About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 434
|
|
S v Jacobs en Ander (SS207/07) [2010] ZAWCHC 434 (5 August 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-
KAAP HOOGGEREGSHOF, KAAPSTAD)
Saak
Nommer: SS207/07
In
die saak van:
Die
Staat
teen
Abduragmaan
Jacobs
…..................................................................................
Beskuldigde
1
Michelle
Hurling
…............................................................................................
Beskuldigde
2
UITSPRAAK
GELEWER OP 5 AUGUSTUS 2010
BAARTMAN,
J
(ASSESSORE:
C OLIVIER en Dr J F TE WATER NAUDe)
[1]
Die
beskuldigdes Abduragmaan Jacobs No 1 en Michelle Hurling No 2 staan
tereg op klagtes van:
(a)
Aanranding met die opset om ernstig te beseer;
(b)
Onsedelike Aanranding
(c)
Oortreding van Arlikel 50(1 )(a) en 50(1 )(b) van Wet 74 van 1983-
Die Kinder Wet (Child Care Act)
(d)
Moord
[2]
Die staal beweer dat die oortredings gepleeg was ten opsigte van
Ashwin Hurling, die oorlede seun van die beskuldigdes. Dit
is gemene
saak dat Ashwin op 10 November 2003 beswyk hel as gevolg van
beserings opgedoen terwyl hy in die sorg van beskuldigde
1 was. Ten
tye van sy dood was Ashwin 2 jaar en 11 maande oud.
[3]
Beide beskuldigdes hel die volgende formele artikel 220 van Die
Strafproses Wet 51 van 1977. erkenings gemaak, onderskeidelike
bewysstukke D en L in hierdie verrigtinge:
(a)
Die oorledene in hierdie saak is te alio tersaaklike tye korrek
uitgeken as ASHWIN HURLING, die persoon wat in die Akle van
Beskuldiging genoem word.
(b)
Die oorledene, ASHWIN HURLING, se geboortedatum was 30 November 2000
en was hy ten tye van sy dood dus 2 jaar en 11 maande
oud.
(c)
Die ooreledene was op 10 November 2003 as dood gesertifiseer.
(d)
Die foto's wat op 11 November 2003 by die regsgeneeskundige
laboratorium. SOUTRIVIER deur Insp. D J MURRAY geneem was van
die
oorledene gee 'n korrekte beeld van die beserings op sy liggaam.
[Bewysstuk D]
(e)
Die oorledene ASHWIN HURLING was die biologiese kind van beide die
beskuldigdes.
AGTERGROND
[4]
Alvorens ek die klagtes behandel, is dit nodig om n kort agtergrond
te skets van die aspekte wat gemene saak is en waarteen
die gebeure
wat tot Ashwin se dood aanleidmg gegee het, gesien moet word.
[5]
Beide beskuldigdes was op die tye relevant tot hierdie verrigtinge
woonagtig in Hanover Park, in die Wes-Kaap. Hulle het n
buite
egtelike verhouding gehandhaaf, aangesien beskuldige 1 met 'n ander
persoon getroud was. Hierdie buite egtelike verhouding
het nie die
goedkeuring van beskuldigde 2 se familie weggedra nie. Hulle was erg
gekant teen die verhoudmg. Die verhouding tussen
die beskuldigdes
was gekenmerk deur geweld. Beskuldigde 1 het erken dat hy vir
beskuldige 2 per geleentheid aangerand het.
[6]
Ashwin is uit hierdie verhouding gebore Beskuldigde 2 het by
verskeie famielie lede ingewoon aangesien sy nie 'n huis van
haar
eie gehad het nie. Dit blyk dat sy telkens verhuis het as gevolg van
familie lede se ontevredenhekJ met haar vokjehoue verhouding
met
beskuldige
1.
Die
Mei 2003 gebeure
[7]
Die gebeure van belang in hierdie verngtinge het gedurende Mei 2003
en weer gedurende November 2003 plaasgevmd. Met betrekking
tot die
gebeure gedurende Mei 2003 is die volgende gemene saak:
Beskuldige
2 en Ashwin het gedurende Mei 2003 by Daphne Norman (Mev
Norman)
ingewoon
Mev Norman was beskuldigde
1
nie
goedgesind nie. Sy het die verhouding afgekeur omdat beskuldigde 1
getroud was.
Die
inwoners by Mev Norman op daardie tydstip was. beskuldigde 2,
Ashwin, Chandre- Mev Norman se dogter, mev Norman se jong
seun en n
losseerder Maggie Jansen. Mev Norman was op daardie tydstip reeds
geskei van haar man -Tony Norman-. Sy het dan op
daardie stadium
reeds n Gesins Geweld Interdik teen Mnr Norman gehad in terme
waarvan hy verbied was om haar woning te betree
Gedurende
die naweek van 24/25 Mei 2003 het Mev Norman die Saterdag middag na
Mitchells PLein gegaan om n partytjie van haar
kleinkind by te
woon. Ashwin het Mev Norman vergesel na die partytjie.
Hulle,
Ashwin, Mev Norman en haar jong seun, het omstreeks 18h00 vanaf die
partytjie te Mitchells Plain teruggekeer. Mev Norman
het later
dieselfde aand. omstreeks 21h00, na 'n dans gegaan en het eers
omstreeks 07h00 die volgende oggend, Sondag, teruggekeer.
Mev
Norman het beskuldigde 2 in beheer van haar huis gelaat.
Beskuldigde 2 was dan ook verantwoordelik vir Ashwin en Mev
Norman
se jong seun. Chandre Norman was ook tuis toe Mev Norman die woning
verlaat het. Dit is in geskil of Chandre die nag by
die huis
deurgebring het. Ek behandel daardie aspek later.
Met
haar tuiskoms, het Mev Norman beide beskuldiges in haar woning
aangetref. Waar sy hulle aangetref het was in geskil en word
later
hierin behandel-
Mev
Norman het beserings aan Ashwin opgemerk Daardie beserings het
aanleiding tot klagtes 1-3 gegee. Hieronder behandel ek slegs
die
getuienis opsommenderwys vir doeleindes van hier uitspraak - elke
getuie word nie na verwys of afsonderlik behandel nie-
alhoewel
alle relevante en toelaatbare getuienis oorweeg en in ag geneem
was.
Die
November 2003 gebeure
[8]
Tydens November 2003, was beskuldigde 2 steeds by Mev Norman
woonagtig. Die verhouding tussen Mev Norman en beskuldigde 1
het nie
verbeter nie.
[9]
Op Saterdag, 8 November 2003, moes beskuldige 2 gaan werk Sy het
probleme ondervind om iemand te kry om Ashwin die dag te
versorg. Hy
het op daardie stadium 'n dagsorg/creche gedurende die week
bygewoon.
[10]
Maggie Jansen, Mev Norman se losseerder. moes die Saterdag na
Heideveld gaan en was net instaat om Ashwin die oggend te versorg
Beskuldigde 2 het toe vir beskuldigde 1 genader om Ashwin vir die
dag te versorg. Hy het ingestem.
[11]
Omsteeks 11h00. voordat Maggie Jansen na Heideveld vertrek het, het
sy Ashwin in die sorg van n buurvrou, Maria Benjamin,
gelaat. Ashwin
was op daardie stadium vry van ooglopende beserings Ashwin sou by
die buur vrou wees totdat beskuldigde 1 horn
kom afhaal of laat
afhaal het
[12]
Op daardie stadium het Mev Norman in Agullas Court- woonstelle- in
Hanover Park gewoon en beskuldge 1 se vader het in n ander
woonstel
in dieselfde woonstel kompleks gewoon Beskuldgde 1 het op daardie
stadium n besigheid vanaf die woonstel bedryf- nie
noodwendig die
een waarin sy vader gewoon het nie. Hy het ook dikwels by sy vader
oorgeslaap. maar hy was getroud en het nie
permanent te Agullas
Court gewoon nie. Dit is wel gemene saak dat hy daardie Saterdag by
sy vader se woonstel te Agullas court
was.
[13]
Later die oggend het Ashwin na beskuldigde 1 gegaan Dit is in geskil
of beskuldige 1 self vir Ashwin kom afhaal het -met
ander woorde of
hy onder by die trap gestaan het terwyl sy oom "Uncle
Bart"
met
Ashwin die trap afgekom het en of hy net by sy eie deur op n ander
trap gestaan en wag het totdat Uncle Bart' vir Ashwin oor
die werf
aanbring Daardie geskil is nie relevant vir doeleindes van hierdie
uitspraak nie.
