About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 161
|
|
Stad van Kaapstad v Pietersen en Ander (20577/09) [2010] ZAWCHC 161 (17 June 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
20577/09
DATUM
:
17
JUNIE 2010
In
die saak tussen:
STAD
VAN KAAPSTAD
Applikant
en
D
PETERSEN & ANDER
Respondents
UITSPRAAK
GAMBLE,
R
:
[1]
In terme van
'n
huurkontrak aangegaan op 8 Oktober 1986 is die munisipale perseel te
12E Stormsrivier Way. Manenberg, wat bestaan uit
'n
woonstel en h aangehegte werf op die grondvlak aan die eerste
respondent verhuur Hy het nie altyd sy huur betaal nie, wat in 2008
die bedrag van R290.04 per maand beloop het Ten spyte van
ti
bruto inkomste in daardie tyd van R3360 per maand, het die eerste
respondent eenvoudig versuim om sy huur te betaal.
[2]
Teen 15 Augustus 2008 was die agterstallige huurbedrag R9887.98
tesame met
'n
waterrekening van R3601.89, dit wil
se
meer as R13 488. Benewens sy salaris, soos hierbo vermeld, het die
eerste respondent ook 'n
ongeskiktheidstoelae
ontvang ten bedrae van R1010.00 per maand ten opsigte van die derde
respondent, een van sy seuns wat verlam
is as gevolg van
'n
skietvoorval in hulle buurt.
[3]
Na my mening was daar derhalwe meer as genoeg inkomste in die
Petersen-gesin om die maandelikse huur aan die munisipaliteit
te
betaal. Die eerste respondent het egter eenvoudig besluit om nie sy
huur te betaal nie. Dit het hy in die ope hof erken by die
vorige
verskyning en ook vroeer vandag.
[4]
As gevolg van die optrede van die eerste respondent, het die
munisipaliteit die huurooreenkoms op 28 Augustus 2008 gekanselleer
op
grond van die wanbetaling van huur asook op grond van die beweerde
verbreking van klousules 5, 26 en 27 van die huurkontrak,
dit wil se
omdat daar met verdowingsmiddels (dwelms) by die perseel gesmokkel is
en omdat daar groot hoeveelhede dwelms al daar
gestoor is.
[5]
Die eerste verweerder het in die hof erken dat hy in 2006 in besit
gevind is van 20 Mandrax tablette en dat hy in die landdroshof
skuldig bevind is
in
verband daarmee. Hy het beweer dat dit vir sy eie gebruik was. Hy is
daarna weer skuldig bevind op ander aanklagte met betrekking
tot
dwelms.
[6]
Die munisipaliteit het getuienis voor hierdie Hof geplaas wat op
'n
oorwig van waarskynlikhede aandui dat daar in die jare 2008 en 2009
met dweims by die perseel gesmokkel is. Daardie getuienis sluit
in
eedsverklarings met betrekking tot etlike klopjagte deur die
Suid-Afrikaanse Polisiedienste uitgevoer by die perseel self, en
die
werf daaraan geheg, waar groot hoeveelhede dwelms en ander apparate
in verband met smokkel gevind is. Daar is ook op groot
hoeveelhede
kontant beslag gele, onder andere, in die kamer bewoon deur die
vierde respondent.
[7]
Die eerste respondent het beweer dat die vierde respondent met dwelms
doenig is. Daardie bewering was voorheen gemaak in die
ope hof deur
die eerste respondent.
[8]
Na my mening is die huurkontrak geldiglik deur die munisipaliteit
gekanselleer en is die respondente derhalwe in onwetttge
besit van die perseel. Die kwessie is dan op watter terme die
respondente die perseel moet ontruim.
[9]
Die munisipaliteit het die Hof genader in terme van artikel 4 van die
Wet op Voorkoming van Ongemagtigde Uitsetting en Onregmatige
Besetting van Grond, Nr. 19 van 1998, die sogenaamde "PIE"
Wet. Aangesien die respondente vir meer as ses maande in besit
is van
die perseel, is artikel 4(7) van die PIE Wet van toepassing en het
die Hof
"n
diskresie met betrekking tot die terme waarop enige uitsettingsbevel
toegestaan kan word.
