Mostert v Boland Wingerde Internasionaal Bpk (5541/04) [2010] ZAWCHC 138 (14 July 2010)

65 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Sale of goods — Dispute over entitlement to payment for grape delivery — Plaintiff, a farmer, claimed payment from the defendant for grapes delivered in the 2001 season, asserting he was the rightful seller despite the defendant having paid the Landbank — Legal issue centered on who was entitled to payment for the grapes — Court held that the plaintiff was entitled to payment as he had delivered the grapes for his own account, and the defendant's payment to the Landbank was made under a mistaken belief regarding the rightful seller.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 138
|

|

Mostert v Boland Wingerde Internasionaal Bpk (5541/04) [2010] ZAWCHC 138 (14 July 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES
KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNR.:
5541/04
in
die saak tussen:
WILLEM
PETRUS MOSTERT
Eiser
en
BOLAND
WINGERDE INTERNASIONAAL BEPERK
Verweerder
en
LAND-
EN LANDBOU-ONTWIKKELINGSBANK
VAN
SUID-AFRIKA h/a LANDBANK
Derde
Party
UITSPRAAK:
14 JULIE 2010
Schippers
Wn.R.:
[1]
Die eiser, 'n boer van Weltevrede Plaas, Paarl ("die plaas"),
eis betaling van 'n totale bedrag van R164 742.11 van
die verweerder
vir lewering van druiwe gedurende die 2001 oes-seisoen ten bedrae van
R61 642.00 en R103 100.11, onderskeidelik.
Dit is gemene saak dat die
verweerder die bedrag van R164 742.11 aan die derde party, die Land-
en Landbou-Ontwikkelingsbank ("die
Landbank"), oorbetaal
net. Volgens die eiser het hierdie betaling geskied op grond van 'n
aanspraak deur die Landbank dat
wyle Mev. S.J.J van Heerden ("van
Heerden"), die eiser se oorlede moeder, sekere volmagte aan die
Landbank verleen het
waarvolgens die bank geregtig was op die
opbrengs van die wyndruif-oeste vanaf die plaas.
[2]
Die vernaamste geskilpunt tussen die eiser en die verweerder is: wie
was die verkoper van die druiwe en dus geregtig op betaling?
Nou voer
die verweerder aan dat indien die Hof bevind dat die eiser en nie die
Landbank geregtig was op betaling, dan is die Landbank
teenoor die
verweerder aanspreeklik vir betaling van 'n gelykstaande bedrag
deurdat die betaling aan die Landbank gemaak is in
die
bona
fide
en
redelike maar foutiewe geloof dat dit aan die Landbank verskuldig
was.
[3]
Die agtergrond tot die geskil tussen die eiser en die verweerder kan
kortliks as volg saamgevat word. Die plaas het eers aan
die eiser se
oupa behoort, toe aan sy pa en daarna aan sy ma. Sy oupa was 'n
stigterslid van Boland Wynkelder, Paarl ("Boland
Kelder")
wat 'n korporasie was en wat later omskep is in 'n maatskappy, Boland
Wingerde Internasionaal (Kooperatief) Beperk,
die verweerder. Die
eiser se pa was ook jare lank op die direksie en vir 12 jaar
Voorsitter van Boland Kelder tot en met sy uittrede.
Sy pa is in 1988
oorlede en die plaas is toe aan sy ma bemaak ingevolge 'n testament.
Saam met die plaas het die eiser se ma ook
die aandele in Boland
Kelder en 'n parskwota van 500 ton verkry.
[4]
Addisioneel tot die parskwota van 500 ton het die eiser self 'n
parskwota van 60 ton. Sy pa het dit in 1982 aan horn oorgedra
as
gevolg waarvan hy 'n sogenaamde deelboer op die plaas geword het.
Ingevolge die eiser se parskwota is hy ook 'n lid van die
verweerder
en lewer hy ook druiwe aan die Kooperatief.