[14]
Dit was verder gemene saak dat "Uncle Bart' beskuldigde 1 se
oom was en dat hy te Agullas Court by beskuldigde 1 se
vader gewoon
het. Uncle Bart is n geestelik onstabiele persoon en is na bewering
dikwels ten spyte van van sy volwassenheid as
bode aangewend. Dit
was dus nie vreemd dat beskuldigde 1 vir "Uncle Bart" sou
stuur om vir Ashwin by die buurvrou te
gaan afhaal nie.
[15]
Omstreeks, 11h00 was Ashwin in die sorg van beskuldigde 1 en vry van
ooglopende beserings. Beskuldige 1 se vader was op 'n
stadium
teenwoordig terwyl Ashwin by beskuldgide 1 aan huis was maar hy het
later vertrek Ten tye van die verhoor was Besk 1
se Vader reeds
oorlede In elke geval -volgens beskuldigde 1, het Ashwin geen
beserings opgedoen terwyl sy vader in die woonstel
was nie.
[16]
Beskuldige 2 het omsteeks 16h00 vanaf die werk gekom en Ashwin gaan
afhaal by beskuldigde 1. Sy het Ashwin en beskuldigde
1 in die bed
aangetref. Dit het geblyk dat Ashwin slaap. Dit is gemene saak dat
sy Ashwin huis toegeneem het. en horn prober
wakker maak het. Sy kon
horn nie wakker kry nie en het beskuldigde 1 om hulp gevra. Hiema
het die beskuldigdes vir Ashwin na
die daghospitaal geneem.
[17]
By sy aankoms daar was Ashwin in 'n koma en is behandel vir ernstige
hoofbeserings. Beskuldigde 1 het die volgende verduideliking
vir die
besering gegee:
(a)
Hy en Ashwin het op die boonste van 'n drie dubbele "bunk bed"
gespeel. Ashwin wou iets he om te drink. Beskuldigde
1 het horn op
die boonste vlak van die drie dubbele "bunk bed" gelos en
na die kombuis gegaan on iets te drinke te
kry. Op daardie stadium
was slegs Ashwin en beskuldigde 1 in die woonstel.
(b)
Toe beskuldigde 1 die kamer binne kom sien hy hoe Ashwin kop eerste
vanaf die bed val. Ashwin het met sy kop op die grond
beland
(c)
Beskuldigde 1 het horn opgetel en badkamer toe geneem. Ashwin se kop
het teen die raam van die badkamer deur gekap. Beskuldigde
1 het
Ashwin se gesig gewas Ashwin het daarna op die toilet pot gesit en
daarvan afgeval Beskuldigde 1 het horn opgetel en die
twee van hulle
het op die bed gaan le
(d)
Ashwin het aan die slaap geraak. Later het hy egter op beskuldigde 1
se bors opgebring Hulle is toe weer badkamer toe waar
Ashwin langs
beskuldigde 1 gestaan het. Ashwin het omgeval maar het geen
beserings as gevolg van die val opgedoen nie. Daarna
het hulle weer
op die bed gaan rus totdat beskuldigde 2 vanaf die werk gekom het.
(e)
Ashwin is vanaf die Hanover Park Dag Hospital na Rooikruis Hospitaal
vervoer waar hy later aan sy beserings beswyk het.
GETUIENIS
OOR DIE MEI INSIDENT
[18]
Volgens Mev Norman, het sy beskuldigde 1 en 2 in haar voorkamer
aangetref toe sy by die huis kom die Sondag oggend na die
dans. Sy
het getuig dat beskuldigde 2 op beskuldigde 1 se skoot gesit het en
dat die beskuldigdes besig was om bier te drink.
[19]
Mev Norman het met n paar vriende huis toe gekom Hulle het in die
kombuis gaan sit waar Mev Norman die Sondag middag ete
begin
voorberei het.
[20]
Mev Norman het een van haar vriendmne versoek om vir Ashwin, wie op
daardie stadium nog in die bed was, na haar te bring.
Toe Ashwin na
haar kom het sy gemerk dat hy brandwonde onder elke oog het. By
nadere ondersoek het sy vasgestel dat Ashwin ook
in elk van sy ore
gebrand was asook in die naat van sy anus.
[21]
Volgens Mev Norman was die beserings sigaret brandwonde. Sy het
beskuldigde 2 gekonfronteer oor die kind se toestand. Beskuldigde
2
het beweer dat sy die vorige aand drank was en in 'n dronkslaap -
tiep- verval het. Sy kon nie 'n verduideliking gee vir die
brandwonde nie.
[22]
Beskuldigde 1 was nog in die voorkamer toe hierdie geskil ontstaan
het. Volgens Mev Norman het beskuldigde 1 gereageer deur
te verneem
of die kind nie die Saterdag middag na Mitchells Plain met Mev
Norman gegaan het nie Dit blyk urt haar getuienis asof
beskuldigde 1
geinsinueer het dat Ashwin moontlik sy beserings die Saterdag middag
in mev Norman se sorg opgedoen het. Mev Norman
het die bewering
ontken. -moenie kom try nie".
[23]
Mev Norman het beskuldigde 2 versoek om vir Ashwin na die dokter te
neem. Volgens haar was die spreekkamers van die plaaslike
dokter. Dr
Valley - op daardie stadium op Sondae oop. Beskuldigde 2 was egter
nie bereid om te gaan nie maar het Mev Norman versoek
om die kind
die Maandag na die dokter te neem Tydens hierdie bespreking het mev
Norman driftig met beskuldigde 2 geword en gemeld.'Jy
gaan nog saam
met Maan tronk toe vir jou eie kind' (Maan verwyssende na
beskuldigde 1).
[24]
Beskuldigde 1 het later vertrek, ook hy het geen poging aangewend om
Ashwin na n dokter te neem nie. Die daaropvolgende Maandag
het Mev
Norman vir Ashwin na die dokter geneem. Shariefa Beneke. beskuldigde
1 se suster. het getuig dat sy vir Mev Norman raak
geloop het toe sy
vanaf die dokter kom en dat sy toe ingelig was van die brand wonde.
Ek behandel later in hierdie uitspraak
in meer besonderhede met Mev
Beneke se getuienis.
[25]
Volgens die praktyks notas van dr Valley het Ashwin op 26 Mei 2003
behandeling ontvang vir 'n brand wond onder die regter
oog en vir
brongitis. Die volgende medikasie was voorgeskryf:
(a)
Napamol 110ml- koors en pyn
(b)
Viocort 15 gram vir die wond onder die regter oog
(c)
Purmycin 110 ml - antibiotika vir behandeling van brongitis
(d)
Codef - hoesstraop
(26]
Dr valley het getuig dat hy nie 'n onafhanklike herhindering van die
ondersoek gehad het nie. Hy kon wel vaag weg die wond
onder die oog
en die brongitis onthou. Volgens dr Valley was die brongitis die
hoof rede vir die besoek aan horn op 26 Mei 2003.
Dit was gemene
saak dat Ashwin, op versoek van die dokter, deur beskuldigde 2 die
daaropvolgende Woensdag terug na die spreekkamer
van Dr Valley
geneem was Volgens die praktyks rekords.
Bewysstuk
"P".
het
Dr Katrasa- Murdy vir Ashwin op die Woensdag gesien. Sy opmerking
was " burn improved"
(27]
Dieselfe rekords dui verder aan dat Dr Valley jr op 29 Mei 2003 die
volgende inskrywing gemaak her: 'child welfare requests
letter for
purpose of making a case'.
[28]
Vervolgens het Chantall Syms, Mev Norman se dogter getuig. Sy was
Ashwin se peetma. Toe sy die brandwond aan die oorledene
opmerk het
sy horn na die plaaslike gemeenskaps werker, Kathy Jacobs geneem.
Die optrede het die geval onder die aandag van die
owerhede gebring.
