Dart Motors (Pty) Ltd v Jannecke (A611/2009) [2010] ZAWCHC 192 (20 August 2010)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Hire purchase agreement — Voluntary surrender — Respondent sought final relief against appellant, claiming that she did not validly cancel a hire purchase agreement or voluntarily surrender the vehicle due to misrepresentation by the appellant's employee — Court found that the respondent's testimony regarding the circumstances of signing the "voluntary surrender" document was credible and not contradicted by the appellant — No valid cancellation of the agreement or voluntary return of the vehicle established — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 192
|

|

Dart Motors (Pty) Ltd v Jannecke (A611/2009) [2010] ZAWCHC 192 (20 August 2010)

In die Hooggeregshof van
Suid-Afrika
(Wes-Kaap Hoe Hof,
Kaapstad)
In die saak tussen:
Saaknommer: A611/2009
Dart Motors (Pty) Ltd
…..........................................................................
Appellant
Versus
Carol Charmaine Jannecke
…...................................................................
Respondent
Uitspraak gelewer: 20
Augustus 2010
LOUWR
[1] Hierdie is 'n appel
teen die uitspraak en bevel wat die landdros in Kaapstad op 7 Julie
2009 gemaak het waarin finale regshulp
in mosieverrigtinge aan die
respondent toegestaan is ingevolge waarvan die appellant verbied is
om die respondent se motorvoertuig
te verkoop en gelas is om die
besit van die voertuig aan die respondent terug te gee. Die appellant
is ook gelas om die koste van
die aansoek te betaal. Op versoek van
die Appellant, het die landdros op 14 September 2009 skriftelike
redes vir die bevel verstrek.
[2] By die aanvang van
die aanhoor van die appel op 6 Augustus 2010 het die respondent, wat
in persoon opgetree het nadat haar prokureurs
van rekord op 3
Augustus 2010 onttrek het, aansoek gedoen vir die uitstel van die
verrigtinge ten einde haar in staat te stel om
'n nuwe
regsverteenwoordiger deur regshulp te bekom. Die appellant het die
aansoek om uitstel teengestaan en argument ten opsigte
van beide die
aansoek en die meriete van die appel is aangehoor.
[3] Dit is gemene saak
dat die respondent op 11 Junie 2008 'n 1995 Nissan Sentra ingevolge
'n huurkoopooreenkoms van die appellant,
gekoop het. Die respondent
het agterstallig geraak met die betaling van haar maandelikse
paaiemente van R1 055.69 en op 5 Februarie
2009 het 'n werknemer van
die appellant by die respondent se werkplek opgedaag en gese dat hy
opdrag het om die motor te verwyder.
Die respondent wou die
aangeleendheid per telefoon met verteenwoordigers van die appellant
bespreek maar sy is versoek om persoonlik
na die appellant se persele
te kom. Sy is toe na die appellant se perseel waar sy met 'n
werknemer met die voornaam Sonia, gepraat
het.
[4] Wat toe verder by die
appellant se perseel gebeur het, is in geskil. Die respondent se
weergawe is dat sy navraag gedoen het
oor haar agterstallige skuld en
dat sy betaling van die bedrag getender het. Niemand was egter in
staat om vir haar die bedrag
te gee nie. Sy het ook gevra of sy die
agterstallige bedrag die volgende dag kon betaal. Sy se dat sy
meegedeel is dat sy die volgende
dag, 6 Februarie 2009 die appellant
se regsafdeling moet skakel om die verlangde inligting te verkry. Toe
sy egter die motor saam
met haar wou neem is sy in kennis gestel dat
sy dit nie mag verwyder nie. Haar weergawe lei vervolgens soos volg:
"Hulle het toe vir
my 'n vorm gegee getiteld: 'Voluntary Surrender' en vereis dat ek dit
teken. Hierdie vorm was behalwe vir
die getikte dele nog oningevul in
blanko formaat. Hulle het gese dat dit 'n vorm is wat hulle vrywaar
van enige skade aan die voertuig
terwyl dit in hulle besit is. Ek was
nie bewus van die inhoud en gevolge van die vorm nie en dit is ook
nie aan my verduidelik
nie. Ek het bedreig gevoel en het gedink dat
ek nie 'n ander keuse het nie en het toe onder proses geteken".