[5]
In 1984 het die eiser die bestuurder van die plaas geword. Sy ma het
ook op die plaas geboer. In 1995 en as gevolg van finansiele
probleme
en om die plaas te behou was 'n gedeelte van die plaas, bekend as
gedeelte 1 van Weltevrede ("gedeelte 1") en
waarop die
eiser ook boer, afverkoop. Sy ma het stelselmatig minder geboer en
omtrent 1997 van die Plaas weggetrek en op Hermanus
gaan woon. Die
eiser het toe die boerdery oorgeneem vir sy eie rekening. In 'n brief
gedateer 14 Januarie 1997 is die verweerder
in kennis gestel dat van
Heerden op Hermanus woon en dat die plaasrekening in die toekoms in
die eiser se naam bedryf sou word.
Ek keer aanstons na hierdie skrywe
terug.
[6]
In September 1998 het die eiser se familietrust, naamlik Weltevrede
Trust ("die Trust") die plaas van sy ma vir R1.15
miljoen
gekoop. Hierdie ooreenkoms was onderhewig onder andere aan 'n
spesiale voorwaarde dat die oordrag van die verkoper (van
Heerden) se
aandele by en in Boland Wynkelder, KWV en WPK aan die Trust oorgaan
met alle voordele daarvan.
[7]
Soos reeds gemeld was die eiser se moeder 'n lid en aandeelhouer van
die verweerder. Sy was verplig om die hele parskwota van
500 ton per
oesjaar aan die verweerder te lewer wat geregtig was om die druiwe in
geheel of gedeeltelik verwerkte vorm te verkoop
en die netto opbrengs
van die totale bedrag wat ontvang is uit die verkope van lede se
druiwe onder hulle te verdeel en uit te
betaal, na aftrekking van
sekere uitgawes. Volgens die koopkontrak tussen die eiser se ma en
die Trust was laasgenoemde geregtig
om die die 500 ton druiwe te
lewer en betaling daarvoor te ontvang. Dit kon egter nie onmiddellik
of kort na sluiting van die koopkontrak
gebeur nie omdat oordrag van
die aandele langer geneem het as verwag. Gevolglik het die trustees
van die Trust op 12 November 1998
'n skriftelike besluit geneem in
terme waarvan die transportbesorgers gemagtig was om voort te gaan
met die registrasie van oordrag
sonder lewering van die aandele
sertifikate. Verder ingevolge hierdie besluit kon fisiese oordrag van
die aandele op 'n later stadium
voltooi word maar die voile voordeie
verbonde aan die aandele sou egter by registrasie op die Trust
oorgaan.
[8]
Op 18 Januarie 1999 het die eiser 'n skriftelike ooreenkoms met die
Trust aangegaan waarvolgens hy die plaas vir 'n termyn van
10 jaar
sou huur vanaf die datum waarop dit in die naam van die Trust
geregistreer sou word. Registrasie van oordrag het geskied
op 5
Februarie 1999 nadat sy ma se uitstaande rekening van R933 000 by die
Landbank vereffen is. Die eiser het die afgelope aantal
jare op die
plaas geboer volgens die huurooreenkoms.
Is
die eiser geregtig op betaling?
[9]
Ek kom nou by die eintlike geskilpunt, naamlik dat die eiser vir sy
eie rekening en in sy eie belang die druiwe vir die 2001
oes-seisoen
aan die verweerder gelewer het en dus geregtig is op betaling in die
bedrae van R61 642.00 en R103 100.11. Alternatiewelik
beweer die
eiser dat daar 'n stilswyende ooreenkoms in Desember 1998 tot stand
gekom het ingevolge waarvan die verweerder horn
sou vergoed vir alle
druiwe wat hy daarna sou lewer asof hy oor die totale parskwota van
560 ton beskik.