[29]
Kathy Jacobs het getuig dat sy deel van n projek 'Eye on the Child
was. Hulle doel was om hulp te verleen aan kinders wie
sorg nodig
gehad het. Mev Jacobs het verder getuig dat sy altyd met 'n kollega
saamgewerk het. Nadat Chantall Syms die geval
onder haar aandag
gebring het, het sy haar kollega, Cathleen Andrews, se hulp
ingeroep. Mev Jacobs het getuig dat sy brandwonde
onder Ashwin se
oe. binne sy ore en in die naat van sy anus opgemerk het. Sy het die
wonde as sigaret brand wonde beskryf.
[30]
Die twee gemeenskaps werkers het beide beskuldigdes gekonfronteer
oor die voorval Die beskuldigdes was nie instaat om n verduideliking
vir die beserings tot bevrediging van die gemeenskaps werkers te gee
nie. Beskuldigde 1 het die gemeenskap werkers afgejak terwyl
beskuldigde 2 aangedui het dat sy dronk was en nie geweet het wie
Ashwin beseer het nie.
[31]
Wat wel uit hierdie ondersoek van die twee gemeenskap werker aan die
lig gekom het was dat Ashwin op 'n Saterdag in die teenwoordigheid
van beide sy ouers beseer was. Verder dat hy wonde, beskryf as
sigaret brand wonde. onder sy oe, binne sy ore en in sy stuitjie
gehad het. Nie een van
die
beskuldigdes het tydens die ondersoek ontken dat Ashwin die
beserings opgedoen het nie.
[32]
Omdat die gemeenskaps werkers nie bevredigende verduidelikings gekry
het vir Ashwin se beserings nie, het hulle gedreig om
horn uit
beskuldigde 2 se sorg weg te neem. Beskuldigde 2 het toe voorgestel
dat Ashwin na sy paterne ouma moes gaan Die gemeenskaps
werkers het
die geval formeel gerapporteer en na n ondersoek in terme van die
Kinder Wet is Ashwin in die sorg van Ihlaam Davids
geplaas. Mev
Davids en beskuldigde 2 was vriende en Ashwin was ook bekend met
haar. Dit blyk asof die plasing die minste ontwrigting
vir Ashwin
gebied het.
[33]
Ashwin was ongeveer twee weke in die sorg van mev Davids toe
beskuldigde 2 horn teruggeneem het. Mev Davids het getuig dat
Ashwin. terwyl in haar sorg, n kleuter skool bygewoon het. Die skool
het vervoer van en na die kleuters se wonings voorsien.
Sy het dus
verwag dat Ashwin na haar teruggebring sou word maar beskuldigde 2
het gedurende die tweede week toe Ashwin in haar
sorg was gerefcl
dat die skool horn nie terug na Mev Davids neem nie Beskuldigde 2
het Mev Davids telefonies van die reeling
ingelig Daarna het Mev
Davids vir Ashwin net in die verby gang gesien totdat sy gedurende
November 2003 van sy dood vemeem het.
GETUIENIS
OOR DIE NOVEMBER INSIDENT
[34]
Dit is gemene saak dat Ashwin op Saterdag 10 November 2003 in die
sorg van beskuldigde 1 was terwyl beskuldigde 2 by haar
werk was.
Shariefa Beneke. die suster van beskuldigde 1. het getuig dat sy
Ashwin die Saterdag oggend in die sorg van beskuldigde
1 gesien het.
Op daardie stadium het Ashwin in die slaap kamer van die woonstel
waar beskuldigde 1 se vader gewoon het, gespeel
Soos vroeer
verduidelik is hierdie woonstel een van die groep in die eenheid
waarin beskuldigde 2 ook op daardie stadium gewoon
het.
[35]
Volgens Mev Beneke was Ashwin, sy paterne oupa, "Uncle Bart"
en beskuldigde 1 by die woning. Ashwin was vry van
ooglopende
beserings. Dit is verder gemene saak dat toe beskuldigde 2 vanaf
haar werk terugkom het sy Ashwin in 'n beseerde toestand
aangetref
het en dat Ashwin na die Hanover Park Dag Hospitaal geneem was.
Ashwin was bewusteloos met sy aankoms by die Dag Hospitaal
waar hy
gestabiliseer was en toe na Rooi Kruis Hospitaal vervoer was. Ashwin
het by Rooi Kruis Hospitaal beswyk aan sy beserings.
[36]
Dr Van der Hyde het die nadoodse ondersoek op Ashwin uitgevoer. Haar
bevindinge blyk vanuit bewys "B" as volg:
'The
chief post-mortem findings made by me on this body were:
4.1.
The body of a mate child
4.2.
There are injuries both new and old, present over the body
4
.
3.
There is evidence of blunt force abdominal trauma and associated
peritonitis. Partial transsection of the duodenum is present.
4.4
There is evidence of blunt force head trauma.
5.
That,
as a result of my observations, a schedule of which follows, I
conclude that the cause of death was: Multiple injuries,
and the
consequences thereof"
[37]
Dr Van der Hyde het die meganisme van die "abdominal trauma"
-maag/buik besering beskryf as wanneer
hoe
impak
direk op maag toegepas word. Die maag beweeg terug en sny teen die
ruggraat. Hierdie tipe besering kom normaal weg in hoe
impak motor
ongelukke voor. Ook wanneer n kind oor n fiets val en sy maag op die
handvatsels druk, normaal weg gaan spoed hiermee
gepaard. In kruis
ondervraging deur Mnr del Brook -Jones, namens beskuldigde 2 het Dr
Van der Hyde getuig:
'...The
abdominal trauma contributed to the death Also affected the
circulation of the blood"
'How
many head wounds'? Del Brook-Jones
3-
same time as abdominal injury- Van der Hyde"
[38]
Wat die hoof besering aan betref het Dr Van der Hyde getuig dat die
brein geswel het as gevolg van die impak tot so 'n mate
dat die
brein onder die skedel uitgeloop het. Sy het getuig dat 'n val van
'n "bunk bed"die besering kon veroorsaak
maar in hierdie
geval was daar ander beserings wat die moontlikheid van n ongeluk
onwaarskynlik gemaak het. Sy het getuig dat
Ashwin ook beserings aan
sy ken, wang, voorkop. nek en penis gehad het. With a fall one would
expect a single impact point wound."
Dr Van der Hyde het verder
getuig dat die wond aan die nek foto A35 in hierdie verrigtinge deur
die toepassing van geweld veroorsaak
was instede van die gevolg van
'n val soos aan haar voorgehou namens beskuldigde 1. Oor die wond
aan die penis het Dr Van der
Hyde getuig dat dit aanduidend van n
pluk aksie pulling action* was en dat dit onwaarskynlik was dat
Ashwin self hierdie wond
toegedien het.
[39]
Dr Carrihill was die senior mediese kliniese assistent aandiens op 9
November 2003, toe Ashwin tot die intensiewe eenheid
van Rooi Kruis
Hospitaal toegelaat was. Dr Carrihill het getuig dat die oorledene
bewusteloos was by aankoms en dat daar gevolglik
geen vermoede van
die abdominale trauma was nie - die oorledene is gevolglik dan toe
ook nie vir die abdominale besering behandel
nie. Volgens haar was
die skeur aan die penis nie die gevolg van mediese behandeling nie.
Sy het die wond as vars beskryf
[40]
Dr Martinez, was die chirurgiese kliniese assistent aandiens te Rooi
kruis Hospitaal toe Ashwin opgeneem was gedurende November
2003. Sy
het horn ondersoek en het as volg oor sy beserings getuig:
(a)
Die hoof besering het nie gepaard gegaan met uitwendige swelling op
die oorledene se kop of gesig nie - iets wat Dr Martinez
sou verwag
het, veral in die lig van Beskuldigde 1 se weergawe. naamlik dat die
oorledene van die "bunk bed" af geval
het Dr Martinez merk
op:"... if you fall from a height, or if you get hit by any
force, sharp trauma, onto the head, there's
usually and virtually
almost always a significant swelling" Dr Martinez het dan ook
verder getuig: "... there was a
significant swelling on the
inside of the brain." Die dokter het voort gegaan en
verduidelik dat by afwesigheid van enige
uitwendige swelling, die
inwendige brein besering en gevolglike inwendige swelling moontlik
veroorsaak kon geweees het deur "vicious
shaking of the child
can also do that. You know, any vicious shaking without necessarily
causing any bumps or external evidence
can certainly cause brain
swelling of that nature."
