About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 195
|
|
Sikane v S (A333/10) [2010] ZAWCHC 195 (27 August 2010)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
A333/10
DATUM
27 AUGUSTUS 2010
H SIKANE
…...........................................................................
Appellant
en
DIE STAAT
…..........................................................................
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN,
R
:
Die appellant is in die
landdros skuldig bevind aan die misdaad van huisbraak met die opset
om te steel en diefstal deurdat hy op
11 November 2008 by die woning
van die klaagster ingebreek het en R120 kontant sowel as 'n
selfoon gesteel het. Hy
is 'n
vonnis
van drie jaar gevangenisstraf opgele. Hierdie appel is teen die
vonnis gemik.
Die appellant is 'n
getroude man met twee
kinders en hy lei 'n sukkelbestaan. Hy werk as tuinier en verdien
tussen R100 en R120 per week. Die appellant
het die huis van die
klaagster
binnegegaan deur 'n
oop deur wat ook 'n
veiligheidshek gehad
het. Die appellant het die veiligheidshek, wat nie gesluit was nie,
verder oopgestoot en sodoende toegang
tot die huis verkry.
Die appellant se vorige
veroordelings toon dat hy op 31 Julie 2000 skuldig bevind is aan
ontsnapping en tot ses maande gevangenisstraf
gevonnis is Op 29
Junie 2001 het hy homself tien maande gevangenisstraf wat
voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is op die hals
gehaal vir die
misdaad huisbraak met die opset om te betree.
Die appellant se twee
vorige oortredings is nie net relatief oud nie, maar is ook nie juis
van toepassing wanneer die vonnis vir
die onderhawige misdaad
oorweeg word nie.
Wat die misdaad self
betref. het die klaagster blykbaar haar eiendom, kort nadat die
misdaad gepleeg is, teruggekry. Die huisbraak
self, kom my voor, van
'n
tegniese
aard te wees in die sin dat die appellant slegs die veiligheidshek
wyer oopgemaak het en niks gebreek het nie. Al hierdie
omstandighede
in ag genome, meen ek dat die Verhoorhof die erns van die misdaad
oorbeklemtoon het. Die vonnis as sulks kon my
ook as buitensporig
swaar voor.
.
In die omstandighede
word die appel gehandhaaf, die appellant se skuldigbevinding
bekragtig maar die vonnis tersyde gestel en
vervang met die volgende
vonnis:
AGTIEN (18) MAANDE
GEVANGENISSTRAF
waarvan
nege (9) maande opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan die
misdaad
huisbraak met die opset om te steel en diefstal of diefstal nie,
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
VELDHUIZEN, R
BLOMMAERT.
WnR
:
Ek stem saam.
BLOMMAERT, WnR
/im