[10]
In hierdie verband steun die eiser op die volgende getuienis wat
basies onbetwis is. In 'n skrywe gedateer 14 Januarie 1997,
op 'n
briefhoof van die plaas en geteken deur die eiser en sy ma, was die
verweerder kennis gegee dat die bankrekening vir direkte
uitbetalings
vanaf Boland Kelder verander het. Die verweerder is verwittig
eerstens, dat betaling vir die eiser en sy ma in die
verlede gedoen
is in die naam van sy ma, S.J.J, van Heerden, in 'n rekening te Trust
Bank, Paarl; tweedens, dat in die vervolg
betaling aan beide lede in
die naam van W.P Mostert (eiser) gedoen moet word, ook te Trust Bank,
Paarl, en is 'n rekening nommer
verskaf wat aan die eiser behoort; en
derdens, dat vervolgens die plaasrekening in die naam van die eiser
persoonlik bedryf sou
word. Ontvangs van die skrywe is deur Boland
Kelder erken en dat hulle dit in plek sou stel wat hulle ook
inderdaad gedoen het.
[11]
In 1998 het 'n dispuut ontstaan tussen die eiser en die verweerder.
Daar is beweer dat die eiser nie al sy druiwe aan die verweerder

lewer nie. Daar was 'n briewe wisseling en vergaderings oor die
dispuut. Op 1 Desember 1998 is 'n formele vergadering bele tussen
die
eiser, sy prokureur, en die verweerder met sy hoofbestuurder,
prokureur en sekretaris. Die doel van die vergadering was om
te
bepaal of die eiser binne die statute en regulasies van Boland Kelder
opgetree het. Die eiser is daarvan beskuldig dat hy nie
al sy druiwe
aan Boland Kelder gelewer het nie. Boland Kelder wou sekerheid kry
oor of die druiwe wat op die plaas geproduseer
was in die toekoms
gelewer sou word. Die eiser het verduidelik dat ten opsigte van
gedeelte 1 van die plaas wat hy in sy eie naam
afgekoop het sonder 'n
parsreg is hy 'n onverbonde produsent met geen regte of verpligtinge
teenoor Boland Kelder nie. Ten opsigte
van die 60 ton plus die 500
ton het die eiser gemeld dat dit aan Boland Kelder gelewer sou word.
Hy het die plaas se hele geskiedenis
aan die verweerder se
verteenwoordigers verduidelik, insluitend die feit dat sy ma nie
langer by die boerdery betrokke was nie
en die feit dat die Trust
haar aandele en parsreg gekoop het. Volgens die eiser kon daar geen
twyfel by huile ontstaan het dat
hy en nie sy moeder in die toekoms
die druiwe sou lewer nie. Bowendien het niemand op die vergadering
vir die eiser gese dat hy
nie druiwe kon lewer nie, vanwee die feit
dat die parsreg nog op sy ma se naam geregistreer was.
[12]
In ooreenstemming met sy verduideliking en onderneming tydens die
vergadering op 1 Desember 1998 om die druiwe te lewer het
die eiser
dit wel gedoen in die daaropvolgende seisoene. Hy getuig verder dat
ten opsigte van die 2001 oeste wat aan die verweerder
afgelewer was
het niemand gese hulle wou nie sy druiwe he nie. Verder het niemand
gese hy mag nie druiwe lewer nie omdat die parsregte
op sy ma se naam
was.
[13]
In 'n brief gedateer 19 Maart 1999 na die oes-seisoen skryf die eiser
'n brief aan die direksie van Boland Kelder waarin hy
bevestig dat
die Trust die nuwe geregistreerde eienaar van die plaas is en dat
registrasie op 5 Februarie plaasgevind het. Verder
is Boland Kelder
ingelig dat die aandele en regte wat deur sy ma gehou is, nou die
eiendom van die Trust is en dat die dokumentasie
wat nodig is vir
oordrag van die Kelder aandele so spoedig moontlik na horn gestuur
moet word. Boland Kelder het egter nie op hierdie
brief gereageer
nie.
[14]
Later op 14 Desember 1999 skryf die eiser aan Boland Kelder en gee
kennis dat die oordrag van die aandele en parsreg uit sy
ma se naam
soos maande gelede al versoek, nog nie plaasgevind het nie. Hy meld
verder dat aangesien die oestyd op hande is en alhoewel
dit nie reg
is nie, sal hy om ter wille van Boiand Keider se stelsel, voortgaan
om op die naam van sy moeder te pars. Geen reaksie
is ook op hierdie
skrywe ontvang nie. Die druiwe is gelewer en hy is betaal in sy
bankrekening.