(b)
Die trein spoor tipe besering aan die been - kon deur 'n lyfband
veroorsaak gewees het Daardie besering was moontlik 'n paar
uur oud
(c)
Die beserings aan die ken kon die gevolg van 'just rough handling"
wees.
(d)
Die beserings aan die nipples'
(i)
1 x asof geknyp oor klere
(e)
Volgens Dr Martinez was die besering aan die penis nie deur n
kateter veroorsaak nie. Dit was in kruis ondervraging —
namens
beskuldigde 1 - aan haar voorgehou." I doubt, but it is
possible, most doctors are not that rough."
(f)
Die maag besering kon nie deur n val veroorsaak gewees het nie Sy
het getuig dat die area deur die ribbes beskerm word. Die
tipe
besering kom voor in hoe impak motor ongelukke. Sy het die tipe
besering al gesien waar iemand deur 'n perd geskop was.
Sy het die
moontlikheid dat die maag besering in 'n val soos beskyf deur die
beskuldigde 1 as 'n waarskynlikheid uitgesluit.
Hoewel al die
mediese getuies die moontlikheid nie kon uitsluit nie was almal dit
eens dat dit onwaarskynlik was dat die maag
besering deur n val
veroorsaak kon gewees het.
[41]
Dr Waggie was die spesialis pediater aan diens te Rooi Kruis
Hospitaal toe Ashwin gedurende November 2003 toegelaat was.
Sy het n
geskiedenis van die beskuldigdes verkry. Sy was van mening dat die
geskiedenis nie strook met die tipe beserings wat
Ashwin opgedoen
het nie.
[42]
Volgens Dr Waggie kon die val van n "bunk bed" nie die
hoof besering veroorsaak het nie. Volgens haar klasifiseer
n val
vanaf n "bunk bed" as lae impak terwyl Ashwin se besering
hoe impak tipe was.
[43]
Laastens het Dr Bass getuig. Sy getuienis was toegelaat nadat
beskuldigde 1 beswaar aangeteken het daarteen. Ek het uit die
kruisondervraging
verstaan
dat die verdediging nie beswaar teen Dr Bass se getuienis sou
geopper het indien hulle in besrt van sy
curriculum
vitae
was
nie.
[44]
Dr Bass is 'n senior mediese adviseur in diens van die Departement
Gesondheid. Onder andere het Dr Bass ondervinding as dossent
aan die
Universitiet van Kaapstad. en senior spesialis te Rooi Kruis
Hospitaal met spesialitiet in kinder trauma.
[45]
Dr Bass het nie vir Ashwin self ondersoek nie maar het 'n
geskiedenis vanaf die staat ontvang. Oor die moontlikheid van n
val
soos deur beskuldigde 1 beweer het Dr Bass horn as volg uitgelaat:
'Ashwin-
toddler- tendency - the probability is that he would land on his
head.
The
mechanism told to Red Cross could result in a minor bruise and even
a moderate injury such as a small fracture
If
I was presented with a child under 3
-
history
fallen from a upper bunk bed-1 would not be surprise to see a
bruise, fracture - period of drowsiness, nausea and vomiting.
"
[46]
Oor die abdominale besering het Dr Bass horn as volg uitgelaat:
"...
This was
5
years
short of my leaving the unit- we had collected 9 cases of duodenum
injuries. Outcome:
2x
mechanism of that small series;
1x
road traffic - high velocity - not surprising because of the force
applied when the child is thrown against a solid surface
in a
vehicle
2x
A deliberate force to the upper abdomen - hit with a brick or pushed
with a stick ..certainly no patients in that series who
had fallen.
[47]
In kruis ondervraging het Dr Bass gese: 'I am more concern about the
bruise on the buttock - not self inflicted- belt etc.
[48]
Die ander staats getuie wie spesifieke melding verg was Mnr Allister
Syms, beskuldigde 1 se swaer Mnr Syms het getuig dat
hy met die ouer
suster van beskuldigde
1
getroud
was. Hulle was steeds getroud toe Mnr Syms getuig het. Mnr Syms was
ook gewaarsku in terme van artikel 204 van die Straf
Proses Wet. Die
klagtes waaraan Mnr Syms homself kon blootstel was oortredings van
Artikel 5(a) en 4(b) van Wet 140 of 1992 (
Die Dwelms Wet).
[49]
Volgengs Mnr Syms het hy die oggend 10 November 2003. by beskuldigde
1 aangedoen. Ashwin was ook daar. Mnr Syms het gesien
hoe
beskuldigde 1 vir Ashwin hardhandig behandel en op die bed slinger
[50]
Mnr Syms het getuig dat hy Ashwin se oe onthou. "sy oe het
gepleit-moenie my hier los/ Mnr Syms het getuig dat op daardie
stadium die kamer waar Ashwin na bewering sy beserings opgedoen het
nie n drie dubbele "bunk bed" ingehad het nie Mnr
Syms het
getuig dat hy by die woning aangedoen het om dagga te koop en te
rook waarna hy werk toe is.
[51]
Hy het later verneem van Ashwin se beserings en daarna dat Ashwin
beswyk het as gevolg van sy beserings. Volgens Mnr Syms
was hy en sy
skoonpa, beskuldigde 1 se oorledene vader, goeie vriende. Die
oorlededne het volgens Mnr Syms na die dood van Ashwin
aan horn
gemeld dat "Die man wil he ek moet vir die mense lieg en se die
kind het vanaf die triple bunk geval.' Die hoorse
getuienis was
voorlopig toegelaat.
[52]
Volgens Mnr Syms het hy self na die voorval waargeneem dat die drie
dubbele "bunk bed" opgestel was. Hy het getuig
dat
alhoewel daar n drie dubbele "bunk bed" in die woonstel
was, dit nie opgestel was nie. Volgens horn was net een
van die drie
beddens in die kamer waar Ashwin na bewering geval het. Mnr Syms het
verstaan dat beskuldigde 1 besig was om die
toneel van die beweerde
ongeluk aan te pas en was bereid om stil te bly.
[53]
Etlike maande na die voorval was Mnr Syms en sy vrou egter in n
geskil betrokke en het Mnr Syms sy vrou aangerand. Beskuldigde
1 het
aanstoot geneem en Mnr Syms aangerand. Mnr Syms het in die hospital
beland as gevolg van die aanranding Volgens Mnr Syms
het hierdie
optrede van beskuldigde 1 horn ontstig omdat 'he knows what I
know.''
[54]
Mnr Syms se gewete was egter weereens stil na die voorval. Hy het 'n
bedrag geld as vergoeding vir sy pyn en lyding ontvang
vanaf
beskuldigde 1 se moeder. Dit was eers nadat hierdie verigtinge 'n
aanvang geneem het dat Mnr Syms koerant berigte gelees
het en daarna
toe hy deur die ondersoek beampte genader was het hy ingewillig om
te getuig.
[55]
Die hoors§ getuienis was voorlopig toegelaat. Dit was in kort
die saak vir die staat. Beide beskuldigdes het aansoek
gedoen om
ontslag in terme van artikel 174 van die Straf Proses Wet. Daardie
aasoek was geweier. Die redes vir die weiering was
die volgende;
(a)
In
S v Lubaxa 2001(2) SACR 703 Nugent AJA ges§:
%
in the opinion of the trial court, there is evidence upon which the
accused might reasonably be convicted, its duty is straightforward
-
the accused may not be discharged and the trial must continue to its
end. It is when the trial court is of the opinion that
there is no
evidence upon which the accused might reasonably be convicted that
the difficulty arises...."
(b)
In die lig van slegs die mediese getuienis, ek herhaal dit nie, was
dit my mening dat daar getuienis was waarop die beskuldigdes
rederlikerwys skuldig bevind kon word.
(c)
Die getuienis was onbetwis dat die abdominale besering indien nie
veroorsaak in
;
n
motorongeluk dan deur 'n geweldige krag met direkte doelbewuste
toediening opgedoen was. Dr Van der Hyde het getuig dat die
abdominale besering bygedra het tot Ashwin se dood. Die wond het
onder andere sy bloedsomloop beinvloed.
(d)
Die mediese getuienis was verder dat die beweerde val vanaf 'n drie
dubbele -bunk bed" met swelling aan die kop gepaard
sou gaan.
