About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 139
|
|
Britz v S (A110/10) [2010] ZAWCHC 139 (15 July 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD
Coram;
LE GRANGE. R et DC JOUBERT. WNR
Saaknommer:
A110/10
In
die saak tussen:
JOHANNES
BRITZ
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP 15 JULIE 2010
[1]
Die Appellant is skuldig bevind op 'n aanklag van oortreding van
artikel 31(1) van die Wet op Onderhoud, 99 van 1998 ("die
Wet"), naamlik dat hy versuim het om 'n onderhoudsbevel wat
deur die Somerset-Wes Landdroshof op 25 Januarie 2008 gemaak
is, na
te kom. Volgens die aanklag, het hy versuim om die onderhoud van R13
500.00 per maand vir sy drie kinders (R4 500,00 per
kind) vir die
periode vanaf 31 Januarie 2008 tot 19 September 2008, te betaal.
[2]
Hy is tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis wat in geheel opgeskort
is vir 'n periode van 5 jaar, op die voorwaarde dat hy
nie weer aan
sodanige oortreding skuldig bevind word nie en dat hy R5 000,00 per
maand betaal ten opsigte van agterstallige onderhoud
in 'n bedrag
van R212 500,00, totdat die voile bedrag betaal is.
[3]
In haar skriftelike redes, het die Verhoorlanddros onder andere
uitgewys dat sy 'n fout begaan het deurdat artikel 31(1) van
die Wet
bepaal dat gevangenisstraf van hoogstens een jaar opgele kan word,
en versoek sy dat die vonnis dienooreenkomstig verminder
moet word.
[4]
In die toonaangewende beslissing in
S
v Maqaqula
2001 (2) SASV 123 (TPD) op bl. 143A-C is die elemente van die
misdaad as volg uiteengesit:
4.1
'n onderhoudsbevel van toepassing op die beskuldigde;
4.2
'n versuim deur die beskuldigde om daaraan te voldoen;
4.3
dat, ten tye van sodanige versuim, die beskuldigde die vermoens
gehad het om aan die bevel te voldoen; en
4.4
'n skuldige geestesingesteldheid aan die kant van die beskuldigde.
[5]
Dit is ook geykte reg dat die Staat die bogenoemde elemente bo
redelike twyfel moet bewys. Sien ook in hierdie verband:
S
v Mphuti
2006 (2) SASV 391 (TPD) te 393 I.
[6]
Die Appellant se verweer teen die aanklag, soos tydens die
pleitverduidelikingsfase deur sy prokureur gestel, was tweerlei,
naamlik dat die onderhoudsbevel van 25 Januarie 2008 in die
afwesigheid van die Appellant gemaak is en dat die Appellant nie
die
vermoens gehad het om die onderhoudsbevel na te kom nie.
[7]
Wat betref die eersgenoemde kwessie, is die Appellant se klagte myns
insiens ongegrond. Volgens die getuienis van die klaagster
se
prokureur, me. Hannelie Lombaard, het die ondersoek vir twee dae
geloop gedurende Augustus 2007 en is dit by ooreenkoms uitgestel
na
15 Februarie 2008, synde die eerste datum wat op daardie stadium
bekom kon word. Die landdros het die saak egter uitgestel
op die
basis dat Me. Lombaard en mnr. Frank Raymond, die Appellant se
prokureur tydens die onderhoudsondersoek, moet poog om
'n vroeer
verhoordatum te kry en indien 'n vroeer datum wel gekry word, hulle
kliente dienooreenkomstig in kennis gestel moet
word en dat die saak
op die vervroegde datum sou voortgaan. Me. Lombaard en mnr. Raymond
het toe wel daarin geslaag om 'n vroeer
datum te bekom, naamlik 25
Januarie 2008. Op daardie dag het mnr. Raymond verskyn en die Hof
meegedeel dat hy wel sy klient van
die vervroegde datum in kennis
gestel het. Mnr. Raymond het die Hof meegedeel dat sy klient horn
ongeveer 'n week of twee voor
die datum geskakel en meegedeel het
dat hy nie die fondse het om Somerset-Wes toe te kom nie. Tog blyk
dit dat daar nie 'n formele
aansoek om uitstel was nie. Die landdros
het toe die onderhoudsbevel in die afwesigheid van die Appellant
gemaak.