[15]
Na 'n jaar en vir die volgende oes het die verweerder weer die eiser
direk in sy bankrekening betaal. Intussen is die eiser
se prokureur
as kurator aangestel vir sy ma wat nie meer bevoeg was om na haar eie
sake om te sien nie. Sy is op 12 Augustus 2000
oorlede en die eiser
is aangestel as eksekuteur van haar boedel. Lede van die direksie van
Boland Kelder was bewus van haar oorlye
- hulle was by die begrafnis.
[16]
Op 12 Desember 2000 skryf die wingerdboukundige van Boland Kelder 'n
brief aan die eiser se oorlede ma, onbewus van haar oorlye.
Hy
versoek 'n vooruitskatting van druiwe lewering. Die eiser antwoord
met 'n skrywe gedateer 28 Desember 2000. Hy meld dat sy ma
oorlede is
en verwys na sy brief van 14 Desember 1999 waarin hy Boland Kelder
versoek het om die oordrag van die aandele te bespoedig.
Hy se ook
dat dit onmoontlik is om 'n vyfjaar lewering skatting te doen
aangesien die parsreg 'n boedel aangeleentheid was wat
eers met
goedgekeurde oordrag na 'n nuwe identiteit moet geskied. Op hierdie
skrywe ook is geen reaksie van die verweerder ontvang
nie.
[17]
Die eiser het ook in sy getuienis verwys na 'n kantoor nota van
Mnr. J J van Wyk van die Landbank ("Van Wyk") wat
slaan op
gesprekke wat Van Wyk met die eiser gevoer het. Die nota is
ongedateer maar die eiser reken die gesprek het gedurende
2001
plaasgevind. in die nota verwys Van Wyk na 'n besoek aan die eiser na
aanieiding van die uitstaande skuld van sy ma. Hy meld
dat die boedel
reeds afgehandel is en die bank nagelaat het om 'n eis teen die
boedel in te stel. Die boedel is intussen afgehandel.
In die nota
meld Van Wyk verder dat die eiser by verskeie geleenthede met Mnr.
Andre Brandt van die Kaapstad tak in verbinding
was na sy moeder se
dood. Die eiser het versoek dat die bank die normale optrede volg en
'n eis teen die boedel instel. In die
nota word voorts gemeld dat Van
Wyk aan die eiser verduidelik het dat die uitstaande skuld nie
verseker was nie; dat sekuriteit
gevestig sal moet word en dat die
bank nie die skuld kon afskryf nie; en dat die eiser 'n
verantwoordelikheid teenoor die bank
het aangesien hy die boerdery in
die geheel behartig het toe die lening aangegaan is. Die eiser se
teenvraag was hoekom die bank
nie 'n eis teen die boedel ingestel het
nie. Die eiser het horn ook bereid verklaar om tot 'n vergelyk te kom
oor hoe die skuld
gedelg kan word. Die eiser het nooit enigiets
verder gehoor nie totdat hy verneem het sy geld vir die druiwe is aan
die Landbank
oorbetaal.
[18]
Boland Kelder het nooit met die eiser gepraat voor hulle die
uitbetaling gemaak het nie. Die eiser getuig dat hy uiteindelik
op 15
Augustus 2001 'n brief aan die bestuurder van die Kelder gerig het
waarin hy meld dat hy die aandele wou he.
[19]
In Desember 2001 lewer die verweerder nie aan die eiser die vereiste
produsente dokumente nie. Die eiser wou egter nog die
aandele he en
voortgaan met die verhouding met Boland Kelder. Hulle besluit toe
egter nou hulle gaan nie druiwe by die eiser vat
nie, want se hulle
die parsreg is op sy ma se naam. In antwoord op 'n brief ontvang die
eiser 'n skrywe van Mnr. Van Zyl van Boland
Kelder waarin hy die
eiser meedeel dat die verweerder besluit het om nie die oordrag van
die aandele gehou in die korporasie en
maatskappy goed te keur nie.
