Snyders v S (A164/10) [2010] ZAWCHC 185 (13 August 2010)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Discretion of court in imposing sentence — Appellant convicted of robbery, rape, and murder — Sentences imposed were within statutory minimums but considered the appellant's youth and mitigating factors — Appeal against sentence dismissed as the court found no improper exercise of discretion or excessive sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 185
|

|

Snyders v S (A164/10) [2010] ZAWCHC 185 (13 August 2010)

IN
DIE HOE
HOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAKNO:
A164/10
DATUM:
13
AUGUSTUS 2010
In
die saak tussen:
CHRIZIEL
SNYDERS Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
TRAVERSO,ARP
:
Hierdie
skuldigbevindings het gevolg op h pleit van skuldig. Ingevolge die
bepalings van artikel 112 van Wet 51 van 1977, het
die appellant die
volgende pleitverduideliking gegee, wat deur die Staat aanvaar is:
"Op
24 Januarie 2008 het ek en Edwin Hofman by die oorledene (nou bekend
aan my as Adriana Da Costa) se huis aangeklop en
gevra vir brood.
Toe sy oopmaak het sy ons meegedeel dat sy nie brood het nie en ons
het gesien dat sy is alleen by die huis.
Ek en Edwin het toe en daar
besluit om die erf te loop en van agter oor die muur te spring. Ons
intensie was om haar te roof.
Ons het toe om geloop en oor die muur
gespring. Op daardie stadium toe sien ons die oortedene loop na die
motorhuis toe. Ons
het toe besluit om haar vanagter af te nader en
te gryp. Ons was op pad na haar toe, toe sy ewe skielik omdraai en
ons sien
Ek hardloop toe na haar waar ek haar van agter af wurg,
gryp en wurg met my arm totdat sy op die grond val.
Net
nadat sy val, toe staan die oorledene weer op waarna Edwin haar
gegryp en haar wurg. Op daardie stadium toe gaan ek die huis
binne
om vir goed te gaan soek om
te
steel. Ek het
Yi
sak gekry waar ek goed ingegooi het. Van die goed wat ek in die sak
gegooi het, was die volgende:
'n
Phillip CD Player
'n
Pentex Kamera
"n
Acer skootrekenaar
En
'n
horlosie en ander goedere
Toe
ek uitgaan, toe sien ek vir Edwin wat buite die motorhuis staan.
Ek gaan toe weer in die motorhuis waarna
ek die
oorledene op die vloer kry. Ek besluit toe dat ek haar gaan verkrag
waar ek
haar
broek aftrek en haar bene oopmaak en geslagsgemeenskap met haar het
sonder haar toestemming. Ek bevestig verder dat ek opsetlik
en
wederregtelik opgetree het en geweet het dat my optrede strafbaar
is. Nadat ek die oorledene verkrag het, het ek en Edwin
besluit om
haar te vermoor. Ons het
Yi
mes gevat en haar daarmee gesteek in die nek. Ek onthou nie hoeveel
keer ek haar gesteek het nie, maar ek bevestig dat ek haar
gesteek
het met
Yi
mes in die nek. Ek bevestig dus hiermee dat ek ene Adriana da Costa,
'n
vroulike persoon met h skerp voorwerp in die nek gesteek het en
wederregtelik en opsetlik en met die bedoeling om haar te dood.
Ek
bevestig dat ten tye van die voorval, ek geweet het dat my aksies
strafbaar is."
Die
restant van die verklaring is nie ter sake nie. Die mediese
sertifikaat van die dokter wat die nadoodse ondersoek uitgevoer
het,
toon op die ernstige beserings wat die oorledene opgedoen het en hoe
sy verskeie kere in haar nek gesteek is.
Die
appellant is as volg gevonnis, nadat hierdie pleitverduideliking
deur die Staat aanvaar is: Klagte 1 vyf (5) jaar gevangenisstraf;

klagte 2 tien (10) jaar gevangenisstraf en klagte 3 12 (twaalf) jaar
gevangenisstraf, maar daar is gelas dat nege (9) jaar van
hierdie
vonnis sal saamloop ten opsigte van die vonnis ten opsigte van
klagte 2. Gevolglik is daar effektiewe gevangenisstraf
van agtien
(18) jaar gevangenisstraf die appellant opgele.
Met
verlof van die Hof a
quo
kom
die appellant nou
in
hoer beroep teen die opgelegde vonnis. Namens die appellant word
daar aangevoer dat die Hof nie sy strafregtelike diskresie behoorlik

uitgeoefen het nie deurdat die Hof nie alle faktore wat betrekking
het by strafoplegging na behore oorweeg het nie. Ek kan nie
met
hierdie betoog saamstem nie. Op al die klagtes is die Wet op Minimum
Vonnisse van toepassing. Die Hof het na versigtige oorweging
'n
vonnis opgele nadat dit tot die gevolgtrekking gekom het dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is om af te
wyk van
die voorgeskrewe minimum vonnisse. Die effek van die vonnisse en hoe
dit saamgestel is, is dat daar in al drie gevalle
afgewyk is van die
voorgeskrewe minimum vonnisse.
Boonop
het die feit dat die landdros beveel het dat sekere gedeeltes van
die vonnisse saamloop, die vonnis nog verder verlig.
Die landdros
het dit alles gedoen met behoorlike inagneming van die feit dat die
appellant redelik jeugdig was ten tyde van die
pleging van die
misdaad en het a lie ander faktore wat moontlik ter versagting of
aanmerking geneem kan word, in aangemerking
geneem.
Tydens
argument vandag voor ons, is daar deur me
De
Jonqh
geargumenteer
dat sy grootliks steun op die jeugdigheid van die appellant en dat
daar
'n
moontlikheid bestaan dat hy gerehabiliteer kan word. Dit is
weliswaar so, maar hierdie misdrywe was besonder ernstig. Dit was

oor h tydperk gepleeg en in stede daarvan om te besin na die
aanvanklike roof, het die appellant voortgegaan, nadat die oorledene

reeds wreedaardig aangerand was en hulpeloos op die grond gele het,
het hy haar gaan verkrag en daarna vermoor.
In
die lig van die wreedheid en erns van hierdie misdade, het hierdie
Hof dit ernstig oorweeg om te vra dat redes aangevoer moet
word
waarom die vonnis nie verswaar moet word op appel nie. Ons het egter
daarteen besluit. Daar kan egter geen sprake wees dat
die vonnis
buitensporig is en dit is ook nie geargumenteer nie.
Na
my mening kan dit ook nie gese word dat die landdros sy
strafregtelike diskresie nie behoorlik uitgeoefen het nie. Dit synde

so, is hierdie Hof nie by magte om in te meng met die vonnis nie en
is van mening dat beide die skuldigbevindings en vonnis bekragtig

moet word.
ROSE-INNES.
WnR
:
Ek stem saam.
ROSE-INNES.
WnR
TRAVERSO.
ARP
:
Dit word so beveel.
TRAVERSO.
ARP