About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 168
|
|
Mzandi v S (110/2010) [2010] ZAWCHC 168; 2011 (1) SACR 253 (WCC) (27 August 2010)
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOe HOF, KAAPSTAD)
SaakNr:
GSH(3)
110/2010
Hoe
Hof Nr: 10989
Landdroshof
Nr: 1/2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
teen
THULANI
MZANDI
HERSIENINGSUITSPRAAK:
GELEWER OP 27 AUGUSTUS 2010
KLOPPER
WnR
Hierdie
saak is ingevolge Artikel 304A van die Strafproseswet, 51 van 1977
(hierna "die Wet" genoem) op spesiale hersiening
gestuur
deur Streeklanddros te Parow. Die saak is ingevolge Artikel 116 (1)
van die Wet na die Streekhof te Parow verwys vir vonnis.
Die
beskuldigde het in die distrikshof te Goodwood tereggestaan op 'n
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Na
aanhoor van die getuienis is hy skuldig bevind soos aangekla. Die
beskuldigde is weens die aard van sy vorige veroordelings
verwys na
die Streekhof vir vonnis.
Nadat
die Streeklanddros die oorkonde oorweeg het soos deur Artikel 116 (3)
van die Wet vereis word, was hy nie tevrede dat die
verrigtinge
ooreenkomstig die reg was nie. Die Streeklanddros verskaf die
volgende redes vir sy mening:
"Die
getuienis van die klaer het nie aangetoon dat enigiets uit die
vertrek waar ingebreek is, verwyder is nie. Die hoetroustel
waarna
verwys word in die klagstaat, was wel verwyder van waar dit
aanvanklik gestaan het, maar dit was gevind in dieselfde kamer
onder
die bed in 'n sak waar dit versteek was onder klere.
A/a
my
oordeel kon die beskuldigde hoogstens skuldig bevind gewees het aan
huisbraak met die opset om te steel en
poaing
tot diefstal, aangesien daar nie 'n onttrekking van die artikel van
die beheer van die eienaar plaasgevind het nie. Die
contrectatio
of toe-eieningshandeling was nie voltooi nie."
Daar
is verskeie definisies te vinde in ons regspraak en bekende handboeke
vir die misdryf van diefstal.
Ons
Hoogste Hof van Appel het in S
v
Boesak
1
diefstal omskryf as
"the
unlawful and intentional appropriation of the property of another".
2
Daaruit
is dit na my mening duidelik dat daar toe-eiening van eiendom moet
plaasvind alvorens diefstal gepleeg kan word.
Die
onderskeid tussen die onderhawige feitestel en die situasie wat
dikwels gevind word waar diefstal uit 'n selfbedieningswinkel
plaasgevind het en die dader aan diefstal skuldig bevind word, is te
vinde in die feit dat waar die items op die persoon van die
dader
versteek word daar dikwels bevind kan word dat die dader die
artikel(s) toegeien het en die eienaar sy beheer oor die artikel(s)
verloor het.
3
Elke saak moet egter op sy eie meriete beoordeel word om te bepaal
wat die posisie is.
In
die onderhawige saak nadat daar ingebreek is, is die item verwyder en
op 'n ander plek geplaas wat in die omstandighede die afleiding
sou
regverdig dat dit die bedoeling was van die dader om dit te steel.
Vir een of ander onbekende rede het die dader die perseel
verlaat
sonder om enige items te neem. (Terloops dieselfde handeling het
plaasgevind ten opsigte van die klerasie wat uit die kaste
gepak
is).
4
Daar
was in hierdie omstandighede na my mening 'n handeling (die
versameling van die items) wat minstens die begin was van die
uitvoering van die misdaad, maar geen handeling wat veroorsaak het
dat die eienaar beheer daaroor verloor het of wat die items vanuit
die beheer van die eienaar geneem het nie. Die misdryf is dus nie
voltooi nie.
Na
oorweging van die getuienis stem ek dus saam met die Streeklanddros
dat die beskuldigde hoogstens aan poging tot diefstal skuldig
bevind
kon word.
5
Sien
R
v Jacobs
6
,
S
v
Josiya
7
en
S v Newman.
8
Ek
sou dus die skuldigbevinding tersydestel en vervang met een van
huisbraak met die opset om te steel en poging tot diefstal.
KLOPPER,
WnR
Ek
stem saam. Die skuldigbevinding word tersydegestel en vervang met een
van huisbraak met die opset om te steel en poging tot diefstal.
Die
saak word terugverwys na die Streekhof te Parow vir die oplegging van
'n gepaste vonnis.
LE GRANGE, R
1
[2000] ZASCA 112
;
2000
(1) SACR 633
(SCA) op par. 97.
2
Sien ook C.R. Snyman-Sfra/reg 5e uitgawe op 467 en Jonathan
Burchell-
Principles
of Criminal Law
3e
uitgawe op 782.
3
Sien
Snyman
supra
op
489 - 490, S
v
Tau
1996
2 SASV 97 (T).
4
Sien
bl 5 van die oorkonde.
5
Dit
maak geen verskil na my mening of die handeling by diefstal beskryf
word as 'n vorm van
contrectatio
waarna
daar dikwels deur die Howe verwys word of as 'n
toe-eieningshandeling soos deur Snyman in
Strafreg
supra
op
478 - 481 bepleit word nie.
6
1955
2 PHH187(W).
7
1970
(4)SA
549 (R).
8
1998
1 SASV 95 (T). Sien ook
Principles
of Criminal Law
supra-Jonathan
Burchell op 786 -787.