Dit was toe basies die einde van die eiser en verweerder se
verhouding.
[20]
Later kom die Landbank en skryf aan Boland Kelder dat hul klient, van
Heerden, se gelde aan die Landbank oorbetaal moet word.
Boland Kelder
het gevolglik die R61 642.00 ten opsigte van die 2001 oes-seisoen se
druiwe deur eiser gelewer aan die Landbank oorbetaal.
Die eiser skryf
toe 'n brief aan die rekenmeester van Boland Kelder en verwys daarin
na 'n telefoniese gesprek en 'n faks van 6
Februarie 2000. Hy
bevestig dat sy moeder op 12 Augustus 2000 oorlede is; dat haar
boedel afgesluit is; dat sy nie enige insette
in die boerdery gelewer
het nie; en dat hy die 2001 oes-seisoen ten voile as huurder of
okkupeerder gefinansier het. Hy meld ook
dat hy geen dokumente
geteken het wat magtiging aan Boland Kelder verleen het om enige
oesopbrengste aan die Landbank oor te betaal
nie. Die eiser het
getuig dat lewerings ten opsigte van die 2001 oes in die naam van Van
Heerden gemaak is omdat die parsreg in
Boland Kelder op daardie
stadium nog steeds in haar naam was en die direksie self nog nie die
parsreg aandele oorgedra het nie.
Die eiser het dus gevra dat die
bedrag van R61 642.00 synde daardie uitbetaling plus rente vanaf 31
Januarie 2003 aan horn oorbetaal
word. Daar was geen reaksie hierop
nie nog kontak vanaf Boland Kelder of Landbank nie.
[21]
Die eiser se getuienis soos hierbo saamgevat is grootliks onbetwis.
Hy het 'n positiewe indruk op my gemaak. Hy was konsekwent
en sy
relaas van die gebeure is logies en aanvaarbaar. In die lig van di.
[22]
e getuienis bevind ek dat die eiser geregtig is op betaling van die
verweerder vir aflewerings van druiwe ten bedrae van R61
642.00 en
R103 100.11, en wel om die volgende redes:
[21.1]
Die onbetwiste getuienis is dat die eiser wel die druiwe waaroor
die betalingsgeskil gaan vir die 2001 oes-seisoen gelewer
het.
[21.2]
Dit is feitelik korrek dat die eiser se moeder die betrokke plaas
tesame met haar aandele in Boland Kelder met alle voordele
daaraan,
aan die Trust verkoop het.
[21.3]
Die eiser het wel vir sy eie rekening op die plaas geboer vanaf die
1999 oes-seisoen op sterkte van 'n huurkontrak aangegaan
met die
Trust wat insluit leweringsregte.
[21.4]
Die druiwe is in die naam van sy moeder gelewer omdat Boland Kelder
nie die parsregte aan horn oorgedra het nie. Bowendien
het die
verweerder self die eiser versoek om die druiwe wat op die plaas
geproduseer word, aan horn te lewer, welke versoek alreeds
by die
vergadering op 1 Desember 1998 gerig was.
[21.5]
Op die tersaaklike tye was die eiser se moeder geensins by die
boerdery of die lewering van druiwe betrokke nie.
[21.6]
Die verweerder was ten alle relevante tye bewus van die ware toedrag
van sake.
[22]
Derhalwe is die eiser as verkoper en leweraar van die druiwe
geregtig op betaling van die bedrae soos geeis.
Is
die derde party teenoor die verweerder aanspreeklik?
[23]
Die verweerder voer aan dat indien dit bevind word dat die eiser
geregtig op betaling van die bedrag van R164 742.11 is,
dan is die
Landbank teenoor die verweerder vir betaling van daardie bedrag
aanspreeklik, op gronde van die
condictio
indebiti.