[8]
Tydens die verrigtinge a
quo,
het
die Appellant horn daarvan bekla dat hy onvoldoende kennis gegee is
van die vervroegde datum en ook dat dit 'n duur transaksie
vir horn
is om telkens Somerset-Wes toe te reis vir 'n verhoor. Uit stellings
wat sy prokureur aan die klaagster gemaak het,
blyk dit dat die
Appellant op 20 Desember 2007 in kennis gestel is dat die datum na
25 Januarie 2008 vervroeg is. Hy het dus
meer as 'n maand kennis
gehad, wat ek nie as onredelik beskou nie. Wat betref die kwessie
van sy koste, sou hy uiteraard in elk
geval die koste moes aangaan.
[9]
Hierdie verweer is onhoudbaar om die eenvoudige rede dat die
Appellant die remedie tot sy beskikking gehad het om aansoek
te doen
vir tersydestelling van die bevel, wat hy wel na 'n tydperk van
ongeveer agt maande, sonder sukses, uitgeoefen het. Wat
ook al die
rede vir die afwysing van sy aansoek, blyk dit dat hy nie daarteen
geappelleer het nie.
[10]
Wat betref die verweer ten opsigte van 'n gebrek aan vermoens, moet
die bepalings van artikel 31(2) van die Wet ook in gedagte
gehou
word, naamlik dat 'n beskuldigde nie op grond van sodanige verweer
op 'n bevinding van onskuldig geregtig is nie, indien
dit bewys word
dat sy versuim om die onderhoudsbevel na te kom te wyte is aan
wangedrag of 'n onwilligheid om te werk.
[11]
Die enigste oorblywende vraag in hierdie appel is, of die Staat
daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die
Appellant
wel oor die vermoens beskik het om die onderhoudsbevel na te kom.
[12]
In hierdie verband het die agbare Verhoorlanddros in haar uitspraak
as volg slegs sydelings na die getuienis wat deur die
Staat gelei
is, verwys :
"According
to the complainant, the accused had means to satisfy the order. Of
course she said why she stated so, but the
most important evidence
here is the testimony of the accused".
en
haar skuldigbevinding uiteindelik daarop baseer dat die Appellant,
op sy eie getuienis, oenskynlik tog planne kon maak om regskostes
en
verband- en motorpaaiemente te betaal, en dus sekerlik ook 'n plan
behoort te kon maak om sy onderhoudsverpligtinge na te
kom.
[13]
Ten einde te bepaal of die Verhoorlanddros se bevinding in hierdie
opsig korrek is, moet die getuienis wat oor die Appellant
se
vermoens gelewer is, van nader betrag word.
[14]
Wat betref die kwessie van die Appellant se vermoens in die
relevante tydperk, naamlik vanaf 31 Januarie 2008 tot 19 September
2008, was die Staat se getuienis uiters karig. Die Staat het twee
getuies gelei, naamlik die klaagster, Louise Du Toit, en haar
prokureur, Me. Lombaard.
[15]
Me. Du Toit het die volgende getuienis, wat beskou kan word as
relevant tot die Appellant se vermoens, gelewer:
15.1
Dat die Appellant vir 'n tydperk van 'n jaar, terwyl hy besig was om
sy huis te bou, geen onderhoud betaal het nie ten spyte
daarvan dat
hy op daardie stadium 'n verbandlening gekry het vir die bank.
Daardie getuienis is egter nie binne die relevante
tydvak geplaas
nie en dit blyk dat die verbandlening (vir bouwerk) gedurende 2006
verkry is.
15.2
Verwysende na 'n uiteensetting van inkomste en uitgawes wat die
Appellant op 'n stadium aan sy prokureur gegee het, het sy
getuig
dat hy ongeveer R25 000,00 per maand verdien na aftrekking van
belasting en uitgawes. Dit blyk nie uit die rekord dat
hierdie
dokument formeel as bewysstuk ingehandig is nie, maar dit wil
voorkom asof die verwysing kan wees na die dokument wat
op bl. 25
van die rekord verskyn, synde 'n dagvaarding ingevolge artikel 9(2)
van die Wet waarop die datum van ondersoek as 20
Julie 2007 aangegee
word. Op daardie dokument het die Appellant 'n uiteensetting van
bates, inkomste en uitgawes verskaf. Soos
die Appellant egter tydens
sy getuienis in hoof aangedui het, dui die dokument 'n inkomste van
R24 000,00 per maand aan maar
ook uitgawes van R23 797,00 per maand.
