About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 439
|
|
Jansen v S (A84/10) [2010] ZAWCHC 439 (13 August 2010)
IN
DIE HOE
HOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK
NO:
A84/10
DATUM:
13
AUGUSTUS 2010
In
die saak tussen:
CHARLES
JANSEN
…..........................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…..................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
DUMINY.
WnR
:
Die
appellant is op 21 Julie 2003 in die Streekhof te Wynberg skuldig
bevind aan poging tot moord op ene Ricardo Simmers of Simons
(volgens een van die dokumente); onwettige besit van 'n
vuurwapen
en onwettige besit van ammunisie. Hy is op dieselfde datum gevonnis
onderskeidelik tot tien jaar gevangenisstraf op
die aanklag van
poging tot moord, drie jaar gevangenisstraf op die tweede klagte en
een jaar gevangenisstraf op die derde. Aangesien
die Hof nie gelas
het dat sy vonnisse saamloop nie, word hulle agtereenvolgens
uitgedien. Die appellant kom nou in hoer beroep
teen die vonnisse.
Daar word namens horn aangevoer dat alhoewel die vonnisse op sigself
nie buitensporig is nie, daar nie voldoende
gewig geheg is aan die
tydperk wat hy teen daardie tyd reeds in die gevangenis deurgebring
het nie; dat hy 'n
eerste
oortreder was wat onder moeilike omstandighede grootgeword het,
sonder 'n
vader
en in armoede; dat hy onderhewig was aan bende-invloede, en dat sy
optrede irrasioneel was.
Vervolgens
word daar aan die hand gedoen dat die vonnisse vir onwettige besit
van 'n
vuurwapen
en onwettige besit van ammunisie saam moes geloop het en dat die
totale tydperk van gevangesetting nie meer as tien
jaar moes gewees
het nie.
Namens
die respondent word daarop gewys dat die opgelegde vonnisse nie
skokkend onvanpas was nie; dat die appellant geen berou
toon vir sy
dade nie en dat die verhoorlanddros sy persoonlike omstandighede
behoorlik in ag geneem het.
Die
appellant se skuldigbevinding spruit voort uit 'n
voorval
op 1 Junie 2000 in Manenberg, waartydens die appellant op mnr
Simmers gevuur het met "n
9mm
handwapen en horn vier keer getref het. Mnr Simmers is ernstig in
die aanval beseer. Een van die koeels het sy rugmurg binnegedring
en
hy is vanaf die T12 vlak, dit is die 12de borswerwelvlak, ondertoe
geheel en al motories verlam en hy het slegs beperkte sensasie
in sy
onderste ledemate. Hy is van 'n
rystoel
en bystand afhanklik vir die uitoefening van sy daaglikse take en
lewensfunksies.
Dit
is moeilik om uit die rekord vas te stel wat die ware omstandighede
van die aanval was. Daar word verskeie suggesties gelaat
van
bende-aktiwiteit maar die getuienis daaroor is ongelukkig karig. Die
appellant het deurgaans betrokkenheid by die misdryf
ontken en het
geen lig gewerp op wat aanleiding gegee het tot die ernstige en
doelgerigte aanval op Simmers nie.
Die
appellant het ter strafversagting getuig. Hy het sy persoonlike
omstandighede aan die Hof voorgehou. Hy is die vader van twee
jong
kinders, alhoewel hy self blykbaar maar 18 jaar oud was tydens die
voorval. Sy gesinslewe in moeilike en armoedige omstandighede.
Sy
getuienis openbaar egter geen besondere simpatie met die slagoffer
se toestand nie en gegewe dat hy betrokkenheid by die misdryf
ontken, is daar geen sprake van berou nie.
In
sy uitspraak ten opsigte van vonnis, het die agbare Verhoorlanddros
aandag gegee aan die drie bekende primere faktore by
vonnisoplegging, naamlik die erns van die misdryf, die belange en
omstandighede van die beskuldigde en die belange van die gemeenskap.
In die loop van sy uitspraak het hy verwys na die ernstige afmetings
wat geweldsmisdrywe in die Wes-Kaap aanneem en dat daar
sprake was
van bende-aktiwiteite in hierdie geval.
Gegewe
die wisselwerking tussen die voormelde faktore asook die element van
geregtelike genade waarop die appellant hom beroep
het, is ek van
oordeel dat die vonnis van tien jaar op die aanklag van poging tot
moord geheel van pas was. Dit is inderdaad
nie in geskil nie. Die
vonnis van drie jaar gevangenisstraf vir onwettige besit van 'n
vuurwapen
is dalk
streng maar ook nie op sigself onvanpas nie.
Die
omstandighede waaronder hierdie vuurwapen in die appellant se besit
was, is van belang. Dit was nie 'n
tegniese
misdryf nie, maar was klaarblyklik in die appellant se besit met die
bedoeling dat hy dit sou gebruik.
Dieselfde
opmerkings is van toepassing op die vonnis van een jaar
gevangenisstraf vir onwettige besit van ammunisie.
Die
enigste oorblywende vraag is of daar gese kan word dat die
verhoorlanddros misgetas het deur nie sy diskresie onder artikel
280(2) van die Strafproseswet, 51 van 1977, uit te oefen en die
vonnisse almal te laat saamloop of om die vonnisse met betrekking
tot die besit van die vuurwapen en ammunisie te laat saamloop nie.