[24]
Die
condictio
indebiti,
'n
verrykingsaksie, kan aangewend word om 'n onverskuldigde prestasie
terug te vorder. Daar is egter basiese vereistes waaraan
voldoen
moet word voordat die
condictio
indebiti
toepassing
kan vind. Dit is as volg:
[24.1]
Dit is 'n algemene vereiste dat die eiendomsreg van die eiendom
oorgedra moes gewees het deur 'n handeling van die partye.
Daar moet
'n
datio
van
geld of ander eiendom wees.
[24.2]
Die
condictio
indebiti
kan
slegs teen die
recipiens
van
die
indebitum
aanwending
vind.
[24.3]
Die oordrag op betaling moet
indebiti
wees
in die wye sin. Daar moes geen regs of natuurlike verpligting wees
om dit te maak nie.
[24.4]
Oordrag op betaling moes gemaak gewees het in die verkeerde geloof
dat die skuld verskuldig was.
[24.5]
Alvorens 'n feite- of regsdwaling aanleiding kan gee tot die
condictio
indebiti,
moet
die verkeerde geloof verskoonbaar wees.
1
[25]
By 'n toepassing van hierdie vereistes is daar twee vrae wat
beantwoording verg. Die eerste is of die verweerder die betalings

gemaak het in die verkeerde geloof dat dit aan die Landbank
verskuldig was. Indien die
betalings
wel in die verkeerde geioof dat dit verskuldig was gemaak is, is die
tweede vraag of die verweerder se geioof verskoonbaar
is.
[26]
Die verweerder voer aan dat die bedrae aan die Landbank oorbetaal is
op grond van drie volmagte verleen deur van Heerden
aan die
Landbank. Volgens hierdie volmagte was die Landbank geregtig om die
voile opbrengste van wyndruiwe-oeste of ander produkte
wat deur van
Heerden aan Boland Kelder gelewer word, van die verweerder en/of
ander koper te vorder en te ontvang tot by bereiking
van die
uitstaande bedrag wat op sekere lenings verskuldig was.
[27]
Ten opsigte van die eerste vraag, naamlik of die gewraakte betalings
aan die Landbank in die verkeerde geioof gemaak is,
bevind ek dat
hierdie vraag negatief beantwoord moet word. Die redes hiervoor
kortliks is as volg. Ten tyde van die lewering
van die druiwe het
eiendomsreg van die plaas nie meer in van Heerden gesetel nie.
Oordrag van registrasie ten gunste van die
nuwe eienaar, die Trust,
het op 5 Februarie 1999 geskied. Dit is twee jaar voordat die druiwe
geproduseer gedurende die 2001
oes-seisoen, gelewer is. Die eiser
het die plaas gehuur van die Trust vanaf 18 Januarie 1999 van welke
datum hy vir sy eie rekening
geboer het. Die verweerder was van
hierdie feite bewus, welke bewustheid gestaaf is deur die brief van
die eiser aan die direksie
van Boland Kelder gedateer 19 Maart 1999.
Voorafgaande registrasie van oordrag was die verweerder ook in 'n
vergadering met die
eiser op 1 Desember 1998 waar die toedrag van
opsigte van die plaas aan horn geopenbaar was.
[28]
Die eiser se ma is op 12 Augustus 2000 oorlede. Die verweerder was
hiervan bewus aangesien lede van sy direksie by die begrafnis
was.
Verder het die eiser in 'n brief gedateer 28 Desember 2000 aan die
wingerdboukundige van Boland Kelder gemeld dat sy ma
oorlede was.
Dus moes die verweerder bewus gewees het dat die lewering van druiwe
deur die eiser in 2001 deur horn geproduseer
en gelewer was.
[29]
Die feit dat die druiwe op die naam van die eiser se ma gelewer is
was bloot vir administrasie doeleindes vanwee verweerde
se interne
administrasie stelsel wat nog steeds die parskwota op haar naam
gehad het. In sy brief gedateer 14 Desember 1999 meld
die eiser
onomwonde en ondubbelsinnig:
"Die
oordrag van aandele en parsreg uit SJJ van Heerden se naam het nog
nie plaasgevind nie. Ek het maande gelede al versoek
dat die proses
van oordrag moet plaasvind.