15.3
Dit was nie deur die Appellant se prokureur aan me. Du Toit gestel
dat sy 'n fout maak in hierdie opsig nie, maar dit is
uit die
dokument baie duidelik dat die Appellant nie daarin te kenne gegee
het dat hy 'n netto salaris van R25 000,00 per maand
verdien nie.
15.4
Me. Du Toit het ook getuig dat die Appellant die alleeneienaar is
van sy woning, en dat hy ook motorvoertuie, sy besigheid,
en ander
bates soos meubels en rekenaarbybehore besit.
15.5
Voorts het sy getuig dat sy verbandpaaiemente ongeveer R7 000,00 per
maand beloop en die paaiement op sy motor voertuig ongeveer
R4
000,00 per maand.
15.6
Tydens kruisondervraging het me. Du Toit daarop gewys dat sy en haar
prokureur met die probleem sit dat hulle die afgelope
3 of 4 jaar
nie daarin kon slaag om bewys vanaf die Appellant van sy inkomste en
bates te kry nie.
[16]
Me. Lombaard het ook verwys na die dokument waarop die Appellant se
inkomste aangedui word as ongeveer R25 000,00 asook na
die feit dat
hy onroerende eiendom gedurende 2005 aangekoop het waarop hy
verbeterings gedurende 2007 aangebring het. Sy het
ook verwys na die
feit dat die Appellant 'n nuwe voertuig gedurende 2007 gekoop het.
Volgens haar was daar geen verdere verbande
op die eiendom sedert
2006 uitgeneem nie, en is daar ook geen beslaglegging caveats teen
die eiendom geregistreer nie. Sy het
ook verwys na dokumente wat
deur die Appellant verskaf is wat aantoon dat daar 'n Ford Focus
voertuig is ten opsigte waarvan
twee betalings gemaak is.
[17]
Die Appellant het in sy eie verdediging getuig, en die volgende
getuienis ten opsigte van sy vermoens gelewer:
17.1
Hy werk alleenlik op 'n kommissie-basis en het geen vaste inkomste
nie.
17.2
Die globale ekonomiese resessie het sy besigheid nadelig
bei'nvloed.
17.3
Dit sou nie moontlik wees om sy besigheid vanuit sy slaapkamer of
motorvoertuig te bedryf nie en hy benodig vaste eiendom
as
sekuriteit vir kontrakte met versekeringsmaatskappye.
17.4
Hy het die eiendom gedurende 2004 vir R192 000,00 gekoop, waarvan hy
R30 000,00 in kontant betaal het en die balans deur
middel van 'n
verbandlening.
17.5
Gedurende 2006 het hy 'n verdere verbandlening van R450 000,00 vir
die oprigting van die woonhuis bekom, waarna sy totale
verband op
R702 000,00 te staan gekom het.
17.6
Hy het later nog geld nodig gehad en sy vriendin het 'n tweede
verband op haar eiendom uitgeneem, waarvoor hy borg gestaan
het, vir
'n verdere R275 000,00, wat ook gebruik was vir die bou van die
huis.
17.7
Hy het ook R300 000,00 van sy moeder geleen om die bouwerk te kan
voortsit en toe sy gedurende September 2008 oorlede is,
het hy 'n
verdere R400,000
"...ook
op 'n polis gehad..."
wat
hy ook aangewend het vir die bouwerk. Volgens sy getuienis het die
Appellant dus R1,4 miljoen in totaal spandeer aan die bou
van die
huis.
17.8
Hy het die woonhuis begin bou gedurende Maart/April 2006, en is tans
ongeveer 70% voltooid.
17.9
Hy het ook verwys na die feit dat hy, volgens horn, ongeveer R100
000,00 spandeer het aan uitgawes wat verband hou met die
onderhoudsverrigtinge. Die uitgawes wat hy spesifiek genoem het, het
egter net 'n bedrag van R65 060,34 beloop.