Die afwesigheid van swelling was ten minste aanduidend dat die
besering op 'n ander manier toegedien was. Dit was moontlik
dat die
besering veroorsaak kon gewees het deur die oorledene se kop te
skud. In die lig van die ander beserings wat Ashwin gehad
het,
naamlik aan sy kop en gesig, skeur aan penis en wond aan sy tepels.
was die omstandigheids getuienis sodanig dat dit rederlikerwys
tot
'n skuldig bevinding kon lei.
(e)
M.b.t to die Mei 2003 insident was die getuienis van sodanige aard
dat met redelike sekerheid aanvaar kon word dat Ashwin
brandwonde
opgedoen het terwyl hy in die sorg van die beskuldiges, sy ouers
was. Een van daardie sigaret brandwonde was in die
naat van sy anus.
(f)
Na my mening was hierdie hof verplig om met die aansoek te weier.
DIE VERDEDIGING SAAK
Beskuldige 1
[56]
Beskuldigde 1 het getuig en verduidelik dat hy gedurende Mei 2003 by
beskuldigde 2 gekuier het Mev Norman was uit. Hy en
beskuldigde 2
het bier gednnk, hoewel hy nie eintlik drink nie. Sy het eerste gaan
slaap. Ashwin het reeds vroeer die aand gaan
slaap. Hy het bevestig
dat Ashwin die middag saam met Mev Norman uit was. Hy het geen
beserings aan Ashwin opgemerk nie
[57]
Later het hyself ook gaan slaap, op dieselde bed as beskuldigde 2 en
Ashwin. Gedurende die nag het hy wakker geword en Chandre
Norman
asook Anthony Norman en vriende van beide was in die woning. In
besonder het Anthony Norman en vriende mandrax in die
badkamer
gerook
[58]
Hy het nie gehoor dat Ashwin in die nag huil nie. Indien hy sou
skreeu as gevolg van die brandwonde sou hy dit hoor. Die
volgende
oggend het hy gehoor hoe Mev Norman beskukjigings rondslinger na
aanleiding van beserings wat Ashwin na bewering opgedoen
het. Met
beskuldigings rond slinger bedoel ek dat Mev Norman streng met Besk
no2 was en 'n verduideliking uit haar wou dwing.
Hy self het niks
daaraan gedoen nie omdat:
'Hoekom
het sy nie tot voor my gekom.."
[59]
Beskuldigde 1 het verder getuig dat hy nie kon aandag gee aan Ashwin
se beweerde besering nie, aangesien hy by die huis moes
kom want sy
afwesigheid sou sy vrou ontstel. Hy het aangedui dat hy getroud was
en moes huistoe gaan.
(601
Hy het vervolgens verduidelik dat hy die Saterdag. November 2003.
met Ashwin op die bed gespeel het. Hulle was op die boonste
van die
drie dubbele "bunk bed' Ashwin wou iets he om te drink:
'
Toe gaan haal ek iets vir hom om te drink My tout was ek het horn op
die bed gelos. Toe ek terugkom met die drink sien ek hoe
val hy- van
die bed af op sy kop - en toe tel ek hom op. - Hardloop badkamer
toe- toe kap sy kop teen die badkamerdeur-raam -
toe kom ek daar toe
was ek sy gesig af- toe
s6
hy
hy wil op die pot sit- toe los ek hom op die pot - na 'n paar minute
toe val hy van die pot af- toe tel ek hom weer op -toe
gaan 16
ons-agter 'n tyd toe sten ek hy het op my bors opgegooi - toe gat ek
toilet toe -was ek my af- Ashwin staan toe langs
my - toe sien ek
hier val hy om. Ek was onder die impression dat hy aan die slaap
geraak het - toe gaan 16 ons weer- agter 'n
tyd toe kom sy ma".
[61]
In kruisondervraging het beskuldigde 1 ontken dat hy vir Ashwin
gebrand het gedurende Mei 2003 Hy het bevestig dat Mev Norman
die
Sondag oggend beweer het dat die kind die Saterdag aand gebrand was.
In antwoord oor hoekom hy nie vir Mev Norman gekonfronteer
het oor
die bewering nie. het hy geantwoord:
"Hoekom
moet ek vir haar konfronteer- ek was dan in die huis - sy kon dit
vir my gese het. '
[62]
Adv Van Niekerk het egter die punt benadruk dat hy dit vreem vind
dat beskuldide 1 nie vir Mev Norman gekonfronteer het oor
die
beweerde brandwonde aan Ashwin die Sondag oggend nie. Beskuldigde 1
het geantwoord dat hy nie kon gaan kyk na die beweerde
brand wonde
nie-want:
"My
ding
is die -ek moet nou by die huis uitkom want my vrou gaan wonder waar
is ek....Die brandwonde het my gepla maarek moes huistoe
gaan "
[63]
Beskuldigde 1 het verder bevestig dat Ashwin nie oor beserings gekla
het die Saterdag aand in Mei 2003 voordat hy gaan slaap
het nie.
Vervolgens het beskuldigde 1 ontken dat Ashwin se kop ook teen die
bad se rand gekap het Daardie bewering was aan staatsgetuies
gestel.
[64]
Beskuldigde 1 hel verder getuig dat Mev Norman probleme met horn het
omdat hy haar betrap het toe sy omgang met n jonger
man gehad het.
Hierdie stelling was nooit aan mev Norman gestel nie.
[65]
Beskuldigde 1 was. in kruis ondervraging. gekontronteer met die
mediese getuienis dat die afwesigheid van n knop teen Ashwin
se kop
aanduidend was dat hy nie geval het nie. Hy het toe beweer dat
Ashwin wel 'n knop teen sy kop gehad het. Daardie bewering
was
loodreg in stryd met die mediese getuienis en was nooit aan enige
van hulle gestel nie
[66]
Oor die besering aan Ashwin se boude, welke besering volgens die
mediese getuienis moontlik deur 'n lyfband veroorsaak was
het
beskuldigde gese:
"Ek
kan nie verduidelik nie- maar ek loop elke dag met 'n Track suit
pants"
[67]
Beskuldigde t kon geen verduideliking vir die abdominale besering
gee nie.
[68]
Rafieka Jacobs, beskuldigde 1 se jongste suster. het getuig dat sy
en Chandre Norman asook Tony Norman op die Saterdag in
Mei 2003 by
Mev Norman se woning was. Sy was egter nie bewus van enige argument
of bewerings van brand wonde wat op Ashwin se
liggam die Sondag
oggend gevmd was nie Dit was vreemd aangesien sy beweer dat sy by
Mev Norman se woning was nadat beskuldigde
1 reeds vertrek het
[69]
Beskuldigde 1 het verder die getuienis van n ander suster gelei Sy
het getuig dat die drie dubbele "bunk bed wel opgestel
was en
ook dat haar kinders op die bed geslaap het tydends November 2003.
Dit was die saak vir beskuldigde 1
[70]
Hierna het die staat 'n aansoek vir die heropening van hul saak
gebring. Daardie aansoek was geweier Die staat wou getuienis
tei oor
n voorval wat na bewering plaasgevind het tussen beskuldigde 1 en
Mnr Syms nadat Mnr Syms getuig het.
[71]
Daarna het beskuldige 2 getuig. Sy het ontken dat sy Ashwin
aangerand het of toegelaat het dat beskuldigde 1 horn aanrand.
Met
betrekking tot die Mei 2003 insident het sy getuig dat sy die middag
gedrink het terwyl Mev Norman met Ashwin na 'n partytjie
in
Mitchells Plain gegaan het. Die Saterdag namiddag toe hulle terugkom
was Ashwin moeg en het hy vroeg gaan slaap Sy self het
later gaan
slaap Beskuldigde 1 en Chandre was nog in die huis toe sy gaan
slaap.
[72]
Sy het geen onraad gedurende die nag gemerk nie. Die volgende
oggend, het Mev Norman beweer dat Ashwin gebrand was. Hy het
toe 'n
merk onder sy regter oog gehad. Sy het vir beskuldigde 1 gevra wat
Ashwin oorgekom het maar hy kon haar nie inlig nie.
