor ander aande.
Die noukeurige analise
van die getuienis aangaande beligting, die hoeveelheid keer wat die
klaagster en die ander staatsgetuie
die appellant voorheen gesien
het, die appellant se kleredrag en die analise van die
onwaarskynlikhede van die appellant se weergawe,
laat by my geen
twyfel dat die geleerde landdros se bevinding aangaande die
skuldigbevinding korrek is nie. Die skuldigbevinding
word derhalwe
bekragtig.
Wat die vonnis betref,
is dit na my mening buitensporig swaar. Die geleerde landdros het
aanvaar dat hy nie geregtig is om die
minimum vonnis van 15 jaar,
soos deur die Wet vereis, in werking te stel nie. Hy het dan ook
bevind dat daar wel dwingende omstandighede
was om van hierdie
minimum vonnis af te sien, eerstens, omdat die appellant Vi eerste
oortreder was en verder dat die klaagster
geen beserings opgedoen
het tydens die voorval nie. Verder blyk die hoeveelheid geweld wat
gebruik is, geensins uit die getuienis
nie, dit was juis maar 'n
dreigement gewees.
Uit die getuienis blyk
dit dat die appellant 'n vader is wat vir sy kinders omgee en wel
tyd by hulle deurbring. Alles in ag genome
is ek van mening dat 'n
vonnis van agtien (18) maande gevangenisstraf waarvan nege (9)
maande opgeskort is op voorwaarde dat
appellant nie weer skuldig
bevind word op roof of diefstal of poging daartoe, 'n toepaslike
vonnis sal wees.
Gevolglik word die
skuldig bevinding bekragtig maar die vonnis word gewysig na die
volgende:
AGTIEN
(18) MAANDE GEVANGENISSTRAF
waarvan
nege (9) maande opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat
die appellant nie weer skuldig bevind word aan roof
of diefstal of
poging daartoe nie wat gepleeg is gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Appellant word onbevoeg
verklaar om 'n vuurwapen te besit.
BLOMMAERT, WnR
VELDHUIZEN,
R
:
Ek stem saam, dit word so beveel.
VELDHUIZEN,
R