17.10
Wat betref die dokument waarop aangetoon word dat sy inkomste R24
000,00 en sy uitgawes ongeveer R23 000,00, beloop, het
hy getuig dat
die bedrae daarin vervat nie noodwendig akkuraat is nie en slegs
gesien moet word as beramings.
[18]
Tydens kruisondervraging is daar verwys na 'n dokument wat 'n
jaarlikse inkomste van R795 208,00 aandui en uitgawes van R1
miljoen. Hierdie dokument is egter nie deel van die rekord nie.
[19]
Die dokument toon ook boukoste ten bedrae van R542 135,00 aan.
[20]
Verdere getuienis wat tydens kruisondervraging uitgelok is, is dat
hy ongeveer R4 500,00 per maand aan sy motorvoertuig betaal,
wat
gedurende Desember 2005 gekoop en in Januarie 2006 geregistreer is.
[21]
Wat betref die relevante tydperk terwyl die onderhoudsbevel R13
500,00 beloop het, het hy, volgens horn, betaal wat hy redelikerwys
kon bekostig in aggenome sy omstandighede, sy inkomste en wat,
volgens horn, die kinders se behoeftes was. Hy het wel sekere
bedrae
in Januarie, Februarie en Maart 2008 betaal, toe op regsadvies ophou
betaal, en later weer 'n bedrag om die agterstallige
onderhoud op te
betaal. Hierdie getuienis word meer volledig hieronder bespreek.
[22]
Op die vraag oor sy inkomste ten opsigte van die relevante periode,
was sy antwoord dat hy die inligting aan sy prokureur
gegee het.
Uiteindelik het hy getuig dat sover hy onthou, was sy bruto inkomste
vir die eerste ses maande van die tydperk ongeveer
R18 000,00 per
maand en vir die tweede ses maande van die tydperk ongeveer R12
000,00 per maand wat, veral indien die uitgawes
nog afgetrek moet
word, minder is as wat die onderhoudsbevel was. Dat hierdie
getuienis nie deur die staatsaanklaer aangeval
is nie, is
onverklaarbaar. Na my mening is dit hoogs onwaarskynlik dat hy 'n
verbandpaaiement van R7 000,00 en 'n motorpaaiement
van R4 000,00
kon betaal as sy bruto maandelikse inkomste ongeveer R12 000,00 per
maand beloop het.
[23]
Die getuienis ten opsigte van die Appellant se vermoens was, in
geheel gesien, uiters ontoereikend. Die enigste direkte getuienis
ten opsigte van sy inkomste gedurende die relevante tydperk, was die
laaste gedeelte van sy kruisondervraging waarna hierbo verwys
is.
Daarvolgens het hy beslis nie oor voldoende inkomste beskik nie.
Hoewel daardie getuienis uiters onwaarskynlik voorkom, is
dit nie
deur die Staat aangeveg nie. Omdat die Appellant nie die geleentheid
gegee is om enige onwaarskynlikhede op te klaar
nie, kan daardie
getuienis nie summier deur hierdie Hof verwerp word nie.
[24]
'n Vraag wat egter telkemaal opduik in die oorweging van die kwessie
van die Appellant se vermoens, is of hy toegelaat behoort
te word om
aanspraak te maak op 'n gebrek aan vermoens terwyl hy eiendom besit
wat hy vir R192 000,00 aangekoop het en waarop
hy boukoste van R1,2
miljoen aangegaan het, waaroor 'n verband van ongeveer R700 000,00
geregistreer is, en ook steeds in 'n
motor ry wat hy nuut gekoop het
en ten opsigte waarvan hy ongeveer R4 000,00 per maand aan
paaiemente betaal.
[25]
Wat betref die motorvoertuig, vind ek dit skreiend dat die Appellant
gedurende 2007 'n splinternuwe voertuig sou aankoop
terwyl die
klaagster voortdurend moes sukkel om onderhoudsbevele teen horn te
verkry en af te dwing. Dit moet aanvaar word dat
die Appellant 'n
motorvoertuig nodig het, maar die vraag is of hy nie 'n ietwat
goedkoper voertuig kon gekoop het nie en, in
ieder geval, of hy nie
die voertuig weer kon verkoop en 'n goedkoper een aanskaf nie.