[73]
Sy erken dat Ashwin siek was die Sondag maar se dat Mev Norman na
horn omgesien het Volgens haar het Mev Norman vir Ashwin
na die
dokter geneem en het die dokter net bevind dat Ashwin '"n puff
under the right eye" het waarvoor salf voorgeskyf
was. Sy
getuig dat sy eers die Woendag van die verdere brandwonde verneem
het. Dit was op die stadium toe die gemeenskapswerkers
betrokke
geraak het
[74]
Beskuldigde 2 was erg krities teenoor Mev Norman en ander lede van
haar gesin. Volgens haar was daar voortdurend druk op
haar geplaas
om die blaam vir Ashwin se beserings op beskuldigde 1 te plaas. Sy
het beweer dat sy onder druk was omdat sy van
haar familie afhanklik
was vir verblyf.
[75]
Daardie situasie het verander en toe sy getuig het was sy nie meer
vir verblyf van Mev Norman afhanklik nie. Beskuldigde
2 het verder
beweer dat die verskeie merke op Ashwin se liggaam, letsels is wat
gelaat is deur pokkies' oftewel waterpokkies.
Hierdie bewering was
nooit aan eninge van die vele mediese getuies gestel nie. Hierdie
getuies het oor etlike dae getuig dat
die letsels moontlik sigaret
brand wonde was.
[76]
Beskuldigde 2 het erken dat beskuldigde 1 haar in die verlede
aangerand het. Sy het egter beweer dat sy optrede vroeer Mev
Norman
se goedkeuring weggedra het. Sy het ontken dat sy bang was vir
beskuldigde 1.
[77]
Sy getuig dat sy gedurende November 2003 genoodsaak was om
beskuldigde 1 te nade om op die Saterdag na Ashwin om te sien.
Sy
self moes gaan werk en daar was niemand anders om na Ashwin om te
sien nie.
[78]
Sy het self vir Ashwin die vorige aand gebad asook die Saterdag
oggend aangetrek Volgens haar was Ashwin vry van beserings
behalwe
die 'pokkies" letsels. Toe sy die namiddag by beskuldigde 1
aankom het Ashwin geslaap. Sy het hom huis toe geneem
waar sy hom
probeer bors voed het Sy het verduidelik dat sy hom gewoonlik op
daardie manier wakker gekry het. Toe sy hom nie
wakker kry nie het
sy na beskuldigde 1 gegaan waar sy vemeem het dat Ashwin geval het.
[79]
Sy bevestig dat Ashwin daarna na die Dag Hospitaal geneem was en die
verdere mediese behandeling wat Ashwin tot sy dood die
Sondag aand
ontvang het. Sy het enige late aan haar kant ontken.
[80]
Beskuldigde 2 was aanvallend gedurende kruis ondervraging. Sy het
haar misnoee met haar famielie en vriende uitgespreek.
Volgens haar
wou haar familie en vriende he dat sy beskuldigde 1 moes impliseer.
Sy het getuig dat sy gereeld die woonstel waar
Ashwin na bewering
geval het, besoek het. Sy het bevestig dat die drie dubbele "bunk
bed" opgestel was in die kamer
voor en na die voorval.
EVALUEERING
[81]
Mev Norman was 'n geloofwaardige getuie. Sy het nie geskroom om te
erken dat die verhouding tussen die beskuldigdes nie haar
goedkeuring weggedra het nie. Haar getuienis met betrekking tot die
gebeure die Sondag oggend word grootliks deur die beskuldigdes
bevestig. Volgens beskuldigde 1 was hy in die woonstel toe Mev
Norman vir beskuldigde 2 aangespreek het m.b.t die beserings aan
Ashwin.
[82]
Beskuldigde 1 erken dat die kind nie die vorige aand beserings gehad
het nie Dit verduidelik natuurlik nie hoekom hy die
Sondag oggend
die indruk wou skep dat Ashwin moontlik die Saterdag te Mitchells
Plain sy beserings opgedoen het nie. Dr Valley
het n brand wond
onder Ashwin se regter oog opgemerk. Hy het getuig dat tydens sy
ondersoek van Ashwin die klem op die brongitis
was. Mev Norman word
verder gestaaf deur Chantall Norman en beide die gemeenskapswerkers.
Die hof is tevrede dat Chantall Norman
en beide gemeenskapswerkers
geloofwaardige getuies was. Hulle het op n geloofwaardige wyse
getuig. Daar was ook niks onwaarskynliks
in hulle getuienis nie
Inteendeel hulle optrede nadat die beserings aan Ashwin tot hulle
kennis gekom het strook met die waarskynlikhede.
Volgens die
nadoodse ondersoek het Ashwin "...A scar ... within the anal
verge posteriorly" gehad. Dr van der Hyde
het toegewings gemaak
waar nodig. Sy was n goeie en geloofwaardige getuie. Sy het aan die
Hot met verwysing na fotos die verskillende
beserings en die redes
vir haar bevindinge verduidelik. Hierdie Hof is tevrede dat sy 'n
deskundige op haar gebied is. Voorts
stem die Hof saam met haar
gevolgtrekkinge en redes daarvoor soos uiteengesit in haar getuienis
in hierdie Hof. Die Hof bevind
dat Ashwin op die Sondag 25 Mei 2003
sigaret brand wonde onder sy oe. binne die ore en in sy anus gehad
het.
[83]
Mev Norman het getuig dat sy 'n gesins geweld interdik teen haar
gewese man, Tony Norman, gehad het. Sy het verbaas gelyk
toe daar
aan haar gestel was dat Mr Norman die Saterdag aand by haar huis
was. Alhoewel sy nie daar was nie het sy verduidelik
hoekom sy dit
ontken. Haar getuienis was dat hy teen daardie tyd reeds 'n geruime
tyd nie meer daar woonagtig was nie. Hulle
verhouding was sodanig
dat sy die moontlikheid uitgesluit het. In hierdie weergawe was sy
ondersteun deur Chandre Norman en ook
Tony Norman Tony Norman het
bewestig dat hy deur 'n gesinsgeweld interdik verbied was om Mev
Norman se woning te betree. Hy het
ontken dat hy die Saterdag in Mev
Norman se huis was. Mnr Norman het nie enige van die vooroordele
teenoor die verhouding tussen
beskuldigde t en 2 uitgespreek nie.
Daar was niks onwaarskynlik in sy getuienis nie. Die Hof aanvaar sy
getuienis. Chandre Norman
het getuig dat sy kort na haar ma, die
Saterdag aand. die woning verlaat het Sy het ontken dat sy, Tony
Norman en Rafieka Jacobs
saam in die huis was daardie aand. Ook
hierdie getuienis strook met die waarskynlikhede. Die poging deur
Rafieka Jacobs om haarself.
Chandre Norman en Tony Norman in die
huis te plaas het misluk.
[84]
Rafieka Jacobs se geheue was so selektief dat sy nie eers gehoor het
hoe Mev Norman beweer het dat Ashwin brandwonde die
Saterdag aand
opgedoen het nie. Rafieka Jacobs se weergawe was ooglopend aangepas
en oordrewe. Die hof aanvaar dat Ashwin die
beserings opgedoen het
terwyl hy in die toesig van die beskuldiges gedurende die Saterdag
aand was. Beskuldigde 1 se getuienis
is duidelik dat hy sou gehoor
het as Ashwin sou skreeu. Volgens Dr Albertyn, 'n deskundige in die
hantering van pyn geassosieer
met brandwonde, wie se getuienis ek
nie behandel het nie. was die brand wonde derde graadse brand wonde.
Dit volg dat Ashwin
sou geskreeu en gehuil het toe die brand wonde
toegedien was
[85]
Die staat het verskete mediese getuienis aangebied. Onder andere Dr
Bass. Dr van der Hyde, Dr Waggie, Dr Martinez en Dr Valley.
Die Hof
is tevrede dat elk duskundigheid gehad het oor die relevante aspek
waaroor hulle getuig het By aanvaarding van elk se
getuienis het die
Hof noukeurig die grondslag vir hulle bevmding oorweeg en stem met
hulle bevindinge saam. Dr Bass het erken
dat hy oor 'n vyf jaar
periode slegs nege gevalle van buik beserings bestudeer het. Die
resultaat van daardie studie is nie in
geskil geplaas nie. Dit volg
dan dat die Hof aanvaar dat Ashwin die buik besering opgedoen het
deur die toepassing van direkte
inpak op sy liggaam.
[86]
Die oorblywende vraag is wie die beserings op Ashwin toegedien het.