Kersfees
is om die draai en kort daarna is oestyd ophande. Ons sal voortgaan
om ter wille van u stelsel op naam van SJJ van Heerden
te pars, maar
dit is nie reg nie en die aangeleentheid moet so gou moontlik
afgehandel word."
[30]
Die verweerder was dus bewus dat lewering in die naam van die eiser
om administratiewe redes gedoen is in 2000 en daarna,
en dat
betaling aan die eiser toekom waarvoor hy sy bankrekening verskaf
het. Dit was voor die gewraakte betalings aan die Landbank.
Die
eiser het dus die druiwe vir die 2001 oes-seisoen gelewer en nie sy
moeder nie.
[31]
Om hierdie redes is die verweerder se betaling van die gewraakte
bedrae nie
indebiti
gemaak
nie, aangesien die verweerder slegs dit kon gedoen het indien die
druiwe deur van Heerden gelewer was . Dit was nie.
[32]
Die antwoord op die tweede vraag is 'n verdere struikelblok in die
verweerder se pad. Dit is dat die verweerder se foutiewe
geloof dat
die bedrae aan die derde party verskuldig was, nie verskoonbaar is
nie.
2
Die getuie wat namens die verweerder getuig het, Me. Brand het
getuig dat sy kennis gedra het van die gesprek wat in die Desember

1998 vergadering plaasgevind het, alhoewel sy nie teenwoordig was
nie. Sy moes dus bewus gewees het van die toedrag van sake,
meer
spesifiek dat die druiwe deur die eiser in die toekoms geproduseer
en gelewer sou word. Sy het ook getuig dat Altus vir
haar gese het
om die volmagte van die Landbank aan te vra en betalings aan die
Landbank te maak. Mnr. Altus Le Roux is die verweerder
se
hoofbestuurder. Hy was self teenwoordig by die vergadering met die
eiser op 1 Desember 1998 en was dus bewus van die stand
van sake en
in besonder dat die eiser op die plaas boer vir eie rekening en
selfs die druiwe sou lewer.
[33]
In die lig van voorafgaande kan die verweerder dus nie daaragter
skuil dat 'n werknemer, Me. Brand se verkeerde geloof verskoon
moet
word terwyl die opdrag om die gewraakte betalings te maak vanaf die
verweerder se hoofbestuurder gekom het nie.
[34]
Ek is dus tevrede dat die verweerder nie die vereistes van die
condictio
indebiti
nagekom
het nie en sy eis teenoor die Landbank op hierdie basis moet dus van
die hand gewys word.
[35]
Die volgende bevel word gemaak:
Die
verweerder word gelas om die bedrag van R164 742.11 aan die eiser
te betaal met rente teen die koers van 15.5% per jaar
a
tempore
morae.
Die
verweerder word gelas om die eiser se gedingskoste te betaal.
Sodanige koste sluit in die koste van slegs die eiser se senior

advokaat.
Die
verweerder se aansoek om 'n vrywaring vir betaling van die bedrag
van R164 742.11 en die aansoek vir 'n verklarende bevel
dat die
derde party teenoor die verweerder aanspreeklik is vir die
voormelde bedrag, word van die hand gewys.
(4)
Die
verweerder word gelas om die koste van die derde party te betaal.
Schippers
Wn.R
1
Sien Joubert (ef
al)
Law of South Africa
(2™
ed 2009 vol 9) 116 -118 en die gesag daar aangehaal
2
Willis Faber Enthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue
[1991] ZASCA 163
;
1992
(4) SA 202
(A) op 223H-224H;
Bowman,
De Wet and Du Plessis NNO and
Of/jers
v
Fidelity Bank Ltd
1997
(2) SA 35
(A) op 44D;
Affirmative
Action Portfolios CC v Transnet Ltd t/a Metrorail
[2008] ZASCA 127
;
2009
(1) SA 196
(SCA) para 24.