Hierdie moontlikhede is egter ook nie voldoende,
of enigsins, met
die Appellant opgeneem tydens kruisondervraging nie en kan daar
gevolglik nie met vertroue aanvaar word dat
die Appellant wel vanuit
daardie oord fondse kon bekom om die onderhoudsbevel van 25 Januarie
2008 na te kom nie.
[26]
Die enigste duidelike getuienis ten opsigte van die Appellant se
vermoens binne die tydperk van die aanklag, d.w.s. 31 Januarie
tot
19 September 2008, is sy eie getuienis dat hy gedurende September
2008, toe sy moeder oorlede is, 'n polisuitbetaling van
R400 000,00
ontvang het, wat hy ook aangewend het vir die bouwerk aan sy huis.
Selfs al aanvaar mens dat sy huis in 'n onklaar
toestand was, moet
dit in gedagte gehou word dat hy reeds gedurende Maart of April 2006
begin bou het. Vir 'n tydperk van meer
as twee jaar kon hy dus wel
met 'n deels voltooide woonhuis oor die weg kom. Volgens Me.
Lombaard se getuienis het hy op 'n stadium
by sy vriendin in haar
woning gebly, en ook 'n gedeelte van haar eiendom gebruik vir 'n
kantoor. Daardie getuienis is nie aangeval
nie en die Appellant self
het die Hof nie in sy vertroue geneem ten opsigte van sy situasie
nie. Trouens, sy benadering was duidelik
om sy kaarte so na aan sy
bors te hou as moontlik.
[27]
Volgens die Appellant se getuienis het hy gedurende 2008
onderhoudsbetalings van R5 950,00, R3 050,00 en R1 600,00 in
Januarie,
Februarie en Maart onderskeidelik gemaak, maar toe op
regsadvies vir 'n paar maande ophou betaal, hoewel hy op 'n later
stadium
wel agterstallige onderhoud betaal het. Hy het sy
berekenings gemaak op R2 200,00 per maand, wat hy as redelik beskou
het, ten
spyte daarvan dat die onderhoudsbevel horn gelas het om R13
500,00 per maand te betaal.
[28]
Ook wat hierdie kwessie betref, het die Appellant die feite so vaag
as moontlik gehou en geen duidelike getuienis gelewer
van wat hy
inderdaad gedurende daardie maand betaal het nie. Dit mag wees dat
die betaling van R11 200,00 wat op 3 Oktober 2008
(sien bewysstuk
"B") gemaak is, moontlik die betaling van agterstallige
onderhoud verteenwoordig het, maar selfs indien
daardie bedrag in
berekening gebring word, blyk dit dat die Appellant vir die tydperk
vanaf 31 Januarie tot 19 September 2008
slegs 'n bedrag van R21
800,00 betaal het. Dit skiet uiteraard ver tekort van die bedrag van
R13,500.00 per maand wat hy volgens
die bevel van 25 Januarie 2008
moes betaal het.
[29]
Die periode van nie-betaling waarvan die Appellant aangekla is,
strek oor 'n periode van agt maande en die totale bedrag
van
onderhoud vir daardie periode, teen R13 500,00 per maand, beloop dus
R108 000,00. Daarvan het hy, volgens die berekeninge
in paragraaf
28, 'n bedrag van R21 800,00 betaal en is sy kort-betaling dus R86
200,00. Die Appellant kon sekerlik 'n gedeelte
van die
polisuitbetaling van R400 000,00 aangewend het om sy onderhoudsplig
na te kom en is ek derhalwe van mening dat hy wel
oor die nodige
finansiele vermoens beskik het om sy onderhoudsgelde te betaal.
Trouens, hy kon gemaklik enige agterstallige onderhoud
ten opsigte
van die voorafgaande tydperk ook betaal het.
[30]
Die gevolg van die bostaande is dat die Appellant op sy eie weergawe
oor die finansiele vermoens beskik het om sy onderhoudsbevel
van 25
Januarie 2008 na te kom, en die agterstallige bedrag wat op daardie
stadium R86 200,00 beloop het, te betaal. Dit volg
dat die appel
teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie.
[31]
Wat die vonnis betref is dit reeds aangedui dat die Verhoorlanddros
gefouteer het deur 'n termyn van 18 maande gevangenisstraf
op te le.