Die staat moet sy saak bo redelike twyfel bewys Daar
is geen
ooggetuies nie. Die hof is dus aangewese op die omstandigheids
getuienis. In
Rex
v
Blom 1939 op 202, het Watermeyer JA die volgende met betrekking tot
omstandigheids getuienis ges6:
"In
reasoning by inference there are two cardinal rules of logic which
cannot be ignored:
The
inference sought to be drawn must be consistent with all the proven
facts. If it is not the inference cannot be drawn.
The
proven facts should be such that they exclude every reasonable
inference from them save the one sought to be drawn. If they
do not
exclude other reasonable inferences, then there must be a doubt
whether the inference to be drawn is correct."
[87]
Ook met betrekking tot die beserings waaraan Ashwin beswyk het is
daar geen ooggetuies nie. Die getuienis met betrekking
tot die
abdominale besering is eenvoudig. Die mediese getuies was dit eens
dat die tipe besering deur direkte impak soos n skop,
of n hoe impak
motorongeluk veroorsaak word. Ashwin was nie in 'n motor ongeluk
betrokke nie. Hy kon nie die besering opgedoen
het toe hy vanaf die
bed af geval het nie. Volgens beskuldigde 1 het Ashwin op sy kop
geval. Daar was geen moontlikheid dat daar
direkte impak op Ashwin
se buik was nie. Beskuldigde 1 was alleen met Ashwin. dit sluit die
moontlikheid uit dat iemand anders
Ashwin kon beseer het.
[88]
In betoog het adv Johnson aangevoer dat die besering nie tot 'n
skuldig bevinding op een van die klagtes beskuldigde 1 ten
laste
gele kan lei nie. Hierdie hof deel nie daardie mening nie. Die
getuienis van Dr Van der Hyde
was:
"The
abdominal trauma contributed to the death Also affected the
circulation of the blood'
[89]
Verder het Dr Van der Hyde die oorsaak van dood beskryf as:
"...
There is evidence of blunt force abdominal trauma and associated
peritonitis. Partial transsection of the duodenum is
present
4.4
There is evidence of blunt force head trauma.
5.
That,
as a result of my observations, a schedule of which follows. I
conclude that the cause of death was Multiple injuries, and
the
consequences thereof.'
[90]
Ten tye van sy dood was Ashwin 2 jaar en 11 maande oud. Toe
beskuldigde 1 direkte geweld op Ashwin se maag toegepas het sodat
sy
derm teen sy ruggraat sny en sodoende ingewande materiaal in sy
gestel vrystel wat die onafwendbare gevolg van peritonitis
(die
inftamasie van die buikvlies met gevolglike septisemie) gehad het.
is die enigste redelike afleiding wat hierdie hof kan
maak. veral in
die lig van die afwesigheid van enige verduideliking van Beskuldigde
1 aangaande die abdominale besering, dat
Beskuldigde 1 die
moontlikheid voorsien het dat sy optrede noodlottige gevolge mag he
en dat hy (Besk 1) horn daarmee versoen
het Dit is te meer so as die
getuienis van Dr Van Der Heyde in gedagte gehou word:
"...that
would have been a painful blow. That child would not have been
wanting to eat. That child would have been vomiting."
[91]
Na hierdie hof se mening word beskuldigde 1 ten minste deur
dolus
eventualis
getref.
- In die verband - sien Strafreg. C R Snyman, Vyfde Uitgawe, bl 183
- 187 asook S v Ngubane
1985 (3) SA 677
(A) 685 D. In S v Beukes
1988 (1) SA 511
(A) 521 - 522 het die appelhof ook aanvaar dat dolus
eventualis 'n kognitiewe sowel as 'n voluntatiewe element omvat. Wat
die
tweede element van die toets betref, het die hof as volg
opgemerk: ""n Hof maak dus 'n afleiding aangaande n
beskuldigde
se gemoed uit die feite wat daarop dui dat dit,
objektief gesien, redelik moontlik was dat die gevolg sal intree.
Indien so 'n
moontlikheid nie bestaan nie word eenvoudig aanvaar dat
die dader nie die gevolg in sy bewussyn opgeneem het nie. Indien
wel.
word in die reel uit die blote feit dat hy handelend opgetree
het. afgelei dat hy die feit op die koop toe geneem het"
Sien
ook S v Maritz 1996 (1) SASV405 (A) 415 b 416 f-g.
[92]
Wat die hoof besering betref is daar ook geen ooggetuies nie. Die
mediese getuies was van mening dat die hoof beserings nie
strook met
beskuldigde 1 se weergawe nie. Ten eerste omdat feitlik elkeen sou
verwag dat daar 'n swelsel op die punt van impak
sou wees. Opmerklik
dat eers toe beskuldigde 1 in n hoek gedryf was tydens kruis
ondervraging het hy beweer dat Ashwin wel n
knop/swelsel aan die kop
gehad het. Dit was duidelik dat ook beskuldigde 1 die
onwaarskynlikheid van sy weergawe kon insien.
Hy het toe sy weergawe
aangepas
[93]
Beskuldigde 1 kon ook nie die oorgrote meerderheid van die beserings
aan Ashwin verduidelik nie. Op sy aanvanklike weergawe
soos gestel
aan die staatsgetuies sou Ashwin ook sy kop aan die bad se rand
gekap het. In kruis ondervraging het hy ontken dat
Ashwin se kop
teen die bad se rand gekap het Beskuldigde 1 kon nie verduidelik
hoekom die weergawe aan die staats getuies gestel
was nie.
[94]
Volgens beskuldigde 1 het Ashwin geen beserings opgedoen toe hy
langs die beskuldigde omgeval het nie. Op beskuldigde 1 se
weergawe
het Ashwin slegs beserings opgedoen toe hy vanaf die bed geval het
en toe sy kop teen die badkamer se deur gekap het.
Dit verduidelik
nie hoe Ashwin sy voorkop, wang en nek beseer het nie. Die weergawe
verduidelik ook nie die 'trein spoor' tipe
besering op Ashwin se
boude nie. Soos aangedui was Dr Martinez van mening dat die besering
moontlik deur 'n lyfband veroorsaak
was. Beskuldigde 1 se antwoord
daarop was dat hy slegs sweetpak broeke dra
(met
ander woorde dat hy gevolglik nooit 'n lyfband dra, is die afleiding
wat 'n mens daaruit kan maak).
[95]
Beskuldigde 1 was 'n ongeloofwaardige getuie Hy het telkens vrae
deur argument beantwoord Hy het sy weergawe aangepas wanneer
dit
nodig was. So verduidelik hy met verwysing na die Mei 2003 voorval
dat hy nie tyd gehad het om die Sondag oggend ondersoek
te gaan
instel toe Mev Norman beweer het dat Ashwin gebrand was nie omdat sy
vrou sou wonder waar hy was. Hy vergeet klaarblyklik
dat hy die hele
nag by beskuldigde 2 deurgebring het. Die sorg vir sy huwelik op die
krittieke stadium, toe daar beweer is dat
sy kind in sy sorg gebrand
is, is nie oortuigend nie.
[96]
Volgens Dr Van der Hyde kon n val vanaf die drie dubbele "bunk
bed" die hoof besering veroorsaak het. In hierdie
geval was sy
egter van mening dat die beserings nie die gevolg van n val vanaf
die drie dubbele "bunk bed" was nie
omdat Ashwin ook ander
beserings gehad het.
[97]
Volgens Mnr Syms was die drie dubbele "bunk bed" nie
opgestel op die dag van die voorval nie. Mnr Syms het 'n logiese
verloop van gebeure geskets, hy het geleentheid gehad om dit wat hy
vermoed het onder die polisie se aandag te bring maar het
nie. Dit
was eers nadat beskuldigde
1
horn
aangerand het dat sy gewete horn begin pla het. Adv Johnson het aan
Mnr Syms gestel dat 'hy die pap dik aanmaak ' Dit was
ook hierdie
hof se mening oor Mnr Syms. Dit is om daardie rede dat die hof die
hoorse getuies wat voortopig toegelaat is nou
buite rekening laat
Die hof is dan ook van mening dat Mnr Syms se getuienis met
betrekking tot die stand van die drie dubbele
"bunk bed"
buite rekening gelaat moet word. Die hof is nie van mening dat Mnr
Syms noodwendig n leunagtige getuie was
nie maar hy het ooglopend
oordryf. So het Mnr Syms getuig dat beskuldigde 1 vir Ashwin "met
undue excessive force"
op die bed gegooi het.
