S v Stoffels en Anders (SS02/2010) [2010] ZAWCHC 425 (15 June 2010)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences for murder and illegal possession of a firearm — Accused found guilty of two counts of murder, attempted murder, and illegal possession of a firearm — Court considers personal circumstances and the seriousness of the crimes — Minimum sentences prescribed by law applicable unless compelling circumstances justify a lesser sentence — No compelling circumstances found; severe nature of crimes necessitates maximum sentences. The accused, Colin Stoffels, was convicted of two counts of murder, one count of attempted murder, and illegal possession of a firearm, following a violent incident where he shot and killed a seven-month-old baby and injured others. The court imposed life sentences for the murders and a fifteen-year sentence for attempted murder, emphasizing the brutality of the acts and the lack of remorse shown by the accused. Christopher Stuurman, the second accused, received a fifteen-year sentence for his involvement, considering his prior convictions and lack of compelling circumstances for leniency.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 425
|

|

S v Stoffels en Anders (SS02/2010) [2010] ZAWCHC 425 (15 June 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
SS02/2010
DATUM
: 15
JUNIE 2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
1.
COLIN STOFFELS
2.
CHRISTOPHER STUURMAN
V
O N N I S
DESAI,
R
:
Beskuldigdes,
dit is nou my onaangename taak om vonnis in hierdie saak op beide van
julle op te le. Ek is terdee bewus van die vele
faktore en
omstandighede wat ek by die oplegging van vonnis in aanmerking moet
neem. Dit sluit, onder andere, die persoonlike omstandighede
van elk
van u en, beskuldigde 1, ek sal in aanmerking neem hierdie brief wat
opgehandig is asook die getuienis wat u onlangs afgele
het.
By
die oplegging van vonnis moet daar ook rekening gehou word met die
erns van die misdade waaraan u skuldig bevind is. Die belange
van die
gemeenskap moet ook die nodige oorweging geniet. Dit is ook so dat
dit belangrik is dat daar 'n beskaafde gemeenskap of
samelewing 'n
mate van genade aan veroordeelde beskuldigdes getoon word, indien dit
in die omstandighede enigsins moontlik is.
In hierdie besondere saak
moet daar ook in gedagte gehou dat daar in die geval van moord en die
onwettige besit van 'n semi-outomatiese
vuurwapen sekere minimum
vonnisse deur wetgewing voorgeskryf is. U was reeds, voordat die
verhoor begin het, daarvan deur u regsverteenwoordiger
meegedeel.
Beskuldigde
1, u is skuldig bevind aan twee aanklagte van moord; een van poging
tot moord; een van die onwettige besit van 'n semi-outomatiese

pistool asook die onwettige besit van ammunisie. Die belangrikste
faktor wat by vonnis in u guns tel. is die feit dat u 'n eerste

oortreder is. U is ook nog relatief jonk, tewete tans 26 jaar oud. U
was tydens die voorval ongeveer 24 jaar oud. U is getroud
en het
gereeld onderhoud vir u seun, Cameron, betaal. Die feit dat u matriek
geslaag het en vaste werk gehad het, maak u optrede
net soveel
moeiliker om te verstaan. Nogtans aanvaar ek u advokaat se argument
dat u rehabiliteerbaar is, nieteenstaande die afkeurenswaardige
wyse
waarop u opgetree het. Die moontlikheid van rehabilitasie mag wel in
u guns tel wanneer u eendag vir parool oorweeg word.
Die
aard van die misdade waaraan u skuldig bevind is , veral
die twee
aanklagte van moord, dwing my om die voorgeskrewe
minimum
vonnisse op te le tensy daar dwingende en wesenlike
omstandighede
gevind kan word wat 'n mindere vonnis
regverdig.
Nieteenstaande
persoonlike omstandighede,
waarna
ek reeds verwys het, is daar, na my mening, geen sodanige wesenlike
en/of dwingende omstandighede in hierdie saak nie,
maar selfs al sou
daar sulke omstandighede bestaan het, regverdig u optrede dat ek die
swaarste moontlike straf aan hierdie Hof
beskikbaar vir die twee
aanklagte van moord moet ople. U het na die huis van u eks-meisie
gegaan, gewapen met 'n semi-outomatiese
pistool met die doel om
persone daar dood te skiet. By die huis het u haar broer koelbloedig
in die kop geskiet; haar moeder
in die gesig gewond en daarna - wat
dit baie moeilik vir my maak - haar sewe maande oue babatjie
doodgeskiet - Cassidy in die
bors geskiet.
Nieteenstaande
die feit dat u vaderskap van Cassidy ontken het, was u wel op
daardie stadium daarvan bewus dat die eks-meisie
van plan was om
aansoek om 'n onderhoudsbevel vir Cassidy teen u te bring. Dit mag
wel wees dat Cassidy nie u kind was nie, maar
die blote feit dat u
'n sewe maande oue baba gedood het deur haar in die bors
te skiet, het 'n gatiewe effek
wanneer u menslikheid oorweeg
word. Al is u optrede 'n aanwending van die mate van brutaliteit
waar daar reeds in hierdie land
gewoond geraak is, veroorsaak dit
nogtans 'n hoe mate van skok by almal.
Die
gemeenskap verwag ten regte van my om 'n gepaste vonnis op te le. U
het geen teken van berou getoon gedurende die verhoor
nie. Wat
vonnis betref, kan dit nie teen u gehou word nie, maar kan ook nie
in u guns in aanmerking geneem word nie.
Met
betrekking tot die besit van die vuurwapen en ammunisie, moet die
Hof die afleiding maak dat u op daardie aand die vuurwapen
spesifiek
besit het met die doel om persone by u eks-meisie se huis te gaan
doodmaak.
Beskuldigde
2, u het wel berou getoon maar die probleem wat ek in u geval het,
is dat u nie 'n eerste oortreder is nie. U het
vorige veroordelings,
soortgelyke oortredings, asook vir moord. Ek sal in aanmerking neem
dat u 'n vaste werk as 'n taxibestuurder
het asook 'n gereelde
inkomste. U is tans 29 jaar oud en was dus ongeveer 27 jaar oud
tydens die voorval. Ek aanvaar dat u net
17 jaar oud was toe u die
vorige misdade gepleeg het, maar dat u nog op parool was toe hierdie
misdade gepleeg is. Ek sal
alles wat jou advokaat en moeder hier
in die hof gese het, in aanmerking neem, maar kan nogtans geen
dwingende of wesenlike omstandighede
vind wat my sal regverdig om 'n
mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis op te le nie.
Ek
neem verder in aanmerking dat beide van u sowat 18 maande in
hegtenis verhoorafwagtend was. Verder moet die onwettige besit
van
vuurwapens, veral in die geweldgeteisterde areas soos Delft, so
sterk as moontlik afgekeur word.
Beskuldigde
2, u word soos volg gevonnis:
Aanklag
6 en 7 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, u word gevonnis
tot
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Beskuldigde
1, u word soos volg gevonnis:
Aanklag
1, moord, word u gevonnis tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
2, moord, word u gevonnis tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
4, poging tot moord, word u gevonnis tot
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op
aanklag 6 en 7 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en op
daardie twee aanklagte saam word u gevonnis tot
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
DESAI,
R