[5] Die dokument wat deur
die respondent onderteken is is 'n gedrukte vorm met die opskrif
'Voluntary Surrender' en met spasies
oopgelaat waar die persoon se
naam en adres, die naam van die verkoper en 'n beskrywing van die
motorvoertuig en registrasienommer
ingevul kan word. Die tersaaklike
gedeeltes van hierdie dokument lui dat die respondent, synde die
ondergetekende
"do hereby give
written notice of my intention to terminate, with immediate effect, a
certain hire purchase agreement entered
into by me and which is ceded
to
Dart
Motors
(hereafter
referred to as "the company"). Accordingly, I hereby return
to the company the motor vehicle, being the subject
matter of said
agreement, namely
1995
Nissan Sentra (white)
motor
vehicle bearing registration number
CA
911550.
Paragraaf 9 van die
dokument lui soos volg: "I know and understand exactly what I am
signing".
[6] Die appellant se
weergawe word uiteengesit in 'n opponerende eedsverklaring wat deur
'n Mnr Errol Dudley Fall gemaak is. Hy
beskryf homself daarin as die
besturende direkteur van die appellant en hy beweer dat:
"die feite hierna
gemeld is binne my persoonlike kennis en dit is beide waar en
korrek".
[7] Fall beweer dat die
respondent 'n geskiedenis van wanbetaling gehad het en dat sy en haar
eggenoot nie oproepe van die appellant
se kantore beantwoord het nie
en ook nie op enige van die appellant se aanmanings gereageer het
nie. Fall ontken egter nie uitdruklik
dat die respondent op 5
Februarie 2009 met die appellant se werknemer Sonia gepraat het nie.
Hy ontken bloot dat:
(1) die respondent
navraag gedoen het oor die bedrag van haar agterstallige skuld;
(2) dat sy betaling
getender het en gevra het of sy die volgende dag kon betaal;
(3) dat sy aangese is om
die volgende dag tewete 6 Februarie 2009 die appellant se
regsafdeling te skakel.
[8] Die respondent se
bewering dat sy die motor op 5 Februarie 2009 saam met haar wou neem
en haar bewerings oor die omstandighede
waaronder sy die "voluntary
surrender" onderteken het word ook deur Fall ontken. Fall se
weergawe oor die verdere gebeure
op 5 Februarie 2009 lui soos volg:
"Ten tyde van die
applikant se besoek aan die respondent het applikant erken dat sy
"overindebted" is en dat sy nie
in staat is om die
agterstallige paaiemente te betaal nie. Applikant het uit vrye wil
die vrywillige teruggawe dokument (voluntary
surrender) onderteken en
die voertuig aan ons oorhandig. Op applikant se eie weergawe erken sy
dat sy die woorde "voluntary
surrender" op die dokument
gesien het, so daar kan geen twyfel bestaan dat die applikant geweet
het watter dokument sy onderteken".
[9] Op 16 Februarie 2009
skryf Fall aan die respondent se prokureurs en verwys daarna dat die
respondent op 5 Februarie 2009 met
die werknemer Sonia gepraat het.
Dit blyk ook uit die brief dat die respondent 'n week later met 'n
vriend by die appellant se
kantore was en dat die vriend aangebied
het om die agterstallige bedrae te betaal. Die appellant het egter
daarop aangedring dat
benewens betaling van die agterstallige bedrae
die vriend ook as borg instaan vir die respondent se totale skuld
onder die kontrak.
[10] Dit is dus gemene
saak dat respondent op 5 Februarie 2009 by die appellant se persele
deur die werknemer Sonia te woord gestaan
is. Daar is geen beedigde
verklaring van Sonia nie. Fall beweer nie dat hy self by die gebeure
op 5 Februarie 2009 betrokke was
nie en hy ontken ook nie die
respondent se bewering uitdruklik dat die applikant se werknemer/s
die inhoud en betekenis van die
dokument wat sy onderteken het aan
haar wanvoorgestel het nie.
[11] Die respondent het
aansoek gedoen vir finale regshulp. Die benadering uiteengesit in die
Plascon Evans saak
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) by 6341 tot 635B is dus van
toepassing.
In
National Director of Public Prosecutions v Zuma
[2009] ZASCA 1
;
2009 (2) SA 277
(HHA) op
290D - 291C in paragrawe [26] en [27] handel die Hoogste Hof van
Appel weereens met die Plascon Evans reel:
"Where in motion
proceedings disputes of fact arise on the affidavits, a final order
can be granted only if the facts averred
in the applicant's
affidavits, which have been admitted by the respondent, together with
the facts alleged by the latter justify
such order. It may be
different if the respondent's version consists of bold or
uncreditedworthy denials, raises fictitious disputes
of fact, is
palpably implausible, far-fetched or so clearly untenable that the
court is justified in rejecting them merely on the
papers".
