About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 186
|
|
Wessels v S (A226/10) [2010] ZAWCHC 186 (13 August 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SU1D-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
A226/10
DATUM
:
13
AUGUSTUS 2010
In
die saak tussen:
HANS
JACOB WESSELS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
ROSE-INNES,
WnR
:
Die
appellant het in die distrikshof Caledon tereggestaan op
'n
hoofaanklag
en twee alternatiewe aanklagtes. Die hoofaanklag is die oortreding
van artikel 65(1)(a)(b) van die Nasionale Padverkeerswet,
93 van 1996
(dronkbestuur). Die eerste alternatief is die oortreding van artikel
65(2)(a)(b) van die Wet (bestuur met
"n
bloedalkoholvlak meer as 0,05 gram per 100 ml) en die tweede
alternatief is roekelose of nalattge bestuur. Hy het onskuldig
gepleit
op die hoof- en alternatiewe aanklagtes.
Die
appellant is op 17 Maart 2010 skuldig bevind aan die eerste
alternatief van
"n
oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed. Hy is gevonnis tot nege
maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op sekere voorwaardes,
onder meer dat hy 100 uur gemeenskapsdiens doen. Sy bestuurslisensie
is ook opgeskort vir
'n
periode van ses maande in terme van die Wet. Die appellant kom nou in
hoer beroep teen die skuldigbevinding en vonnis.
Die
appellant is onskuldig bevind op die hoofaanklag. Soos die geleerde
landdros opgemerk het in sy uitspraak, het die getuienis
ook nie die
tweede alternatiewe aanklag gesteun nie. Die wesenlike geskilpunt by
die verhoor en op appel is of die Staat bewys
het dat die appellant
se bloedmonster binne die voorgeskrewe tydperk van twee uur geneem
is. Artikel 65(3) van die Wet bepaal dat
indien daar bewys word dat
die bloedmonster binne twee uur na die beweerde oortreding geneem is,
dan is daar
Vi
vermoede ten opsigte van die konsentrasie alkohol ten tye van die
beweerde oortreding.
Die
Staat het die getuienis van Kaptein Solomons, Konstabel Du Plessis en
Verkeersinspekteur Toerien aangebied. Daar is ook
"n
sertifikaat deur Dr Hess ingevolge artikel 212 van die
Strafproseswet, 51 van 1977. Dr Hess het die appellant by die
Caledon
Hospitaal ondersoek. Volgens sy verslag is die bioedmonster
om 00:50 op 26 Julie 2008 geneem. Die appellant het self nie getuig
nie.
Op
26 Julie 2008 was Kaptein Solomons, vergesel van Konstabel Du Plessis
en Verkeersinspekteur Toerien, besig met
'n
padblokkade op die hoek van Haweweg en Luckhoffstraat te Kleinmond.
Die appellant het
'n
voertuig bestuur en hy is by die padblokkade gestop. Kaptein Solomons
het opgemerk dat hy onder die invloed van drank was.
'n
Drager toets het aangedui dat hy
'n
oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed gehad het en hy is
gearresteer.
Kaptein
Solomons se getuienis in hoof was soos volg:
"Kan
jy net vir die Hof 'n
aanduiding
gee van die tyd van die betrokke dag, hoe laat was dit toe u die
beskuldigde daar by die padblokkade teegekom het? —
Dit was 20
oor 12 die oggend en 10 voor een was ons by die hospitaal waar sy
bloed getrek was."
Hy
het tydens kruisondervraging dit bevestig, soos blyk uit die volgende
vrae en antwoorde:
"Kaptein,
is u regtig seker van hoe laat hierdie voorval plaasgevind het? —-
Ja, dit was 20 oor 12 die oggend was die
voorval, 25 voor was ons
klaar met die bloed en 10 voor een was ons by die hospitaal gewees
vir bloed trek.
10
voor een was u by die hospitaal, u is doodseker van hierdie tyd? —
Dit is reg, ja."
Volgens
Kaptein Solomons is die tyd van beweerde oortreding 00:20 en die tyd
van die neem van die bloedmonster 00:50, 'n
halfuur
later. Objektief beskou is dit nie moontlik nie. Nadat die appellant
gestop is, is hy eers by die padblokkade ondervra,
getoets vir sy
bloedalkoholvlak en gearresteer. Hy is eers na die Kleinmond
Polisiestasie geneem waar dokumentasie voltooi was.
Dit sou
Vi
tyd geneem het. Hy is daarna na die hospitaal in Caledon geneem. Dit
sou minstens 30 minute neem om van Kleinmond tot Caledon te
ry. By
die hospitaal het hulle vir die dokter gewag. In hierdie
omstandighede moes heelwat langer as 30 minute verloop het tussen
die
stop van die appellant en die neem van die bloedmonster.