[10]
Die enigste relevante faktor wat na my mening in terme van artikel
4(7) in ag geneem behoort te word, is die feit dat die derde
respondent verlam en permanent in h rystoel is. Hy word deur die
Staat tot
'n
mate onderhou deur die betaling van gemelde ongeskiktheidstoelae. Hy
is egter h volwasse man en, as ek reg onthou, het hy verpligtinge
teenoor minderjarige kinders.
[11]
Ek neem ook in ag dat die Petersen familie sedert die einde van
Augustus 2008 weet dat hulle die woning moet ontruim. Dit is
wanneer
die munisipaliteit die brief van kansetlasie aan hulle gestuur het en
dit is wel amper 22 maande gelede. Ten spyte van
hierdie skrywe van
die munisipaliteit het die Petersen gesin geen poging aangewend om
hulle agterstallige huur te betaal nie of
om hulle huidige huurgelde
te betaal.
[12]
Ons weet almal dat die munisipaliteit
"n
baie, baie lang waglys het van persone wat wag op huise, en wat
gewillig is om huur te betaal as
"n
huis aan hulle toegeken word. Daar is geen rede hoekom
'n
familie wat weier om huur te betaal enige genade bewys behoort te
word nie, veral wanneer hulle finansieel in staat daartoe is
om hulle
huurgeld te betaal, en vernaam waar dit so
'n
klein
bedrag is.
[13]
Verder is dit so dat hierdie woning gebruik is om dwelms te stoor en
te verkoop Daardie onwettige optrede het
'n
besonderse
groot sosiale impak op ander: veral die gebruik van tik wat so vrylik
voorkom in hierdie hof se jurisdiksie het
ti
uiters nadelige uitwerking op die persoonlike lewens van ons
landsburgers. Die moeders en vaders van kinders wat in stadsraadhuise
("council" huise) bly en wat wetsgehoorsaam is, kan met reg
eers na die munisipaliteit en dan weer na die howe kyk vir
beskerming
van hulle kinders teen hierdie tipe euwels wat in hulle
woonstelblokke plaasvind. Die boodskap moet duidelik na
die
gemeenskap uitgaan dat die howe nie sal skroom om dwelmsmokkelaars
utt "council" huise te sit selfs waar hulle nie
agterstallig is met hulle huur nie, des te meer in die geval waar
hulle wel agterstallig is.
[14]
Omdat die derde respondent gebreklik is, sal ek die familie
'n
bietjie meer tyd gee om die woning te ontruim, veral gegewe dat ons
nou in die middel van
'n
koue en nat Kaapse winter is. Na my mening is
'n
tydperk van 'n
verdere
31/2
maande
meer as genoeg tyd in die omstandighede
Die
bevel van die Hof is dan die volgende:
1.
Dat die eerste tot vierde respondente en diegene wat onder hulle
titel hou vanaf 30 September 2010 uitgesit word van 12E Storms
River
Way, Manenberg, Kaapstad, Wes-Kaap, ingesluit enige strukture gelee
daarby of daaraan gekoppel (hterna na verwys as "die
eiendom")
in terme van artikel 4(8) van die Wet op die Voorkoming van
Ongemagtigde Uitsetting en Onregmatige Besit van Grond,
No. 19 van
1998.
2
Dat die balju en/of enige persoon deur hom
aangestel, insluitende lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
en/of die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsmag, gemagtig word:
a) om
enige strukture wat onregmatig geokkupeer word deur die respondente
by die voormelde eiendom te vernietig en te verwyder;
b)
Om enige besittings wat in of naby die eiendom gevind word of die
strukture waarop die eiendom is, te verwyder, welke besittings
insluitende afgebreekte strukture in veilige bewaring gehou sal word
deur die applikant vir
"n
periode van een maand daarna of tot teruggawe aan die regmatige
eienaar daarvan, welke ook al eerste mag gebeur.
Indien
die regmatige eienaars nie aanspraak maak op die besittings waarna
verwys word in paragrawe (a) en (b) hierbo, binne
een maand na die
uitsetting nie, is die applikant en/of die balju gemagtig om
gemelde besittings wettiglik te verwyder.
Daar
sal geen bevel ten opsigte van koste wees nie.
GAMBLE,
R