[12] Die feite in geskil
is:
(1) Of die respondent
bedoel het om die kontrak te kanselleer en of sy aangebied het om die
agterstallige balans te betaal;
(2) Die omstandighede
waaronder sy die voluntary surrender onderteken het.
[13] Fall se ontkennings
moet teen die agtergrond gesien word dat die werknemer Sonia nie 'n
beedigde verklaring afgelewer het nie
en Fall nie beweer dat hy
persoonlik betrokke was by die gebeure op 5 Februarie 2009 nie.
[14] Die respondent se
getuienis is dat sy aangebied het om die agterstallige bedrag te
betaal. Dit is nie te rym met 'n bedoeling
om te kanselleer nie.
Voorts is haar bewering dat die voertuig se registrasie nommer
verkeerd aangedui word in die dokument nie
betwis nie. Dit is in lyn
met haar weergawe dat die dokument nie ingevul was toe sy dit
onderteken het nie. Haar weergawe is ook
kort na die voorval in haar
prokureur se brief van 13 Februarie 2009 uiteengesit.
[15] Mnr Kotze wat op
appel namens die appellant opgetree het het daarop gewys dat
aangesien dit gemene saak is dat die respondent
agterstallig was met
haar betalings, sy nie geregtig is op die beskerming van artikel 127
(3) van die Nasionale Kredietwet 34 van
2005, nie. Haar poging om die
kansellasie en teruggawe van die motor voertuig in haar prokureur se
brief van 13 Februarie 2009,
terug te trek het gevolglik geen
regskrag nie, het hy betoog.
[16] Die vraag is egter
eers of die respondent inderwaarheid die kontrak gekanselleer het en
die voertuig vrywilliglik aan die appellant
terug besorg het.
[17] Fall se algemene
ontkenning van die gebeure op 5 Februarie 2009 toe die respondent die
dokument onderteken het is nie 'n werklike
ontkenning nie aangesien
hy nie beweer dat hy self betrokke was by daardie gebeure nie en dit
gemene saak is dat die respondent
deur die werknemer Sonia, wat nie
self getuig het nie, te woord gestaan is.
[18] Mnr Kotze het
aangevoer dat dit duidelik uit die dokument self is dat die
respondent die ooreenkoms beeindig en die voertuig
vrywilliglik
teruggee. Ongeag wat haar subjektiewe bedoeling was, betoog hy moet
daar gevolg gegee word aan die bedoeling soos
wat dit blyk uit die
dokument self.
[19] Ek stem nie saam met
Mnr Kotze se betoog nie. Die respondent se weergawe wat vir
doeleindes van hierdie saak aanvaar moet word,
is dat dit juis die
appellant se werknemers was wat die betekenis van die dokument aan
haar wanvoorgestel het. Sy is meegedeel,
so getuig sy, dat die
dokument slegs beteken dat die appellant gevrywaar word van enige
skade wat die voertuig mag opdoen terwyl
dit in hulle besit was. Daar
is nie aan haar verduidelik dat dit ook behels het dat sy die
ooreenkoms beindig en dat sy die voertuig
vrywilliglik teruggee aan
die appellant nie. Onder daardie omstandighede sou 'n redelike
persoon in die posisie van die appellant
nie tot die gevolgtrekking
gekom het dat die respondent se bedoeling met die ondertekening van
die dokument ooreenstem met die
inhoud daarvan nie.
[20] Dit beteken
gevolglik dat die landdros korrek was om te bevind dat hier nie 'n
geldelige kansellasie van die ooreenkoms was
nie en ook dat die
respondent nie die voertuig vrywilliglik aan die appellant terug
gegee het nie. Die bepalings van die Nasionale
Kredietwet kom
gevolglik nie eens tersprake nie.
[21] Die gevolg is dat
die appel nie kan slaag nie en dat dit met koste van die hand gewys
moet word.
[22] In die lig van die
voormelde gevolgtrekking, is dit nie nodig om te handel met die
respondent se aansoek om uitstel sodat sy
vir regshulp aansoek kan
doen nie.
[23] Ek sou dus die
volgende bevel maak.
Die appel word met koste
van die hand gewys.
W.J. LOUW R
Regter van die
Hooggeregshof
Ek
stem saam.
C.
FORTUIN R
Regter van die
Hooggeregshof