[98]
Die Hof is steeds van mening dat in die omstandighede van hierdie
geval die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word,
is dat
Ashwin nie sy hoof besering op die manier soos deur beskuldigde 1
beweer. opgedoen het nie. Die afwesigheid van enige
uitwendige
swelsel op die skedel of gesig van die oorledene asook die ander
beserings sluit die moontlikheid van 'n sogenaamde
"accidental
injury" uit.
[99]
Die staats advokaat het hom beroep op die leerstuk van "common
purpose" om beskuldigde 2 met die moord klagte te
verbind.
Botha JA het in
S
v Mgedezi
1989(1)
SA 689 die vereistes vir die leerstuk as volg beskryf 706 - 709 l-B:
'In
the absence of proof of a prior agreement accused 6, who was not
shown to have contributed causally to the killing or wounding
...can
be held liable for those events, on the basis of the decision in Sv
Safatsa and Other 1988(1)SA 686(A), only if certain
prerequisites
are satisfied. In the first place, he must have been present at the
scene where the violence was being committed.
Secondly, he must have
been aware of the assault on the inmates.... Thirdly, he must have
intended to make common cause with
those who were actually
perpetrating the assault. Fourthly, he must have manifested his
sharing of a common purpose with the
perpetrator of the assault by
himself performing some act of association with the conduct of the
others. Fifthly, he must have
had the requisite mens rea; so; in
respect of the killing of the deceased,...'
[100]
In die onderhawige geval is daar geen getuienis van 'n vorige
afspraak nie. Die staat het daarop staat gemaak dat omdat
beskuldigde 1 reeds vir beskuldigde 2 aangerand het sy nie vir
Ashwin in sy sorg moes gelaat het nie. Daar is egter geen betroubare
getuienis gelewer dat beskuldigde 1 ooit hardhandig teenoor Ashwin
opgetree het nie. Inteendeel die getuienis van Mev Norman
was dat
beskuldigde 1 nie veel vir Ashwin omgegee het nie eerder was sy
aandag gerig op beskuldigde 2. "Hy het haar nie
vir 'n ander
man gegun nie."
[101]
Die getuienis van ander lede van beskuldigde 2 se gesin van hoe
Ashwin vreesagtig gereageer het wanneer hy vir beskuldigde
1 sien.
moet gesien word in die lig van hulle verhouding. Soos reeds gemeld.
beskuldigde 2 se vriende en famielie lede was gekant
teen haar
verhouding met beskuldigde 1 omdat hy getroud was Daar is ook die
getuienis van Maria Benjamin, Mev Norman se buurvrou.
Sy het geen
mening oor die beskuldigdes se verhouding uitgespreek nie. Dit is
daarom insiggewend dat sy Ashwin se reaksie teenoor
beskuldigde 1 as
normaal beskryf. Sy het getuig dat n kind so reageer met n streng
ouer of wanneer hy iets verkeerd gedoen het.
Sy het dan ook
geleentheid gehad on Ashwin se reaksie waar te neem.
[102]
Beide beskuldiges was swak getuies. Beskuldigde 1 het sy weergawe
aangepas wanneer hy in 'n hoek gedryf was. Hy was ook
net nie
instaat om verduidelikings te gee wanneer dit van horn verwag was
nie. Sy weergawe met betrekking tot die hoof besering
moes hy ook
aanpas.
[103]
Beskuldigde 2 was soos reeds genoem aanvallend en het talle
onwaarskynlikhede kwyt geraak. So getuig sy dat sy slegs 1 besering
onder Ashwin se oog gesien het- Sondag 25 Mei 2003. Volgens haar was
daar geen sprake van ander brand wonde nie. Die getuienis
loop reg
in stryd met die staatgetuies, in besonder Mev Norman. Daardie
weergawe strook ook nie met die beserings/letsels waargeneem
tydens
die nadoodse ondersoek nie Beskuldigde 2 het getuig dat sy nie
Ashwin die Sondag, Mei 2003, na Dr Valley se spreekkamers
kon neem
omdat dit toe was. Ook daardie weergawe was in stryd met wat aan die
staatsgetuies gestel was Dit was aan die staats
getuies gestel dat
beskuldigde 2 as gevolg van haar drank inname skaam was om na die
dokter te gaan.
[104]
Waar die beskuldigdes se weergawes in stryd is met die feite soos
hierin bewese gevind, word dit verwerp as leuens.
Die
ten laste gelegde klagtes
[105]
Die beskuldigdes was eerstens van aanranding met die opset om
ernstig te beseer aangekla. Die staat het beweer dat gedurende
Mei
-November 2003. die beskuldigdes vir Ashwin met sigarette gebrand en
ook met voorwerpe aangerand het. Die enigste betroubare
getuienis
van aanranding op Ashwin is die gebeure rondom 24-25 Mei 2003
Hierdie klagte oorvleuel met die bewering in klagte 3,
oortredings
van artikel
50(1
)(a) van die Wet op Kindersorg, Wet 74 van 1983. Die bewering daar
is dat die beskuldigdes self vir Ashwin mishandel het
of toegelaat
dat 'n derde dit doen deur hom met sigarette te brand Die bewese
getuienis bewys eerder die klagte 3.
[106]
Wat die tweede klagte van onsedelike aanranding betref is daar by
hierdie hof twyfel oor die bedoeling om onsedelik aan
te rand. Die
mediese getuienis dui daarop dat die besering aan die penis en
rondom die tepel area aanduidend van n sexuele aard
is. Die mening
hou ook verband met die besering, brand wond. in die naat van die
anus. Dit is egter so dat die wonde in verskiltende
stadiums van
herstel was. Dit beteken dat die wonde oor n tydperk toegedien was
Die getuienis is dat Ashwin nooit in die sorg
van beskuldigde 1 was
nie behalwe vir die geleenthede in hierdie uitspraak bespreek. Die
getuienis regverdig nie die afleiding
dat beskuldigde 2 vir Ashwin
onsedelik aangerand het nie.
[107]
Die getuienis met betrekking tot klagte 4, moord, is duidelik. Slegs
beskuldigde 1 was teenwoordig Ashwin het n dodelike
besering aan sy
buik opgedoen wat kousaal verband hou met sy dood. Volgens Dr Van
der Hyde het daardie besering sy bloedsomloop
vertraag en so bygedra
tot sy dood Dit is so dat Ashwin brein dood verklaar was maar dit
was nie slegs die gevolg van die hoof
besering nie. Die
omstandigheids getuienis is sodanig dat die enigste afleiding wat
gemaak kan word is dat beskuldigde 1 of vir
Ashwin geskop of op n
ander manier direkte geweld op sy buik toegepas het.
[108]
Wanneer daardie tipe geweld op n kleuter. 2 jaar en 11 maande.
toegepas word moet die dader die moontlikheid van dood voorsien.
Beskuldigde 1 word getref deur die skuld vorm
dolus
eventualis.
Daar
is ook nog die hoof besering. Ek het reeds genoem dat die som totaal
van beserings aan Ashwin die moontlikheid van n ongeluk
soos deur
beskuldige 1 beweer uitsluit. In elk geval, op beskuldigde 1 se eie
weergawe moes Ashwin reeds die abdominale besering
opgedoen het toe
hy vanaf die bed geval het Beskuldigde 1 het dus vir Ashwin alleen
bo-op die drie dubbele "bunk bed'' gelos
terwyl hy hom reeds 'n
dodelike besering toegedien het. Selfs op daardie weergawe tref die
verwyt van
dolus
eventualis
beskuldigde
1 met betrekking tot beide die hoof en abdominale beserings.
BEVINDING
[109]
Klagte 1 : Aanranding met die opset om erenstig te beseer;
(a)
Beide onskuldig
[110]
Klagte 2 Onsedelike aanranding
(a)
Beide onskuldig
[111]
Klagte 3 Oortreding van artikel 50(1 )(a) van Die Wet op Kindersorg
Wet 74 van 1983
(a)
Beskuldigde 1 en 2 skuldig [112] Klagte 4: moord
(a)
Beskuldige 1; skuldig
(b)
Beskuldigde 2: Onskuldig
19