Die Verhoorlanddros het dit ook erken en toegegee dat sy 'n
mistasting begaan het en versoek dat die opgelegde termyn
gewysig
moet word na een van 12 maande gevangenisstraf om dit binne die
bepalings art 31 (1) van die Wet te bring. Ek kan geen
redes vind om
met 'n vonnis van 12 maande gevangenisstraf wat opgeskort word vir
vyf jaar op die gebruiklike voorwaardes, in
te meng nie aangesien
dit nie onvanpas of buitensporig swaar is nie. Inteendeel, blyk die
enigste wyse waarop die Appellant gedwing
sal word om onderhoud aan
die klaagster te betaal, soos hy telkemaal belowe en beveel is om te
doen, deur horn in die skaduwee
van die gevangenis se deure te
plaas. Die appel teen die opgelegde vonnis moet derhalwe gedeeltelik
slaag. Namens die Appellant
was daar egter beswaar gemaak teen die
betaling van die bedrag van R5 000,00 per maand ten opsigte van
agterstallige bedrag.
Die agterstallige bedrag, soos bepaal deur die
Verhoorlanddros van R121 500,00, was ook aangeval. Adv Gissing het
aangevoer dat
hierdie agterstallige bedrag nie behoorlik deur die
staat bewys is nie. Hierdie argument, myns insiens, is nie
oortuigend nie.
[32]
Die Appellant het self gedurende Februarie 2009 toegestem tot 'n
onderhoudsbevel wat insluit betaling van agterstallige onderhoud.
Die skikking tussen die partye (sien Bewysstuk "G") is dat
hy 'n bedrag van R100 000,00 aan die klaagster ten opsigte
van
agterstallige onderhoud sal betaal. Voorts was die agterstallige
bedrag van R121 500,00 nooit in geskil geplaas tydens die
verhoor in
die Hof a
quo
nie.
Die Appellant se regsverteenwoordiger het ook na skuldigbevinding in
die Hof a
quo
telkemale
verwys na die agterstalllige bedrag toe daar gepoog was om
aanbiedinge te maak was vir die terugbetaling van die agterstalllige
gelde. Ek is derhalwe oortuig dat die agterstallige bedrag bo
redelike twyfel bewys was en sal ek ten gunste van die Appellant
bevind dat hy 'n bedrag van R21 800,00 van die agterstallige gelde
alreeds terugbetaal het.
[33]
Die agterstallige onderhoud soos reeds vermeld, beloop R86 200,00 en
moet uiteraard betaal word. Volgens my is daar geen
rede om met die
Verhoorlanddros se bevinding in te meng dat die Appellant 'n bedrag
van R5 000,00 moet terugbetaal ten opsigte
van hierdie bedrag nie.
Die Appellant kon geld vind om 'n duur motor te koop, R1.4 miljoen
se bouwerk te doen, en bykans R100
000,00 aan regskoste en ander
verwante uitgawes te spandeer tydens die verrigtinge in die Hof a
quo.
Die
onvermydelike afleiding is dat hy die voile onderhoud sowel as die
afbetalings op die agterstallige onderhoud kan bekostig
en betaal as
hy sy prioriteite regkry.
[34]
In die gevolg sal ek die volgende bevel voorstel:-
a)
Die appel teen skuldigbevinding misluk.
b)
Die appel teen vonnis slaag gedeeltelik en word die opgelegde vonnis
soos volg gewysig:
Twaalf
(12) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir vyf
jaar op die volgende voorwaardes:
1.
Dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan die oortreding
van artikel 31(1) Wet 99 van 1998 gepleeg gedurende die
tydperk van
opskorting nie.
2.
Dat die beskuldigde die agterstallige onderhoud ten bedrae van R86
200,00 terugbetaal teen R5 000,00 per maand tot die voile
bedrag
vereffen is. Alle betalings moet gemaak word in die bankrekening van
die klaagster of aan enige persoon of instansie soos
aangewys deur
die klaagster. Die eerste terugbetaling van die agterstallige
onderhoudsgelde moet geskied voor of op die 31ste
dag Julie 2010,
daarna op die eerste dag van elke daaropvolgende maand totdat die
voile uitstaande bedrag vereffen is.
DC
JOUBERT, WnR
Ek
stem saam. Dit word so gelas.
A
LE GRANGE, R