Die
vraag ontstaan wat is die tydsverloop tussen die beweerde oortreding
en die neem van die bloedmonster en meer spesifiek was
daar voldoende
bewys dat dit minder as twee uur was. In Kaptein Solomons se
eedsverklaring is die tyd van die beweerde oortreding
as 00:20 en die
tyd van die neem van die bloedmonster 00:50 gegee. Dit strook met sy
getuienis, maar dit kan nie reg wees nie.
Die eedsverklaring gee die
tyd van die appellant se arrestasie as 00:05, maar dit is voor sy
aankoms by die padblokkade. Tydens
sy getuienis het kaptein Solomons
hierdie aspek korrigeer en gese dat dit 00:25 moet wees. Dit beteken
dat die appellant se bloed
25 minute later getrek is wat ook nie
moontlik is nie.
Die
beediging van die eedsverklaring om 00:20 op 25 Julie 2010 is ook nie
korrek nie en is deur kaptein Solomons as
Vi
menslike
tout beskryf. Onder kruisondervraging het hy aanvaar dat daar
'n
probleem kan wees met die tyd en soos volg getuig:
"U
se u het daar
"n
tout gemaak? Kan wees. Dit kan ook die regte tyd wees, is dit korrek?
---Kan wees.
Dan
is u verkeerd ten opsigte van die voorval plaasgevind 00:20, is dit
korrek? --- Kan wees, dis is menslik.
U
se dan ook dat u het die verklaring opgestel na u teruggekom het van
Caledon af, is dit korrek? — Dit is korrek.
U
het toe getuig dat dit plaasgevind het ongeveer halftwee in die
oggend? — Korrek.
En
wil u verwys na die laaste bladsy van u verklaring wat onderteken is
deur Kommissaris van Ede Du Plessis wat se die beediging
het
plaasgevind om 00:20, is dit korrek? — Dit is korrek.
Nou
waar sal die tyd vandaan kom? — Dit het alles redelik vinnig
gebeur daardie aand, want ons wou veilig speel vir die twee
ure
tydperk. So, die tyd, daar kan
'n
tyd, daar kan
'n
probleem met die tyd gewees het maar die tyd en die klagte is
dronkbestuur. So wat u vir my se kaptein, daar was
'n
probieem met die twee ure gewees? --- Nee."
In
sy getuienis het Konstabel Du Plessis bevestig dat die appellant se
voertuig om omstreeks 00:20 afgetrek is. Konstabel Du Plessis
het nie
'n
onafhanklike rekolleksie van die tydpertodes nie en die Staat gee toe
dat daar nie baie waarde aan sy getuienis geheg kan word
nie.
Konstabel
Du Plessis se getuienis dat sy eedsverklaring afgele is nadat hulle
van die hospitaal teruggekeer het, blyk nie korrek
te wees nie. Die
eedsverklaring is eers op 17 September 2008 om 10:20 afgele.
Inspekteur
Toerien se getuienis was dat die voorval omstreeks 00:00 plaasgevind
het, dit wil se middernag Sy getuienis neem dit
nie verder nie.
Daar
bestaan ook probleme met die tye wat in Dr Hess se sertifikaat en
verslag verskyn. In die verslag is daar genotuleer dat die
ondersoek
om 00:50 begin het. dat die bloedmonster op dieselfde tyd geneem is
en dat die ondersoek om 01:10 voltooi is. Volgens
die sertifikaat is
dit om 01:00 deur Dr Hess geteken en om 01:01 beedig. Op die oog af
beteken dit dat die sertifikaat en eedsverklaring
voltooi was voor
die ondersoek afgehandel was. Dr Hess is nie as getuie geroep om
hierdie aspek op te klaar nie.
Ek
keer terug na die kern vraag, wat is die tydsverloop tussen die
beweerde oortreding en die neem van die bloedmonster en is dit
minder
as twee uur. Ek sou verwag dat die getuienis in hierdie verband
eenvoudig en duidelik sou wees. Dit is nie die geval nie.
Die
getuienis is verwarrend en onbevredigend. Soos uiteengesit is daar
talle teenstrydighede, onduidelikhede en vraagtekens. Kaptein
Solomons se getuienis ten opsigte van die tye en
'n
tydsverloop van 30 minute tussen die beweerde oortreding en die neem
van die bloedmonster kan nie aanvaar word nie.
Die
geleerde landdros het wel opgemerk dat die mondelinge getuienis van
die staatsgetuies "mag moontlik nie baie goed wees
of baie
gewig dra nie". In die omstandighede kan daar nie met enige
sekerheid gese word presies wanneer die beweerde oortreding
gebeur
het en hoe lank daarna die bloedmonster geneem is nie. Die geleerde
landdros het homself wanvoorgelig om te bevind dat
die Staat geslaag
het om te bewys dat die bloedmonster binne die voorgeskrewe periode
van twee uur geneem was.
Ek
is gevolglik van mening dat die appel moet slaag en dat die
skuldigbevinding en die vonnis wat die appellant opgele is, tersyde
gestel behoort te word.
ROSE-INNES,
WnR
TRAVERSO, ARP: Ek
stem saam en dit word so beveel.
TRAVERSO,
ARP