Dit
is duidelik dat artikel 280(2) aan die Hof 'n
diskresionere
bevoegdheid
verleen orn te gelas dat vonnisse saam uitgedien
mag word. In
S
v Mothibi
1982(4)
SA 49 (NK) op 50 word
daarop gewys dat hierdie bevoegdheid
uitgeoefen kan word
indien die beskuldigde in dieselfde verhoor
aan twee of meer
misdrywe skuldig bevind word.
Die
bevoegdheid is
diskresioner
en daar is geen verpligting op die Verhoorhof om dit eenkant toe of
die ander uit te oefen nie. Artikel 280(2) gaan
egter verder as om
slegs hierdie bevoegdheid aan die hof te verleen. Dit bepaal naamlik
as volg:
"Bedoelde
straf [dit is die strawwe wat opgele kan word volgens 280(1)]
wanneer hulle uit gevangenisstraf bestaan, neem 'n
aanvang
die een na die verstryking, tersydestelling of kwytskelding van die
ander in die volgorde wat die hof gelas, tensy die
hof gelas dat
sodanige gevangenisstrawwe saamloop."
Dit
handel dus nie slegs met die moontlike saamloop van
gevangenisstrawwe nie maar ook met die volgorde waarin dit uitgedien
word. Terwyl dit aan die hof 'n
bevoegdheid
met betrekking tot die saamloop van gevangenisstrawwe gee, kan
geargumenteer word dat dit vereis dat die hof aandag
gee aan die
volgorde waarin vonnisse uitgedien word, naamlik dat die hof verplig
is om aandag daaraan aandag te gee.
In
die onderhawige geval het die agbare Verhoorlanddros nie uitdruklik
gehandel met die onderwerpe wat in artikel 280(2) aangeraak
word nie
en hy het gaan lasgewing uitgereik met betrekking tot die volgorde
waarin die vonnisse uitgedien moes word nie. Dit
kan dalk betoog
word dat dit h mistasting aan sy kant was wat hierdie Hof in staat
stel om in te meng met die vonnis. Hiemstra
se
Criminal
Procedure
,
opgedateer tot April 2009, wys egter daarop dat die bepalings van
artikel 280(2) dat vonnisse opeenvolgens uitgedien word in
die
volgorde waarin die hof gelas, nie van veel praktiese waarde is nie,
aangesien die Wet op Korrektiewe Dienste, No. 111 van
1998, in
artikel 39(2)(a) bepaal dat veelvuldige vonnisse van gevangenisstraf
agtereenvolgens uitgedien word in die volgorde
wat die Nasionale
Kommissaris bepaal, tensy die hof anders gelas het.
In
die appellant se prokureur se betoog tydens vonnis, is die Hof gevra
om die klagtes te koppel vir doeleindes van vonnis, wat
na my mening
kan neerkom op 'n
versoek
dat die Hof sy diskresie onder artikel 280(2) ten gunste van die
appellant moes uitoefen. In die uitspraak op vonnis word
daar nie
uitdruklik met hierdie versoek gehandel nie, maar dit is duidelik by
implikasie van die hand gewys.
Die
kwessie van die saamloop van vonnisse is nie in die aansoek om
verlof om te appelleer geopper nie en daar was dus geen geleentheid
vir die agbare Verhoorlanddros om te reageer op 'n
bewering
dat hy misgetas het in hierdie verband nie. Alhoewel dit wenslik mag
wees dat 'n
vonnisoplegger
spesifiek verwys na die kwessies wat in artikel 280(2) geopper word,
is ek van mening dat dit nie 'n
mistasting
was om dit nie te doen nie. Dit blyk uit Hiemstra se kommentaar op
artikel 280(2) waarmee ek respekvol saamstem, dat
die hof nie
verplig is om daarmee te handel nie en dat daar ander voorskrifte is
wat enige versuim in hierdie verband genoegsaam
aanvul. Dit gee dus
nie op sigself daartoe aanleiding dat hierdie Hof met die vonnis kan
inmeng nie.
Daar
word ook namens die appellant aangevoer dat die tydperk wat hy in
die gevangenis was voor vonnisoplegging in ag geneem moes
gewees
het. Dit blyk egter uit die oorkonde dat hy aanvanklik op borgtog
was maar later in hegtenis geneem is op 'n
ander
aanklag. Sy borgtog is ingetrek. Dit is dus nie duidelik dat die
appellant weens die onderhawige klagtes voor vonnis aangehou
is nie
en kan dit myns insiens nie sonder meer in sy guns in ag geneem word
nie.
Die
enigste oorblywende vraag is of die vonnis in sy geheel gesien
skokkend onvanpas was. Na my mening is dit 'n
swaar
of 'n
streng
vonnis wat betref die besit van die vuurwapen maar geensins skokkend
onvanpas nie. Die kumulatiewe effek van die vonnisse
is ook na my
mening nie skokkend onvanpas nie.
In
die omstandighede sou ek
DIE
APPEL VAN DIE HAND WYS
EN
DIE
SKULDIGBEVINDING
EN VONNIS
BEKRAGTIG.
DUMINY, WnR
LOUW.
R
:
Ek stem saam en dit word so beveel.
LOUW.
R